GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Junkie

Gerrit Snyman

Dis laatmiddag toe ek by die kantoor uitloop. Die dag is nog helder en die nuwe Sandton-toring steier onder die klewerige hitte van die somerson. Werkers in blou oorpakke skarrel soos miere oor die betonstellasie hoog in die lug. Kwaai plakkate teen lamppale oral langs die pad maan luidkeels teen die vergrype van die feesseisoen. 'n Prostituut in 'n sexy wit rokkie en hoŽhakskoene wink verleidelik na my vanuit die skadu van 'n bushalte. 'n Kaalvoet meisietjie lei 'n blinde vrou oor die warm teer na die koelte van 'n alleen boom aan die ander kant van die straat. Hulle lek-lek aan druppende wit draairoomyse, al in die rondte, al in die rondte. Die vrou het 'n groot pers geboortevlek aan die kant van haar kop. Die bimbo voor my in haar nuwe Jaguar kyk anderpad. Ek stap by die winkel vir tweedehandse boeke in en begin soek na titels van my gunstelingskrywers. 'n Paar klante draal tussen die rakke rond. 'n Ou man met 'n lang wit baard skuifel in 'n gangetjie af. Jy vat my geld by die kasregister en jou vingerpunte maak 'n vonk teen myne toe ek die pakkie by jou vat.

'n Donderstorm dawer teen die naghemel en die kors van die stad stoom met die walms van reŽn. Ek volg die geel kolle van die straatligte oor nat strate, ry deur die puin van die storm na die moeŽ middestad. Ek tuimel met 'n stel trappe in die donker kelder van 'n verweerde ou gebou af. Die ritme van kwaito vibreer teen die mure en die atmosfeer is dik met die reuk van parfuum en sweet en seks. 'n Vreemdeling nooi my by 'n gangetjie in en spuit 'n souterige vloeistof in my mond. Jy beur by 'n hokkie uit en vee verby my op pad na buite. Ek probeer om iets te sÍ, maar die woorde raak verstrengel iewers tussen my brein en my mond. Jy lyk soos 'n gevalle engel toe jy stop en my hand vat om jou te volg. Buite gaan staan ons op die sypaadjie, onder 'n boom vol flikkerende wit Kersfeesliggies. Ons begin lag toe ons tegelykertyd vir mekaar 'n sigaret aanbied.

Die volgende oggend toe ons wakker word, draai jy jou kussing om sodat ek nie die rooi vlek van bloed uit jou mond moet sien nie. "Kan ek jou kar huis toe bestuur?" vra jy blinkoog, en vyf en veertig senutergende minute later stop ons voor jou ma se armoedige huisie aan die verste buitewyke van die stad. Gebreekte ruite is toegestop met swart vuilgoedsakke; die sinkdak is besig om te verroes. Daar is nie plante in die tuin nie, maar die jaart is skoongevee en langs die voordeur is 'n bordjie wat waarsku: Protected by God Almighty. 'n Maer bruin basterbrak hardloop hek toe om stertswaaiend en met sy voorpote teen die ogiesdraad vir jou te wag. Jy huiwer 'n oomblik voordat jy by die kar uitklim en vra sonder om my in die oŽ te kyk: "Kan ek jou 'n moerse guns vra? Maar 'n MOERSE guns? Jy't nie miskien vir my 'n paar bucks vir 'n bier of twee nie?" Jou verleentheid vang my onkant. Die afgeleefde gesig van 'n vrou verskyn in die agterdeur en jy glip die paar note vinnig in jou agtersak. Voor ek wegry, maak ek seker van die straatnaam teen die randsteen van die pad.

