GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Lepidoptera

Wim Vorster

Idris was Liam se eerste en enigste lover. O, hy het slapers gehad nŠ Idris (nooit tydens nie), maar nie weer 'n verhouding nie. En voor Idris was daar op die kop twee ervarings waarvan nie een noemenswaardig nie. (In al twee gevalle het Liam en genoot net so te sÍ handgemeen geraak.) Toe Liam vir Idris op die ingeleefde ouderdom van agt en twintig ontmoet, was hy dus tegnies gesproke 'n maagd.

Moenie tot gevolgtrekkings kom nie. Liam het geen Calvinistiese angsaanvalle gekry of skuldgevoelens gekoester oor sy (gewraakte woord:) homoseksualiteit nie - daarvoor het sy oopkop ouers gesorg. Ook nie dat hy nooit aanbiedinge ontvang het of onaansienlik was nie. Inteendeel. Dis net dat Liam Strover die romantiese, ou-wÍreldse opvatting gehad het dat hy vir die "regte een" moes wag. Sien hy die aand vir Idris, weet hy summier hier is die regte een. Ironie is dat hy Idris op daardie oomblik eintlik nie regtig gesien het nie.

[Tot en met my ontmoeting met Idris was Tariq die Marokkaan die mooiste mens wat ek ooit in lewende lywe van aangesig tot aangesig aanskou het (buiten dalk Nina Van Pallandt van die destydse Deense sangpaar Nina en Frederick), maar Tariq die Marokkaan is 'n ander storie. Hom het ek raakgeloop by 'n winkel waar ek 'n koperskoenlapper gekoop het. Die lyf daarvan verleng in 'n lang steel wat jy in 'n dik kers druk sodat die vlam dan 'n fladderende skoenlapper-skaduwee teen die muur gooi.

Van jongs af het Liam, soos ek, sekere voorliefdes gehad (en ek verwys nie na die letterkunde, musiek, beeldende kuns, teater en die rolprent, wat 'n leefwyse is nie; nee, eerder na dit wat ook vir ons simboliek inhou): skoenlappers, katte, skilpaaie, geel rose en dies meer. En dan harlekyne. Nie die lawwe hansworse van Suid-Afrikaanse sirkusse nie. Die lag-met-'n-traan Pierrot, Arlechino en ander soortgelykes wat met fyn gebare- of pittige woordespel die lagspiere prikkel terwyl die keel toetrek.]

By die eerste aanskoue het gewaarwordinge Liam wysgemaak dat Idris (en die naam het hy ook eers later die aand leer ken) die liefde van sy lewe was. Juis omdat hy Idris eintlik nie regtig kon sien nie. Daarom was dit nie blote jagsheid oor skoonheid nie. Terselfdertyd het sy ingewande geknoop by die gedagte dat die man hom dalk nie sou wou hÍ nie, of reeds by iemand anders betrokke was, of (heuwels bedek hom!) straight was.

In Januarie 1993 was hy so gelukkig en bevoorreg om Marcel Marceau, Frankryk en die wÍreld se beroemdste en bekwaamste mimikus, se afskeidsvertoning in die Wintergarten Varietť in Berlyn by te woon. Alhoewel die kunstenaar iets soos drie en sewentig jaar oud was en sekerlik nie meer so beweeglik en soepel soos in sy glorietyd nie, was hy steeds die manjifieke kunstenaar. Dit was die enigste keer wat Liam byna net soveel gehuil het oor dit waarna hy kyk as toe hy vir die eerste slag sy oŽ op Idris geslaan het. Veral met Marceau se uitbeelding van twee soldate en die een wat dan in sy makker se arms sterf.

Idris het, daardie warm someraand van 1978 te George van alle plekke, Liam se hart gekarnuffel.

[Ons, dis nou ek en Liam, het mekaar in 1968 by Tukkies leer ken. Hy het BA geswot en gespesialiseer in beeldende kuns. Ek was toe nog besig met BSc met die oog op medies en het later eers besef dat ek die teaters en maskers verwar het met diť van die toneelwÍreld. Ons was in dieselfde koshuis en het dadelik ingehaak. Liam was die denkbeeldige speelmaat van my kinderdae wat beliggaam is. Lei dus af dat ek nie een van die twee pre-Idris-eskapades was nie.]

