GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Anatomie

Wim Vorster

Omdat alles so ongewoon is vir my, voel dit asof ek moet bang wees. My gesonde verstand s ek is nie bang nie en daar is niks om voor bang te wees nie, maar dit voel asof ek behoort te wees. Ek staar na hom. Sy uitgestrekte naakte liggaam. 'n Fors gesig wat geen emosie verraai nie. Gespierde arms, bors en bene. Borshare wat "gekamde" patrone het. Getatoeerde skoenlapper met falluslyf op sy linkerlies. Stewige ereksie. Gladde, onthaarde skrotum. En 'n oorlade cock-ring. Sy reuk is bedwelmend. Dis moeilik om kop te hou. Asof niks rondom ons meer bestaan nie. Dis net hy en ek en die gevoel dat ek moet vrees.

Ek steek my hand versigtig uit en vat aan hom. My maag draai. Ek is rrig bang. Paniek. 'n Mens is seker altyd bang met 'n eerste keer. Saggies s ek: "Hallo ..."

*

Sy praat so skielik agter my, ek skrik my gat af. "Jy is Stefanus Dreyer, nie waar nie?"

"Ja, ja, dis ek, ja." Ek vlieg op. Wat maak die administratiewe sekretaresse hier?

"Kom saam, asseblief," gebied sy. Sy is kil en amptelik en dienooreenkomstig geklee. Gedwee stap ek agter haar aan, by die lesingsaal uit, deur die binnehof en dan in die kantoorblok se gang af. Haar polvye se klik-klak staak skielik en sy klop aan 'n deur. Voordat ek die naamplaat kan lees, maak sy oop en stoot my omtrent na binne.

Grote bliksem! Agter 'n enorme lessenaar sit die dekaan van die fakulteit, en duskant is twee ander mans in swart pakke. Wat de moer het ek gesondig? My tweede jaar het pas begin; ek kan nie nou geskors word nie.

Die prof staan op, skud my hand. "Dit is menere Gerrit Jordaan en Dewald Kloppers van Jordaan, Jordaan en Kloppers," stel hy ons aan mekaar voor. Vir 'n Soutie is sy Afrikaans goed. (Hier in Jo'burg s hulle ek praat soos 'n ou mens, maar meneer Piek, ons onnie vir Afrikaans, het ons opgedreun. "Die mense van die Noord-Kaap besig 'n ordentlike Afrikaans!" Daarom let ek nogal op na hoe mense praat.) "Jordaan, Jordaan en Kloppers is 'n prokureursfirma. Sit, asseblief."

Ek sit. Hulle staar na my asof ek op 'n uitstalling is. Ek knyp om nie te poep nie.

"Ons het reeds met twee ander kandidate onderhoude gehad." Dis Gerrit Jordaan, die ouer een.

"Meneer Dreyer ..."

"Professor kan maar sommer Stefanus s." Hoekom blaker ek dit uit?

"Soos meneer Jordaan genoem het, is u die derde kandidaat. Ons sal u weldra in kennis stel van die bevinding, maar eers moet ons 'n paar vrae aan u stel. U moet eerlik wees, in elke opsig, omdat daar helaas later op u ..." Hy bly stil, kyk na die here Jordaan en Kloppers.

"Ons sal dit nie beskryf as spioenasie nie," lag Jordaan, "eerder die vasstel van feite. Hoekom? Ons wil seker maak dat jy ons nie 'n rat voor die o draai nie. Te veel is op die spel."

Wat meer kan ek doen as om te knik? Skorsing is skynbaar nie die kwessie nie. Kandidate? Waarvoor? Ek is besny, maar ek is nie Joods of Moslem nie. Nogtans klink alles nie kosjer of halaal nie. Dis woorde en begrippe wat ek vinnig hier in die stad met sy mengelmoes mense geleer het. (Op skool het die onderwysers ons gedwing om goeie Afrikaans te praat en die kerk het ons weerhou van en beskerm teen ander gelowe as NG.)

"Kan ons maar aangaan met die vrae?" - Kloppers, die jonger en flashier een.

Weer knik ek net. My spoeg het bietjie weggedroog.

"Goed. Jy is nou tweedejaar?"

