GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Vrou op die brug

Robert Young

Ons het op die brug ontmoet. G’n afspraak nie, want ons het mekaar net van sien geken. Sy, ’n klein vroutjie, Írens in haar vyftigerjare, netjies geklee, asof sy op pad was na die teater ’n kort straatblok verder.

Dit was in die jare sewentig, veilig vir ’n vrou alleen op straat. En een van daardie ondraaglike midsomeraande, nŠ ’n donderstorm wat opgesteek het, maar g’n reŽn gebring het nie, en my genoodsaak het om te vlug uit die bedompigheid van my eenmanwoonstel.

Maar dit was meer as die weer wat my uitgedryf het.

Ek het haar dikwels daar gesien; nooit werklik notisie geneem nie, altyd vlugtig gewonder wat sy daar maak. Maar by geleentheid het ons vir mekaar geknik, sonder om ’n gesprek aan te knoop. Tot daardie aand.

Ek het staan en afkyk na die yl stroompie van die Apiesrivier, my gedagtes elders, by iemand met wie ek nie kon ophou praat nie: ’n monoloog wat hy nooit sou hoor nie, ook nie daarop sou kon reageer nie. Sů versonke was ek in diť hewige woordestryd dat ek nie besef het sy kom langs my staan nie. Eers toe sy ligweg kug, merk ek die skraal vroutjie op.

Ek kyk skrams na haar en knik.

“Het jy vir my ’n sigaret?” vra sy.

Ek draai na haar, kyk na die gesiggie waar die straatlig flou deur die palmtakke daarop val: ’n vriendelike uitdrukking, half kinderlik.

“Het jy ’n sigaret vir my?” herhaal sy.

Ek het haar nooit sien rook nie, vind die versoek vreemd, maar haal tog die pakkie uit my sak en bied haar een aan.

“Ek rook nie gewoonlik nie. Maar vanaand is ek lus vir een.”

Ek knik.

“Dankie,” sÍ sy toe die eerste rook die lug inkrul. “Wat maak jy hier?”

“Staan sommer,” reageer ek stuurs.

Sy lag saggies, ’n fyn lag met ’n toon van beskaafdheid. “Jy staan dikwels hier. Die afgelope tyd omtrent elke aand.”

My wenkbroue lig. Hoe weet sy? Sy was lank laas hier.

“Ek het jou van my woonstelbalkon af gesien,” beantwoord sy die vraag op my gesig. “Ek bly daar, in daardie gebou,” en sy wys met haar vinger.

“Hou jy my dop?” reageer ek onthuts.

Sy skud haar kop. “Nie met opset nie.”

“Waarom dan?”

Sy trek weer aan die sigaret, tik ’n assie af. “In die somer sit ek dikwels op die balkon, en van daar kyk ek af op die brug. Jy staan die afgelope tyd altyd alleen hier. En ek het gewonder.”

“Ek kŠn seker as ek wil.”

“Seker,” sÍ sy en knik. “Maar ek het my afgevra: hoekom is daar nooit iemand saam met jou nie?”

Die irritasie neem toe. “Ek dink ek moet loop,” probeer ek loskom. Maar die stem binne is venyniger: ‘Wat de hel het dit met jou te doen?’

“Nee, wag,” reageer sy vinnig. “Ek wil met jou praat.”

“Waaroor?”

Sy talm. “As jy alleen is, kan ’n vreemdeling se geselskap soms meer stimulerend wees as die van ’n bekende.”

Ek antwoord nie dadelik nie. Dalk is daar sin in. “Jou man ...” probeer ek.

Sy neem ’n trek aan die sigaret, blaas die rook met mening uit, en gooi die oorblyfsel af in die sementsloot. “Hy’s lank terug oorlede.”

“Jammer,” mompel ek.

“En vandat my kinders uit die huis is,” gaan sy voort, “woon ek alleen. In daardie woonstelgebou,” en sy wys weer na die luukse kompleks wat ’n jaar of twee gelede opgerig is.

“Dis ’n duur plek, so hoor ek.”

“Nogal. Kom saam, dan wys ek jou.”

