My donkerste geheimArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.


Wil nie


Dis koud.  Fyn klank-rinkels val soos klippies vanuit die windwekkertjie. Jy's opgebruik, soos 'n bebloede plastieksak wat oorbly na Saterdagaand se braai.

Jy met die wrede trek om jou mond, jou logge lyf wat teen myne stu, jou dik hande teen my lyf, by my broek in, jou mond hongerig en onbevoeg op myne.

Ek wou jou gewoonlik seermaak. Byt, vasdruk, met kru, afgemete afsydigheid my mond om jou klein piel gepruil tot jy, mal van jagsheid, my boontoe getrek het en jou twee dik vingers in my ingedruk het sonder genade, sodat my asem soos 'n lem in my keel vassteek van pyn en ekstase. Die lag sou in my lyf opstoot, gejaag deur histerie, geslaan deur wanhoop, 'n wilde triomf.

Dan het die haat soet in my opgestoot, opgewonde, gewalg deur die drillings van jou vet. My vingernaels het bloedmote op jou rug uitgekrap, my suigmerke op jou borskas het soos doodgerypte rose geblom. Die fantasie het soos gras geruik, gekneus deur my ontasbare lyf, die aroma van ons lywe wat suur aanmekaar vassweet. Jou tepels, donkerbruin tussen die paar swart borshare, het styf geword onder my tong. Soos 'n roofdier wou ek jou verskeur en jou lewer louwarm stuk-stuk in my keel laat afglip.

My adderlyf het afwaarts geseil, my borste oor jou bobene geskuur toe ek jou patetiese manlikheid insuig en later forseer om in my mond te kom. Weer wou ek lag - jy was soet, ongetap, onviriel, ondergeskik. Vreeslik besorg en liefderik het ek oor jou kaal, harige lyf gestreel, later jou saggies begin soen in jou nek en oor jou hele gesig, die karakterlose neus, dik wenkbroue, lang ooghare, pokkerige wange. My prooi het gekreun en saggies begin snork, onbewus van my hande wat brand om soos 'n anemoon om sy keel toe te vou.

Anoniem

E-pos jou donkerste geheim na bieg@litnet.co.za.
E-mail your darkest secret to bieg@litnet.co.za.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.