GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die trourok

Gerrit Snyman

Vir Justin


Ek staan stadig op van die opblaasmatras in die middel van die kaal kamervloer. Die pyn in my ingewande is verlammend en ek loop blindelings na die badkamer. Ek stut myself teen die wasbak en probeer fokus op my weerkaatsing in die spieŽl. My oŽ is gesonke in donker skadu’s. My vel kleurloos. Ek draai ’n skoon verband styf om my maer bolyf. Ek trek ’n paar ingeleefde jeans en ’n wit T-hemp aan en vat ’n diep sluk uit die whiskeybottel op die vloer langs my matras. Voor ek by die deur uitgaan, streel ek oor die bergvygie wat saam met my reis.

Ek klim in my kar en ry onder ’n rits ligte die middestad binne. Hulle weerkaats teen die dun wolkies wat laag in die nag hang. Die Hillbrow-toring penetreer die wolkevlies en die rooi lig op die punt pols ritmies op die maat van die dowwe aardklop wat teen my slape hamer. Op die hoek van Smit- en Eloffstraat staan ’n paar seuns voor ’n slaghuis in ’n vervalle ou geboutjie. Toe ek verby ry, staar hulle my met koue glimlagte aan en wink my nader. Deur die vensters sien ek hoe koue mis om rye pienk karkasse in groot glaskaste rank. Ek parkeer my kar ’n paar blokke verder af en loop vinnig oor die straat. By die deur vat ’n blonde drag queen my geld. Sy los ’n pers kneusmerk op my pols.

Ek loop die donker, bedompige club binne en gaan staan by die kroeg. Met ’n kombinasie van handgebare en woorde wat verdwaal in die geraas, koop ek vir my drank en bekyk die mense. Ek herken ’n paar bekende gesigte op die dansvloer. Ek wriemel deur die stomende, dansende liggame en val by die kringetjie in. Die musiek is smooth en sexy. Die warm energie omvou my. Ek sien jou groot swart oŽ in jou skraal gesig omring deur ’n Afro-halo teen die laserlig. Jou oŽ verteer my liggaam en suig my in jou skedel in. Jou helder strepieshemp slaan aan die brand en die vlamme versprei na jou broek en skoene. Die vel op jou maer arms trek van die been af. Die vlamme lek aan jou bors en nek. Jou hare ontplof in helder vonke. Die mense om jou val terug, en jy brand soos ’n fakkel in ’n warm geel lig. Die reuk van vlees wat brand, vul die plek. Die ligte gaan aan en die musiek stop. ’n Oomblik lank hang ’n oranje wolk in die lug en ’n fyn assie dwarrel saggies op die vuil dansvloer neer.

Ek bars die soel naglug binne en hiperventileer, dankbaar vir ’n paar teue vars lug. Ek loop die stil straat af, verby groot, donker pakhuise in die rigting van die brug. My oŽ brand en trane loop teen my wange af. Ek beur die nag binne om te vlug van die skimme wat dwaal in die gange van my siel. Die toringgeboue storm op my af, ek snak na asem. ’n Warm hand vat aan my skouer en ek swaai met ’n skok om. Die vlamme brand hoog in jou oŽ.

Ons hardloop koes-koes deur die kwaai geboue die stad binne. By ’n donker kol klim ons deur die heining van ’n park. Die bome maak tonnels en ons hardloop na die gazebo. Uitasem gaan sit ons op die trappe. Ek veg teen die skadu’s in my kop. Die duiseligheid klaar op en ’n salige gevoel kom oor my. Ek soek jou oŽ in die donker. Jy kyk my met ’n glimlag aan. In die eerste strale van die dagbreek vat jy my hand. Ek kom orent en sien ’n dun straaltjie bloed teen my sy en bene afloop. Ek begin loop agter jou aan. Waar jy jou voete oplig, slaan helder blomme uit die grond op. Die glasgeboue weerkaats die goud van die stad. Onder die pers hemel van vroegsomer loop ons bult op - na jou woonstelwÍreld.

Die kleur van jou kamer is ligblou. Teen die muur is ’n digitale foto van ’n vlakte in die Vrystaat. Ek sit op jou skoon, wit bed en staar hiperselfbewus by die venster uit. Ver onder ons rumoer die stad. ’n Dubbelvlerk Sopwith Camel dreun deur die lug. ’n Ibis hang soos ’n hommelby voor die venster en skel in aaklige skreeugeluide. Jy is iewers in die woonstel, ek hoor water spat. Ek ruik ’n borrelbad en besef hoe vuil ek is. Ek trek my hemp uit en rol die verband stadig van my bors af. Ek lÍ terug op die stapel kussings. Die groot bed sluk my in. Jou bruin seunsgesiggie loer vir my om die deur. Jou donker hare is nat agteroor gekam.

