My donkerste geheimArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.


Ek bieg oor Zurina

Ek was verlede jaar in matriek. Voordat die universiteit hierdie jaar oopgemaak het, het ek by my pa se besigheid gewerk. ‘n Woensdag kort voor Kersfees was ek haastig om huistoe te gaan aangsien my pa my die middag af gegee het.

In die parkeergarage het ek haar gesien. Sy was ‘n Moslem-meisie in beheer van finansies. Haar motor het met ‘n pap wiel gestaan. Sy moes dringend bank toe gaan en ek het aangebied om haar sommer gou te neem. Haar naam was Zurina en sy was beeldskoon. Sy is enige man se droom.

Terug by die werk het ek die pap band omgeruil en sy het vir my ‘n e-pos gestuur om my te bedank.

Twee dae daarna het sy vir my mail gestuur en gevra om die aand by haar te kom eet. Ek was net na sewe by haar woonstel en het die rustige Oosterse musiek wat sy gespeel het baie geniet. Dit was amper verslawend rustig en nadat ons geëet het, het ons in die sitkamer ontspan. Haar raafswart hare was los en haar sensuele lippe het kort-kort vir my gelag. Dit was asof ‘n magiese krag van my besit geneem het. Ons het na mekaar toe beweeg asof ‘n onbekende krag ons gedryf het.

Wel, binne enkele oomblikke was ons altwee sonder klere en sy het my met haar liggaam betower. Die seks was fantasties en sy het my vasgehou asof sy my nooit wou los nie. Ons het dit later weer gedoen totdat ons altwee uitgeput op die mat bly lê het. Ek is eers na twee daar weg en moes maar saggies die huis binnesluip.

Zurina was vyf en twintig jaar oud en met ‘n B-Comm graad agter haar naam was sy nog steeds besig om verder te studeer. Sy het my die Saterdagmiddag gebel en gevra of ek wil oorkom. Die uiteinde van die storie was dat ek vir my ouers moes lieg en ek het die hele naweek by haar gebly.

Ek het beken dat ek haar al lankal raakgesien het, maar nog nie die moed gehad het om haar te nader nie. My ma en sussie wou natuurlik weet wie die nuwe girl in my lewe is, maar hoe kan ek hulle sê as my pa my dadelik sal onterf as hy van Zurina moet weet…? Sy kom gereeld vir my kuier en die tye saam met haar is wonderlik. En ek het niemand om my vreugde te deel nie en ook niemand aan wie ek die waarheid kan vertel nie. Maar ek is lief vir haar!

Zurina, ek IS lief vir jou…



LitNet: 27 Februarie 2006

E-pos jou donkerste geheim na bieg@litnet.co.za.
E-mail your darkest secret to bieg@litnet.co.za.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.