GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Dis m storie di 8

Oorkant die straat

Roland Yssel

Ek het my pa eendag aan die buurman hoor s: Dis n teken dat n man oud word wanneer die skoolmeisies vir hom begin mooi raak. Natuurlik kon ek, as tienjarige, gn begrip h van wat hy bedoel het nie. Buitendien was meisies nie mooi nie.

Die betekenis het eers veel later deurgedring, in my twintigerjare, toe ek agterkom hoe die matrieks se lywe van wellus begin swel en die ongekende roeringe wat dit in my lende veroorsaak. Di twee uitdrukkings van wellus swel en roeringe in die lende het ek nie self uitgedink nie. Ek het een van ons groot skrywers in Afrikaans dit hoor s, en dit dadelik in my notaboekie neergeskryf, net ingeval ek dit eendag nodig kry.

In jou twintiger- en dertigerjare besef jy dit nog nie, al sou jy dit in die biologieklas geleer het, maar die natuur is nie aan die mens se kant nie. Jy bly maar n klein rukkie op jou kruin, en dan is dit afwaarts ondertoe. En pleks dat die hormone dieselfde pad volg en hulle daarvolgens gedra, hou dt wat uiteindelik oorbly aan met woel, praat met n forse stem, laat jou dinge glo wat jy eintlik weet nie waar is nie.

Gesonde verstand versus hormone.

En laasgenoemde praat die hardste.

Jys al so lank gewoond daaraan dat jy nie vrae vra nie.

En ek dink dikwels aan wat my pa eintlik ges het. Hyt laat deurskemer hoe aanloklik die onbereikbare is.

Dit tref almal die een of ander tyd meer as een keer en dit het my onlangs weer oorgekom. Die buurman reg oorkant die straat word verplaas, pak op en trek. En die nuwe gesin wat n dag later arriveer, kom krap die wreld om, want hulle bring iets saam wat my op die rand van n hartstilstand bring: hulle oudste mooier as die doodsonde.

Ek sien hom die eerste keer van naby saam met sy pa, toe di hom aan my kom voorstel. Ek het nie opgemerk dat hulle nader kom nie hulle eers raakgesien toe hulle reg voor my staan waar ek besig was om plante op die sypaadjie nat te spuit. Al herinnering aan daardie oomblik is dat ek my maag ekstra diep ingetrek het net dit. En vaagweg dat die pa ges het hy is dominee so-en-so van di-en-daai-gemeente. En n hulle weg is, was ek die res van die dag in n dwaal.

Toe ek en sy pa 'n rukkie daarna op straat staan en gesels, verneem ek hys tweedejaarstudent by die eertydse Randse Afrikaanse en Engelse Universiteit nou die Universiteit Johannesburg.

n Paar dae later was die jong man, kaal bolyf, mooi gesonbruin, heelmiddag in n kort-kortbroek voor die huis doenig. Hyt eers sy ma se kar gewas, daarna tromme skoongemaak waarop hy elke middag tekere gaan, en toe n reeks goed, wat op n afstand na die toebehore van n motorfiets lyk, tydsaam gesit en poleer liefderyk daaroor gestreel asof elkeen n kosbare kleinood is.

Hy groet my gewoonlik baie vriendelik met n bre glimlag, mooier as di van Tom Welling van Smallville en toe hy opkyk en my daar sien staan, doen hy dit weer.

Die duiwel het dit daardie middag maklik gehad. Sonder sy aanmoediging het ek redes gesoek om voor die huis doenig te wees: onkruid tussen die plaveistene van die oprit te bespuit, plante op die sypaadjie te inspekteer, water te gee, te spuit vir peste. Ek het dit selfs oorweeg om my kar uit te trek en te was natuurlik nie soos hy geklee nie, want ek kan my voorstel hoe koddig dt sou lyk.

Ek het hom nie weer sien kar was nie. Dit word glo nou aan die ander kant van die huis gedoen en ook net wanneer hy verle is oor Ma se voertuig.

Maar soms kry ek n vlugtige blik van die lyfie wat agter die motorhuis uitkom en vinnig deur die voordeur verdwyn, en in daardie oomblik voel ek my hart net n tikkie vinniger klop.

Sommige dinge in die lewe is nie vir iemand met n swak hart bedoel nie.




LitNet: 25 Oktober 2005

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.