GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Uit die boks

Willie Knoetze

My Tiende

WILLIE skryf 'n brander oor die NG Kerk se hantering van nieheteroseksueles.
Danie B

Dis Donderdag, die lekkerste dag van die week. Op Donderdae werk mens ekstra hard, want jy weet die kantoor sluit môre vroeg. (Almal het intussen agtergekom Vrydae is vir stertjies afbind, sodat die wêreld nie oor die naweek vergaan nie.)
Dit is ook Lentedag. Almal stuur oulike sms-wense en versies; ek droom dat my ma in 'n geel sonrok deur rye en rye asemrowende blomme sweef. Dis tyd vir voëltjies om te sing, babas om te lag en vriende om op lowergroen grasperke piekniek te hou. My aanstaande swaer vier ook vandag sy 27ste verjaarsdag. Die son skyn oor die Tuinroete en ek het 'n goeie oggend agter die rug. Dis een van die dae kerkbasaar, en ek wil Kobus saamvat ...

*POP* Daar bars my borreltjie. Ek en Kobus by die kerk se basaar? Ná alles wat die kerk aanjaag? Elke tweede Jan Rap en sy Dan Roodt kom ledig skielik weer hul blase op my spreekwoordelike battery. Die gemors is orals. In die koerante, oor die radio, op die internet-gespreksforums en in my vonkpos. "God hates fags!" "Homoseks is onbybels." "Twis woed in kerk oor Gaum." "Gelowig en Gay?"

Ek huil sommer. Ek wens dat ek my nie daaraan gesteur het nie, dat ek net my oë kon rol en aangaan. Maar dis moeilik - en dit maak seer. Verbitterlik seer. Ou wonde gaan oop diep binne my en ek onthou ... Ek onthou hoe bang ek was as kind, dat iemand sou uitvind dat ek van seuntjies hou. Ek onthou hoe ek nagte omgebid het, jaar ná jaar, dat ek "normaal" kan wees. Hoe ek myself probeer straf het vir my "sondige natuur". Ek onthou hoe ek geskrik het die dag wat ek besef het swart mense mag nie saam met my kuier of kerk toe gaan nie. Mag hulle dan ook nie hemel toe gaan nie?

Ek onthou hoe ek kwaad geword het. Kwaad vir die Ouderling wat Donderdagaand sy vrou stukkend slaan en Sondag vroom voor in die kerk sit. Kwaad vir die skoolprefekte wat ná Sondagskool agter die kerk staan en rook, terwyl hulle onder mekaar gesels oor wie gee die beste blowjobs. Kwaad vir die bure wat afstig omdat swartes nou mag kerk toe kom. Maar die ergste was dat al hierdie mense, de laaste ene, met die heiligste vuur mense soos ek tot die hel verdoem het. Daaroor was ek die moer in!

My kop wil al weer ontplof soos ek alles onthou. Een van my ou gedigte suis weer deur my gedagtes:

Vat jul dooiemanskruis
na jul dooiemansdeur
en verbloem die bloed
op jul hande.
Die bloed van skewe kinders
in liefde verlaat en
blindelings
in Gods naam gehaat.
Breek jul Woolworths-brood
en skink jul Port.
Roep hardop jul "here here"
waar julle koud voor Sy hekke staan.
Soos jy aan die minste doen ...

Ek staan al weer en kyk na Luther se spykers in die kerkdeur ... wat gaan dit vat?

Gun my die kans om my Tiende in vandag se kollektebord te gooi.

Ds Laurie Gaum is nou nie meer welkom op die preekstoel nie. Hoekom nie? Want hy's 'n gay man wat in 'n verhouding was met 'n ander man. Of nee wag, eintlik, omdat hy nie wil toelaat dat die NGK hom dwing tot lewenslange selibaat nie. 'n Vereiste wat, volgens die kerk, nie liefdeloos of onredelik is nie. In Rapport van 28 Augustus 2005 sê ds Hannes Steenkamp (voorsitter van die regskommissie van die Ring van Kaap die Goeie Hoop, wat ds Gaum getekkel het): "Laurie sal vandág op die preekstoel terugverwelkom word as hy onderneem om hom by die gedragskode van ons ampsdraers te hou. Dieselfde reëls geld [vir] homoseksuele én heteroseksuele ampsdraers."

En dis net hier waar my oë skeel trek. Ds Gaum mag gay wees en as NGK-leraar praktiseer, solank hy in 'n toestand van selibaat bly. Indien hy nie onderneem om hom by die gedragskode van NGK-ampsdraers te hou nie, mag hy nie. Dieselfde reëls geld vir homoseksuele én heteroseksuele ampsdraers.

