My donkerste geheimArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.


Fantasie

As dit ‘n fantasie was, dan het ek ‘n bieg-fantasie.

Soos my dae, maande en jare verloop het, het ek die soete aanskou om eers later die verkeerde suur te verstaan. So onskuldig was die verloop dat ek in die fantasie die waarheid misgekyk het. Ek was onverstandig, ‘n dwaas en in my eie fantasie verblind deur die waarheid waarin net ek geglo het. So soet die eie denke maar so suur die waarheid.

Sy het openlik met my geflirt, sodanig dat my denke met soetwyn oorrompel was in die beneweldheid van my bestaan. “In vino veritas!” Was dit die wyn of was dit die eie ek wat net sonder stang of teuels op loop geraak het? Die neusvleuels van jong hingste word openinge vir erotiese dinge en die bedeeldheid van die vurige perde word in my drome en denke as gestaltes van die werklikheid bekroon. Sy was die lyf in my drome as ek stort, die ronde borste in my nagtelike wakker word, die gladheid in my vooraf-slaap, die ritme bo my wat wippend op en af beweeg en dan tereg die een wat in die finalé hygend en stotterend my naam by herhaling oproep. Sy was die een wat telkens met ons bymekaarkom soekend was. Haar oë oraloor het my met reëlmatige hartslag in ‘n magnetiese kurwe omhels om dan met die vroulike glimlag te bevestig dat sy die die kurwes van my lyf beleef. My mooiste fantasie is verby!

Toe, in direkte konfrontasie bieg sy die waarheid. Sy het net geflirt!

Weet jy wat jy gedoen het? Weet jy van my anderste wêreld wat ek net in jou volheid gevind het? Was jy bewus van jou doen soos wat ek dit wil hê? Alles jy was ek. Jou laataand wyn en die ontleding van eie idees. So straatfilosofies. Dit was my begeerte. So sag jy, so lyflik mooi in helderheid getooi. Weet jy wat jy werklik in my losgelaat het? En dit is verby!

Dan die skokkende omkeer in my droom van gister.

Die ander, wat ek nie só in my fantasie beskou het nie, verklaar in ‘n afsonderlike klein gesprek dat ek haar fantasie was en is. Die ander en jy was en is nog steeds goeie vriendinne. Waarom was ek so onnosel dom? Wat het my besiel dat ek dit nie kon sien nie? Sy was so eenvoudig eerlik om nie die volle waarheid aan my te verklaar nie, maar ek het geweet soos ek met jou geweet het. My lende was haar baken, my stem haar roepe tot verrukking, my teenwoordigheid haar bewys van werklikheid, my kyk het haar oorreed om haar te ontbloot en oor te gee en, ja , my onskuldige gesprek het sy gesave om in haar alleenheid te herroep vir ondersteuning. Ek glo sy was saam in ons besinning oor die ewigheid en God en het die lyflike verrukking van ‘n ervare man in drome uitgeleef. Sy was die onbekende droom in my bekende, dwaas bestaan. En nou is dit verby!

Weet julle van mekaar soos ek van julle weet?



LitNet: 30 Mei 2006

E-pos jou donkerste geheim na bieg@litnet.co.za.
E-mail your darkest secret to bieg@litnet.co.za.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.