Dis verkiesingsdag. Ek ry na die boekwinkel, maar die ou mannetjie agter die toonbank vertel my dat jy lank reeds nie meer vir werk opdaag nie. Ek vind die pad deur die voorstede, verby die plakkerskampe na jou deel van die stad. Bont reŽnboogmense staan in lang, wriemelende rye voor stemstasies en wag hulle beurt af om te stem. 'n Vrou met pienk krullers in haar hare stal tuisgemaakte soetgoed op 'n plastiek-TV-skinkbord uit en verkoop daarvan aan die geduldige kiesers. Ek stop by 'n vulstasie om aanwysings te vra. 'n Vet Boer in 'n rugbybroekie en velskoene met rasta-veters sit agter op 'n bakkie en maak musiek met swart vinielplate op twee draaitafels. Black Eyes Peas meng ongemaklik met Funky Greendogs. 'n Enkele trompoppie, sekerlik iewers in haar veertigs, paradeer op die maat van die musiek verby die geparkeerde motors. Haar blink staf flits elke nou en dan as dit tuimelend deur die lug trek. Potsierlike vet meisietjies op rolskaatse pyl op my kar af om die vensters vir 'n geldjie te was. 'n Swart petroljoggie met 'n witgeverfde narregesig se hande gaan aan die fladder toe hy op my navraag in die rigting van jou straat beduie.

Voor die agterdeur van jou huis lÍ 'n man met tatoeŽermerke op sy arms en bene en timmer aan die karkas van 'n ou kar. Jou maer brak (ek onthou sy naam is Obelix) hardloop met 'n blaffie hek toe. My hart klop in my maag en om moed te skep ry ek nog 'n slag om die blok. Ek gewaar jou in die verte, waar jy met 'n kronkelpaadjie deur die veld stap. Jou oranje hemp blits tussen die hittegolwe wat op die horison speel. Ek roep na jou - jy draai om en waai, en begin in my rigting draf. Toe jy by my kom, sÍ ek selfbewus: "Dis vir jou. Ek wil jou graag weer sien." Jy vat die boksie met al twee hande. Jou oŽ vonkel toe jy die foontjie aanskakel en die skerm met 'n vrolike deuntjie verlig. Ons stap township toe om 'n bier te gaan drink. Die sjebeen is stampvol en ons is die enigste twee wittes in die plek. Mense groet jou asof jy 'n beroemde sokkerster is. Jy noem die ou mans wat met jou 'n geselsie aanknoop, "Uncle" en deel aan almal sigarette uit. Ek glimlag by myself toe jou muntstuk in die jukebox afklingel en my gunstelingliedjie begin speel.

Please call me. Dis vyfuur in die oggend toe die biep-biep van 'n boodskap my wakker maak en ek is dadelik spyt dat ek nie my telefoon die vorige aand afgeskakel het nie. Ek skakel die nommer op die skerm en jy antwoord na die tweede lui. Die stasie. Ek staan op, trek aan en sukkel nog half deur die slaap by die trappe af. Die koerantopskrifte vertel van 'n woedende kliŽnt wat 'n sak vol giftige slange onder die personeel van 'n bank losgelaat het. Ek stop naby die stasie en jy kom in die straat afgehardloop. Jy het 'n verband om jou linkerarm en 'n snywond oor jou wang. Jou asem ruik na gom. Op pad huis toe soebat jy my om in Hillbrow te stop om "iets te kan kry om te rook".

NŠ 'n ruk se slaap spring jy kaalgat uit die bed en hardloop kombuis toe om iets te drink vir jou babelas. Vuil klere en klam handdoeke lÍ die kamervloer vol. Ons begin lui-lui aantrek om jou huis toe te vat. "Jy het nie miskien vir my 'n paar ou skoene nie?" Daar is 'n groot vraagteken op jou gesig. Ek soek in my klerekas en sit twee pare skoene op die vloer voor jou neer. Ek glimlag ironies toe jy die paar kies wat 'n boyfriend jare gelede vir my gekoop het. Jy poseer voor die spieŽl, spuit van my eau de cologne aan en gryp my kar se sleutels met 'n windgat glimlag uit my hand.

Dis jou 21ste verjaarsdag. Jou ma het gebel om te hoor of ek weet waar jy is. 'n Paar dae later bel jy my van die taxihalte af en vra of ek jou kan kom haal. Later sit ons langs mekaar op my bed en jy skeur die geskenkpapier van jou nuwe skateboard af.

"So, hoe was jou verjaarsdag?" vra ek.

"Dit was 'n moerse jol. Ek is na my regte pa toe en hy het ons in 'n hotel ingeboek en vir ons elkeen 'n hoertjie vir die aand gekry."

"En, was dit nice?"