Beteken dit dat heteroseksuele leraars net mag praktiseer indien hulle onderneem om in 'n toestand van selibaat te lewe?

Want as dit die geval is (dieselfde reëls geld mos), is daar 'n klomp "ampsdraers" wat diep in die moeilikheid is! (Sover my kennis strek, word dominees se kinders nie uit maagde gebore nie.)

Nee wat - die "gedragskode" is 'n verskoning. Die NGK is bang - dis hoekom Laurie moet skoert.

Die NGK is bang om lidmate te verloor - en sodoende geld en aansien te verloor.

Die NGK is bang om te skeur - al skeur kerke al eeue lank oor die kleinste goed: Hoeveel engele pas op die kop van 'n speld? Watse kleure beteken wat as wie dit sou dra? Is 'n orrel welkom in 'n kerk? Apartheid: reg of verkeerd?

Vir my is die vraag of nieheteroseksuele persone gelowig kan wees, onnosel. Die vraag of homoseksuele paartjies in die Kerk welkom is, is net so onnosel. Vir my is die antwoord tog ooglopend en onbetwisbaar: Ja! Maar dis klaarblyklik baie ingewikkeld as jy polities of ekonomies daarna kyk. "People Pleasers" sal nog hiermee sukkel tot in lengte van dae. Uit 'n geloofsoogpunt is dit maklik: die Drie-enige God waarin ek as wedergebore Christen glo, het geen probleem met my of my seksuele oriëntasie nie. Inteendeel, Hy't my so geskep! My persoonlike saligmaker en verlosser, Jesus Christus, het ook vir my op Golgota gesterf, die dood oorwin en opgevaar na die hemel (in vlees of gees maak nie vir my saak nie), om vir my ook 'n plek by Hom reg te maak. Sy Heilige Gees werk ook in, deur en met my as homoseksueel geskape persoon.

Waarom wil 'n kerk my dan hul binnekringe verbied? Waarom glo sommige mense dat hulle my van die gemeenskap van die heiliges mag weerhou? Waarom mag ds Gaum nie trou (met 'n man) en die Sondag daarna die kansel bestyg nie?

Die "krisis" wat die NGK beleef, het niks te doen met die Waarheid van Christus nie. Hulle krisis lê daarin dat hulle hul lidmate wil tevrede en gelukkig hou. Die organisasie word beheer deur die wil van sy kliënte - en nie die Wil van God nie. Aan só 'n organisasie wil ek nie deel hê nie, al sê hulle bemarkingsmateriaal ook wat.

As georganiseerde religie nie aan die essensie van die Liefde (God is Liefde, juig ons harte ...) getrou kan wees nie, is dit 'n goedkoop kettingwinkel met substandaard goedere. "Cheap & nasty", soos hulle sê.

Vir my part kan hierdie organisasies maar skeur tot in alle ewigheid. As "Kerkeenheid" nie afhang van die essensie van God nie, maar eerder dat ons almal moet saamstem oor alles, is die hoop doodgebore.

Ek glo dat kerke moet besluit wie hulle volg - en dan so maak, ten alle aardse koste. As homoseksuele Christen glo ek dat ek ten volle lid van 'n Christelike kerk mag wees. As 'n kerk my en my medegelowiges dit nie wil gun nie, is dit nie 'n organisasie waaraan enige Christen behoort deel te hê nie. Beslis nie ene waaraan ek wil deelhê nie.

Dit sal jammer wees as ons, as nieheteroseksuele mense, nie deel kan hê in georganiseerde religie nie - daar is heelwat waarde aan. Georganiseerde religie is egter nie die alfa en omega nie - en die Almagtige God wat ek ken, is nie afhanklik van instansies nie. Christus is met ons - en waar ons as gelowiges vergader, is Hy. Of mens dit nou "kerk" wil noem, is seker 'n blote voorkeur.



In 2002 vang ek graad in Inligtingskunde aan die US. Daarna vorder my driejarige obsessie met studentaktivisme (Lesbigay) na 'n voltydse aanstelling by The Lesbian and Gay Equality Project in Jan'sburg. Die direkte kontak met regse Religie het my bloed egter te veel laat kook - toe trek ek see toe. Die Kaap was bietjie duur, nou druk ek besigheidskaartjies in die Tuinroete. Hier gaan nie te veel aan nie, maar dis lekker.




LitNet: 06 September 2005

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.