Knik.

"Jy studeer met 'n beurs en 'n lening?"

Knik.

"Omdat jou ouers behoeftig is?"

Sjoe, dis effens persoonlik en is sy stem so 'n raps neerhalend? Ek mt antwoord.

"Ek het nie ouers nie."

"Gaaf. Ek bedoel, dis nie gaaf dat jy nie ouers het nie, dis gaaf dat ek dit weet, ek bedoel ..." As Kloppers so optree in die hof, verloor hy elke saak.

"My vennoot probeer eintlik oordra dat dit jou situasie in hierdie besondere geval rooskleuriger maak."

Regte swot was nooit op my agenda nie. Nou nog minder.

"Is jy dus 'n weeskind?"

Knik. "Het in die weeshuis op Barkly-Wes grootgeword." Ek voeg nie by dat pleegouers my nie wou h nie.

"En jy is minderjarig?"

"Twintig. Op 21 Januarie was ek twintig."

"Waar woon jy?"

"In 'n agterkamer in Westdene."

"Het jy 'n ryding?"

"'n Fiets, ja, as dit tel. Ek kom varsity toe met die bus."

"Jy bank waar?"

"Ek woon al my klasse by. Ek moet."

Hulle lyk bietjie omver, dan lag Kloppers. "Nee, nie kls 'bunk' nie, jou gld."

"ABSA."

Die drie manne kyk na mekaar. Dis asof hulle moed bymekaar wil skraap. Jordaan haal diep asem en dan skiet hy die vraag soos 'n masjiengeweer. "Is jy gay ... homoseksueel?"

Ag, moer. As ek kaal was, het ek tot in my skaamhare gebloos. Dan sou hulle rede gehad het vir di simpel naam. "Pubieke" klink beter en meer openlik, al is dit dan nie openbaar nie. Watse vraag is dit om te stel aan iemand wat jy nie ken nie en teen sy sin aan 'n kruisverhoor onderwerp? En dis ook nie die eerste keer dat iemand my dit vra nie. Daarom bloos ek. Hoe ken 'n mens gays uit? My pel Kobie se pa se broer is gay en hy laat Kobie se pa na 'n vlinder lyk. So hoekom is ek nou kastig gay? Oor ek nie lyk asof ek in die skrum druk nie en ook nie te lelik is nie en met die paar sente wat ek het probeer om ordentlik aan te trek?

"Stefanus," kug die prof, "dit is uiters belangrik dat jy eerlik is. As jy nie gay is nie, verbeur jy jou kans op -"

"Dit sal nie teen jou gehou of gebruik word nie," val Jordaan hom oorhaastig in die rede.

Wat gaan hier aan? Moet ek nou gay wees om te kwalifiseer? En waarvoor? Wel, ek is twintig, so te s 'n kleinletter maagd (ek is mos Waterdraer) omdat ek nog net gevry en eenkeer bo-op 'n girl geskiet het maar nie binne in haar nie. En ek het verblerrieseker nog nie mans getraai nie.

Nou bloos ek maar weer, want Kloppers kyk net t skeef na my, veral na my mik, en ek kruis my bene en kyk af en sien ek sit pure meisiekind en my been skiet uit om meer soos 'n man te sit.

Hulle kyk weer na mekaar. Jordaan kom, of dink hy kom, tot my redding: "Ons besef dat dit nie maklik is om prontuit so iets te s nie. Teen hierdie tyd het jy helaas seker agtergekom dat dit een van die voorwaardes is. Die suksesvolle kandidaat moet gay wees."

"Ek verstaan dat jy werklik goed gevaar het in die eindeksamen."

"Dankie."

"Is jy gay?"

Ag, fok jou, man. Of nee, eerder voertsek. Hou op bloos, Stefanus, jou doos!

Kloppers: "Dis tog duidelik." Met 'n goue-medalje-wenner-by-die-Olimpiese-Spele-glimlag op sy gladde gevreet. Hy kort net trane.

"Ons het jou identiteitsnommer, woonadres en telefoonnommer nodig, asseblief. Ook jou bankrekeningnommer."

Ek gee maar die inligting. Wat sal dit help om te lieg of te weier? Dit kan tog maklik vasgestel word.

