GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Vier gedigte

Lukas Vos

KAS as metafoor

as jy besluit:

vandag van alle

dae

moet jy mooi besin

jou kas het veels te klein geword


engtevrees

dis al wat dit kan wees

of dalk het die suurstof opgeraak


ek wag al soveel dae op

jou –

sonskyndag van

vrees en vreugde

dis nie maklik om ou meubels weg

te gooi nie:

maar die kas moet weg


kas

o, wondersoete skuiling

ek en jy is veel gevaar

jou koepel van depressie

laat

my lewe in jou kas-huis nessie


maar nou

o,

kameraad

die tyd is hier:


NOU

betree

die pienk terrein

van sonskyn

dans

en eerlikheid

al die dae van kas-vrees-waarheid wys

DIE TYD IS HIER:


“fokof uit my huis!”


*


Tevrede?

as ek kon sou ek ontsnap

ek sou gelukkig word

nes jy


as ek kon

sou die wêreld ‘n vinnig-

draaiende verliefdheid wees

nes jy


as ek been af kon

spel sou ek vir jou ‘n

gedig kon skryf

maar ek kannie


as jy my net kon vashou

soos wat jy wil (elke dag)

sou jou arms en myne mandjies vleg


maar,

ek skryf

eentonige poësie wat rym

slag

omarm

paar


ek met jou

((tevrede))

eindig die volgende sin dan blou?


*



Verdrink

Is dit werklik nodig om

oë toe te knyp

te vlieg

vlerke te kry

te vlug

die kasdeur paradoksaal oop te skop

en gelukkig (!?)

te wees

geluk is net ‘n

asem vêr

soos die mond

van ‘n man

verdampend

op soek na asem


*



Vandag is ek werklik gelukkig

vir TAvD

my kop is geboë
my nek styf
my vingers gerol in die reuk van
sigaret

dié erkennig het vandag spoedig
in ‘n sug verander
`n frons

vandag het ek ontdek
uitkom as uitkoms gesien
dat alexander
en sappho
soos
die tyd aanstap
my enigste bondgenote was

ek is
    baie gelukkig vandag




LitNet: 13 Junie 2006

Stuur gerus jou reaksie op hierdie gedigte na dbbotha@mweb.co.za. Noem asseblief die digter se naam en ook die gedigtitels. Dit word dan onder "Menings van ons lesers" geplaas.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.