Jy stoot die deur oop en oor die gladde parquet-vloer kom jy na my toe aangesweef in ’n spierwit trourok met ’n lang sleep. Jou skouers is oop en jou lyf is donker teen die wit materiaal. Jy kom sit langs my op die bed en vee my skoon met die sleep van jou rok. Jy trek my skoene uit en gooi die duvet oor my. Jy staan op en trek die gordyne toe. In die skemer kamer krul jy langs my op in jou groot wit rok.

Ek word wakker in ’n walm van wit satyn en fyn net. Versigtig om jou nie te steur nie, probeer ek myself losknoop. Jou ooglede fladder en jou oŽ spuug my siel met ’n glimlag uit. Ek trek my hemp en my skoene aan. Jy loop saam met my na die deur. Voordat ek uitloop, haal jy ’n blom uit jou ruiker en steek dit teen my bors vas. Jy buk af en soen my teen die voorkop. My vel gloei en ek hardloop by die trappe af.

Buitekant is die son helder en die dag warm. ’n Vlaag wit skoenlappers dartel deur die lug. Een kom sit op my hand; hy vou sy vlerke oop en jy knipoog vir my. Ek loop deur die park, terug na my kar toe. Ek sluit die deur oop en klim in. Ek rol die ruit af en ry in die rigting van die voorstede.

By die groot huis met die kerktoringboom lui ek die klokkie by die tuinhekkie. Die voordeur gaan oop en hy kom in ’n lang pers kleed met die paadjie afgeloop. Op sy skouer sit ’n groen papegaai en ’n likkewaan loop aan ’n harnas voor hom uit. Ek glimlag binnetoe. Met die groet van ’n ou man aan ’n jonge nooi hy my sy huis binne. Sy honde spring teen my op, en die sproeiers in sy tuin spuit water in boŽ deur die lug. Hy maak vir ons koffie met whiskey in, al is dit nog vroeg in die dag. Ons gaan sit buite onder ’n boom en hy kla oor sy goudvisse wat vrek. Nou en dan maak hy ’n snaakse geluid met sy vals tande en krap-krap aan ’n groeisel teen sy been. Dankbaar vir mekaar se geselskap babbel ons voort. Liefde, sÍ hy, is om almal die beste van alles toe te wens.

Die Maandag sit ek voor my rekenaar en staar na die skerm. Die mes in my buik skuur teen my baadjie. Ek is duiselig van die pyn. Niemand sien die lem wat by my hempsknope uitsteek nie. My kollegas kyk met stokstywe oŽ oor my, deur my; ek bestaan nie. Ek verloor my fokus op die figuurtjies voor my. Jy verskyn in die boonste linkerhoek van die skerm, glimlag vir my en rol jou liggaam in ’n string wawiele teen die skerm af.

Vyfuur loop ek op die straat uit. Die sypaadjies krioel met duisende vaal mensies net soos ek. Motoriste druk op hulle toeters en die verkeer kom tot stilstand. Mense drom by die voetoorgang saam. Ek konsentreer op die geel chevronlyne op die teerpad. Jy loop ’n paar treŽ voor my op jou hande, met jou bene in die lug. ’n Groen planeet wip-wip op jou voete en tol deur die lug. Ek bereik die oorkant van die straat en die verkeer vloei in ’n vuil stroom agter my ineen.

Dis donker toe ek die deur van my kamertjie onder die groot lukwartboom oopstoot. My vygie groet my met sy eerste heldergeel blommetjie. Ek vee oor die stywe blaartjies wat waai soos wiere in ’n seestroom.

Ek dobber slapeloos op my matras rond. Voor ek wel aan die slaap raak, kruisig ek myself ’n honderd maal teen die deurkosyne vas.

Later in die week loop ek manmoedig jou wÍreld binne. Die wag by die ingang van jou gebou sit en slaap in die son. Vererg staan hy van sy stoel af op en maak die deur stadig, stadig vir my oop. My hart klop in my ore toe ek die drie verdiepings se trappe oploop. Ek klop saggies aan jou deur en wag ’n rukkie. Niks gebeur nie en ek klop weer. Harder. Ek loop ’n entjie in die gang af en kyk deur jou kamervenster. Die gordyne is af en die meubels is weg. Die kamer is leeg. Die son stroom in en duisende stofdeeltjies hang in die strepe helder lig. Gras groei oor die vloer en wolke hang aan die plafon. Ek sien myself in die poel van die venster teen die oorkantste muur.

Die hef val op die grond tussen my voete. Die verband rol homself van my bors af. My vel groei oor die wond en die pyn krimp tot ’n sandkorrel van tyd.


Gerrit Snyman (35) het “tussen die mynhope en mielielande’’ van die Vrystaat grootgeword. Hy swot regte aan die Universiteit van die Vrystaat en van Stellebosch. Hy werk in die versekeringsbedryf en woon in Johannesburg.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.