"Kan ek net asseblief vra wat hier aan die gang is?"

Weer die onderlinge kyke na mekaar.

"Ons kan geen detail verstrek nie," verklaar Jordaan, "nie omdat ons nie wil nie, maar omdat ons nie kan nie. Soos jy... word ons ook half in die duister gehou. Al wat ons weet, is dat ons die geskikte persoon moet vind om die begunstigde te word vir 'n erflating."

Ja, reg. Spin my nog een. Sulke goed gebeur in rolprente en boeke. Lyk ek soos 'n aap? Jaap. Skaap. Swaap.

"Mag ek vra wat die vereistes is?"

Huiwering. Dan: "Die persoon op wie die besluit sal val, moet medies studeer, in sy tweede jaar, finansieel behoeftig n gay wees. Dit is die vereistes. Die voorwaardes hieraan verbonde, ken ons nog nie. Jy ... julle sal waarskynlik 'n verdere onderhoud ... met iemand anders h voordat die finale besluit geneem word."

Erf?! Daarvoor kan ek my lyf gay hou, al doen my lyf nie die gay ding nie ...

*

Twee dae gaan verby voordat ek weer iets hoor. In die klas(se) hou ek al die mans dop. Wie is die ander twee moontlikes? Wie lyk ook gay en het geldelike nood? (Ek moet oppas. As ek so na hulle staar, begin al die voornemende dokters nou-nou vermoed ek is 'n moffie.)

Boodskap op my selfoon. "Goeiemiddag, Stefanus. Skakel my asseblief dringend tydens kantoorure. Dis Dewald Kloppers hier." Poephol los nie sy nommer nie. Gelukkig wys dit op die foon. Hy sal moet wag tot mre. Ek ook. Opwinding of spanning hou my wakker. (Waar het jy al gehoor dat 'n weeskind uit die bloute skielik geld erf van iemand wat hy glad nie ken of van familie is nie? My pa en ma, so lui die sprokie, is dood in 'n ongeluk toe ek drie weke oud was. Niemand kon na my omsien nie en die welsyn het my vir die weeshuis gegee. Ek dink eerder my pa het my ma platgespring, letterlik in die steek gelaat en s het my vir die weeshuis gegee. Dit was sommer die wonderlike mense daar se weergawe om my beter te laat voel. Anders hoekom het my ouers niks, nie eens 'n sakdoek of 'n foto, agtergelaat nie?)

Voor ses is ek klaar op, gebad, geskeer, gedress, gereed. Dit help nie om my swottings op datum te wil bring nie, my gedagtes bly dwaal. Agtuur bel ek. Antwoordmasjien. "Jordaan, Jordaan en Kloppers se kantoorure is van nege tot sestien dertig." Selle storie in Engels. Ek is reeds laat vir klas, so ek kan maar net so wel wag, al is my binnegoed opgeknoop.

Nege-uur bel ek weer. "Hou aan, seblie-e-e-e-ef." Ek hou aan. (Maak gou. My Vodago loop uit.)

Uiteindelik. "Mre, Stefanus. Kan jy my teen dertienhonderd ontmoet by die Griekse restaurant in die Mall?" Daar gaan my dag se klasse.

"Ja, orraait." Nogtans bons my hart onnatuurlik. Is ek die gelukkige een? Wat sal die weeshuismense, wat so hard gesukkel het om vir my beurse en lenings te kry, s as hulle hoor ek gaan geld erf? O, my vrek! Jordaan en Kloppers het nooit ges dis geld wat gerf word nie. Wat anders kan 'n mens erwe? Van ons vaad're vir ons kinders erwe bly. (In die laerskool het ek geglo dis die erwe waarop huise gebou word. Later het die derde en die vierde geslag van die Bybel my begin pla. Die twee begrippe wou een word. En arme ekke het nie eens 'n cooking clue wie my vaad're was nie.)

Twaalf vyf en veertig staan ek by die eetplek se ingang. Dis deftig en dit gaan duur wees. As Klophings wil h ek moet iets eet, moet hy uithaal.

