GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Philadelphia

Jo Robinson

"Ssss ... sss ... sss," sis die venters al met 42nd Street langs terwyl hy sy koffer op trolliewiele aansleep na die Greyhound-stasie. Die sisse kom van die "snow" wat bleek hande na hom toe uithou. Die towerpoeier van die tagtigerjare. Oral te koop, maar veral hier naby Times Square, waar die nag se lewe sonder ophou elke mre oorspoel in die dag en teen sononder weer terugvloei in die donker se arms.

Hoppertie-kloppertie ... hoppertie-kloppertie, rammel sy koffer bo-oor die gesis van die poeiersmouse. Bevorderlik vir sy enorme baabs is dit nie en hy verwens sy sinnelose (en vrugtelose) versuiping in J&B saam met die stupiede, opgepompte Pump Boys. Op die verhoog het hulle prettig gaaf gelyk. Net jammer die breinselle het skynbaar saam met die glitter in die kleedkamer se drein afgespoel, brom hy ietwat iesegrimmig vir homself.

Og, wat 'n dag was gister nie. 'n Vroe "Chorus Line" vr middagete saam met Leo in die Oyster Bar op Grand Central. Genade, hoeveel soorte oesters ws daar? Agt, nege-en-twintig, dink hy; hulle het gelukkig by vier opgehou. "Torch Song Trilogy" met Harvey Fierstein die middag; en, n 'n vinnige stort en 'n paar stewige J&B's, "Pump Boys & Dinettes", wat onverdunde en onverkwiklike drek was. Maar, nou ja, die plakkaat was die verloklikheid self. Wt hom besiel het om die klomp saam te nooi na die Prince Street Bar, weet hy nie; net dat dit 'n uiters vervelige aand van suip en "blab blab blab" in temerige Amerikaans was. Dit was die prys wat hy vanoggend moet betaal, nie werd nie.

Teen 50 'n Budweiser was dit seker ook nie so erg nie, en skielik kry hy lag vir die oerou grappie van die meisie wat op bier getrek geraak het en haar maagdelikheid verloor het. Toe iemand eendag weer vir haar bier aanbied, het sy 'n gesiggie getrek en ges: "Oe, nee dankie, bier maak my koekie baie seer." Teen $2,80 'n tot was sy whisky egter 'n ander storie en hy betig hom oor die onsinnig stuitige uitgawe. C'est la vie! En darem ook nie die einde van die wreld nie.

Daar mag net in die agterste twaalf sitplekke op die bus gerook word en hy is dankbaar dat hy betyds een van hulle kry. Die swart man wat langs hom inskuif, is aantreklik en netjies uitgevat, met 'n ligte Aramis-geur wat om hom hang.

"Hi there, mah man. Thank God for the smokin' seats."

Oor en weer groet en welstand meedeel, kulmineer in 'n oomblik waarin hulle tegelyk vir mekaar 'n sigaret aanbied, toevallig albei Camel Lights. Hulle lag en die een neem by die ander. Hy bied sy aansteker aan en Irv Vincent se hand raak vlugtig aan syne. Hy leun terug en laat die rook stadig tussen sy lippe deur borrel.

Die bus is 'n rammelkas wat by wie weet hoeveel haltes tussen hier en Philadelphia stilhou om mense, pos en pakkies op en af te laai. Hoe hy dit gaan hou, weet hy nie. Teen $18 vir die rit moet hy seker nie kla nie.

Irv het intussen ietwat luid met 'n Neger-broer oorkant die paadjie aan die gesels geraak en hy was bly om alleen gelaat te wees. Die nikotien is vanmre bitter en hy druk die sigaret halfpad dood. Al wat gaan help teen die klop in sy kop en die arrigheid in sy maag, weet hy, is 'n snapsie whisky. Hy vroetel in sy skouersak en voel met groot dankbaarheid die 50 ml-botteltjies J&B raak. Hy onttrek twee en bied een vir Irv aan.

"Mah man, mah man! Don' I jus' like an organised man or what!"

Hulle klink botteltjies en lag hartlik. Irv sluk sy whisky summier weg en vee oor sy mond met die rugkant van sy hand, wat 'n glinsterende robynring aan sy trouvinger vertoon.

"So, tell me," en Irv kyk hom met buitengewoon groot belangstelling aan, "you from Philly or what?"

'n Oomblik of wat het hy nie geweet of hy moet antwoord nie. Dit is per slot van rekening 1983. Aan die ander kant, hy ken Amerika nie goed genoeg om 'n plek iewers uit te lieg nie.

"No, South Africa." Al wat hy kan doen, is om hom te staal teen wat volg.

"South Africa?!" Irv rek die woorde in walging uit en draai na sy nuutgevonde swart broer oorkant die paadjie. "Ya hear that? This mutha fucka's from South Africa." Sy veragting ken nie perke nie. "That fuckin' apartheid regime!"

Einde van gemoedelikheid. Einde van enige gesprek. Ses uur lank, melkkan vir melkkan tussen New York en Philadelphia. Ses rammelende, bitter nikotiengevulde ure.

Die Holiday Inn in Markstraat l 'n bietjie ver van die glinster en gloor van hierdie stad van broederliefde. N twee yskoue whiskies langs die lang kroegtoonbank het hy beter begin voel. Wonderlik, di manier van die Yanks om drankglase in yskaste te hou en dan jou glas vol brokkelys te skep en met whisky te vul. Hy het al sy moed bymekaargeskraap en die kroegman gevra waarheen hy vir 'n ... ja, noem dit maar 'n gesellige aand kon gaan. Die krel het grooto gemaak en ges hy roep die chef.