Nadat Liam sy studie voltooi het, het hy eers in Oudtshoorn en toe in George skoolgehou. Deurentyd het hy geskilder en soms 'n beeld gemaak en hier en daar iets verkoop. Hy was ook 'n kranige ondersteuner van en deelnemer aan amateurtoneel en het elke besoekende professionele aanbieding bygewoon.

Daardie besondere Saterdagaand in Januarie het hy oudergewoonte op sy eie na die Stadsaal gegaan (die skimpe van die musiekonderwyseres ten spyt), reg in die middel van ry E gesit en min hoop gehad vir enige gehalte wat die "verskeidenheidskonsert" kon bied. Nie een van die name van die besoekende kunstenaars was aan hom bekend nie. Skynbaar was van die items nie te vrot nie, maar toe, uit die donker in 'n kollig, verskyn (soos dit in die program bloot aangekondig was) Papillon. Onder die grimering en kleurryke mondering was dit nie onmiddellik moontlik om vas te stel of die harlekyn manlik of vroulik is nie, maar toe die kop en die linkerarm roer, het Liam net instinktief geweet. Hier is die een.

Agterna kon hy kwalik die styl van die aanbieding beskryf. Dit was nie ballet of moderne dans nie, maar suiwer mimiek was dit ook nie. Net sensitiewe interpretasie. 'n Harlekyn wat nie trag om self 'n vlinder wat losbreek uit sy kokon te word nie, maar weergee hoe die siel van die insek deur sy bewegings geraak word: weerloos en ragfyn wag dit in die son dat die vlerke versterk, begin dan vlieg, kry gaandeweg momentum en fladder van blom na blom om nektar en stuifmeel te verorber.

[Alhoewel seker ongevoelig van my, moes ek Liam vertel van my neef Fanus met die formidabele voŽl (mea culpa, Etienne Leroux) se "debuut". {Sien "Doopsous"}]

Die groot man in die middel van ry E het begin huil omdat die kunstenaar se bewegings skilderye in sy hart geverf het. Hy kon nie sien hoe die harlekyn werklik lyk nie, maar het geweet sy soeke is beŽindig. Onderworpe aan die groot, groot voorwaarde dat die gevoel wederkerig sou wees.

Met die buiging het hy spontaan opgestaan om hande te klap. Hulle oŽ het ontmoet, wat 'n skokgolf deur sy maag tot in sy knaters teweeggebring het, en hy het gedink: Ek is 'n negentiende-eeuse roman; ek is van 'n uitgestorwe spesie.

Die res van die program het nie meer vir hom saak gemaak nie. Niks of niemand kon hom keer om na die kleedkamers te gaan nie. In die gang het hy 'n klompie verdwaasde artieste haas uit die pad geloop en gevra: "Waar is die man wat die skoenlapper was?" Iemand het na 'n deur gewys en hy het dit sonder omhaal oopgemaak, net betyds om te sien hoe die harlekyn sy jockstrap afstroop en onder die stort instap, vlugtig oor sy skouer kyk, Liam opmerk, glimlag en ongeŽrg sy lyf begin was.

Liam het teen die deur geleun en bly staar. Selfs toe hy begin afdroog, het die antwoord op sy gebede geen valse skroomheid getoon en probeer bedek nie. Hulle oŽ het weer ontmoet.

"Ek is Liam Strover," het hy geprewel, want by die betragting van soveel skoonheid is daar weinig meer om te sÍ.

En die onderwerp en voorwerp van Liam se begeerte het net sy kop geskud asof hy dit reeds weet en geglimlag. Hy was van middelmatige lengte, met 'n atletiese liggaam, skouerlengte gitswart lokke, en sy vel was die kleur van heuning op roosterbrood. Boonop was sy liggaam haarloos. As ek nie na die gesig van die liewe Here self kyk nie, het Liam gedink, is dit diť van Sy uitverkore engel. Al die clichťs ineen: raafswart, hoekige wenkbroue bo amandelvormige groengranaat-oŽ, slaappopwimpers, 'n gebeitelde reguit neus, hoŽ wangbene, sterk ken en kaak en die mond verrassend vol en rosig. Maar manlik in elke opsig. Sigeuner wat harlekyn speel en skoenlapper word, maar eintlik vermomde engel is.

"Hallo, ek is Liam Strover," het hy herhaal. En bly staar.