Lyk ek soos 'n skelm? Die ou agter die toonbank hou my bra wantrouig dop. Naderhand kan hy dit nie meer hou nie en hy stap nader. "Are you waiting for someone?"

"Ja. Yes. Mr Dewald Kloppers." Hy loop kyk in sy boek en knik en wink, maar ek skud my kop. Ek loop sit nie eerste nie, want dan wil hulle h ek moet bestel.

D K red my. Ek hoor sy stem agter my. "Middag, Stefanus, ek hou van 'n man wat betyds is." [Reg. Ek hoef nie te vertel dat ek moussaka en hy lamskenkel geet het nie. Jy wil dit in elk geval nie hoor nie. Jy wil weet wat ons gesels het. Ons het nie. D K het een stryk deur gebabbel en sy been al nader aan myne geskuif en ek het nie mooi geweet hoe om op te tree nie en toe maar gesit dat hy sy been teen myne kan skuur. Toe hy sy hand op my knie sit, het ek gewip. "My knie is kielierig," was al waaraan ek kon dink en hy het hom omtrent natgepis daaroor. Vir wat het ons in elk geval nie teenoor mekaar gesit nie? Maar dan het hy dalk goeters met sy voet gedoen soos in daai een fliek. Die kos was deksels lekker. Hy het aangedring daarop dat ons nagereg bestel en toe die kelner wegstap, basuin hy dit uit.] "Stefanus, jy is die gelukkige een! Die lot, as 'n mens dit so kan noem, het op jou geval. Jou mededingers het nie die paal gehaal nie." Nou bokspring my hart en my maag draai en die glas wyn wat ek gedrink het, laat die moussaka gis. "Wat beteken dit?" breek soos 'n wind op. "Dat jy die erfgenaam gaan word as ..." en sy hand is breed oor my regterdy ... "as jy die laaste 'toets' slaag." Diep asem. Vraag een: "Wat erf ek?" Veral besittings. Maar ook 'n geldjie. Ek glo dit nog steeds nie. "Van wie erf ek dit?" Dit sal ek nog uitvind. Ek wonder, maar vra nie hardop nie, of hy my betas oor m of oor die moontlike erflating. Die hond/halsband-storie. [Gelukkig moes D K weer terug kantoor toe. Hy het aangebied dat ek saam met hom ry, maar ek het gemaak asof ek wou gaan fliek. "Ons sien mekaar weer, n? Jy het nou die adres waarheen jy Vrydag laatmiddag moet gaan? Ons sal met jou in verbinding tree oor die verloop van sake en hoe dit afgehandel sal word. Sal jy die plek kry?" Magtag, bly net stil! As jou mond die slag toe is, is jy nie te onaantreklik nie. Stefanus! Word jy nou wragtig gay?! Toe vra ek wel: "Wat is die laaste toets?" Al wat hy geskree het terwyl hy wegtrek, is "Sorg dat jy mooi lyk!"]

*

Staan ek voor 'n deur in die buurt naby die SABC en ek kan skaars hoor dat ek klop omdat my hart my ore verdoof. Dit is die regte adres. My fiets is aan die lamppaal vasgeketting. Hier moet ek die onderhoud h, het D K verduidelik. Hier sal ek uitvind wat is wat is wie en waarom. Hier woon die een wat glo weet. Wat vir my die storie sal vertel. Die laaste toets. Gaan hy my verlei? Of oorrompel? Hoekom is dit so belangrik dat ek gay moet wees? En ek is nie. Een van ons ou onderwysers het altyd gepraat van tiekie-halfkroon voor 'n toets of as hy iemand na die hoof se kantoor stuur.

Dis 'n Indir, seker omtrent so oud soos ek of dalk 'n bietjie ouer, wat die deur oopmaak. Sy verskyning is ietwat onverwags, veral nog omdat net sy dele bedek is met 'n lappie. Toets word ek getoets. Dis 'n goeie lyf, daaroor kan ek nie stry nie. Alles reg op die regte plekke. En sy gesig is ... kan 'n mens s 'n man is mooi? Want hy is eintlik meer as aantreklik. En ek sweer hy het swart lyne om sy o, maar dit lyk nie meisierig nie. By die Oriental Plaza het ek ook al van die Hindoe-mans gesien met opgemaakte o.

