My donkerste geheimArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.


En waar is julle nou?

Toe ons jonger was, was ons ’n groot vriendekring. Ons het saam gekuier, saam gedrink, saam vakansie gehou, soms saam geslaap. Dinge het dikwels wild gegaan en dit was lekker. Altyd was daar emosiebelaaide beloftes betrokke. Dinge is gesê soos “Ek is altyd daar vir jou” en so aan.

Toe begin dinge skeefloop. Eerstens het ek daardie gevreesde siekte gekry, en ek moes my wilde lewe opgee. Toegegee, die siekte was my eie skuld en ek blameer niemand nie. Almal vir wie ek in my vertroue geneem het oor my doodsvonnis het my hart en siel belowe om my by te staan deur dik en dun, maar dit het nie so gewerk nie. As julle maar liewer eerlik sou wees en my weggejaag het, sou dit beter gewees het. Maar nee, veel erger, met valse beloftes gedaan het julle een vir een stadig vervreemd geraak. Altyd te besig gewees, nooit meer gebel nie, nie meer kom kuier nie, antwoord nie eers meer e-pos nie, daag nie op as julle genooi word nie. Die verskonings het so flou geraak dat ek begin skaam kry het, en julle maar laat gaan het. As ek gebel het, dan was die antwoord altyd: “Haai, ek wou jou nou net gebel het.” Ek is miskien siek, maar nie onnosel nie.

Waar is julle almal nou? Julle het dan almal belowe, maar nie een is hier nie. Ek haat naweke, want dit is eindeloos en leeg. Ek is besig om bitter te word en vertrou nie meer mense nie. Nie alleen het julle my vriendskap vertrap nie, maar julle het my vertroue in my medemens geknak.

Wat is die werklike probleem? Ek werk harder as vroeër, ek bly besig, ek probeer my uiterste om so normaal as moontlik te wees, alles ten spyt, studeer weer ten spyte daarvan dat dit moeilik is om te kan sê waarom of hoekom, want ek gaan dan een van die dae dood. Of was julle “vriendskap” maar net deel van die plesier en van verbygaande aard? Was ek maar net ’n vriend omdat ek so dikwels die drank en spys verskaf het, al die vakansies gereël het en altyd daar was om sommige van julle uit een of ander simpel verknorsing te help? Ek wonder of een van julle dit sal regkry om hierdie stryd alleen aan te pak, en ek kry dit al amper veertien jaar reg. Skaam julle.

Anoniem

E-pos jou donkerste geheim na bieg@litnet.co.za.
E-mail your darkest secret to bieg@litnet.co.za.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.