GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Sunyata 1

Almeru Gunter

Klik hier en wen!
Klik hier en wen 12 maande af op jou huislening!


Ek het op die eerste bladsy van my dagboek in 'n soort Sanskrit-lettertipe geskryf:

"The Sacred Prostitutes of the Ancient Rituals and their Secret Quest for Liberation from Matter"

En heel onder, regs:


"Human beings think because they have not yet evolved a novel
response to shock."
- Uit: Stalking Trickster, the Court-jester Pimp.

Die storie waaraan ek tans skryf, begin so:

Jivatma-tattva-jñana 2

Hy sien die outydse skeerlem in die glaskas agter die vrou met die wortelrooi hare raak. Sy lig haar wenkbroue en sit die bril op die Zippo's neer. Buite in die sentrum blêr "Everybody is Free" plastiekerig uit die speakers.

Terug by die huis is dit tyd om vir die eerste keer crystal meth te rook. Luke het gesê mens chase slate as jy dit so doen. Hy gaan sit oor die Centaur-toiletbak en skeer sy skaamhare met Arctic Ice-skeerroom. Hy maak 'n spesiale-effekte-snytjie op sy voorvel om bloed te kan proe. Die kristalle in die opgerolde tissue is te groot na sy sin. Hy vryf dit fyner oor die Bluetooth CD cover op sy skoot. "Cyber Technology", 'n song op sy nuwe Atomic Pulse CD, speel full-blast in die kamer.

Hy neem die gloeilamp uit die plafon en byt die agterkant af, haal die binneste uit en gooi dit agter die bed in. Daar is glasstukkies in sy spoeg op die mat. Hy maak 'n suigstrooitjie van 'n uitknipsel uit 'n Mini Cooper-advertensieboekie en gooi 'n kristal binne-in die gloeilamp. Dis 'n kuns om die gloeilamp en strooitjie met een hand vas te hou. 'n Ereksie begin klop-klop. Hy vryf sy middelvinger se top oor die witgeskeerde dele; kwyl blink op sy onderlip terwyl hy met die lighter teen die glas tik-tik en dan die wieletjie laat girts. Hy laat die vlammetjie heen en weer speel onder die kristal en suig drie keer aan die taai, wit damp, vryf met die duvet tussen sy bene. Hy spoeg in sy hand en maak sy skrotum nat daarmee, druk hard daarop. Die slym maak 'n draad tussen sy pielkop en sy enkel. Hy buig agteroor en laat sy saad oor sy linkertepel kom. Sy asem jaag terwyl hy die Astrix CD insit - Crystal Sequence: "Gaia is the earth seen as a single physiological system, an entity that is alive" en dan die Hindoe-mantra wat in die metaalagtige beat wegsmelt.

  

Langer as 'n jaar rook hy nou al skelm superskunk in sy den in die duine. Hy't 'n stapel geroeste sinkplate op die motorhuis se dak gekry en die planke van 'n ou boomhuis in die koejawelboom afgeruk. Dié het hy oor 'n moerse diep gat gesit, seesand oorgegooi en die ingang met takke weggesteek.

Die apteker wou weet waarvoor die salpeter is. Sy ma wil soutvleis maak vir Kersfees. Die bure se seun het hom van hulle swael gegee wat hulle in die droogtonnel vir die gedroogde perskes gebruik, en hy het van sy ma se houtskool gevat waarmee sy nudes teken. Hy't 'n ou draadsif in die spens gekry om alles mee fyn te maak. Dit was moeilik om 'n toets-batch aan die brand te kry - die vlam moet nog in 'n vuurhoutjie se kop staan om te werk. Vonke het in die pot gespat en als het basies ontplof. Sy ma het die dubbele agterdeur oopgemaak en op die stoep uitgekom. Sy't omgedraai toe sy hom in die rookwolk sien sit en hoes. Hy het 'n leë verfblik in die lug begin gooi en dit met 'n staaldropper inmekaar geslaan.

Donkeraand is hy in die maanlig den toe om rolbosse bymekaar te maak vir 'n groot vuur. Die vlamme het 'n paar verdiepings hoog in die lug gestaan. Toe als tot as verbrand was, het hy sy surfbord gevat en is hy die branders in. Tot laat toe. Hy het in sy den aan die slaap gaan raak en van die oggend se koue wakker geword. Die son het oor die see begin opkom.