Toe draai die naakte engel om - en Liam kyk weer na die breŽ skouers en rug, die slanke middel, gespierde bene en bak gat - tel 'n Leichner-grimeerstok met sy linkerhand op en skryf groot teen die spieŽl: "Idris".

"Idris?"

Hy knik en glimlag weer en die hemel skyn uit sy oŽ.

"Ek wag my lewe lank vir jou, Idris."

Toe kyk Idris in die palm van sy eie linkerhand, lig sy kop, kyk na Liam, knik, herhaal die glimlag en Liam sien dat begeerte ook sigbaar in sy lendene begin blom. Nog steeds het Idris nie toegehou nie, maar weer omgedraai en teen die spieŽl geskryf: "Ek kan nie praat of hoor nie, maar ek kan jou lippe lees. En jou hart. Ek het geweet jy sal vanaand kom."

Liam het geen poging aangewend om sy trane af te vee nie en het Idris in sy arms geneem. Hulle het gesoen en Liam het geweet hulle moet halt roep. Dit was nie die regte plek of tyd vir liefde maak nie.

"Idris is 'n uitsonderlike naam. Waar kom dit vandaan?"

Idris het verduidelik dat dit 'n familienaam is.

"Is jy van Maleise herkoms?"

Idris het geknik, geglimlag en geskryf: "Ja, maar eintlik is ek die Verenigde Volke, want van Maleise tot Franse en Koi en Sjinese en wat nog se bloed loop in my are.

Koran. Surah 19.56: Also mentioned (in the Book) IdrŪs: he was a man of truth (and sincerity), (and) a prophet.

21.85: And (remember) Ismail, IdrŪs, and Zulkifl, all (men) of constancy and patience.

Idris isn't the prophet Enoch, nor is Idris even a human being - read:

Idris is the Arabic pronunciation of Osiris.

Legends say that IDRIS is OSIRIS, the hero of the ancient Egyptian legend.


— Various ancient manuscripts

... original characteristics and attributes of Osiris we find that the oldest religious texts known to us refer to him as the great god of the dead, and throughout them it is tacitly assumed that the reader will understand that he once possessed human form and lived upon earth, and that by means of some unusual power or powers he was able to bestow upon himself after the death a new life which he lived in a region over which he ruled as king, and into which he was believed to be willing to admit all such as had lived a good and correct life upon earth ...

— Rough translation of papyrus scroll found in Egyptian pyramid

Vir laas het die skilder na die sensitiewe, sensuele liggaam gekyk voordat die ontmaskerde harlekyn begin aantrek het. Die bors, maag, arms en bene wat van nature haarloos was. Die klein stywe fopspeentjies. Die geskeerde pubes, skrotum en oksels. Die mooi voŽl, effens donkerder as die res van die lyf, met die kop dieselfde onverwagse rosigheid as sy lippe. Idris het sy blik gevolg, die spieŽl met sy klam handdoek skoon gevryf en weer geskryf:

"Moslem. Ons word geleer om dit te skeer."

Liam het hoegenaamd nie aan enige van die implikasies of komplikasies gedink nie. Nie toe nie. Later het hy verskeie metodes bedink om dit te omseil. Net soos wat Idris se harlekyngrimering netjies sy ras verbloem en hom tydelik toegang tot die "wit wÍreld" verleen het. Al waaraan hy op daardie oomblik kon dink, was hoe om sy liefde emosioneel, geestelik en liggaamlik te verklaar. So gou as moontlik. Die toekoms was vervat in die ewige nůķ.

[Hulle liefde was vooruitbestem. Daar was geen twyfel by hulle of by ander nie, slegs die wete. Dit was die herontmoeting van twee siele. Ons almal het hulle beny. Genade sy dank dat Liam so getrou aan my verslag gedoen het; dit het my feitlik deel van die verloop van hulle verhouding gemaak. Net jammer dat ek nie daarin kon deel nie, maar ek het my eie verhouding gehad om aan te werk. Hoe stormagtiger ons verhouding was, hoe meer het Liam en Idris s'n letterlik getuig van maanskyn en rose. Ons was toe ook op George. Van julle sal dalk nog die Penny Farthing-restaurant onthou wat ons daar gehad het.]

"Jy is ook van 'n skaars en bedreigde spesie," het Liam by sy blyplek vir Idris gesÍ. "Daar kan nie nog een soos jy wees nie."

