GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Al dansend in die donker

Jurg Slabbert

Dis my af dag vandag. Ek behoort op te staan, maar ek wil nie die warmte van my duvet vir die wintergreep wat buite vir my lÍ en wag verruil nie - maar ek moet. My oŽ staar powwerig terug vir my in die badkamerspieŽl. Dis vandag of nooit nie en ek weet dit goed. Daar's darem nog ses ure voordat ek daar moet wees, eintlik sewe, maar ek sal vroeŽr gaan om seker te maak ek kry plek. Net twintig op 'n slag kry 'n beurt.

Die stort spoeg stikkend 'n paar druppels op my lyf. Die koue water sny lang hale oor my vel en ek kry hoendervleis. Die warm water is al klaar opgebruik deur die ander flatmates. Niemand is hier nie. Net ek. En my koppie koffie en toast met aarbeikonfyt. Dis al immers twaalfuur en almal sit by die werk. Die vuil skottelgoed lÍ die wasbak vol en weerkaats die flou sonlig wat deur die venster val. Nog so drie ure van glorieryke son wat oorbly. Drie, dink ek. 'n Drie-enige god. 'n Driepunt-draai. 'n Drie wat eintlik vyf punte tel. Maar ek kan nie onthou wanneer laas ek rugby gekyk het nie.

Lucifer dans vanaand saam met die engele, dink Gert terwyl hy tussen die natgeswete lywe beweeg. Dis Saterdagaand in Heaven - die oudste gay club in Londen. Of dis wat hy vertel is so 'n maand gelede toe hy in 'n donker hoek van die klub deur 'n Kanadees afgesuig is. Gert weet nie eintlik wat hy diť tyd van die nag daar soek nie. Hy't dan juis vroeg by 'n partytjie geloop om flat toe te gaan, want hy was skynbaar moeg. Blameer dit op insomnia, kom die antwoord uit die blou. Geldig, want dis al amper twee-uur in die oggend. Ook nie regtig nie, maar wat maak dit eintlik saak? Dis Londen - niemand ken hom nie. Die derde Red Stripe gaan lÍ met al die partytjie se wyn vlak in sy maag. Die musiek pols wild deur sy are; die ligte flikker op en af teen die dak en sleur die clubbers mee na hul eie feŽverhaal. Helfte van die lot is in elk geval klaar gepil, reken Gert. Hoe fokken fraai.

Ek stap sommer in stad toe vandag. Soho se koers in. Ek's nie lus om die byna £5-dagpas vir die tube te koop nie, sal dit eerder op 'n koppie koffie in Starbucks spandeer of iets. En die stap sal my goed doen.

Hyde Park lÍ kaal onder my voete in die grou Desemberlug. Ek stap alleen oor die paadjies, maar oral om my is mense besig. Regs is 'n paar laerskoolseuns besig om mekaar moer toe te duik in die modder. Lekker hardebaard-rugby op twaalf. Links stap 'n ou vrou met 'n donker bril en 'n perm wat Patricia Lewis se flashpoints mak laat lyk - sy en haar spierwit poedel met die modderpote. Ek slaan my jas se kraag op om my nek; my stoppelbaard loer langs die kante uit; my hande diep in my sakke. Ek wonder met hoeveel ouens ek al seks gehad het. En tel 'n blowjob as seks, of is dit soos in full-on penetrasieseks wat ek moet tel? 'n Mal drawwer blaas wasem verby my met oŽ wat jou al vanaf tien kilometer uittrek.

Skuins oorkant snuif iemand iets. Hy ruk sy kop agteroor en gooi sy hande in die reŽnbooglug en gee homself oor aan die ketamien wat hy pas gesnuif het. Hy maak oogkontak met Gert en diť antwoord terug met 'n glimlag. Die man beur deur die massa ouens en kom nader, bied Gert 'n bietjie aan en sÍ: "You look very tired, mate. I might have something that would lift you up a little. Wanna have some of this, eh?"

"What is it?" vra Gert skepties, alhoewel hy goed weet wat dit is. Om die onskuldige outjie te speel het hom al telkemale in 'n man se bed laat beland.

"Ketamin - it'll take you to another level. Live a little!" skree die man bo die musiek en hou 'n neonrooi plastiekbuisie met 'n bietjie wit poeier daarin uit na hom toe. "It's called a bullet - just use it like you would nasal spray." Die man se gesig drup van die sweet en sy tande blink helder in die fluorescent lig wat elke nou en dan die klub in blou dompel.

Gert gehoorsaam en snuif, een in elke gat asof dit 'n voorskrif van die apteker was. Sy oŽ traan effe, maar hy sluk die bitter smaak af.