† † †

Hy staan kaalbolyf op van die marmerbed as hy die BMW750iL bo by die dubbele deure hoor intrek en sit die remote langs die brullende magma-tier uit China neer. Vinnig met die wenteltrap met die geriffelde glasbakstene al langs die kante af om die spa-bad af te sit wat hy aan vergeet het. Hy kry hom in die kombuis, besig om 'n gerookte hoender, wat hy altyd ná werk kry, in die oond te sit. Die kaste is als van ingevoerde kersiehout gemaak en strek op tot teen die een vlak se dak. Irek is saam met hom, die ou met die vrou en kinders in Tsjeggo-Slowakye. Bettie Buys se poesie staan weer gerek te word, dubbele-penetrasie-styl. Hy vryf onder Irek se frokkie op sy harde ondermaag, druk sy hand voor by sy broek in om sy breë, plat piel met die lang voorvel styf te maak. Sy eiers is groot met dik hare. Irek stoot hom iesegrimmig weg.

O O O

Die eerste gedeelte is aantekeninge uit my skooldae. Die tweede deel handel oor menslike dignitas en gaan so:

Down-loading bonding techniques into the standby facility:

A night on the town

Ek en Skunk is van die stasie af Waterfront toe op soek na Jean-Henri. Hy het Master and Commander gaan kyk. Iemand in 'n opgewarmde Honda Civic met dubbele sub-bass woofers het Skunk 'n lift in stad toe gegee. Sy pa bied witdoodhaai-toere aan vanuit Gansbaai se hawe. Jean-Henri bly by Boyd Bushman, soos hy die sakeman noem vandat hy die onderhoud oor Lockheed Martin se antigravitasie-tegnologie gesien het.

Ons kry hom voor die Fossil Shop en gaan tjoef eers 'n kakvars-grootte stuk tik in die toilette. Hy raak nie eintlik aan dwelmmiddels nie: "My ma het permanent 'n inwendige behoefte aan diep penetrasie gehad wat nooit bevredig kon word nie. Sy het almal om haar mal gemaak. Toe ek 12 was, het sy my in die middel van die nag met die bedlampie se gebreekte gloeilamp op my kop geskok. Ons het nog van daai ou kragbokse gehad, so, die hoofskakelaar het lank gevat om af te slaan. As ek onder hipnose gaan, begin ek in 'n snaakse taal te praat, omdat ek aan die ander kant was. Die sielkundige het my met angsneurose gediagnoseer en 'n hele paar gesplete persoonlikhede ontdek."

Die eerste keer wat hy dit vir ons vertel het, het hy so snot en trane getjank ek moes vir hom uit my Tibetan Book of the Living and Dying 3 voorlees:

Perhaps the deepest reason why we are afraid of death is because we do not know who we are. We believe in a personal, unique, and separate identity; but if we dare to examine it, we find that this identity depends entirely on an endless collection of things to prop it up: our name, our "biography", our partners, family, home, job, friends, credit cards ... It is on their fragile and transient support that we rely for our security. So when they are all taken away, will we have any idea of who we really are?

Without our familiar props, we are faced with just ourselves, a person we do not know, an unnerving stranger with whom we have been living all the time but we never really wanted to meet. Isn't that why we have tried to fill every moment with noise and activity, however boring or trivial, to ensure that we are never left in silence with this stranger on our own?

And doesn't this point to something fundamentally tragic about our way of life? We live under an assumed identity, in a neurotic fairy tale world with no more reality than the Mock Turtle in Alice in Wonderland. Hypnotized by the thrill of building, we have raised the houses of our lives on sand. This world can seem marvellously convincing until death collapses the illusion and evicts us from our hiding place. What will happen to us then if we have no clue of any deeper reality?

In die taxi op pad Bo-Fresnaye toe vertel hy ons van Quetzalcoatl, die Asteke se Geveerde Slang-koning wat derduisende mans laat offer het. Hy het die mooiste, absoluut merklose seuns by die ouers laat afneem en 'n paar jaar lank allerhande kunste en take laat aanleer, soos om fluit te speel - 'n lewe van absolute geluk. Met hulle 19de verjaarsdag is 'n spesiale ritueel vir die gode en 'n uitgenooide skare mense gehou. Hulle moes teen die witgekalkte piramides opgaan en op elke vlak die verskillende vertonings gee waarvoor hulle opgelei is. As hulle bo kom, het vier priesters hulle ingewag en hulle hande en voete op 'n altaar vasgedruk. 'n Hoëpriester het met 'n baie skerp flintmes 'n sny in hulle ribbes, net onder die linkertepel, gemaak, sy hand ingedruk en die hart uitgehaal.

Skunk het weer aangegaan oor die Bokryers se inisiasieritueel waarvan hy op Abovetopsecret se website gelees het. Die ou moet 'n swart kerkpak dra en dan blinddoek hulle hom, draai hom 'n paar keer in die rondte, en lei hom by 'n vertrek in waar die ander broeders staan en wag. Hy moet sy linkerskoen en -sokkie uittrek, sy broekspyp oprol en met sy kaal voet in 'n kommetjie water staan. Hulle jaag hom spanish fly in om hom rasend jags te maak en doen vrouensreukgoed met hom tot hy 'n horing het, en bring dan 'n boerbokram in. Hy moet hom in sy skoongewaste hol naai en net voor hy kom, haal hulle sy blinddoek af en sny die bok se kop af dat die bloed sulke paintings teen die mure spuit.

