GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

“Mad about the boy”: ontginning of uitbuiting?

Hennie Aucamp

Germaine Greer, The Boy, met 206 illustrasies, waarvan 177 in kleur is. 2003: London: Thames and Hudson. ISBN 0 500 23809 X

Die nugterdenkende mens word maklik as kontroversieel of eksentriek afgeskryf deur sy eie tyd, maar enkele jare later begin al hoe meer mense besef dat n heldersiende gees die moed gehad het om die sluier voor ’n taboe weg te trek, en die publiek geleer het om nuut te kyk, nuut te dink, nuut te voel.

S ’n vernuwer is Germaine Greer, met haar boeke The Female Eunuch en The Whole Woman. Sy het die man, en by name die manlike chauvinis, bewus gemaak van sy vooroordele omtrent die vrou. Hier moet haastig ges word dat ook vroue soms die vooroordele van die manlike chauvinis klakkeloos onderskryf. Talle mense — mans sowel as vroue — voel hulle waarskynlik beveilig deur clichs, wat te verstane is. Dit vra op stuk van sake stamina om die naakte waarheid in die o te kyk.

Dit is presies di “kragtoer” wat Germaine Greer van die publiek vra met haar jongste boek, The Boy. Dit is luuks uitgegee, met ’n weelde aan visuele materiaal wat nie wegskram van die naakte figuur van seuns nie.

Vroeg in haar boek omskryf Greer ’n seun as iemand wat nie meer seun is nie, maar eweneens nog nie man nie. Met hierdie “definisie” sluit sy aan by die Ou Grieke wat, terloops, alte maklik as pederaste afgemaak word. Die hele verskynsel “knapeliefde” moet binne sy tyd en ’n bepaalde kultuurkonteks gesien word.

Die Ou Grieke het geglo dat ’n seun sy pristiene staat verloor wanneer baard en skaamhare hul verskyning maak. Die efebe, in die Griekse tradisie, is ’n mens wat op agtien jaar amptelik man is en dan, in Athene altans, as burger ingeskryf word om twee jaar gimnastieke en militre opleiding deur te maak. Maar die WAT gaan verder en s dat ’n efebe deesdae doodgewoon ’n jongeling of ’n halfvolwassene kan wees.

Dit wil lyk of Ben Jonson ruggespraak gehou het met die Ou Grieke. In sy gedig “Her Man described by her own Dictamen”, aangehaal deur Greer, stel hy die standpunt van ’n vrou omtrent die ideale man:

Even nose, and cheek withal
Smooth as is the billiard-ball,
Chin as woolly as the peach,
And his lip should kissing teach,
Till he cherished too much beard
And make Love or me afeared.

Natuurlik is die prepuberteit-seun as “secret object of desire” reeds sedert mitologiese tye met ons. Dink aan die jongeling Ganumedes, wat deur Zeus se arend ontvoer is na Olimpus, ’n vlug wat deur die Ou Grieke verbeeld is, en later ook deur groot kunstenaars soos Michelangelo en Rembrandt. Ganumedes kan ’n huilende seuntjie wees, maar ook ’n skone jongeling, soms met die arend se kloue wellustig geklamp om die dye van die ontvoerde.

Die rol van die jong seun in die kunste is ouer en meer konstant as di van die naakte vrou, en hieraan kan toegevoeg word, di van die naakte man. Die naakte man het trouens opgedoek geraak n die Renaissance, en het eers weer in die tweede helfte van die twintigste eeu tot sy reg gekom. Maar die “boy beautiful” gaan onversaagd voort, sy dit in pornografiese vorm.

Wat werklik nuut is, volgens Greer, is dat ook die vrou nou onbelemmerd kan opgaan in die seun-kultus, saam met mans van hetero-, bi- en homoseksuele oortuiging; en hierdie kultus sluit eksplisiete sensuele en seksuele verkenning in.

Sekere Afrikaanse digteresse en skryfsters, Elisabeth Eybers vooraan, was vrydenkend en feministies dalk vr Germaine Greer.

Om Eybers se “prestasie” beter in perspektief te stel, kan vlugtig gekyk word na hoe twee getroude digters, te wete Opperman en Van Wyk Louw, met die verskynsel “seun” omgaan.

Opperman verwys byvoorbeeld na “malse seuns” in sy gedig “Carrara”, na aanleiding van Michelangelo, maar dadelik moet bygevoeg word dat Opperman meer nadruklik is omtrent die erotiek van die volwasse man, eweneens in “Carrara”:

mans met spiere trillend of verslap,
heupe, dye, die veerkrag van haarlokke,
dik kabels baard, gesigte smartbekrap.

Van Wyk Louw is veel meer gedetailleerd omtrent die sensuele bekoring van jong seuns as Opperman. Drie gedigte van Louw bied hulle hier aan vir nadere beskouing: “Clifton” (Gestaltes en diere), elegiese verse IX en XXX (“Tarragona”) in Tristia.