Beau Geste is inderdaad gesellig met sy donker fluweel en diskrete kolligte op ryk skilderye. Hy is blykbaar 'n bietjie vroeg, want daar is heelwat plek by die kroegtoonbank. Gemeenplasige praatjies maak was nog nooit sy fort nie, maar op hierdie vakansie dwing hy homself. Net n onderwerp bly uit: Suid-Afrika. Hy is nie lus vir 'n herhaling van die middag se hoon nie. S liewer hy kom van eilande naby die kus van Afrika en versin 'n hoofstad met roomwit strande waaraan asuurblou branders lek.

Die mense van die Melvilles, sy eilandgroep, is wonderlik en vooruitstrewend en uiters liberaal. O, die plesier wat dit nie is om daar te woon nie. Liefde en genade net waar jy trap. Hy weet hy probeer David, die lenige swartkop-jongeling langs hom bendruk en dik die wonder van die Melvilles al hoe meer aan. En sy beurs is oop vir J&B ($3) en LeRoux-brandewyn ($4). Alles saam is 'n wonderwerk. Vanaand is sy Amerikaanse aand.

David is 'n "interior architect". Nie meisieagtig nie, nee. Nee, o, aarde, hy sal dit nie kan hanteer nie. Nog intelligent ook en blessits mooi. Jy weet, so half tussenin. Nie perfek nie, maar "with a touch of both worlds", dis soos hy van hulle hou.

"Mah man!"

Hy was nie bedag op die skielike aanslag nie. Die klante het intussen aangewas. Die kroegie is stampvol en tussen die klein skare deur beur 'n beeld uit vroer vandag. Die bonkige swart gesig met die bre ry spierwitte tande en die robyn wat aan die trouvinger blits ... is onmiskenbaar ... Irv. So vriendelik as maar kom. Druipend (druppend?) byna. Gejas in nerts. 'n Goue ketting van 24 karaat om die nek en 'n bonkige 18-karater om die (nou ietwat slapperige) pols.

"Mah man," kweel die nerts byna, "so what brings mah South African friend to dear old Beau Geste?"

Nie naastenby so luidrugtig soos vroer die dag nie. Verontskuldigend, sou hy s. So asof die Greyhound-skouspel net vir die skare bedoel was. Wel, 'n skare van een, maar swart, moet jy darem verstaan, 'n broer, 'n medeverdrukte van die koloniale magte wat hulle in Afrika uitgeroei en deur swart gate op droewe eilande uitgevoer het na hierdie vreemde wrelde toe. Ag, fok, hiervoor sien hy nie vanaand kans nie. Die hele ding met David het dan ook nou net mooi op dreef begin kom. Buitendien.

Philip was 'n bietjie ouer as ek, seker so vyftien toe ek nog dertien was. Jis, maar ou Philip was vir jou gebou, hoor! Jong, ek s jou, daai ou se tiete staan sommer so styf en hy maak muise wat jy nie kan glo nie! En die dinges ... sjoe. Ons het lekker geswem in die dam daar op my pa se plaas. Vis gevang ook; dan sit ons sommer so kaalgat op die gras langs die dam. Dit hang sommer so af, myne natuurlik nog baie kleiner as Philip s'n. En die gras kielie jou so lekker en maak jou sommer anders voel. Dan vang Philip 'n baber en ons braai dit. Jis.

En daai dag in die ghwarrie toe Philip se pa daar aangekom het. Jinne.

Sy pa het Philip se pa weggejaag oor die twee skaap wat hulle nie kon kry nie, dink hy. 'n Beteuterde spulletjie op 'n donkiekar, onthou hy: Ou Mike, Ou Martha, Klein Mieta en Philip. Hy het gehuil en was kwaad vir sy pa. Agter die waenhuis het hy staan en kyk hoe hulle die waentjie pak. Toe hulle by hom verby ry, het hy tussen die trane deur geroep: "Koebaai." Philip het nie vir hom gekyk nie.

En hier staan hy dertig jaar later in die Amerikaanse staat van liefde en Irv Vincent kom versteur 'n ekwilibrium wat hy gedink het hy nou al so mooi leer balanseer het op die meniskus van sy loodkristal-whiskyglas.

Die muf herinnering aan ses uur se eensame melkkan-hel skuif oor hom. Wag, wag, wag, die aand is nog jonk, ruk jou reg, berispe hy homself. Hy sluk sy J&B weg, strek hom op, neem David lig aan die arm en tree met al die grasie wat hy bymekaar kan skraap deur toe. Hy kyk om, los David se arm, draai na Irv en s onder 'n donker opgeligte wenkbrou: "You must be mistaken. I'm with David here, from the Melvilles."

Die smalende plooi om sy lippe en die geligte wenkbrou gaan l terwyl hy terugdraai na David.

"OK, Davy, let's go."

Hy kyk vas in vreemde gesigte wat intussen in die ruimte ingespoel het waarin David gestaan het. Hy voel vanoggend se arrigheid kruip terug in sy maag en word 'n surigheid in sy sluk. Toe hy omkyk kroeg toe, sien hy Irv lig sy glas, kantel dit ietwat na hom toe en glimlag vreemd oor die rand.

  • Lees ook Der letzte Zug deur Jo Robinson


    LitNet: 15 Oktober 2004

    NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
    DANIE BOTHA

    boontoe / to the top


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.