Ons plan was om na die Transgression Rave in Thunder City by die lughawe te gaan. Skazi het gespeel. "Jy gaan seker na my kyk as als uitfok vanaand," het Jean-Henri geteef. Boyd is met sy maatskappy se een Benz Langebaan toe om vennote te onthaal; die BMW het in die garage gestaan. Die mense langsaan sy naweekhuis is deur die aliens ontvoer en moet almal vir terapie gaan. Jean-Henri kom nooit daar nie - niemand mag eintlik weet dat hy by Boyd bly nie.

Ons gaan toets solank die fragrances op die delikate roos-roomkleurige porseleinwasbak-area uit om Jean-Henri kans te gee om sy mind op te maak. Ek kies die Christian Dior Higher Energy, Skunk spuit Paco Rabanne eXtreme onder sy arms dat die rowe so staan en Jean-Henri wil die Issey Miyake hê, want dit is vir as mens bisexual is. Sy kick-asste movie scene is in Full On waar die Griekse ou in Sydney, loaded out of his skull gemainline op speed, ecstacy en LSD, by die gay club instap en die Wizards of Oz se Itchy Witch from Androgenetica speel so hard dat die hokke en die gaasgordyne in die stoom staan en dril. Ek vertel hulle van my droom om Trance DJ Bardo Thodol te word en net musiek wat met menslike liggaamsdele gemaak word, te speel, soos dybeen-trompette, mens-sening-ramkies, skedels en mensveldromme, en miskien 'n paar metaalinstrumente en didgeridoos ook: "Bardo Thodol beteken verlossing deur op die nadoodse vlak te hoor - dit wil sê, om jou volle hartritme in jou gehoor te fokus as 'n manier om jou psige nou al volgens jou nadoodse koördinate te kalibreer. My kundalini-boek praat van die 'ethereal void' in mens se hart en die 'tinkling sounds' wat mens daar kan hoor as jy dit regkry om jou jagsgeit binne-in jou ruggraat op te stuur tot by die klopping in die fontanel."

Jean-Henri het sy dik rol note uit sy kas gehaal. Hy het sy middelvinger horisontaal gegooi en ons is deur garage toe. Hy't die kar oopgemaak en Skunk se kode, "Sputnik", gesê. Die stuurwiel en sitplek het in posisie geskuif vir hom. Ek het Psychotronic Love Commando se nuwe song "Love Is The Dynamic (we are dynamic)" gekies en die volume oopgedraai.

Ek het hulle oor die musiek heen vertel crop circles word gevorm wanneer die Orde Odonata satelliet-tegnologie gebruik om suiwer gedagte-projeksies op stoppellande te maak. En dat ons op die vooraand staan van 'n nuwe era waar hulle met behulp van HAARP en Die Wet van Oktawe 'n soort DNA deus ex machina gaan skep wat die wêreldverhoog gaan oorneem en allerhande Area-51-mutasies gaan veroorsaak wat Die Matriks gaan herprogrammeer. Die Einstein Gravity Probe B gaan die deur na die volgende energie-dimensie ontdek waar Planck-wette geld en vinniger as die spoed van lig kommunikasie-infrastruktuur noodsaaklik gaan maak om die bedryfstelsel van die heelal-rekenaar verder te ontsyfer. My plan is om my eie tegno-sjamaan-maatskappy, Neo-Model Army Quantum Data Interface, te begin en QSP - Quasar Synesthesia Protocol - te patenteer. Om my stil te kry het Jean-Henri stukkies hash-roet in my oor geblaas met Skunk se klippyp. Ons is teen so 200 km/h teen Hospital Bend af; ek moes vir Skunk gil ons is te na aan Groote Schuur se heinings. Hy't my net 'n skaapkyk gegooi: "Hei, bro, het jy condoms onthou?"