The mysterious decline of the Black-veined White Aporia crataegi has been the subject of discussion amongst entomologists for over a century. This impressive butterfly became extinct in the 1920s. Since then, many reintroductions have been attempted, all of which have failed.
- Entomology (Cedric Westrum)

Extinct. butterfly species. Vernacular name: Large Chequered Skipper, Scientific name: Heteropterus morpheus WS Stewart

His findings suggested that the number of extinct butterfly species increased in line with the number of extinct plants. ... Anon

Moffies laat my mos altoos dink aan vlinders
- My oupa in 1958

"Die wit amper-Christen en die bruin half-Moslem se eerste keer," sou Liam jou kon vertel en hťt ook, verskeie male, "was meer as 'n mixed metaphor. Dit was 'n onbeskryflike algehele metaforiese verbastering." Liam was benoud. Hy het geen ervaring en tegniek gehad nie. "Ek weet nie hoe nie," het hy vir Idris uitgespel. En gedink: Asseblief, laat dit mooi wees. Moenie dat ek hom afskrik nie. En asseblief, Liam, moenie klaarmaak voor jy nog eers begin het nie. Want sy voŽl was so kwaad vir die stywe onderbroek dat dit kon spoeg. Idris was meer kundig en kon Liam baie natuurlik lei en inwy in die fyn kuns van liefde maak. Daarteenoor het Liam se jarre en jarre van eie geweerloop skoonmaak so lank as moontlik probeer uitrek tog gehelp dat hy nie sy sneller vroegtydig trek en die skoot laat klap nie. Toe hy oplaas sy lokomotief in die ferm golwende terrein van Idris se hinterland instuur en die nou, donker, hitsige tonnel bereik, het hy homself oorgegee aan die vervoering van die rit en die verrukking van sy uiteindelike tuiskoms ...

Hulle het lank so bly lÍ met sy kop op Idris se gladde bors en Idris se bene gekoeksister met syne. Sy ereksie het diep in Idris bly pols en later het hy weer begin ry en ry met hul monde teen mekaar sodat die een die ander se asem gehaal het. Liam se trane het oor Idris se wange geloop.

"Jy mag nooit weer weggaan nie," het hy die volgende oggend vir Idris die woorde met sy lippe gevorm - iets wat later gewoonte geraak en hy dikwels onnadenkend met ander mense ook gedoen het - en hom styf vasgehou. As antwoord het Idris hům genaai. Net die ingaan was 'n steekpyn en toe het dit glad verloop. Hy was altyd bang hy sou soos 'n plaasvervanger vir 'n vrou voel as dit moes gebeur, maar dit was net die teenoorgestelde. Hy het nog meer manlik geraak, so gevul met 'n ander man se volle manwees.

Alle reŽlings is inderhaas maar deeglik getref. Idris sou die toer voltooi en Liam die kwartaal klaarmaak by die skool en intussen skiet vir elke moontlike onderwyspos wat beskikbaar was in Kaapstad. Op die ou end het hulle net ses maande in die Kaap gewoon - met minder probleme as gevolg van die vervloekte kleurkwessie as wat hulle verwag het - want Liam se ouers is op slag dood in 'n motorongeluk en het vir hul enigste seun hul rykdom en die groot huis in Kensington, Johannesburg nagelaat. Liam en Idris het daarheen getrek en 'n hoŽ muur om die erf opgerig (lank voor dit mode en/of noodsaaklikheid was) waaragter hulle rasloos en kleurloos en hoofsaaklik klereloos kon maak soos hulle wou.

