My donkerste geheimArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.


Depressie: die vloekwoord

Die koeël is toe nie deur die kerk nie, maar in my jean se sak. Ag maande het dit gevat om die ses weggesteekte koeëls te vind en nou is een verwyder van die wegsteekplek in die holte van ‘n ghriesblik se deksel bo in een van die rakke van ‘n kas in die garage. Ver buite bereik van die oog of die hand.

Eintlik is dit ironies dat mens altyd eers op die moeilikste plekke soek vir ‘n ding. Wie sal nou tog iets onder jou neus wegsteek? ‘n Mens verwag soortvan om bo in die holte van die garagemuur, waar die balke rus, te soek, want daar is mos nie ‘n plafon nie en dit skep ‘n lekker donker en diep wegsteekplek. In ‘n kas binne jou bereik? Nooit gedink nie.

Gelukkig is die rewolwer in die kluis heelwat makliker bereikbaar. Dis net vir kluis oopsluit en rewolwer vat. Verkieslik op ‘n dag wat niemand anders die kluis sal oopsluit en sal agterkom die rewolwer is weg nie.

Al wat nou nog kort in die resep is die regte tyd by die regte plek. Niks sal my dan meer kan keer nie. ‘n Mens kan mos net so lank uitstel. Van uitstel kom nie afstel nie, maar iets in jou dood elke dag stukkie vir stukkie. Vra my ek weet.

Waar het alles begin verkeerd loop? Nou vra jy my vas. Of dit een spesifieke gebeurtenis is of ‘n sameloop van omstandighede kan ek regtig nie sê nie. Eintlik maak dit nie saak nie, dis tog gedane sake. Voorsorg is blykbaar beter as nasorg, maar wat as jy nie geweet het jy moet voorsorg tref nie. Wat kan ‘n mens dan nog red? Niks gaan tog ooit weer dieselfde wees nie.

Verlede Vrydag het alles amper tot ‘n einde gekom. Dit sou ‘n welkome oplossing en baie verligting bring. Die ongeluk was ongelukkig nie erg genoeg nie.

Nou moet die regte geleentheid hom net voordoen om ons plan te kan uitvoer. Ver weg van alles en almal waar niemand ons kan sien of keer nie. Dit sal die einde van die slegte en die begin van ‘n nuwe skoon begin wees. Beter vir alles en almal, veral vir my. Met die ding kan ek nie langer saamleef nie. Die groot D moet as ‘n vloekwoord verklaar word. Ek sal ‘n beter mens wees wat kan leef en laat leef as ek ontslae kan raak van die groot D.

Tot dan loop ons maar met die koeël in my broek se sak…

Anoniem

E-pos jou donkerste geheim na bieg@litnet.co.za.
E-mail your darkest secret to bieg@litnet.co.za.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.