"Ek het meneer Vorster kom sien."

"Hi! You must be Stefanus? I'm Venash. Please come in."

Knik ek maar net weer.

"Come through. Wim is at the pool."

Daar is 'n hele paar mense om die swembad. Sewe om die waarheid te s. Uitgesprei en uitgestal in die son. Twee vrouens, seker so in die dertig, twee wit outjies van omtrent my ouderdom, 'n swart man wat ouer lyk, 'n jong bruin man en 'n middeljarige wit man. Saam met my en Venash die hele blessitse renboognasie. Behalwe dat nie een 'n draad klere of dan klere oor sy draad aan het nie. Venash se lappie is ook weggetoor. Ek kyk maar net na die water.

"Everybody, this is Stefanus."

"Hello/Hallo/Hi, Stefanus!"

"Middag."

"Stefanus, dis Wim."

Die middeljarige een. Hy steek sy hand uit. Ek skud dit.

"Trek uit en swem," stel hy voor. Niks in sy stem verraai enige emosie of agenda nie.

Die toets. Die toets.

"Ek dink nie ek kan nie."

"Jy hoef nie skaam te wees nie. Almal hier is alles gewoond."

Ek gaan dop. Koebaai erflating.

"Meneer Vorster -"

"My naam is Wim."

Sjoe.

"Wim, ek dink nie ek moet my klere uittrek nie. Ek is bang ek kry 'n horing."

Hy lag en knyp my aan die wang.

"Volpunte, Stefanus, vir die eerlikheid! Op jou ouderdom ... Nie dat dit vir die klomp hier snaaks sal wees nie. Maar, sit. Ons twee moet gesels. Moenie jou aan die ander steur nie. Hulle is besig met hulle eie dinge."

Kan dit sien.

Die twee vrouens is in die water en hang om mekaar se nekke.

Die swart ou en een van die jong wit outjies soen.

Dan vroetel hulle aan mekaar se geslagsorgane.

Die meisies gee mekaar nou 'n tonsilektomie.

Kry ek buitendien 'n horing. Gelukkig dra ek 'n stywe onderbroek.

Die bruin man slenter met slungel slingerend verby. Hy kyk tergend na my.

Nee, nee, nee!!! Rewind. Blaai terug. Vee uit. My kop is op hol. (Oeps!) Niemand maak oop nie, dus klop ek vir 'n derde keer.

Dan word die deur wel oopgemaak.

"Stefanus?"

"Dis ek."

"Middag. Jammer dat ek jou laat wag het. Ek was in die badkamer. Kom gerus in."

Hy lyk maar doodgewoon en ek gaan sit waar hy wys en hy gee vir my 'n glas appelkoossap en gaan sit ook en kyk na my, maar nie opdringerig of nuuskierig nie, net belangstellend, maar nogtans raak ek so 'n bietjie ongemaklik. Hy haal 'n notaboek uit en maak dit oop.

"Dewald Kloppers het my al jou besonderhede gegee. En ook jou foto."

Wat hy waar gekry het? Wetter!

"Ons het beraadslaag en besluit jy is die aangewese kandidaat."

Ou nuus. Vertel my wat ek wil weet. Jy wat Wim is ken mos die storie.

"Van die vereistes weet jy reeds: tweedejaar mediese student, finansieel afhanklik en gay. Dit is hoe hy dit voorgeskryf het en dit is hoe dit sal wees. Die prokureurs hanteer die wetlike aspekte, maar ek moet toesien dat die verdere voorwaardes uitgevoer word. Dit sal nie altyd maklik wees nie, maar ek het hom belowe. Hy was my beste vriend. Vir baie jare. Byna 'n broer. Dalk nog meer. Geesgenoot ..."

"Hoekom het hy sulke snaakse vereistes gestel?"

"Sy lewensuitkyk was buite die gewone. As jy dink die vereistes is snaaks, wag tot jy die voorwaardes hoor."

Die Groot Toets. Ek s niks en vra niks. Kyk net na hom.

"Ons sal later daaroor gesels. Eers wil ek vir jou wys wat jy alles erf."

Uiteindelik!

Hy blaai in sy boek, staan op en kom sit langs my op die bank.