"That's a good boy," sÍ die man. "By the way, you're fucking handsome, mate."

Gert glimlag skaapagtig en streel saggies oor die ou se bolyf met sy hand.

Oxford Street is besig. Almal moet nou net koop vir Krismis. Materialiste se sewende hemel. Myne ook. Ek drentel tussen Calvin Klein en Hugo Boss deur in die oorversierde Selfridges, 'n kontras met die koue daarbuite. Die nuutste serp wat jy net eenvoudig teen £30 moet koop hang op 'n rak vir jou en wag. En indien jy dit wel sou koop, sal jy binne 'n oogwink net soos die model hier in die winkel lyk. Stoppelbaard, windverwaaide gejelde hare, die glanstydskrifgluur, asook die perfekte vel ingesluit. Ek lag vir my eie sinisme en beweeg stadig aan. Die model, net soos die kassier wat my aanstaar met sy snobistiese lyf, is seker gay. Shame, hy ken ook seker niks anders as labels en famous mense nie. 'n Slagoffer van sy eie onkunde. Ek stap verder saam met "Jingle Bells" en "Rudolph" deur die geldfabriek en wonder hoe dit met ons ou huishulp in haar township in Motherwell gaan. Ek kyk op my horlosie en sien dis al vieruur. Nog twee ure oor.

Die man stel hom voor as John en dans dan verder. Bruin oŽ en hare, bietjie langer as Gert, goed gebou en beslis jags, want hy vryf teen Gert se been met sy bultende broek. 'n Minuut of wat later oorspoel die high Gert. Hy's hipersensitief en alles doof uit. Dit voel vir hom sy voete lig van die dansvloer op en hy beweeg in slow motion heen en weer saam met die musiek. Dit voel asof hy 'n kleur is op 'n verwer se palet, asof hy enige oomblik gaan saamsmelt met nog 'n helder kleur.

Gert reageer op John se moves en die twee haak af. Gert se hande gly oor John se gladde lyf - haarloos, gespierd en so sag soos sy. John steek sy hand agter by Gert se jeans in en voel sy boude wat polsend beweeg. Gert se kop draai teen 200 kilometer per uur en die ligte is 'n waas toe hy sy oŽ oopmaak. Hy trek sy kop terug en kyk John in die oŽ.

Die glasmure in Starbucks wasem nie toe nie. Seker die een of ander verhittingsmeganisme wat als so droog en ongewasem los. So skoon. My lyf verwelkom die hitte van die mocha. Sheryl Crow teem oor die luidsprekers of jy "Strong Enough" is om haar man te wees. Ek glimlag onderlangs en dink hoe ek al 'n paar keer so fucked was dat ek skaars kan onthou. Maar ek sal nou-nou weet wat aangaan. Oor so drie ure. Dis nou vyfuur. Die NHS-kliniek is net om die draai. Die toetse is om sewe-uur en jy weet binne sestig minute hoe jy nou deur die plaag van ons tyd geaffekteer is.

"Come with me," sÍ John en lei Gert van die dansvloer af. Hy volg gewillig, verby die drag queen met die pienk mini en visnetkouse, verby die oulike barman wat hom vroeŽr vanaand bedien het, verby 'n paartjie wat kaalbolyf in geskeurde jeans wild in die hoek staan en vry. John maak die toiletdeur toe en laat sak sy broek.

"Suck on this while I cut some candy, a'ight?"

Sy voŽl is halfstyf van die opgewondenheid en Gert suig leepoog aan die stuk vleis. Intussen sny John twee lyne coke op die vuilbruin toiletdeksel en kreun so nou en dan. Gert sluk swaar aan die groot voŽl, sy een hand teen die toiletmuur en die ander wat op 'n stuk nat toiletpapier op die vloer druk. Die plek ruik na ou pis, dink Gert terwyl hy sy asemhaling deur sy neus beheer, maar dit pla hom min.

John lig Gert op en gee hom 'n opgerolde £10-noot. Graffiti begroet Gert in die gesig voordat hy oorbuk en snuif: Life is fucked without your fix.

John se hand is voor in Gert se broek en wil begin speel toe daar 'n gehamer aan die deur is.

"This is security. We know what you're doing in there. Open this door now!"

"Kak," sÍ Gert en voel 'n yskoue wurggreep oor sy lyf.