Seun en see is operatiewe woorde in al drie verse, met invokasie as ’n verdere bindingsprinsipe. Gode word aangeroep in “Clifton” en elegiese vers IX in Tristia, en die openingsrel in “Tarragona” staan eweneens in die teken van ’n invokasie:

O Heerlik van Gedaante

’n Vroere lofsang van Louw aan die lyf, naamlik in Raka, waar die “klassieke” gestalte van Koki beskryf word, klink hier in die woordklank mee: “O skoonheid van die lyf ...”

Maar dis eers in die vers “Tarragona” dat die ek-spreker, ’n vaderfiguur, onbelemmerd sensueel na sy seun kyk. Die derde strofe van “Tarragona” begin met hierdie woorde:

S moet ons ’n jong seun teken:
so, sonder eie periodes wat terugvou
of klem aan begrypte begrippe;
s, ’n jong seun teken: wat sy bene
argloos, blond, oormekaarvou;

Hierna volg ’n strofe wat ’n jong seun by “koue water” en “lou rotsplate” teken. Maar miskien is teken nie die beste woord nie, want in die volgende strofe word geboetseer eerder as geteken:

O my heerlike seun teen wie se blonde en
bruinerige vel ek my vingers wil km,
f-strp langs die rugstringetjie —
voel en kyk hoe jy die bo-arm hard-maak
en nuwe skermutselings sien oefen:

Van Wyk Louw se trits verse oor seuns klink teen ’n ander trits: di van Elisabeth Eybers.

Al drie verse van Eybers, te wete “Jong seun”, “Seun in die son” en “Piet” staan in die bundel Neerslag (1958)

“Jong seun”, op sy manier ook ’n “wordende naakt”, is in die dubbele sin van die woord ’n “klassieke” vers. Ook in di gedig, soos in “Tarragona”, word daar “geteken”. ’n Ongespesifiseerde ek beskryf met fyn beplande progressie hoe ’n seun uit die bad klim, tot aan di klimaktiese rels toe:

geheg aan die benedebuik
waar blink haarrankies reeds ontluik,
deuraar, teer soos ’n ooglid, sag
soos murg, hang weerloos die geslag.

“Seun in die son” toon ’n jong seun wat in sy eie element skyn op te gaan: “lenig, geveerd en aardevry”. Maar nes in “Jong seun” gooi die toekoms reeds sy skaduwee: ook di seun is aan sy (doods)lot gebonde.

In “Piet” is dit nadruklik ’n moeder wat na haar seun met sy “vreemd-volwasse hoof” kyk totdat sy “makkers” hom uit haar “skoot” kom haal. Die dreiging wat in “Jong seun” en “Seun in die son” aangevoel is, het hom hier in die tragiek van die dood voltrek.

Maar daar is ook ander skryfsters en digteresse in Afrikaans wat die lyflike wreld van die jongeling begin ontgin, soos Welma Odendaal, Jeanne Goosen en Petra Mller. Van hierdie drie is dit Jeanne Goosen wat die seksualiteit van ’n jong man — “jong lat” — tot aan sy uiterste grens toe deurvoer, en wel in haar verhaal “Nader my God by U” in die bundel ’n Gelyke kans.

Eers bly die geslag van die verteller vaag, maar op die sielkundig juiste moment in die verhaal word bekend gemaak dat die verteller ’n vrou is. Teen di tyd het die leser reeds die verteller se fantasie omtrent ’n “jogger” meegemaak:

 ... hy dra ’n band op sy kop om sy lang hare uit sy gesig te hou. Die sweet blink op sy voorkop en harige arms en bene. Ja. Voordat ek hierdie ou aardse tranedal verlaat, wil ek nog op my knie gaan en so ’n ou se ding uit sy gulp bevry en daaraan knibbel.

En verder:

Ek sal die kop van sy vol in my mond druk, dit met die punt van my tong lek. Stadig. Al in die rondte, en dan afgaan met die synaat en voel hoe sy boude spiere maak in my bak hande.

Daar l ’n mooi artikel of selfs tesis oop vir feministe: Die ontginning van die seun-kultus deur Afrikaanse digteresse en skryfsters.

Germaine Greer hou haar nie streng by haar aanvanklike definisie van “seun” nie; sy bespreek ook portrette van hardebaard-jongmans in The Boy. Hier volg enkele voorbeelde: “Man met rooi kopstuk”, wat van Giorgone of Tiziano kan wees, of van geeneen nie; die ruie, harige jongeling-model van die fotograaf Palma; “Die sterwende slaaf” van Michelangelo, en natuurlik ook sy “Dawid”; die jong Cosimo de Medici, soos geskilder deur Bronzino; ’n naakstudie van die swart model Thomas E Keller, deur John Singer Sargent.

