GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Strandlangs

Carel Coetzee

Sy gesig was skemer-oranje soos die son skuins daaroor val. Half verlig en half in die skemer. Die ligte bries het net-net aan sy bruin kuif gevat. Die oomblik word verbloem ingekleur in dromerige klanke van seemeeue en branders wat op sand plof. Maar die jong seun se gesig weerspiel 'n leegheid en ongekende seer wat beter met stadsgeboue en le strate vergelyk kan word. Wikus loop stadiger sodat hy nie die seun se aandag versteur nie. Hy was op pad woonstel toe en het besluit om strandlangs terug te loop. Die son was besig om onder te gaan en hy wou dit vanaf die strand oor die see beskou.

Groepies mense loop wyd uit mekaar oral op die strand. Iewers is daar 'n kind met 'n vlier wat nie suksesvol wil opstyg in die lug nie. Langs hom blaf 'n hond by sy voete, byt speels na sy enkels. Twee honderd meter verder loop twee ou mense hand aan hand waar die branders soos wit tonge na die land lek. Wikus besef dis iets wat mens vandag selde vind in ons samelewing. Mense wat saam oud word en tevrede is met hulself en hul lewe.

Dan gaan sy aandag weer na die seun wat alleen op die strand sit. Die seun lig sy hand en dit lyk asof hy trane van sy wange afvee. Wikus dink hy het hom gesien, en vries in sy spore. Stadig sak hy af sodat hy 'n ent van die seun af gaan sit. Hy merk die gespierde swemmerslyf onder die kort hemp en broek, die netjies-gevormde wangbene, sy ronde, sterk hande wat in sy skoot l. Hy skat die ou in sy laat tienerjare of vroeg twintigs. Wat kan s 'n skepping ooit ongelukkig maak? Hy wens hy kan weet wat is fout. Moontlik kan hy hom help. Soms soek mense net iemand om te luister. Maar hy is bang die seun skrik en loop weg as hy nader kom.

Dan dink hy: Wat het ek dan om te verloor?

Hy sien ook 'n groep skoliere 'n ent verder weg met 'n bal speel. Langs die ouens op die sand sit 'n groepie meisies. Di soort wat duidelik uit baie duur huise kom en van kleins af bederf is met Barbies, selfone en blinkers op die wange. Een meisie probeer vreeslik hard om 'n fris outjie se aandag te trek. Dan waai sy vir hom en glimlag rooslippie-mooi, dan strek sy haar geskeerde kaal bene voor haar uit en herhaal 'n tiende laag sonroom met 'n verleidelike invryf, dan stoot sy weer haar opgestopte borsies agter 'n bikini son-omhoog uit dat hulle soos twee papegaaie lyk. Later hou die seuns op met bal speel en loop weg. Die meisie lyk baie ontsteld omdat sy geen aandag terug ontvang het nie. Sy drink haar botteltjie gaskoeldrank met een teug leeg en gooi dit bitter in die rigting van 'n vreedsame broeisel duiwe wat aan oorskiet kosgepik het. Die oomblik verander in fladderende grys duifvlerke wat padgee vanaf 'n le vliende plastiekbottel.

Wikus glimlag vir die verbitterdheid en dwing dan weer sy aandag na die seun wat alleen op die strand sit en vir die branders kyk.

Die son trek water, dink hy. Eintlik is die idioom heeltemal verkeerd. Dis die maan wat die hoog- en laaggety bepaal, bespiegel hy in sy kop. Die seun staan op en loop weg vanaf die see. Wikus merk dat hy sy baadjie op die strand gelos het. Nou moet hy nie dink nie, hy moet net doen! Vinnig gaan tel hy die baadjie op, hardloop agter die seun aan en roep na hom. f die seun hoor hom nie weens die strandgeluide, f hy is te besig met sy eie gedagtegang. Die seun loop ongerg verder. Wanneer hy by hom kom, raak Wikus aan sy arm. Liggies. Die seun skrik en swaai om.

