My donkerste geheimArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.


As ons geweet het, sou ons nie!

Ons was vriende vandat ons elf jaar oud was. Toe ons veertien word, het ons begin peuter met plofbare stowwe soos rook-, kloor- en selfs dieselbomme. Ons het nooit enige skadelike bomme gebruik nie, behalwe op ‘n plaas buite die dorp.

Maar een somersaand in standerd 6, toe ons “rookbomme” opraak, (ons het die goed getoets in parkies) het ons twee swartsakke met droë blare teen ‘n wit muur by die skoolboelie se huis opgemerk.

Ons dag toe ons steek die swartsakke uit wraak aan die brand sodat die boelie die as moet skoonmaak die volgende dag. Klink pateties, maar op daai oomblik was dit ‘n snaakse idee. So steek ons toe die een swartsak aan die brand, en die vlamme begin teen ‘n redelike pas groter raak. Toe die tweede sak aan die brand slaan, raak die vlamme so groot dat ek en my vriend begin woorde gebruik wat ons ouers ons belet het om te sê.

Ons dink toe, donner, daai vlamme is baie groter as wat ons verwag het, en soos ons dit dink, hoor ons die klank van ‘n boom wat breek en daai nare klank van ‘n karongeluk. Bo die swartsakke, hoog genoeg dat ons dit nie voor die tyd opgelet het nie, was ‘n nylontou – eintlik ‘n paar - baie styf gespan om ‘n boomtak te steun en te verhoed dat dit breek. Nou, die vraag wat in my kop vassteek is hoekom saag jy nie die tak af as jy bang is die ding breek nie? Iemand kan seerkry …

Om hierdie lang storie tot ‘n einde te bring: ons urban kampvuur het so hoog gerys dat die nylontou onder die hitte swak genoeg geraak het, of deurgesmelt het, (kon nie regtig vasstel toe ons die volgende dag verby die tragedie stap nie) dat daai tamaai tak nie sy eie gewig kon dra nie. En toe snap hy soos ‘n vuurhoudtjie en val op die oom se Mercedes. Ons het so skuldig gevoel, dit was asof ons met rooi ligte bo ons koppe rondloop wat sê “daar is die biksems wat daai strooi aangejaag het”.

Moral of the story: kyk alle moontlikhede goed uit voordat jy strooi aanjaag!



LitNet: 14 Maart 2006

E-pos jou donkerste geheim na bieg@litnet.co.za.
E-mail your darkest secret to bieg@litnet.co.za.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.