"Hier is die lys. As jy kan hou by die voorwaardes, erf jy sy huis met al die antieke meubels en toebehore en gedoentes, al sy langspeelplate, laserskywe, video's en DVD's, al sy boeke en skilderye en dan ook sy Jaguar. Een van die voorwaardes is dat jy dit nie mag verkoop nie."

"Ek glo dit nog steeds nie."

"Glo dit gerus. 'n Boedel is nie grappies nie. Alhoewel Liam se tong seker in sy kies was met die opstel van die testament."

"Liam?"

"Reg, Liam. Interessant genoeg is dit die Galliese vorm van my naam. Sy van was Strover. Ons het mekaar in 1968 by Tukkies leer ken. Hy het kuns geswot. Maar hy het onder 'n ander naam geskilder ... En sy geld is gerf."

"Waaraan is hy dood?"

"Hartversaking terwyl hy seks gehad het."

Amper lag ek.

"Goed, bring gou jou fiets in. Ons gaan ry sodat ek jou jou huis en motor kan wys. Het jy 'n bestuurderslisensie?"

"Die weeshuismense het gesorg dat ons almal n ons agtiende verjaardag een kry."

"Uitstekend. Daarna gaan ons 'n draai maak by Bill Verrost. Dit was Liam se droom dat julle ... dalk net vir mekaar sal val ... Wie weet?"

My maag draai. Ek is rrig bang. 'n Mens is seker altyd bang met 'n eerste keer.

Dis 'n ou huis, maar dis vir my baie mooi. En die meubels is seker goed iets werd. Mooi, ou meubels. Paleis! Ek is te bang om asem te haal. Netnou word ek wakker en dit was alles net 'n droom.

Teen die een muur hang 'n selfportret. Hy, net soos sy vriend, hou my dop.

"O, Stefanus, ek het vergeet! Die belangrikste. Daar is sowat twee miljoen rand ook vir jou nagelaat."

My kop draai. "Maak jy nie grappies nie?"

"Glad nie."

"Rrig keprig?" Twaalf. Ek is twaalf jaar oud.

"Erewoord. Dit wil s as jy die voorwaardes nakom. Jy kan natuurlik nog kop uittrek."

Klink soos coitus interruptus. Donner. Al moet ek dan by 'n man slaap, en so te s 'n hoer wees, gaan ek dit doen. Dit sal seker mos tog net 'n rukkie lank aanhou. Al moet ek Viagra of Cialis drink om 'n ereksie te kry. Vir hierdie mooi huis met alles hierin en 'n Jaguar en R2 000 000 kan enige man leer hol naai en piel suig.

"Wat is die voorwaardes?" So 'n asemrige stemmetjie.

"Kom."

Ons gaan na 'n kleiner vertrek. Daar staan een moerse televisiestel en alle ander gadgets. Hy skakel dit aan, vat die videoband wat gereed l, steek dit in die masjien, ons gaan sit en hy druk play op die remote control.

Omdat alles so nuut is vir my, voel dit asof ek moet bang wees. My gesonde verstand s ek is nie bang nie en daar is niks om voor bang te wees nie, maar dit voel asof ek behoort te wees.

Ons kyk in stilte na die video. Liam Strover wat direk in die kamera kyk en sy testament voordra. Alles nes sy vriend ges het.

"Hallo. Ek is Liam Strover ..."

Later ry ons in dieselfde stilte na die ander vriend.

Bill Verrost. Hy is jonger; seker om en by dertig. Aantreklik en net gereed om te lag. Hy bring vir hom en my bier en vir W sodawater; ons sit by die swembad. My gedagtes is nog steeds by die testament se voorwaardes. Johannesburg is warm, al is dit al aand. Rondom die swembad is liggies op pale.

"Gaan ons nie ietsie eet nie?" vra Bill.

"Ons kan," antwoord W en kyk na my.

"Ek het nie geld nie," rammel die bier vir my af.

Hulle lag. Hard en lekker.

"Toemaar. Jy is een van die dae 'n miljoenr. Dan kan jy ons onthaal. Ek wil eers swem."

"Dan swem ons eers."

