GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

As ma en dogter gay is

Vanessa Ellis*

As ouer droom jy drome vir jou kind. Nie net oor die dinge wat jy glo sy of hy bewaarheid sal wil hê nie, maar oor dit wat jou ontdekkingsreise deur die lewe jou gekondisioneer het om in te glo. En net daar raak die heteroseksuele en homoseksuele wêrelde so deel van mekaar dat al die redes vir debatte en gesprekke oor ouerskap in die gaygemeenskap al dan nie, onbenullig raak — ouer wees het niks te doen met wat agter my slaapkamerdeur aangaan nie; dit het te doen met wat in my hart aangaan.

Gay ouers is g’n stuk anders as ander ouers nie. Ons doen pajama-dril, vee neusie af, troos, sit lank in die dokter se wagkamer, gaan oueraand toe, frons oor swak rapporte en keuse van vriende, raas oor die musiek wat te hard is en die klere wat te verfrommel na ons smaak is. Ons preek en prys, huil saam en moedig aan, plak vingerverfmeesterstukke teen die yskas langs notas van onthou van die blokfluit, juffrou se verjaarsdag. Jy droom oor ’n ridder vir jou meisiekind wat haar die geluk sal laat smaak wat jy en jou lewensmaat so geseënd is om te kan deel. Tussendeur skreeu jy wanneer jy liewer moes redeneer, en raps jy op die boud wanneer ’n goeie gesonde straf van geen televisie dalk die dissiplinêre punt sou tuisgebring het. Jy pamperlang waterpokkiejeuk, maar raas as die skottelgoed nie gewas is nie. Behalwe: gay ouers moet ook nog met hul eie lewens aangaan, en al wil ons graag glo dat die samelewing nie meer skewemond trek nie, weet die meeste van ons, ouer of nie-ouer, dat dit steeds gebeur.

Arrogansie is elke ouer se grootste nemesis. “Ek ken my kind. Ek weet wie my kind is.”

Moeder, vader, jy het nie ’n idéé nie. Tot jou meisiekind vir jou stil en rustig sê “Mamma, ek is gay,” het jy geen idee hoe godverlate en verward jou eie ouers moes gevoel het toe jý dit gesê het nie. Ek het nog die kennis en die ondersteuning van my gaygemeenskap. Ek verstaan dat ons doodnormale mense is. Ons brand nie katte snags op brandstapels en heul nie met sinistere dinge nie. Ons betaal belasting, bekommer ons oor die rentekoerse, vang vis, braai vleis, verf ons televisiekamermuur oranje en dink dit lyk fantasties, stuur Kerskaartjies en koop Lotto-kaartjies, eet afval of walg daarvan, luister Beethoven of Betty Boo. En ek? Ek wroeg nagte aaneen: “Wat het ons verkeerd gedoen …? Wat gaan die mense sê?”

Hoeveel keer het ek myself probeer wysmaak dat mense kleinlik is omdat hulle nie my kind na hulle kind se verjaarsdagpartytjies toe nooi nie. Hoeveel keer moes ek my kind weer van voor af verduidelik van haar ma. Sy het hierdie pad ongevraag geloop. Kinders se vooroordeel en morele standaarde word by hulle ouers aangeleer; nie een van ons word rassisties gebore nie, dis aangeleerde gedrag. Maar kinders is klein grootmense, en ons vergeet wat vassteek wanneer hulle na ons “grootmens”-gesprekke luister, en dis seker met al dié vrae elke keer dat ek besef het ek kan haar net sóveel beskerm; daarna kan ek net seker maak dat sy genoeg weet om haarself te beskerm.

Nee, nee, ’n duisend maal nee — dit is nie makliker as jy self gay is nie. Dit maak die wonder en selfverwyt nie minder nie. Ek weet ek is geneties gay gebore. Ek glo dat mens se seksuele oriëntasie nie ’n struikelblok behoort te wees nie. Maar alles in my het ineengekrimp toe die erkenning uit hierdie skielike vreemdeling se mond my siel rou gesny het. Ja, dramaties oorgereageer; dis wat ma’s doen. Totdat jy besef: dit het niks aan haar menswees verander nie. Sy het vanoggend opgestaan net soos gisteroggend, aangetrek en dieselfde soort ontbyt gehad; sy is maar nog net soos sy altyd was: haarself — dis al wat sy weet om te wees.

Hoekom voel ek so? Ek wat ’n voorstander is van gelyke regte en van proaktief-uit-die-kas-leef-aanvaar-my-soos-ek-is? Omdat ek as ouer wil keer. Jy keer as hulle begin waggelstap al om die koffietafel; jy keer as die stoof nog warm is; jy keer as hulle om die swembad hardloop. Jy bly keer tot jy die dag jou kop neerlê. En dis hoekom ek so voel, want ek weet van die hartseer en totale eensaamheid wat maklik jou lot kan wees met hierdie alternatiewe leefstyl van jou as gay. Ek ken die kyke en die gegrinnik. Ek het die subtiele diskriminasie deurleef. Ek het die pad geloop. Hoe keer ek nou? Maar ons moet almal ons eie lewens leef — ek kan nie hare leef nie, sy nie myne nie; maar ek kan raad gee, en ek kan luister, en ek kan beskikbaar wees. Het ons werklik meer as dit nodig?

Kinders is wonderlike gawes van die Here af. Jy beplan en bespiegel nog en dan maak hulle jou siel weer heel. “Mamma, ek weet dis moeilik, ek weet ek moet nog baie leer en ondervind, maar ek weet julle is daar om my te ondersteun en my lief te hê, en as ek een oomblik lank so gelukkig soos julle kan wees, dan is alles die moeite werd.”

Dis dan wanneer jy jou boek vat en op die groot stoel voor die oopgemaakte venster gaan sit. Jy kan ’n slag weer lees sonder om elke keer ’n bladsy van voor af te begin. Ek kan opkyk terwyl die laatdagson die hemel inkleur en by myself glimlag: sy is perfek, net soos sy gebore is, perfek, en ek het die voorreg om dit met haar te deel.

*Vanessa Ellis is voltyds betrokke by die opleiding van verpleegpersoneel; is die lewensmaat van Edith en moeder van Candice.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.