"Don't worry, just come with me Ö" John trek sy broek op en maak die deur oop, Gert aan die hand. Die deur swaai oop en die wind blaas die laaste bietjies wit poeier sodat dit nou grond toe dryf. Die wagte ruk hulle albei hardhandig by die hokkie uit tot tussen die mense wat saamdrom om die toilette om te sien waaroor al die bohaai is, en sleep hulle voordeur toe. Die wagte smyt hulle uit en sÍ dat hulle die jasse sal kry.

Buite is dit koud en die naglug slaan Gert se asem weg. Die skielike temperatuurverandering brand sy longe. Dit het opgehou met reŽn en hy kan die maan sien uitsteek agter die swart wolke wat verby sweef. Die wagte kom aan met hulle jasse en sÍ hulle moet loop.

Die coke skop in. Gert vergeet wat pas gebeur het - dit was in elk geval alles so vinnig. Hy voel hoe die lus opswel in sy broek en hoe John se koue hand dit vasvat.

My hande is sopnat gesweet. Dis al donker, maar ek ken my pad in Soho. Die kliniek is op die hoek van Frith Street en Soho Square. Daar's reeds so ses ouens wat op die bruin leerstoele in die klinies wit vertrek sit toe ek instap. Die toonbank is links voor soos jy inkom en die meisie agter die toonbank groet my in haar cockney-aksent.

"Hiya. How can I help?"

"Hey Ö um Ö" Ek stamel effe. "Yeah Ö um Ö I'm here for the Aids test. The one hour Aids test?"

Fokkit. Dit klink asof ek by 'n fotowinkel ingestap het. Gee jou bloed en dan binne 'n uur ontwikkel ons dit vir jou! Vinnig-vinnig. Soos daai quickies in die klub of in 'n flat of selfs langs die Londense lewensaar Ö die Teems.

"What's your name, love?"

"Oh, I'm Gert. Gert du Plessis. That's G - E - R - T." Die Engelse kan mos nie 'n harde "g" uitspreek nie.

"I want you to fuck me," fluister John in sy oor en pluk ritmies aan Gert se voŽl. Die gedagte maak hom hard, maar Gert kan hom nie flat toe vat nie.

"I share a room. I can't take you home, mate."

"That's a shame Ö cause I can't either. My boyfriend is at home."

"Your boyfriend?"

"Yeah, but don't worry. We have an agreement. We can play around. And right now I'm so horny for you. I want to feel you inside me Ö c'mon."

John druk sy tong in Gert se warm mond en brei sy voŽl tot dit hard word en sleep hom daaraan oor die doodstil pad.

Oor vier ure is dieselfde pad 'n kakofonie van poegies, busse, karre en black cabs. Die bome is kaalgestroop en gooi lang skaduwees soos die wind daardeur waai. Hy beduie vir Gert om oor die betonmuurtjie te klim. Gert gehoorsaam. Hy bevind homself teen Cleopatra's Needle langs die Teemsrivier. 'n Fallus van die nag, dink hy, maar vergeet gou die skynbare oomblik van wysheid. John druk hom terug teen die naald wat soos 'n baken langs die alwetende Teems uittroon. Hy's so vol drugs dat hy dalk iets ongeloofliks kan dink, maar net so vinnig vergeet hy dit. John se mond is die enigste hitte wat hy op die oomblik kan voel. Die wolke dans wilder saam met die maan in die wind en 'n seemeeu verduister dit 'n breuk van 'n sekonde lank. Alles is tien keer gevoeliger as gewoonlik vir Gert en hy voel hoe John se tong hom hard hou.

Dis regtig koud, maar die mengsel van angs dat hulle enige oomblik gevang kan word en die erotiek daaraan laat Gert aanhou. En hy wil nie ophou nie, want dit voel so goed. John staan regop en draai sy rug op Gert. Hy buk vooroor en met een vinnige beweging is Gert binne hom. John snak na sy asem en Gert gooi sy kop agteroor, kreun oopmond.

Maar Gert se bene gee in en hy val plat op die grond, half pap van die dwelms en die alkohol, maar sy voŽl is nog styf. Hy giggel terwyl hy op sy sy lÍ, John hande-viervoet aan die lag. Hy staan op en maak Gert op sy rug lÍ.

"Jissis, it's cold," wil Gert nog protesteer en John wegstoot. Maar hy protesteer nie te veel nie. Hy wil die warmte van John se hol hÍ.

Die spierwit gang ruik na ammoniak. Ons sit en wag in 'n ry. "Death row," sou mens seker kon sÍ.

