GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Dis mż storie diť

Pa raas soos 'n vroumens by die rugby!

Ben Ray

Ek wil graag vertel van my ervaring.

Ek is in my middel veertigerjare en getroud met 'n wonderlike vrou. Ons het twee gawe seuns. Ek is verlig, want hulle is nie gay nie. Ek het niks teen gay mense nie, maar ek wens my seuns nie die wroegings, ensovoorts toe van gay wees nie.

Ek is 'n persoon wat ná my huwelik besef het dat ek moontlik gay kan wees. Mense dink dis bog, maar in my geval waar. Vandag besef ek dat ek al as klein seuntjie gevoel het ek is anders as ander seuns. Veel later – te laat – het ek besef waarom.

Ek het grootgeword as 'n NGK-predikantseun in 'n universiteitsdorp (waar my pa later 'n teologiese professor was). Konserwatief of naïef was nie die woord nie. Ek is baie beskerm grootgemaak deur my ma wat my heeltemal oordonder het en my pa wat nie veel in my belang gestel het nie. (Só het dit altans vir my gevoel.)

My pa het in die Kalahari grootgeword en my soms saamgeneem om te gaan jag, maar ek het nooit veel daarvan gehou nie. Ek het graag geluister (en saamgesels) as my ma saam met haar vriendinne (meestal ander professore se vroue) gekuier het en het ywerig aan die gesprekke deelgeneem (selfs as klein seuntjie).

My ouma aan Ma se kant was 'n voorste Karoo-boervrou en kon heerlik kook. Ek het menige vakansie by my grootouers op die plaas gekuier en saam met my oupa op die bakkie rondgery. Dit was egter die kuiertjies met my ouma in die kombuis wat ek die meeste geniet het.

Ek is die oudste van vier broers en die ander is almal anders as ek. Waarom ek? Hoekom? Ek wíl nie en ek wóú ook nooit nie. Het my ma my so gemaak? Sy was baie meer op my ingestel as op my broers. My vraag is: Is dit my skuld? Kan ek iets anders doen of iets anders gedoen het?

Die gevolg van my "andersheid" is dat ek, vandat ek elf jaar oud was aan ernstige depressie gely het. Dat ek baie swaar gekry het op hoërskool, glad nie kon inpas in die weermag nie en op universiteit heeltyd gevoel het asof ek van 'n ander planeet is.

Ek het as gevolg van my "aanpassingsprobleme" nooit deel gevoel van die groep nie. Ek het bitter min maats gehad en ek vermoed vandag dat ek my "eie soort" uitgesoek het. Verdere gevolge was swak prestasie op skool en universiteit ten spyte van 'n goeie brein (alhoewel nie 'n gesonde een nie). Ek het 'n graad gekry (deurgeskraap), maar nooit verder studeer soos al my broers nie. Ek het eers onlangs 'n meestersgraad (cum laude) voltooi en dit was vir my goed om te besef dat ek kan.

Wat het ek verloor? My jeug, my geloof, verhoudings met ander het in die slag gebly. Ek was bitter en kwaad en het as gevolg daarvan soveel skade aan myself en ander aangerig. Ek is sinies.

Dis eers nou dat ek die lewe begin geniet en waardeer. Deur my kinders. Ek glo nie regtig in Hom nie, maar dankie God dat my kinders (my seuns) normaal is. Ek wou nou die dag my vyftienjarige gryp toe ek hom betrap met 'n tydskrif vir die volwassemansmark (vol kaal – heeltemal kaal – vrouens wat alles wys), maar ek het my dadelik bedink en gedink: Halleluja! Hy kyk skelm na kaal vrouens en hy speel rugby met oorgawe en hy is in die atletiekspan. Hy is regtig stout, maar ek is bly. Hy krap sy kamer om en hy sit met sy voete op die koffietafel en hy sê vir alles "fokkit, Pa", en "fokkit dit en dat" as hy met my praat. Hy klap my op die skouer en tel my op (of probeer). Ek het nooit met my pa of broers probeer stoei nie. Ek het nooit kaal girls op my mure geplak nie. Ek sê dankie vir twee seuns wat straight is en soos honger honde agter girls aan is. (Die oudste is nou sewentien en in matriek.)

Ek vra hoekom. As daar 'n God is, vra ek Hom hoekom. Ek het alles geanaliseer en was by verskeie terapeute en groepe vir hulp. Ek is jammer ek kan nie my gay-wees celebrate nie. Ek is "sad", nie "gay" nie, en my grootste vreugde is twee seuns wat normaal is. Dankie, Here. As daar een ding is wat my weer sal laat glo, is dit my kinders. Ek het hulle kerkloos grootgemaak, maar ek sien iets van die Natuur (iets Heiligs) in die twee onheilige helletjies.

As ek kon, sou ek nie gay gewees het nie. Ek het altyd gewonder wat het ek gedoen, wat het my ouers gedoen, dat ek gay is. Ek is so jammer vir almal wat in hierdie samelewing grootgeword het waar mense soos ek soos 'n stuk gemors behandel is.

Ek het vir my seuns van jongs af gesê (verskeie kere) dis OK as een van hulle gay is – ek bly net so lief vir hulle. Tot die oudste eendag vir my gesê het: "Pa, ek is nie gay nie, die juffrou gee my 'n horing." Die verligting was groot en nou betrap ek die tweede waar hy kwyl oor 'n kaal girl in 'n tydskrif.

Ek weet (en die Here ook) dat gay-wees baie moeilik is. Ek het baie gewonder of ek gelukkiger sou gewees het as ek betyds die gaylewe gekies het of kon kies? Wel, ek het vas geglo ek sou "happy" gewees het, maar nou kyk ek na die lewe deur twee seuns wat nie daar sou gewees het nie, twee seuns wat die lewe geniet en hulle hormone verstaan. Twee wat mal is oor die dinge van 'n man.

Miskien is daar tóg 'n Groter Plan. Miskien kyk God af en Hy sien my. Miskien het Hy gekies en nie ek nie.

My seuns is lief vir my en aanvaar my, maar as 'n vreemdsoortige wese wat soos 'n vrou tekere gaan langs die rugbyveld. Hulle is nie skaam vir my nie en dra my op die hande – hulle is engele en nie helletjies nie.

Liefde

Ben




LitNet: 26 Julie 2006

Stuur asseblief jou reaksie na dbbotha@mweb.co.za. Meld die opskrif of nommer van die brief. Ons plaas dit graag onder "Menings van ons lesers".

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.