GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Vonke

Etienne du Pisani

Brandweermanne vir die korporaal
Oudtshoorn 1968

Die skraal korporaal met die swart snor herinner ons daagliks daaraan: “In die army is jou FN jou vrou.”

Voor die eerste skietervaring lig hy ons oor skietpuntdril in. Daarna tel ons die plastiekdoppies op en gooi dit op ’n hoop. Die korporaal gooi petrol daarop en steek dit aan die brand. Binne sekondes skiet die vlamme hoog die lug in op. ’n Plastiekreuk dring ons neuse binne. Enkele troepies begin hoes.

“Wag tot die vuur byna uitgebrand is, dan pis julle dit dood. Al wil jy nie nou pis nie, sál jy jou piel uithaal. Dis ’n bevel!” sny die korporaal se hoë stem deur die rook. Ons wag skynbaar te lank. “Vanmiddag gaan julle afkak. Vergeet maar van jou naweekpas!” skreeu hy.

Ons maak ons gulpknope los en haal ons piele uit. ’n Pisreuk raak al sterker. Die korporaal se blou oë kyk van onderlyf na onderlyf. Ook die afskud en wegsit hou hy dop. ’n Glimlag versier sy gesig. Op sy bevel word die smeulende as met sand bedek.

Terwyl hy sy voël was, vra ’n lid van ons seksie daardie aand onder die stort: “Het ons korporaal ’n voëlobsessie? Is hy dalk ’n poepolnaaier?”


Vinkneste

Om die boonste stuk van die houtraam glad te skuur, staan die skraal jong man op ’n steier. Hoogtevrees pla nie, want sy lyf wieg heen en weer. Sweet verskyn op sy smal voorkop. Poeierstof sif na benede.

Terwyl hy verdiep is in die skuurwerk, swaai sy lang testikels soos twee vinkneste buitekant sy stukkende blou oorpak. Die verwagte voël steek nie kop uit nie.


Meetkundig

Die koshuismoeder se lang seun was in die spesiale klas. Sy was raadop, want hy wou nie veel aandag aan sy skoolwerk gee nie.

Ná skool het hy ’n swart oefenbroek aangetrek. Hy is as een van die beste slotte in die laerskoolrugbyliga beskou.

Studieperiodes het Jan verveel. As hy nie ’n potlood gesuig het nie, het hy sy lang bene onder die tafel oop en toe gemaak. Later het hy sy regterhand in sy broeksak gesteek waarvan hy die binnevoering uitgeskeur het. Saam met die tik van die onderwyser se wekker het hy begin om homself op te wek.

Hy het ons soms gevra om sy liniaalreguit negeduim-voël te meet. Syfers was nie sy sterk punt nie.


Etienne du Pisani is in Windhoek gebore, het op ’n plaas grootgeword en het op Stellenbosch gestudeer. Ná jare in die Karoo as ’n museumbeampte wil hy binnekort terugkeer na Namibië. Wat hom “betower”, is “Namiblandskappe, fotografie, ’n mooi tenoor- of baritonstem en resonerende skryfwerk”. Lees ook van sy werk in Party van ons — Die Homeros Leesboek 2001. Van sy poësie het hy self gepubliseer.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.