Alhoewel 'n paar jaar jonger as ons, was Idris die volmaakte leermeester wat die lyflike en die spirituele betref. Hy het Liam (en dus vir my) geleer wat die voordele was van daagliks die oksels skeer (minder sweet, minder reuk) en so ook die geslagsdele (lank voordat dit deur gayporn gewild gemaak is) en bad met water waarin seesout opgelos is. (Dis uitstekend vir die vel en ook reukwerend.) Liam was mal oor die skrotum onthaar, maar hy het volgehou sy pubes lyk vroulik as hy dit ook skeer, daarom het hy sy digte bos (wat hy sy reŽnwoud genoem het) soms net korter geknip. Buitendien het dit snaaks gelyk as hy dit skoon skeer, omdat hy die mooi patroon borshare [gehad] het met die streep wat afloop tot in die pubiese hare. Later, nadat hy in Berlyn vir hom 'n vreeslike fÍnsie cock-ring gekoop en dit gereeld gedra het, het hy wel omtrent 'n sentimeter plus van die voeg van sy penis af boontoe geskeer. Idris het ons ook geleer om nie onderbroek te dra nie en heeldag voŽlvry te verkeer. Hy het ons onderrig in ablusie: om altyd te ontlas en deeglik te was voor seks en daarna en om in vadersnaam nie vaseline as smeermiddel te gebruik nie (voordat VIGS dit vir die res van die wÍreld gedoen het). Dit alles in sy eie liriese gebaretaal. Hy het ons ingewy in die mistisisme van die Jogi Ramacharaka se Fourteen Lessons in Yogi Philosophy wat duidelik die onderskeid tussen vormgodsdiens en spiritualiteit stel en het ons onderrig in meditasie. Ons het nagte lank oor die onsterflikheid al dan nie van die siel bespiegel. [Dit het nie aanleiding gegee tot die feit dat ek deesdae 'n non is nie. Ek het alkohol opgegee omdat ek 'n alkoholis is. Ek het rooivleis opgegee omdat ons familie gestraf is met kolesterol. Ek het nikotien opgegee om verstaanbare redes. Ek het kafeÔen opgegee omdat dit te veel adrenalien pomp wat angsaanvalle veroorsaak. En seks het my opgegee, dus is ek 'n non. Romantiese Liam, daarenteen, had nog altyd die viriliteit van 'n stoetram/hings/bul.*]

Idris het die wysheid van 'n millennia-oue siel gehad. En dit het neerslag gevind in hulle verhouding.

Moet net nie dink hy was 'n suurkous nie. Hy was 'n platjie wat selfs met sy eie gebrek kon spot. En hy kon elke oomblik met volle oorgawe geniet. Dit was hy wat, toe 'n hele groepie van ons eenkeer op Sandybaai was, 'n krieketkolf en bal uit dryfhout prakseer het. Hy het sommer wildvreemdes ook nader geskraap. Dit was groot pret, die klomp kaal mans wat op die sand krieket speel. Een of twee is uitgevang, 'n paar is uitgehardloop, maar die meeste van ons is paaltjie voor been uitgegee.

Liam het hom hier in Johannesburg voltyds toegelÍ op skilder. As Carl BŁchner hom nie voorgespring het nie, sou hy seker honderde skilderye van harlekyne gemaak het. Nietemin het dit wel altyd iewers gefigureer. [Omdat hy nie sy eie naam geteken het op sy werk nie, sal ek sy privaatheid respekteer en nie hier sy nom de plume verklap nie.] So ook die skoenlappers wat hy in die tuin - wat hulle spesiaal daarvoor uitgelÍ het - dopgehou het. Hulle wou eers die huis die Italiaanse Farfalla of die Spaanse Mariposa noem, maar het later op die Duitse Schmetterling besluit omdat die klank meer romanties is.

Gaandeweg hoef Idris nie meer agter wit grimering te geskuil het nie. Hy was immer die hartseer harlekyn, met die glinster in die oog, maar sy kleur het nie meer soveel saak gemaak nie. Hulle het nie 'n vreeslike sosiale lewe gehad nie, maar hulle kon nou saam by die Markteater en selfs die Skouburg opdaag sonder dat mense se asem wegslaan (alhoewel Idris se skoonheid nog dikwels daardie uitwerking gehad het. Liam was self 'n killer.) En niemand het verweer gehad teen Idris se innemendheid nie. Hy het graag kinders vermaak by partytjies of byeenkomste en is soms ook gevra om volwassenes se aand op te vrolik. Hulle het hom vergoed, maar hy het baie vir liefdadigheid gedoen en selfs vir 'n paar kinders met spraakgebreke 'n gereelde mimiekklas gehou.