Hierdie leser/kyker is Germaine Greer dankbaar dat sy haar werkdefinisie van “seun” soms oorskry. Hierdie oorskrydings vorm ’n welkome kontras met bladsy n bladsy gevul met naakte en halfnaakte efebes. Daar ontstaan op die duur ’n ongemaklikheid oor die blatant seksueel getinte uitstalling van seunskinders. Seuns, ja, maar ook kinders, en die ambivalensie van, s dan maar weer efebe, kan verder deurgetrek word: halfseun, halfman, maar ook halfseun, halfmeisie.

Germaine Greer veraanskoulik die seun-meisie-digotomie aan die hand van ’n kleurfoto van ’n nagklubarties in Pattaya, wat een helfte van sy gesig soos di van ’n vrou grimeer, maar die ander helfte laat bly soos dit is, op die halwe boog van ’n elegante snorretjie na.

Die gedagte aan geskeide helftes word ook deur Jim Morrison opgeneem in ’n nadoods gepubliseerde vers, aangehaal deur Greer:

Between childhood, boyhood, adolescence
& manhood there should be sharp lines drawn.

Maar hier l juis die knoop — daar kn geen skerp lyne getrek word nie.

Wat ons dan in die meeste van die afbeeldings in The Boy sien, is onvoltooide mense; mense wat nog groei en vloei na hul eindvorm. (En ook di mag voorlopig wees, soos menige gevallestudie uitwys.)

Germaine Greer is haar volkome bewus van die psigologiese, regskundige en morele implikasies wat die portrettering van pubers en prepubers kan inhou.

By selfportrettering verval morele besware waarskynlik. Die volwasse Anthonie van Dyck skilder homself as jongeling, kennelik selfverheerlikend, waaroor die wyse Greer bloot die volgende s: “Nostalgia is more prevalent in portraiture than is usually recognized.”

Die Peter Pan-sindroom, na aanleiding van die toneelkarakter wat altyd en altyd ’n seun wou bly, kom op verhulde wyse na vore by Greer. Sy sluit foto’s in van popsterre wie se lewens vroeg afgesluit is, soos di van Kurt Cobain en Jim Morrison.

Die filmster James Dean kan gerus ook ingereken word by gemelde popsterre. Van Dean sluit Greer ’n besonder “gelikte” foto in, geboen en gerestoureer tot perfeksie toe. Dis uiteindelik die lot van ’n matinee-idool: hy moet sy reklamebeeld gestand probeer doen. Hy is, soos die woord matinee suggereer, ’n oggendverskynsel.

Een van die nadele van die portrettering van ’n seun is dat hy sentimenteel aangekyk mag word, en op di manier gebanaliseer word, soos deur die skilderesse Dorothy Tennant en Anna Lea Merrit. Nodeloos om te s dat hulle uit die laat Victoriaanse periode stam. Hul modelle is “oulike” seuntjies met “oulike” boudjies, maar psigologies gekastreer. Geen beduidenis van seksorgane of seksualiteit nie.

Die omgekeerde is k waar: dat die jong seun of jong man deur sadistiese o bekyk word, en hier is Sebastiaan, “skutheilige” van gays, die vanselfsprekende voorbeeld. Op sommige voorstellings van Sebastiaan — later Sint Sebastiaan — het hy meer pyle in sy lyf as wat ’n ystervark penne op sy rug het. Die sleutelwoord is natuurlik nie pyl nie, maar penetrasie. Greer is besonder gul wat haar Sebastiaan-materiaal betref. Sy sluit skilderye in van Van Dyck, Mantegna, Tiziano, Rgnier, Gustave Moreau, Hendrick ter Brugghen, Antonio Bellucci en Procaccini. Net ’n enkele keer word die lyding, en nie die ekstase van Sebastiaan nie, beklemtoon, wat natuurlik sterk seksuele implikasies het. Soms moet jy van ’n skilder s wat DH Lawrence van Renoir ges het: “He painted with his penis.”

Die eintlike “grys gebied” by die voorstelling van seunskinders raak die kwessie pornografie, en weer strek dit Greer tot eer dat sy hierdie “gevaarlike” area nie probeer omseil nie.

Greer se insluiting van ’n voorbeeld uit Larry Clarke se fotoreeks “Teenage Lust” kom die leser/kyker “literr” tegemoet. ’n Jong seun, biologies gesproke ’n man, staan met ’n ereksie voor verskillende spiels; nakend, behalwe vir sy jeans wat in voue om sy enkels l. Wat di foto “red”, is sy duidelike toespeling op die Narsissus-mite.