"Ja, dit was nice. Die girltjie is mooi. Haar naam is Kim en sy het 'n lyf wat skrik vir niks. Ek dink ek het 'n crush op haar."

"Het jy dan nie gesÍ jou pa sit in Sun City nie?" wonder ek hardop.

Jy grawe in jou sakke en bring 'n dun glasbuisie te voorskyn. Ek sien die koors in jou oŽ. Jy haal 'n klein, amperwit klontjie uit 'n tinfoeliekoevertjie en steek dit aan die brand oor 'n stukkie metaalgaas wat jy voor by die buisie indruk. Jy hou die vlam oor die klontjie en suig versigtig aan die ander kant. Dan steek jy die buisie in my mond en beduie vir my om 'n diep teug te vat. Ek stik effens aan die poeierige rook. My mond gaan dood. Die high is vinnig en intens en ek voel 'n rukkie lank gedisoriŽnteerd. Ons besluit om te gaan dans. Twee van jou vriende sit in 'n hoek en giggel en brand gate in mekaar se klere met gloeiende sigaretstompies. Jy lag en flirt met die donker meisie wat oorkant jou sit. Ons dans 'n slag of wat, maar ek is moeg en wil huis toe gaan. Jy wil nie saamkom nie en ek loop nukkerig by die Club uit.

Die volgende oggend staan jy beteuterd voor my deur. "MŰre, 'skuus om so vroeg te pla. Ek het net my verjaarsdagpersent kom haal." Jou een oog is swart en dik geswel. "'n Ou toppie het my honderd en vyftig rand aangebied en ek het gedink - what the fuck? Die sekuriteitswag het ons in die toilet betrap en my met die vuiste bygedam en uitgesmyt. Ek wens ek het eerder saam met jou huis toe gekom." Ek maak vir jou iets om te eet en gee vir jou 'n paar rand vir 'n taxi huis toe. Ek staan op my balkon en kyk hoe jy op jou skateboard spring en spoed optel straat af. Agter op jou T-hemp staan Porn Addict bokant 'n stokmannetjie wat sit en "wank".

Ek sien jou 'n lang ruk nie. Oor die nuus hoor ek van 'n boer in die Bosveld wat 'n ongehoorsame plaaswerker vir sy wit leeus gevoer het. Kinders iewers in 'n township speel sokker met die kop van 'n onthoofde. Brenda Fassie sterf. Ek begin 'n nuwe werk en slaap te min. Een aand gaan soek ek na jou in die strate van die stad. Jy staan op die sypaadjie voor die Nest Inn met iemand en gesels. Jy kom sit met 'n groen sak op jou skoot langs my en leun jou kop op my skouer. Jou vriend klim agter in. By die woonstel sien ek hoe jou hande bewe toe ons die inhoud van die sak in die yskas pak. "Kos wat my oom gegee het om huis toe te vat," verduidelik jy. Ons sit en luister musiek en rook die een sigaret na die ander. Jy pluk-pluk aan jou hare en probeer die naaldmerke in die waai van jou arm wegsteek. Jy word naar en gaan hurk by die toilet. Ek loop badkamer toe om vir ons 'n bad in te tap en sit op die rand en staar na die water wat skuim. Iemand sit die ligte af en ons klim saam-saam in die warm water.

Drie maande later bel jou ma om geld te leen vir jou begrafnis. Ons staan om die graf en huil toe die eerste graaf vol grond die plankkis tref. Op pad huis toe stop ek by die kliniek. NŠ 'n rukkie se wag roep die ontvangsdame met 'n lÍer onder haar arm my naam. Die dokter verduidelik die prosedure en skuif 'n dokument na my toe om te onderteken. Dan gaan lÍ ek op die harde bedjie met my skoene op die plastiekoortreksel sodat ek nie die laken vuil smeer nie. Die band om my arm trek styf. Ek pomp aan die klein rubberballetjie totdat my are bult. Die naald glip byna pynloos onder my vel in. Die flessie is gou-gou vol en die dokter doop 'n bolletjie wol in 'n ontsmettingsmiddel en druk dit teen my vel toe sy die naald uittrek.

"Vier en twintig uur," sÍ sy toe ek vra wanneer ek sal weet.


LitNet: 28 April 2005

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie verhaal. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.