* Met hulle vyfde anniversary het Liam sy lover verras met 'n gegeurde warm bad. Hy het die skeermes gevat en al Idris se mees private dele baie versigtig vir hom geskeer. Daarna het hy hom afgedroog en is hulle kamer toe. Die vertrek was vol geel rose en geel kerse het oral gebrand en hulle bed was bestrooi met geel kroonblare. Eers het Liam Idris se voŽl baie sag met die punt van sy tong bestryk. Toe het hy die rooskop in sy mond geneem en met sy tong die mondjie van die uretra geterg en geterg. Daarna het hy die harde eiers een vir een en toe gelyktydig tussen sy lippe gerol. Terwyl hy Idris gesoen en geliefkoos het, het Liam sagkens en baie teer van die roosblare in Idris se mees geheime, maar ook mees genotryke opening gestop. Meer en meer roosblare is weggebÍre. Idris het gewys dit voel soos "butterflies in the stomach". Meer en meer totdat Idris gevoel het hy loop oor en sy prostaat gesoebat het vir die stewige ware Jakob. Hulle het teen hierdie tyd al twee so gedrup dat Liam hulle silwersous in plaas van 'n middel kon gebruik om sy voŽl te smeer. En omdat hulle getrou was aan mekaar, het hulle nie 'n kondoom nodig gehad nie. (Nie dat die algemene gebruik daarvan in 1983 reeds inslag gevind het nie.) Met sy middelvinger kon hy Idris se ring ook smeer en toe het sy horing die pad deur die digte kroonblare oopgeboor. [Agterna het hy beweer dat hy drie uur lank aangehou en dat Idris vier keer en hy vyf keer gekom het, maar dalk is dit wensdenkery van my kant. 'n Ander storie waarby hy gehou het, was dat Idris se semen soos gebraaide sampioene met kaassous smaak. Idris het net geglimlag oor alles.]

Die storie van Liam en Idris, en hulle romantiese en sensuele en ekstatiese liefde, is helaas nie 'n happily-ever-after-storie nie.

In April 1994 kon hulle vir die eerste keer saam na die stembus gaan, en die konstitusie wat oplaas aan hulle rassegelykheid besorg het, het ook hulle verhouding "gewettig". Die dag met Madiba se inhuldiging het hulle voor die televisie gesit om die hele seremonie te beskou. In 'n stadium het hulle lus gekry vir peuselgoed en vrugtesap, maar hulle eie voorraad was uitgedun. Liam het 'n kaftan oor sy kaal lyf gegooi en in die motor geklim om na die naaste kafee te ry. Diť was gesluit en hy moes rondry om iets te kry wat wel sake bedryf het.

Toe hy terugkom by die huis, het die motorhek wyd oopgestaan, maar hy het nie veel aandag daaraan gegee nie. Dalk het hy met die uitry net nagelaat om dit toe te maak. Dit was eers toe hy by die voordeur instap dat hy onraad gemerk het. Dit was te laat. Daar is nie veel gesteel uit die huis nie. Maar die stomme, naakte Idris is met 'n kombuismes deurboor en was soos 'n versamelaar se skoenlapper met gespreide vlerke vasgepen teen die vloer. Dit was asof die mes met 'n hamer deur hom gekap is. Liam het geweet hy moet aan niks raak nie en dit het hom heeltemal versteur: dat hy Idris nie in sy arms kon neem nie.

Ons het teen die muur op die vloer gesit terwyl die polisie opmetings gemaak en foto's geneem en vingerafdrukke gesoek en vrae gevra het. Oor en oor het Liam gefluister: "Hy was alleen. Ek was nie hier nie. En hy kon nie eens skree vir hulp nie. Hy kon nie eens skree vir hulp nie!"

Tussen al die geskiedkundige gebeure deur het die saak nie veel opspraak verwek nie. Dit het nie eens die televisienuus gehaal nie. Die Johannesburgse dagblaaie het wel daaroor berig, maar weinig besonderhede is verstrek, omdat die polisie dit raadsaam geag het. Nie dat die skuldige ooit vasgetrek is nie. Liam het stiller en stiller en bykans stom geword. NŠ maande se kluisenaarskap het hy begin om dan en wan saans te ry tot by Rhodespark, of soms selfs so ver as die Dieretuinmeer of Emmarentiadam, om slapers op te tel. Met hulle het hy wilde, anonieme, gekondoomde en emosielose seks gehad. Hy het nie gesukkel om sulke terloopse verbintenisse te maak nie, omdat hy steeds aantreklik was. Ons wat hom geken het, kon egter die wonde in sy oŽ sien. Hy het tekens van hartversaking begin toon wat die medici toegeskryf het aan die rumatiekkoors wat hy as kind gehad het, maar my ma het onkarakteristiek outyds volgehou dat hy aan 'n gebroke hart ly. Hy het besluit om tog maar 'n testament op te stel {q.v. "Anatomie"}.