Ek skud my kop. “Ek moet terug.”

“Wag iemand vir jou?”

Weer skud ek my kop.

“Wat wil jy daar maak as jy alleen is?”

“Ek het werk om te doen,” lieg ek.

“Dringend?”

“Dit moet die een of ander tyd klaarkom.”

Die huiwering moes haar opgeval het. “Jy klink nie oortuig nie.”

“Asseblief,” antwoord ek moedeloos. “Ek is nie lus nie.”

Sy kyk lank stilswyend na my. Is dit jammerte in haar oŽ? “As ’n mens alleen bly, is jy geneig om meer en meer in jouself gekeer te raak. En jy durf dit nie doen nie.”

My gedagtes reik na Pieter. Ses maande gelede het hy sy goed gevat en geloop. “Ek het iemand anders ontmoet, en ek is lief vir hom,” het hy gesÍ. “En jy kan nie stry nie — ons verhouding het nooit gewerk nie.” Ek het geluister sonder om te reageer, nie gepleit nie, probeer dapper lyk, geweet dis sinloos om hom te probeer terughou. Sy avonture buite die verhouding was tť lank deel van ons bestaan. En nŠ hy weg is, het ek minder en minder uitgegaan, meer tyd in die woonstel deurgebring, vasgevang soos ’n dier wat wil uitkom, maar nie weet waar die uitgang is nie.

“Ja,” erken ek onwillig.

“Kom dan saam,” sÍ sy sag.

“Ek weet nie ... “

“Is jy bang?”

Ek vererg my. “Waarvoor sal ek bang wees?”

Sy sug. “Ek weet jy vind dit vreemd. Maar ek dink dit sal goed wees as jy saamkom.”

Ek huiwer nog, staan en rondtrap, maar nuuskierigheid het teen diť tyd die oorhand gekry. Te hel, dink ek. Gaan saam en kyk wat gebeur.

“Wat’s jou naam?” vra sy terwyl ons loop.

“Dewald,” mompel ek.

“Ek is Elize.”

Sy hou aan praat, en, soos ons verbystap, wys sy na elke huis weerskante van die straat, vertel wie die bewoners was in die tyd van die ZAR. “Maar dit gaan nie veel langer staan nie,” sÍ sy en sug. “Hulle breek voor die voet af en bou woonstelblokke, asof elke herinnering aan die verlede uitgewis moet word.”

Wat ek ůůk probeer doen, maar ek klou ewe hard vas, bang om selfs die nietigste besonderheid te verloor.

Die woonstel is op die boonste vlak. Sy sluit oop, beduie dat ek moet ingaan, waarna ek verwonderd bly staan. Voor my strek ’n ruim vertrek: antieke stukke gemeng met moderne meubels wat dit op ’n eienaardige manier komplementeer, Oosterse tapyte, skilderye van bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars, ’n staanhorlosie waarop die wysers in Romeinse syfers sewe-uur aandui. Op ’n lae buffet in donker hout ’n uitstalling van portrette in silwer en goue staanraampies: enkelgesigte, ’n troufoto, gradedagherinnerings, ’n laggende groepie saam.

Maar wat uittroon, is ’n Steinway wat bykans ’n kwart van die vertrek volstaan.

“Hoe ... hoe’t hulle die klavier hier ingekry?” wil ek weet, nie in staat om ’n voorstelling van die proses te maak nie.

Sy glimlag. “Opgehys, en deur die skuifdeur na die balkon. En hulle moes die pote afhaal.”

Ek kyk na die res, skud my kop.

“Dis oor ’n lang tyd bymekaargemaak,” sÍ sy. “My man was ’n ywerige versamelaar. En ons het in ’n groot huis gebly. Maar kom sit.”

Ek sak agteroor in die naaste leunstoel, kan my oŽ nie van die interieur afhou nie.

“Bespeel jy die klavier?” wil ek weet.

“Ek hťt, lank terug. Toe my man geleef het,” en sy kry ’n veraf trek in haar oŽ. “Nou omtrent nooit.” Sy bly stil, en haar gesigsuitdrukking verander. “Ek kan vir jou speel as jy wil.” En nŠ ’n huiwering: “Later, miskien.”