Sonder omhaal staan hulle op, trek uit en spring in die water. Nou is daar geen omdraai- of uitkomkans meer nie. Ek sal moet join of hulle sal onraad merk. As dit iets met beginsels uit te waai het, behoort ek my rug te keer op alles. "Nee dankie" is kort en kragtig. Maar so baie geld. En 'n huis en 'n kar. Ek gaan mos nie ophou swot nie. Ek gaan nog steeds dokter word en mense help. Die bier gee my koerasie. Ek pluk my klere af en duik in. Ons swem. Elk op sy eie, sonder enige kontak.

Wanneer ons uitklim, kyk B na my.

"Jy het sowaar die naaiste gat wat ek in 'n lang tyd gesien het."

O, fok! Daaraan het ek nie gedink nie. Dat hulle my sal wil steek ...

"Moenie die kind verskrik nie, Bill. Dis groot besluite. Iets pla hom nog, maar hy sal my later alles vertel."

"Oppas wat jy vir hom s," maan B my. "Die geringste dingetjie en hy maak 'n storie daarvan." Hy kom staan naby my en vryf my skouers. Hy moet weet dat daar 'n rilling onder sy hand deur my rug afgly.

Dis Vrydag.

*

Ek het die hele naweek om te besluit. Ek hoor niks van die twee mans nie. [Hulle het ook niks snaaks probeer met my voor of terwyl ons geet het of agterna nie.]

Sondagaand bel ek.

"Dis reg. Ek sal die voorwaardes nakom. Dankie dat jy ... en die prokureurs op my besluit het."

"Stefanus, nie ek of die prokureurs gaan op jou spioeneer of in jou lewe inmeng nie. Jy is welkom om enige tyd by my te kom kuier. En ek dink Bill hou inderdaad baie van jou ... Maar om jou eie beswil stel ek voor dat jy streng by die voorwaardes hou. Dit sal verskriklik wees as alles skielik van jou weggeneem moet word. Ek stel hulle mre in kennis. Imagine, in a week or so you'll be in the pink! Gelukkige klein hel!"

Ek het ook die hele naweek [gehad] om te dink oor seks met 'n man. En hoe meer ek dink, hoe minder begin dit my afstoot. Sondagmiddag maak ek sulke sterk prentjies in my kop dat ek daaroor draadtrek. Mind over matter. Practice makes perfect.

Maandagoggend verloop alles redelik normaal by varsity. Daar is 'n boodskap op my selfoon van D K om te s dat ek moet inkom om al die dokumente te teken. Hy wens my geluk. Later is daar nog 'n boodskap. Di een is van B.

"Hallo, Stefanus, dis Bill Verrost. Ek wil h dat jy Vrydagaand by my moet kom kuier. Ons kan swem en iets eet en dan 'n video kyk, of ons kan gaan fliek en later na 'n klub toe gaan, nes jy wil. Laat weet, hoor."

Nou ja. Ek sal moet gaan, want ek kan dit nie vir ewig uitstel nie. B gaan inspeksie doen namens W en oorlede L: het ek al begin om die voorwaardes na te kom? My lewe gaan heeltemal verander. Holderstebolder ...

Dan ontbied die dekaan my weer na sy kantoor net om my mee te deel dat hulle in kennis gestel is van die aangeleentheid en dat die prof van anatomie met my sal praat. As iemand 'n moffie is, is dit die prof van anatomie. Hy het sulke lang, slanke vingers en hy gebruik sy hande om alles te demonstreer. Dis amper asof hy homself dirigeer, want hy is deeglik daarvan bewus dat sy stem baie melodieus is. Al die studente, veral die meisies, praat daarvan. Ons noem hom Sing-Sing. Wanneer hy iets verduidelik, gebruik hy een van die studente as voorbeeld, altyd 'n man, en vryf met die rugkant van sy vingers oor die liggaamsdeel waarvan hy praat. Nie dat ons al vreeslik ver gevorder het nie. Dit is nog maar die begin.

En so staan ek en Sing-Sing by die koue laaie. Hy trek een oop terwyl hy s: "From now on you'll have your own cadaver. You won't have to share with three or more students any longer."