Een middag het hy feitlik gebied: "Ry saam." Ek het nie gevra nie, net saamgery. Hillbrow was toe al uitgedien en Rockystraat in Yeoville nog redelik in swang. Ons is soontoe, hy het parkeer en ons is by 'n plek in wat wit en steriel soos 'n Amerikaanse ice cream parlor was.

Daar was net die een man. Sy hare het laag in sy rug gehang. Hy het hoegenaamd nie na Idris gelyk nie, was ook baie langer, maar iets in sy houding het 'n mens aan hom herinner. Dalk die ritme in die beweging van die lyf. OŽnskynlik was hy 'n Wes-IndiŽr. Hy het die voordeur gesluit en 'n gordyn agter ons toegetrek.

"This is the design we want." Liam het 'n papier aan hom gegee.

"Very colourful and very beautiful and very original. I have to trace it on this paper and then trace it on you to get the tattoo perfect. Where would you like it?"

"In the groin."

"It will hurt. On the lower stomach will be less sore."

"In the left groin."

"Please lie down."

Jy lÍ op die hoŽ bed, nes 'n dokter s'n, en knoop jou gulp los. Jy ontbloot die deel wat jy getatoeŽer wil hÍ en reeds vooraf geskeer het. Omdat jy nie 'n onderbroek aan het nie, voel jy of jou voŽl toe is.

"Look, the needles are supersonically sterilised. No chance for transmitting a disease."

Hy teken die ontwerp op jou vel af. Dit kielie. "Why this picture? I like it very much, the butterfly with the ..."

"Phallic body," voltooi jy. "In most cultures the phallus, the cock and balls, is symbolic of virility and fertility. Not only as far as reproduction is concerned, but in all respects. And in Greek mythology the butterfly represents the human soul. Dit is waarna ons trag. 'n Vrugbare siel."

"Great. Are you ready? It will take a while because of all the colours."

Jy is gereed en ietwat lugtig.

jy lÍ en dan begin die naald werk. sy gesig is naby aan jou onderlyf. dis seer, maar nie onuithoudbaar nie. meer irriterend as iets anders. dit hou egter aan en aan en die kunstenaar bly met sy linkerhand bloed opdroog terwyl hy jou vel met die regter beprik. naderhand word dit 'n soort pyn: dit wat jy voel as jy vir die eerste keer in die hol genaai word. en dis masochisties eroties. jy voel hoe jy 'n horing kry en niks daaromtrent kan doen nie. nog minder kan jy om verskoning vra. dus lÍ jy maar terwyl jou jakob onder die regterflap van die gulp uitklim en regop bo jou buik staan. stokstyf. penorent. jou tatoeŽerder sÍ niks nie en jy sien hy probeer hard om nie teen jou hard-on te skuur nie. dis duidelik dat hy straight is, maar vantevore al 'n soortgelyke geval of twee aanskou het. hy wirrr en wirrrr en wirrrrr in jou linkerlies en jou tril tril al meer en jy dink: god, maar ek is verskriklik jags en ek is eindeloos eensaam. diep vanuit jou binneste voel jy jou sappe en souse begin stroom sonder enige direkte stimulasie van jou voŽl en dit stoot op en op in iets wat net as 'n wakker nat droom beskryf kan word en jy skiet oor jou maag en in jou borshare en teen jou ken en jou lyf ruk en die man druk jou vas sodat die naald jou nie beskadig nie en jy kom nog en nog jou asem is weg en dis fokken lekker en hy sÍ niks nie en wanneer net die nŠdrup tap uit jou piel wat steeds nie verlep nie vat hy 'n handdoek en vee jou doodluiters daarmee droog en hervat dan meedoŽnloos die ritmiese martelende gepriem van sy gevulde elektriese naald en inkmerk jou vel lewenslank en jy bloei en drup en

© Wim Vorster 2005

  • Lees Wim se vorige verhale vir Gay@LitNet

    Wim Vorster

    was die grootste deel van sy loopbaan aan die vermaaklikheidswÍreld verbonde. In 1984 het sy Kruisvaart by Human & Rousseau verskyn; dit is toe deur sommige as die eerste volwaardige gayroman in Afrikaans bestempel. Tans is hy outeursregadministrateur by DALRO in Johannesburg. Sy toneelteks Skimmespel was vanjaar een van die aanspraakmakers op die Sanlam-Toneelprys.

     




    LitNet: 14 Junie 2005

    NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
    DANIE BOTHA

    boontoe / to the top


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.