Ek knik.

“Wat drink jy?” slaan sy oor na ’n ander stemtoon, asof sy die aandag probeer weglei van wat sy pas gesÍ het. “Ek het whisky, jenewer, brandewyn ...”

“Whisky sal lekker wees,” antwoord ek.

Sy haal ’n kraf uit ’n kabinet naaste aan die klavier. “Jy kan skink. Ek gaan water en ys haal.”

Ek bly sit, wonder steeds waarom die vrou my genooi het, dink aan wat sy gesÍ het: “Ek dink dit sal goed wees as jy saamkom ...” Wat beteken dit? Dan dwaal my oŽ weer deur die vertrek. Daar’s ’n gemoedelikheid, ten spyte van die oormaat. Of is dit dalk as gevolg daarvan?

Sy kom terug, plaas die waterkraffie en yshouer op die tafeltjie. “’n Enkel vir my,” sÍ sy, en laat die res aan my oor.

Sy neem ’n teug toe ek dit aangee, plaas die glas op ’n tafeltjie langs haar. Ek proe aan myne, besluit dat ek tť swaar geskink het, gooi nog water by.

“Waarom het jy vanaand ’n sigaret by my kom vra?” wil ek weet toe ek gemaklik sit.

Sy sak agteroor. “Ek het ’n rede gesoek om met jou te praat.”

“Waarom?”

“Omdat ek jou dikwels op die brug sien staan. Met ’n treurige uitdrukking. Iemand so jonk hoort nie alleen te wees nie nie. Ook nie treurig nie.”

“Wat gee jou die indruk dat ek treurig is?”

Sy neem nog ’n teug. “Jou lyftaal. Die manier waarop jy staan en uitstaar oor daardie waterlose sloot.”

Ek begin rondskuif. Draai die glas om en om in my hand. Ek kan nie ’n vreemde toelaat om te weet wat binne-in my aangaan nie. “Praat eerder oor jou. Jy’t my genooi.”

Sy kry ’n ernstige trek wat geleidelik oorgaan in ’n glimlag. “Waarvoor is jy bang, Dewald?”

“Ek is nie bang nie,” reageer ek opstandig.

“Tog skram jy weg, elke keer as ek in jou rigting mik.”

“Ek praat nie graag oor myself nie,” mompel ek.

“Miskien moet jy. Dalk help dit jou om uit daardie hokkie te breek.”

Ek slaan die res van my drank met een teug weg en staan op. “Dankie, maar nou moet ek teruggaan.”

Sy lag, saggies, soos op die brug. “Na ’n leŽ woonstel?”

My kop sak. Waarom hou sy aan lol? My sake is my eie, en het niks met haar te doen nie. Tog hou iets my terug, en ek bly staan. “Ek is gewoond daaraan,” antwoord ek.

“Mens kŠn aan so iets gewoond raak,” sÍ sy met nog ’n veraf blik. “Maar op die lange duur vang dit jou, weet jy later nie meer hoe om uit te kom nie.”

“Is dit wat met jou gebeur het?”

“Aanvanklik, nŠ die kinders weg is.”

“Jy kon weer getrou het?”

Sy glimlag. “Destyds, miskien. Maar toe was hulle te jonk. Ek het geglo ’n vreemdeling in die huis sal ’n ontwrigting vir hulle wees. Nou glo ek nie ek sal maklik kan nie.”

“Waar is hulle?”

Sy sug en staan op. “My dogter en haar man is in die buiteland, en my jongste seun in die Kaap. Ek sien hulle min. Maar my oudste woon hier naby, hy’t sy eie woonstel.” En met diť draai sy na die portretgalery. “Kom kyk,” nooi sy.

Ek gaan teŽsinnig nader. “Dis my dogter en haar man op hulle troudag,” sÍ sy. “My jongste seun ... en hier is die drie van ons.” Haar wysvinger beweeg van een portret na die ander. “My oudste seun, en diť is ’n foto van hom en ’n vriend.” Sy bly ’n oomblik stil, trek haar skouers op en skud haar kop stadig. “Eintlik ’n gewese vriend. Dit het my net soveel geraak as vir hom.”

