My donkerste geheimArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.


Vetgevreet

My lewe is totale chaos. Dit is een moerse afdraand van die een dag na die volgende. Een dag nader aan my einde. Ek lewe met die afwagting dat die dag van môre meer gaan lewer as die dag van vandag. Net om te besef dat dit weer eens nie vandag was nie.

En so begin die dieet môre. Begin die oefenprogram môre. Die 'versorg myself' môre.

Môre.

Maar daar is nog steeds geen verandering nie. Geen stap vorentoe nie. Geen oplossing nie.

Wat ek doen, werk nie. Wag, werk nie.

En so loop ek weer tydens nog 'n seisoen rond in 'n klerewinkel sonder die vermoë om die mooi nuwe modes te kan aanskaf. Hulle maak nie my grootte nie. Net Penny C maak klere vir my. Oumensklere, lelike klere. Klere sonder lewe, sonder fleur. Sonder visie.

En so wens ek dat hierdie neerskryf van my ewige verdriet en selfverwerping moontlik wel 'n verandering sal bring. 'n Nuwe môre, anders as al die ander.

Of gaan dit net weer na niks lei? 'n Ewige niks, geen toekoms, geen vreugde. Net 'n ewige hoop op môre, wat nooit kom nie.

Mense om my trou, kry al kinders en ek wag. Wag op môre om my lewe te begin leef. Vir nou eet ek maar myself in 'n dooie toestand in. Dood vir môre, dood vir vandag.

Maar ek wil nie meer so leef nie. Ek wil nou ophou bang wees. Bang vir môre, bang vir die wellus in mans se oë. Die wellus wat my gemaak het soos ek is. Vet, onvroulik. Nie meer vrou nie en ook nie man nie. Ek weeg al so veel soos 'n oorgewig man. 105 kg op 27. Hoe het dit gebeur? Al wat ek het om te wys, is my ewige kloof in my siel in om te kyk, te hoop dat dit 'n verandering teweeg sal bring. Maar dit doen nie. Ek is nog steeds vieslik vet en het nog steeds nie orde geskep in my chaos nie.

Ek is al so moeg vir wegkruip wanneer ek buite my huis eet. Ek weet hoe om die donkerste, mees verlate hoekies in restaurante op te spoor. Weet dat dit makliker is om maar net weer 'n Woollies-ete te koop en stillig in my kar te sit en eet, daar waar mense nie na my kyk nie. Ek ken die veroordeling in hulle oë. Maar my verdriet is te diep om te stop. Die behoefte aan slaai so laag.

En so gaan my lewe voort, van dag tot dag. Maar dalk sal môre beter wees?

My waarheid is soos volg:

Ek is Daisy en ek weeg 105 kg. Ek het vetrolle orals en 'n hitte-uitslag plek-plek. Ek kan maklik R100 se sjokolade en pasteie op een slag eet, wat ek gewoonlik skelm in my kar doen, of by die huis voor die huismense tuiskom. Ek huil ten minste een keer per dag en het al 'n paar keer amper drain cleaner gedrink om dood te gaan. Ek haat myself en ek verafsku myself wanneer ek wakker is en wanneer ek slaap. Die manier waarop jy na my kyk wanneer ek weer eens kos koop vir my daaglikse binge het nie naastenby dieselfde hoeveelheid veragting in as wat ek elke sekonde van elke dag vir myself het nie. Die waarheid is dat ek heel moontlik nie môre gaan begin dieet nie, of dalk? Die marteling waarmee ek leef, is dat ek werklik glo dat ek môre sal begin dieet, môre sal begin oefen en môre sal begin leef. Maar vandag ... dis 'n ander storie.



LitNet: 18 Mei 2006

E-pos jou donkerste geheim na bieg@litnet.co.za.
E-mail your darkest secret to bieg@litnet.co.za.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.