Jean-Henri het ons vertel hoe Alfrieda hom om sy heupe en boude kom vat het vir 'n slukkie water. Hy't reg voor die DJ box gestaan en sweet, die son-tatoe op sy skouer ten toon gestel. Hy't haar op sy super-elite Deense lispel gevra of sy nie 'n joint in sy pa se kar wil gaan rook nie. Of 'n lyntjie philine wil snort nie. "Phi is die golden mean ratio wat die Egiptenare in sekere piramiedes se konstruksie gebruik het om as 'n sterre-navigasie-baken te kan dien en wat mens in sacred geometry en die flower of life sien. Hulle het boemerang-tegnologie met die Aborigines geruil vir bloekomolie wat hulle saam met cocaine gebruik het op hulle transmigrasie-reise." Hy't haar vertel hy kry mainlineable pure stuff by 'n ou wat met 'n draagbare lab in sy kar rondry en dit by 'n laptop inplug om cutting-edge kombinasies te formuleer. Haar ouer broer het by Desert Storm op Verneukpan sy eerste e gedrop, 'n browny, in 1996 toe een ton van die Geheime Polisie se crowd control poeier weggeraak het. Blykbaar so erg gerush dat hy die 20 meter tent toe moer toe verdwaal het, ten spyte van die most powerful laserbeam ever in Suid-Afrika wat soos 'n vuurtoring tussen die sterre inskyn. Ek en Skunk het voor die kar gestaan en kak praat toe hulle twee daar aankom.

Ek't haar gesê ek swot regte, my pa is 'n bankbestuurder, en haar my Tao Te Ching gewys wat deur 'n Zen Master 4 vertaal is: "The Tao that can be told is not the eternal Tao. The name that can be named is not the eternal Name. The unnamable is the eternally real. Naming is the origin of all particular things. Free from desire, you realize the mystery. Caught in desire, you only see the manifestations. Yet mystery and manifestations arise from the same source. This source is called darkness. Darkness within darkness. The gateway to all understanding."

Ek en sy het agterin gaan sit en twee lyntjies ket van Infected Mushroom se IM the Supervisor CD-cover gesnort. Sy't nog heavy gerush en stadig, taai-mond, vertel van die Dara Lee-steengroef-rave by Sir Lowry's Pass waarby haar ouer broer was. Mense het 'n groot klip-mandala uitgepak langs die smaraggroen meer en 'n bord opgerig wat "The Way" aangedui het. Almal het gedink dis New Age Sataniste, maar hulle het blykbaar Tao bedoel. "He who is in harmony with the Tao is like a newborn child. Its bones are soft, its muscles are weak, but its grip is powerful. It doesn't know about the union of male and female, yet its penis can stand erect, so intense is its vital power. It can scream its head off all day, yet it never becomes hoarse, so completely is its harmony." 5 Skunk het besluit om in te gaan, Jean-Henri het van die fyn paddastoel in sy handpalm gegooi en met Carpe Diem afgesluk. Om my te ontsenu, het hy Surge se musiek gespeel. Alfrieda het gevra of hy oukei is; ek het haar oorbelle gebyt en "nee" gefluister. Sy't my toegelaat om haar bobeensening te knyp, haar bene het oper gegaan, ek het my vingertoppe omgedraai om onder die rekkie in te kom. "Sit saad in my naat," het sy oor my nek asemgehaal en haar hand by my broek ingekry. Sy het geglimlag omdat dit so glad en nat is; ek het dadelik in haar hand gekom. Jean-Henri het die sleutels op die sitplek gelos en die deur toegemaak. Sy het voorgestel dat ons ook ingaan en haar broer gaan soek - sy wou hê hy moet my wys hoe om die klank se lugdruk en die akupunktuurpunte binne-in my brein te gebruik om direk met die internet te mind-connect.

Ons het Jean-Henri se Diesel-trui gebruik om onsself droog te maak en het elkeen nog 'n pil gedrop. Ons het hom ingehardloop en op sy rug probeer spring. Hy het vlerke in die lug gemaak en soos 'n Astral Projection-heilige-voël tekere gegaan: "People can fly. When you dream, there are no rules, people can fly, anything can happen. Sometimes there is a moment as you are awakening, when you become aware of the real world around you, but you are still dreaming. You may think you can fly, but you had better not try."

1 Emptiness, The Void, Non-duality
2 Soul-technology-knowledge
3 Sogyal Rinpoche, kopiereg: Rigpa Fellowship 1992 (Random House SA Edms Bpk), 1998-uitgawe, p 16.
4 Stephen Mitchell, Harper Collins Publishers, 1998, p.1
5 Ibid., p.55

Met verlof van http://www.partyradio.ca


Almeru Gunter “Ek het my BCom en LLB aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf in 1990 en het in die drukkersbedryf begin werk as regsadviseur en risiko/oorsese transaksie-bestuurder. Ek doen tans my meestersgraad in elektroniese reg by die Universiteit van Kaapstad en werk vir ’n ‘mailing house’/kommunikasie-maatskappy. My belangstellings is Osho Zen-Boeddhisme, Kundalini Tantra en trance-musiek. Ek doen langafstand-rollerblading en super circuit om fiks te bly.”

  • Klik hier vir Almeru Gunter se stuk: Dolores besoek La Sagrada Familia - ’n drieluik

    Klik hier en wen!
    Klik hier en wen 12 maande af op jou huislening!



    LitNet: 26 Mei 2005

    NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
    DANIE BOTHA

    boontoe / to the top


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.