'n Skietpyn ruk deur my lyf. Dis toe dat ek hom sien. Of eerder herken. Dis sy natgeswete lyf wat die ketamien seker so twee maande gelede gretig vir my aangebied het. Sy mond wat so graag tussen my bene gekou het. Dis John. 'n Sakemanspak sonder 'n das, met 'n man (seker sy ou waarvan hy gepraat het) se hand in sy palm. Die palms wat plat op my bors druk terwyl hy gretig op en af op my voŽl ry. Sy kop agteroor en wasem wat uitblaas uit sy mond.

My vinger pyn skielik en ek besef ek's al in die kamer en die verpleŽr is besig om bloed te trek. Dit klop saggies uit my wysvinger in 'n klein glasbuisie in. My bloed.

"That's enough. It's all I need," sÍ hy. Die kamer is groot, seker so tien by sewe meter. Ook klinies wit soos die res van die gebou en niks meubels behalwe die tafel en twee stoele nie. Oorkant my loer 'n straatlig deur die donker nag by die enigste venster in die kamer in. Vyf minute later en alles is verby. Hy sÍ ek moet oor 'n uur terugkom.

Die gedagte om 'n kondoom te gebruik flits deur Gert se kop Ö en hy het een in sy jas se binnesak. Maar dis te veel moeite Ö maar wie's diť man? Met wie't hy al geslaap?

Fok dit, dink Gert en pluk John op hom af. John druk sy hande in Gert se mond, dan plat op sy bors. Gert pomp wild terug Ö dieper en dieper in John en sien hoe hy soos 'n yo-yo op en af hop.

Gert kreun en hulle kom tegelyk Ö onverwags. Sy saad spuit op Gert se bors en van dit ook in sy gesig. John leun terug. Buk vooroor en tongsoen Gert voordat hy opstaan.

"That was awesome, mate. Thanks, I gotta go."

En net so vinnig soos hulle gekom het, verdwyn John. Die wolke het weer voor die maan gaan staan en dis donker. ReŽndruppels begin saggies op Gert se gesig val. Hy steier toe hy sy broek optrek en val om soos 'n marionet sonder toue. Plat op sy sy. Gert sien John - hy klim in 'n swart cab en dit ry weg. Gert se wang is op die nat sypaadjie, sy broek kniehoogte. Hy lÍ nog vyf minute lank so half kaal langs die rivier, terwyl die reŽn 'n poeletjie om sy lyf vorm. What a waste, dink hy.

Dis amper nege-uur. Ek staar al seker veertig minute lank na die swaaie wat om en om en om op Leicester Square draai. Almal wat hier aankom, soek skuilte teen die geraas van kasregisters en oorvol winkels. Oor 'n week is dit Kersfees en jy kan die opgewondenheid voel, veral hier waar ek nou sit. 'n Klompie laatnagse duiwe hop onder my voete rond, op soek na 'n stukkie van die pizza in my hand. Die stampkarre se elektriese kortsluitings raas aan die ander kant van die swaaie en die duiwe fladder verward terug bome toe. 'n Meisie met 'n helder oranje anorak het hulle weggejaag. Ek staan op en betaal die £2-fooi vir die rit. Die swaai is koud, maar word gou warm van my lyf. Dis net drie van ons wat nou gaan ry. Ek en 'n ou en sy meisie. Die geblikte mallemeulemusiek trek soos 'n ou platespeler, maar tel dan tempo op. Die masjien lig op en begin draai. Die wind doof al die geraas uit, die liggies smelt saam en ek maak my oŽ oop.

John kom by die deur uitgestap, die verpleŽr se hand op sy skouer. John kyk na sy boyfriend en met een kyk weet diť - John is positief getoets.

Die verpleŽr het beduie dat ek kan gaan sit. Ek wag alleen in die kamer en dis stil. Ek hoor net die buislig bo my dreun. En die alleen getik van die horlosie teen die muur. Die straatlamp loer steeds deur die venster. Gedagtes maal deur my kop oor die moontlike uitslag van die toets. My been hop ritmies op en af, my hande gevou op die tafel terwyl ek wag.

Die krapgeluid van die deurhandvatsel wat draai laat my hart spring.

Ek maak my oŽ oop. Die wind waai oor my vel waar ek om en om en om draai. Steeds die blikmusiek. Die ou se meisie gil nou van plesier. 'n Kleuremengeling. Dit moet my trane wees wat hulle so laat saamsmelt het, want ek huil al die hele rit lank. En dit het begin reŽn, sonder dat ek dit agtergekom het.

Dis skielik 'n perfekte Kodak Moment in my lewe. Ek en die swaai en my glimlag. En ek wonder wat doen John nou. Sonder sy ou. Diť het kort nŠ John vir hom gesÍ het, padgegee uit die kliniek, net voordat ek die kamer in is.



LitNet: 23 Junie 2004

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.