GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Om alleenheid te vervang

Stephan Steyn oor Johann de Lange se Tweede natuur

Stephan SteynStephan Steyn het gereageer op ons uitnodiging om boeke te bespreek. Hier is sy mening oor Johann de Lange se Tweede natuur wat in 2000 by Homeros (gewese onderafdeling van Tafelberg-Uitgewers) verskyn het. Stephan (24) is ’n fiksheidsbewuste sakeman en langafstandswemmer van Kempton Park. Hy spesialiseer in Afrikaans, Engels en kreatiewe skryfkuns vir sy BA by UNISA. Verder beskryf hy homself as ’n “homoseksuele man wat totale aanvaarding van sy familie en vriende geniet”. Reageer asseblief indien u van sy mening verskil.
DANIE BOTHA

The real voyage of discovery consists not in seeing new landscapes but in having new eyes.
         - Marcel Proust


Tweede natuur is ’n kortverhaalbundel deur Johann de Lange wat baanbrekerswerk vir die Afrikaanse letterkunde doen. Die bundel verken die wÍreld van dwelmgebruik en -misbruik, ’n wÍreld van vrye seks en van verleiding deur die bonatuurlike en die kunsmatige, veral binne die gay- en die ravekultuur.

Die beskrywings in die kortverhale beeld slegs ’n paar aspekte van die kleurryke subkulture uit, maar dit is vir die leser byna ’n ontbloting van hoe alleen die lewe kan wees en tot watter uiterstes mense sal gaan om die alleenheid te verdryf. Meestal gebeur dit dat die alleenheid vervang word met die tydelike gevoel van behoort. Hierdie onmiddellike en tydelike gratifikasie wat die karakters in die boek ervaar, gebeur deur die gebruik van verskeie dwelmmiddels.

In die eerste kortverhaal maak die leser kennis met die meeste van die hooftemas wat regdeur die bundel voorkom. Hierdie temas sluit in: die vryheid van dwelmgebruik binne die ravekultuur, vrye seks met enigiemand solank die tyd en die lyf reg is, manlike prostitusie, promiskuÔteit binne die gaykultuur, diverse seksuele praktyke, manlike verkragting, beskrywing van dwelmervarings en die vind van jou eie identiteit binne ’n stereotipe waar die reŽls klaar neergelÍ is. Die laaste kortverhaal gee aan die hoofkarakter, Johann, die hoop op ’n nuwe, beter lewe as hy iemand ontmoet en wie se nabyheid hom ’n natuurlike gevoel van meer permanente bevrediging gee en hy dit nie kunsmatig hoef aan te por nie.

Die taalgebruik in Tweede natuur val baie goed binne die omgewing waarin die kortverhale afspeel. Die jargon van die gays en die ravers word goed geÔnkorporeer sonder om ’n mens te oorweldig of die leesbaarheid van die bundel te vertraag. Die beskrywing van sekstonele is baie eksplisiet en is nie aan te beveel vir mense wat sensitief is vir diť tipe beskrywings nie.

Volgens HAT is ’n tweede natuur ’n gewoonte wat aangeleer is. Dit word soms so goed aangeleer dat dit natuurlik gebeur en ’n mens nie meer daaroor hoef te dink nie. Die tweede natuur wat die bundel se karakters dan ontwikkel, is dwelmgebruik. Die hooftema, soos afgelei van die titel, is die afhanklikheid van dwelms en die gevolge daarvan binne die diverse kulture wat voorgestel word.

In die eerste kortverhaal, “Strip poker”, vind ’n ontmoeting tussen die goeie en die bose plaas. Die twee karakters kan vergelyk word met Jesus en Satan. Jesus het Satan se versoeking weerstaan, maar ons goeie karakter het gefaal. Die twee karakters se ontmoeting vind plaas voor ’n Metodiste-kerkie. Die goeie karakter kon dalk nie die verwerping van die kerk aanvaar nie en swig voor die misleiding van die bose. Hierdie bose man verteenwoordig van die negatiewe kwaliteite wat in die gaykultuur voorkom: dwelmmisbruik, promiskuÔteit en vrye seks. Die goeie karakter neem die bose karakter na sy huis, verlustig hom aan die bose se oppervlakkige mooiheid, maar betaal dan die prys vir sy dade.

In die tweede kortverhaal, “Company”, ontdek die leser anonieme seks, orgies en ander seksuele praktyke wat sommige gays beoefen. Die naam van die kortverhaal het ’n dubbele betekenis. Eerstens dui dit op die maatskappy waar mans hierdie soort seks kan kry en tweedens dui dit op die tydelike kameraadskap wat tussen diť mans ontstaan.

“E is vir Ekstase” is ’n kortverhaal waarin die leser kennis maak met die milieu van die gay-nagklub, die dwelmgebruik daar en ook die seks wat vrylik plaasvind. ’n Mens tel net iemand vir die aand op by die klub en kry eenmalige satisfaksie daaruit sonder om die persoon weer te sien of die situasie te konfronteer.

“The doors of perception” toon die seksuele eksploitasie wat kan plaasvind in die gay- en dwelmkultuur. Johann is op pad na ’n groot rave en is kwaad vir sy handelaar, John, wat hom benadeel het. Johann besluit om hom terug te kry deur die algemeen bekende “date-rape drug”, Rohypnol, vir hom te gee. John gebruik dit saam met ander dwelms. Johann sien dat John totaal magteloos is en verkrag hom. Die wraak is geneem, maar is dit die moeite werd? Sal die risiko’s wat by die daad betrokke is, nie langdurige satisfaksie verhinder nie? ’n Ondertoon van die kortverhaal is die van die verlies aan ’n vaste familiestruktuur. Mense wat totaal afhanklik is van dwelms, sal eerder Oukersaand in ’n nagklub deurbring as saam met familie of vriende.

Die vyfde kortverhaal, “Die blou deur”, is ’n beskrywing van ’n acid trip wat die verteller ervaar. Die hartseer-uiteinde van die kortverhaal is dat die verteller se vriende hom nie eers sal bystaan deur ’n moeilike trip nie, of hom gaan soek as hy wegraak nie. Die verteller is nie in staat om werklik waar te neem nie en sy beheptheid met homself en sy trip verhinder hom om hulp te vra.

In “Schmangled”, die sesde kortverhaal, probeer die verteller al die positiewe aspekte van sy dwelmverslawing weergee. Dit was vir die verteller goed om presies in die stereotipe van ’n gay dwelmgebruiker te pas. Dit was belangrik om die alleenheid te verdryf deur gesien te word in die regte sosiale kringe en onder die invloed van die modieuse middels.

Die laaste kortverhaal, “3,4-methylenedioxymethamphetamine”, gee vir die leser hoop in die duister lewe van afhanklikes. Die hoofkarakter word verlief en ervaar sy eerste natuurlike satisfaksie deur net ’n persoon by hom te hÍ vir wie hy lief is. Die chemiese reaksie tussen hulle word dan die substituut vir die chemiese afhanklikheid wat die alleenheid moet verdryf.

Voor elke kortverhaal is daar ’n verskeidenheid aanhalings uit bekende en minder bekende tekste wat die betekenis van die verhale op ’n dieper vlak plaas. Hierdie aanhalings word buite hul normale omgewing gebruik en sodoende verkry sommige aanhalings nuwe betekenis.

Tweede natuur is die eerste Afrikaanse kortverhaalbundel wat so intens op die genoemde temas konsentreer sodat dit die leser sal lei tot nuwe insigte in ’n kultuur waaroor daar nie baie gepraat word nie en waar ongeskrewe reŽls die spel reguleer.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.