’n Regstelling by ’n gevestigde opvatting is hier nodig. Narsissus het nie bewustelik op homself verlief geraak nie. Hy het ’n weerkaatsing van ’n beeldskone jong man in die water gesien. Ek haal aan uit Avonture van die Griekse Helde en Gode, oorvertellings van prof PJ Conradie, daar waar hy, let wel in die afdeling “Liefdesverhale”, die volgende van Narsissus se vreemdeling s:

So ’n pragtige jong man het hy nog nooit gesien nie — die o wat soos sterre blink, die gladde wange, die nek soos van ivoor en die pragtige blos op die wange.

Kennelik liefde by die eerste opslag, maar sonder dat Narsissus ooit gaan weet dat hy op homself verlief geraak het. Die homosensuele aard van di mite word reeds vroeg in Conradie se oorvertelling gegee, daar waar ges word dat Narsissus hom nie aan meisies gesteur het nie, en heeldag besig was om saam met sy makkers te jag. Narsissus se “orintasie” word nog nadrukliker gestel in die toneel waar hy Echo uiteindelik ontmoet; en wel in di woorde: “Maar toe Narsissus sien dat dit (Echo) ’n meisie is, gee hy dadelik pad en wys haar met soveel minagting van die hand dat sy haar weer in die bosse terugtrek.”

Om terug te keer tot Larry Clarke se fotostudie: dit word uiteindelik net gedeeltelik deur die mitologie gedra. Hy en sy model weet presies wie se weerkaatsing hulle in die spiels sien, en hier is dit, in die gees van Clarke se eerlike titel, ’n geval van “lust at first sight”, en nie “love at first sight” nie.

“Teenage lust” bring hierdie resensent by ’n ernstige kwelvraag uit: Weet die seunsmodelle van alle eeue dat hul beeltenisse gebruik mag word om seksfantasie te stimuleer? Is hulle bewus daarvan dat die reg oor eie naaktheid by hulself berus, en nie by hul ouers nie, selfs as di ouers, pa sowel as ma, beroemde skilders en fotograwe is? Anders gestel, weet hulle — of kn hulle weet — wat hulle prysgee wanneer hulle die dag hul klere vir skilders en fotograwe uittrek?

Een van die mees verontrustende, mees ontstellende reproduksies in The Boy, is van ’n skildery uit die jaar 1774. Dis van Sir Joshua Reynolds, met die titel “Cupid as a Link Boy”. Kupido is volledig geklee, en is ’n doodgewone seuntjie, met slordige vlerke aan, soos vir ’n skoolkonsert. Di skrywer verskil van Greer wanneer sy s dat die seuntjie se gesigsuitdrukking “bland” is. Hy lyk ongelukkig en half kwaad, omdat hy waarskynlik seksueel gemolesteer is. Daar is ’n opvallend fallies-gekonstrueerde fakkel in sy regterhand, waarvan Greer s: “meant to be interpreted as obscene”, en waarop sy laat volg: “suggesting that he is not a willing participant in the exchange of innuendos”.

Is “Cupid as a Link Boy” ’n eggo van die huilende Ganumedes in talle skilderye? Kortom: proteskuns?

Sommige vroue het dus toegetree tot die kultus van die seun, en gaan soos sommige biseksuele en homoseksuele mans op in die sensuele bekoring van seuns.

My vraag aan Germaine Greer is ten slotte of die vrou se uitoefening van haar regte genoegsaam speling gaan laat vir die regte van die seunskind? Of gaan dit haar en ander vrygevogte vroue verlei tot die gebruik van die soms vuige oorheersingstrategie van hul manlike kollegas, waardeur hul eie menswaardigheid verklein gaan word?

Maar eintlik is di vraag nie van m nie. Dis ingegee deur Anas Nin, wat ontgogel geraak het deur die militantheid van sommige feministe, en haar bedenkinge in haar laaste dagboek gelug het.

Ganumedes

Ganumedes huil tot vandag toe
oor sy regte as seun verkrag is;
eers deur die arend van Zeus,
met kloue geklamp om sy dye
en naels wat dring in sy vlees —

o die pyn in die felste bloute
en ’n ho wind wat suis —

en toe weer op die koue Olimpus
deur Zeus self, die Opperbaas
by ’n drinkgelag van die gode:

di fees was nie vir hm gerel;
vir hom, die eerste toy boy,
mollig soos ’n vroe perske —
maar weerloos, wees, onmondig.

Narsissus en Echo

Hul word verkeerdelik afgepaar
deur Klassici en digters:
elk was gevang in eie swaar,
van meet af aan ’n onpaar paar.

S, wat aan gek herhaalsiek ly
gaan nooit haar goue jonkman kry;
h, onwetend op homself verlief
moet onvervuld ’n eenling bly.

Vergeefs gryp hy na eie beeld —
die watervlak verskerf en dein —
tot hy, verteer deur binnevuur,
witheet vergaan in eie pyn.

Maar waar hy was, skiet narsings op:
Die wind vat speels aan elke kop.



16 Desember 2003

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.