Ons laai die kadawer uit die laai oor op die trollie en ek stoot dit gang af tot in die anatomie-saal. Almal kyk na my. Almal. Veldbrand. Versigtig haal ek die plastieklaken af.

"Hallo," fluister ek.

Hallo. My naam is Liam Strover. As jy na hierdie opname kyk, is jy die uitverkorene en ek al reeds dood. Teen hierdie tyd weet jy hoekom jy gekies is. Wat jy nie weet nie, is wat jou te doen staan om die erflating te behou. Ek sal dit punt vir punt aflees. My vriende en prokureurs sal toesien dat jy die voorwaardes nakom, anders verbeur jy alles. Reg.

Een. Jy moet jou mediese studies voltooi. As jy een jaar nie deurkom nie, verval die ooreenkoms.

Twee. Jy moet praktiseer as dokter in Suid-Afrika. Nrens anders nie.

Drie. Jy moet, soos die Moslems, jou skrotum en oksels gereeld skeer. Dis nie verwyf nie, dis beskaaf. Baie sportmanne doen dit ook. Dit is higinies en maak dit ook aangenamer vir jou lover of lovers as hulle soen of lek of suig.

Vier. As jy nie besny is nie, moet jy dit laat doen. Jy is by 'n mediese fakulteit. Dis maklik. Dit is bewys dat 'n besnede penis minder geneig is om siektes op te doen of te versprei. In this day and AIDS ... Dit is dus alles vir jou eie veiligheid.

Vyf. Pas onder alle omstandighede veiliger seks toe. Tensy jy met een van my vriende seks het, kan niemand buiten jy op jouself check nie.

Ses. Was altyd, altyd jou anus onmiddellik nadat jy opelyf gehad het. Dit is ook 'n Moslemgebruik. Die rede is vanselfsprekend.

Sewe. Hou 'n kat aan.

Agt. My liggaam word uitsluitlik aan jou toevertrou. Jy sal my amptelik in ontvangs neem by praktiese anatomie. Groet my elke keer voordat jy aan my begin sny. Noem my op my naam. My tatoering moet jy netjies uitsny en die vel laat bewerk en balsem sodat jy dit kan raam. My penis en testikels moet jy in geheel afsny, saam met my cock-ring as dit kan, en in die fles op my lessenaar bewaar. Jy kan by ander studente kyk as julle deursnitte van die penis en testikels moet maak.

Nege. Speel lekker met my. Wanneer ek heeltemal opgesny is, moet jy die oorblyfsels laat veras en in jou tuin inspit.

Tien. Oppas vir die buurvrou in 48. Sy wil al wat gay is straight maak. As jy kan, naai haar seun net vir die spite in die gat.

Dis al. Sterkte. Ek hoop jy het 'n wonderlike en gelukkige lewe.

Ek staar nou na hom. Sy naakte liggaam. Die borshare wat "gekamde" patrone het. Die getatoeerde skoenlapper met falluslyf op sy linkerlies. Die stewige ereksie. (Dit gebeur soms, verduidelik Sing-Sing, wanneer die bloeddruk vinnig daal met die sterfte. Dan word die penis styf en bly so. Hy weet nie dat L in elk geval besig was om te fok nie.) Ek kyk na die gladde, onthaarde skrotum. Die oorlade cock-ring. Van niks anders is ek meer bewus nie. Nie eens die ander studente of Sing-Sing nie. Niks rondom ons bestaan nie. Net hy en ek en die bedwelmende reuk van formalien. "Hallo, Liam," s ek sag, en vat sy piel en ballas in al twee my hande vas.


Wim Vorster was die grootste deel van sy loopbaan aan die vermaaklikheidswreld verbonde. In 1984 het sy Kruisvaart by Human & Rousseau verskyn; dit is toe deur sommige as die eerste volwaardige gayroman in Afrikaans bestempel. Tans is hy outeursregadministrateur by DALRO in Johannesburg. Sy toneelteks Skimmespel is vanjaar een van die aanspraakmakers op die Sanlam-Toneelprys.



LitNet: 10 Februarie 2005

  • Klik hier en lees ander bydrae deur Wim Vorster

    NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
    DANIE BOTHA

    boontoe / to the top


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.