"Ekskuus maar jy het hierdie op die strand vergeet."

Die trane het sy o skoongewas tot 'n yshelder blougroen soos skoon seewater. Hy is nog mooier van naby as op 'n afstand.

"Uhm dankie." Hy vat die baadjie by Wikus en sy hand raak aan Wikus s'n.

"Ek's Wikus." Om sy hand in 'n groetgebaar uit te steek is die mees logiese ding om volgende te doen. Die seun vat sy hand en skud dit. Dadelik voel Wikus die hoendervleis oor sy arm en bolyf uitslaan. Elektrisiteit vloei vanaf die seun se hand na syne.

"Hallo. My naam is Corrie. Dankie vir die baadjie. My kop is bietjie ver vandag."

'n Kort stilte. Net die strandgeluide om hulle.

"Ek het jou op die strand dopgehou, Corrie."

Die twee jong mans kyk diep na mekaar, asof dinge ges word sonder dat enige woorde geuiter word.

"Jy het gehuil. Ek wil graag Kan ek help met iets? Ek's jammer, ek kon nie help om jou op te merk toe ek verbygeloop het nie."

Corrie se o verhelder, en skielik voel Wikus minder gespanne en weet instinktief hy het die regte ding gedoen.

"Jy ken my nie."

"Het net gedog miskien kan ek help. Wil jou nie pla nie."

"Jy ken my nie, tog voel dit "

S dit, dink Wikus. S wat jy dink, want ek voel ook so. Maar nie Wikus f Corrie s iets nie. Net die kyk en die strandgeluide.

"Tog voel dit ?" vra Wikus.

"Dit maak nie saak nie. Dankie vir die baadjie." Die seun laat sak sy kop, draai om en loop weg.

Wikus weet nie wat om te doen nie. Hy kon aanvoel hy moes op daardie oomblik op daardie plek gewees het. Hy kon aanvoel dat daar energie tussen hulle twee was, en hy wou so graag die een wees wat hierdie seun help. Wat ook al sy omstandighede is. Hy wou die een wees.

En dan is die oomblik verby. Corrie verdwyn agter die bosse wat oor die bult na die straat en woonstelblokke lei. Die wind pluk-pluk nou heftig aan die takke en slaan sandkorrels teen Wikus se bene vas. Dis of hy nog die warmte van Corrie se aanraking in sy hand kan voel. Hy bring dit na sy neus en maak sy o toe. Kortstondig is hy weer kind, sonder bekommernisse en vry van oordeel. Maar oomblikke later is hy 'n bietjie moer as vantevore.

Die volgende oggend maak Wikus sy gewone draai by die kafee, koop 'n Energade en 'n koerant, en kies die pad gimnasium toe. Hy blaai vinnig deur die koerant, maar steek vas by bladsy drie, waar die opskrif van 'n klein berig links onder in die hoek sy oog vang:

YOUNG ATHLETE COMMITS SUICIDE
AFTER REJECTION BY PARENTS

Hy herken Corrie se gesig op die foto. Hy maak sy o toe en sluk 'n naarheid weg. Hy haal diep asem en lees: "Corrie Brits, a young successful athlete and student, committed suicide last night after informing his family about his sexual orientation. Corrie came out as being homosexual at a birthday party earlier this week. His parents didn't accept it and threatened to stop all financial support if "

Wikus lees nie verder nie. Al was hierdie seun net 'n vreemdeling, voel Wikus nou 'n leegheid binne hom.

Wat is 'n oomblik? Hoeveel l daar in 'n oomblik? Hy bring sy hand nader aan sy neus, maar Corrie se reuk is reeds afgewas. Die wind steek weer op en pluk aan die boomtakke waaronder hy nou staan. Soos die verbygaan van 'n persoon. Wikus se vel slaan hoendervleis uit en hy kyk op na die blare wat ritsel. En dan is dit weer doodstil.



LitNet: 21 Junie 2005

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.