’n Koue gevoel kom oor my. Ek kyk na die aantreklike gesig op die enkelfoto, dan na die een van die twee saam: stralende uitdrukkings, asof hulle rede het om gelukkig te wees. Maar ek ontwyk haar oŽ, bang om te sien wat daarin is.

“Hier is ’n foto van my man.” Sy tel die raampie op en hou dit voor my. ’n Sterk gesig, waarskynlik in sy dertigerjare. “Hy was vyf en dertig toe hy dood is. Veels te vroeg,” en sy sug diep. Ek knik, lewer nie kommentaar nie. Kry ’n bewondering vir die klein vroutjie wat haar kinders alleen moes grootmaak.

“Was jy al ooit verlief?” vra sy skielik. Ek skud my kop.

“Lief vir iemand?”

Ek kyk weg. Pieter se gesig skuif tussen ons in. “Ja,” antwoord ek sag.

“Nog steeds?”

“Ja,” sÍ ek ewe sag, ongemaklik oor die erkenning.

“As jy regtig liefhet, gaan dit nooit weg nie,” sÍ sy nŠ ’n rukkie en plaas die portret terug op sy plek. “Al gaan die een wat jy lief het, vir altyd weg.”

“Neem niemand ooit sy plek in nie?” vra ek soos een wat in ’n beswyming praat.

Sy huiwer. “Dit hang van jou af. Of jy dit wil toelaat.”

Toe sak daar ’n ongemaklike stilte tussen ons.

“Jy hunker nog na hom,” sÍ sy skielik. “En dis goed. Want niks sny summier af nie. Jy moet dit verwerk, en van voor af begin.”

My verstand staan stil. Ek kyk op, sien twee deurdringende maar vriendelike kykers wat my aanmoedig. “Hoe ... hoe bedoel jy?”

“Ek het julle dikwels saam gesien wanneer julle hier verbystap: soms na die kafee, soms na die teater, ander kere net Írens heen.”

Ek antwoord nie. Hewig ontsteld omdat ek, sonder dat ek daarna gesoek het, ontbloot voor ’n vreemdeling staan.

Sy plaas die raampie terug op sy plek, tel die een van haar oudste op. “Jy sal van Stťfan hou,” sÍ sy. “Dalk ontmoet jy hom as jy weer hierheen kom. Hy’s baie soos jy, omtrent net so oud.”

My kop sak vinnig, ’n hittegolf oor my gesig. “Ek dink dis tyd om te gaan,” sÍ ek hees.

Sy protesteer nie, vergesel my na die deur. My oog vang die wysers van die staanhorlosie: twintig oor agt.

“Kom weer as jy geselskap nodig het,” sÍ sy. “Moenie alleen in die woonstel sit en tob nie.” Ek knik, onseker of ek weer sal.

Sy bly in die deur staan tot ek by die hyser is.

Buite is die aandlug aansienlik koeler. Op die brug, op die presiese plek waar ons ontmoet het, bly ek ’n oomblik staan, onthou dat sy nooit op die Steinway gespeel het nie, stap toe vinnig verder.

Die beknoptheid van die woonstel val vir die eerste keer in ’n lang tyd nie op nie. Ek trek uit, gooi die klere oor die stoel, klim in die bed, probeer slaap. Maar die Steinway hou aan spook; ook die tapyte, die skilderye, die portrette: veral die enkelfoto met die aantreklike gesig. En die klein vroutjie wat so baie praat en aanhou vrae vra.

En steeds warrel dit in my, vra ek my oor en oor waarom sy my na haar woonstel genooi het, probeer hewig ontken wat ek eintlik dink ek weet.

Die insluimering begin, vertel my dat ek nie heeltemal alleen is nie.


Radiopersoonlikheid Robert Young se roman oor die gay lewe in Pretoria, En toe kom die reŽn, het in 2001 by Homeros verskyn. Medemenslikheid, vertroue, getrouheid, liefde — is dit můůntlik tussen gay mans?

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.