My donkerste geheimArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.


Ek weet nou nog nie of daar iemand dood is nie

Die ding wat ek gedoen het, het ek gedoen toe ek so dertien jaar oud was en die Here weet, ek het baie vrees en angs gehad daaroor en vir baie jare stil gebly. Want ek weet nou nog nie of daar iemand dood is nie, of dalk is diertjies dood. En ek is lief vir die diertjies van die veld, jammer vir hulle, God se klein skepsels, selfs vir van die groteres. Juis daarom haat ek leeus en krokodille en al die vreeslike monsters wat die mooi diertjies so verskeur.

Ek het daardie jaar vir die eerste keer in die horskool gekom, in standerd ses. Gewoonlik was ek saam met my maats Fanie en Kosie (denkbeeldige name), wat bietjie ouer as ek was, reeds in standerd sewe. Maar op daardie dag was hulle iewers anders en ek het in die veld buite ons dorpie rondgeloop met Dawie se twee broertjies, Bertie en Willem (denkbeeldige name) en nog n ander seun, sy naam kan ek nie eers meer onthou nie, al wou ek dit hier neerskryf.

Aan die een kant van die dorpie is daar n hoogte, toegegroei met denne- en bloekombome en agter die bome is daar n plato, waar daar gewoonlik lang gras groei. Ek het al gerook as ek n sigaret iewers kon kry en het vuurhoutjies by my gehad. Toe ons daar bo-op die gelykte kom, kry ek dit in my kop om van die dro gras aan die brand te steek en dan weer met takke dood te slaan. Dit was winter en die gras het maklik gebrand. Ons loop toe so en elke paar tre steek ons n stukkie aan die brand en slaan dit weer dood.

Maar toe gebeur daar iets: daar is n vou in die grond, noem dit n sloot of klein donga, waar die gras digter en hor staan as op die ander plekke en die vuur hardloop soontoe en skiet die hoogte in! Ons probeer nog doodslaan, ek skreeu op die ander dat hulle moet doodslaan en probeer self my bes, maar tevergeefs! Toe ek weer sien is my maats weg. Ek kyk om en sien hulle al n ent verder hardloop en deur n draad klim. Ek sit toe maar agterna en haal hulle in, neem gou die voortou.

Ek skreeu op hulle ons moet oor die gelykte hardloop en aan die ander kant van die bos afgaan na die riviertjie, doodbang dat iemand ons sal sien. By die rivier s ek ons moet al in die stroompie afloop, sodat die bloedhonde nie ons spore kan kry nie. Asof bloedhonde ons spore sou kon kry in die verbrande gras, maar dit was maar oor al die speur- en spoorsnyverhale wat ek al gelees het en van die vrees. Want kort-kort kyk ek om en sien hier van onder af hoe die rookwolk opstyg agter die bome teen die heuwel.

Ons het tot byna verby die dorpie gehardloop. Die ander drie het koers gekies na hul huise toe en ek moes deur die dorp terugloop na ons huis, weer direk in die rigting van die bultjie terwyl ek die digte, donker rookwolk die heeltyd kan sien en die angs in my groei. En die besef dat ek doodstil moet bly, my lewe lank nooit iets daaroor moet s nie, ek moet dit binne my dooddruk, maak of ek niks weet nie.

Gelukkig het die bosse nie aan die brand geraak nie. Ek weet nie wat verder gebeur het en of hulle verdagtes aangekeer het nie. Wat my betref, het die gebeurtenis net daar gesterf. Eers in my veertigs, toe ek n psigiater moes spreek oor depressie en angstigheid, het ek vir die eerste keer weer daaroor gepraat.



LitNet: 7 Maart 2006

E-pos jou donkerste geheim na bieg@litnet.co.za.
E-mail your darkest secret to bieg@litnet.co.za.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.