GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Ek wonner mos nou net oor ’n paar dingetjies …

Retha

Het ons in hierdie land nie erger dinge om oor te worry as gayhuwelike nie? Ek meen, kyk die geweldsyfers — walglik; die werkloosheidsyfers — om van te huil; en dan wil mense te kere gaan oor gays wat wil trou? Los die arme outjies, laat hulle trou as hulle wil, dit maak in elk geval die howe los om, in plaas van duisende sake van “My maatjie moet op my medies kom”, of “Ek en Liefie wil ’n kindjie aanneem en altwee wil Mammie genoem word”, hulle aandag te vestig op die regte kriminele wat in die tronk gestop moet word!

Nou die anner dingetjies wat my pla is die gruwelike stereotipes wat aan homoseksuele (aaklige woord, ek verkies gay, dit beteken mos “happy”?) toegeskryf word. Ek meen regtig! Waar kom mense (homo en hetero en als tussenin) aan die idee dat gays nie kan glo nie? Ek glo, en dit maak my vry, ook om te wees wie ek is. En juis daarom wil ek trou, enersyds vir die wetlike en regsaspekte daarvan, maar ook, en grotendeels, om dit voor God en die gemeenskap te bely dat ek baie lief is vir die vrou langs my, en dat ek die res van my lewe saam met haar wil leef. En ja, dit het voordele, soos die gemeenskap (al is dat dan nou net my butch- en moffiemaatjies) wat ons help om die verhouding bymekaar te hou, en ook dat dit die stereotipiese toer-en-rumoer van die gay gemeenskap sal stop (wonder net of huwelike dit vir die hetero’s moeiliker maak om te verneuk?).

Maar dan wonder ek ook hoekom gays dan nou iemand sou wou dwing om hulle te trou as dit teen die persoon se gewete inskreeu. Hoekom bly ons foeter in kerke wat sukkel om ons te aanvaar? Los hulle, dan sal hulle ons ook dalk uitlos. Daar is gaykerke, waar jy Liefie se hand kan vashou sonder om skeef (verskoon die pun) aangekyk te word. En wat meer is, daar is die charismate, en die konserwate en al daai — jy kan selfs kies! Net soos dit jou reg is om queen te wees, net so kan die ridders van ons mensdom dan seker ook besluit om nie vreemde dinge deur die hek van hulle kasteeltjies te laat gaan nie. Daar is genoeg son vir ons almal; ons hoef nie almal op dieselfde plek te tan nie!

Ons kan ure, dae en maande stry oor geloofskwessies en al daai, maar kom ons hou op tyd mors, want elkeen het sy eie antwoord, en jy gaan in elk geval alleen voor die Troon staan na jou laaste asem, nie die geleerdes of die oningeligtes nie! As ek vrede het, bedreig ek joune?

Leef en laat leef! Gaywees is nie aansteeklik nie, en dit is ’n realiteit, en of julle nou daarvan hou of nie, ons raak ook lief, en wil (en kan) ook commit. Soos die Engelse sê: “If not, why not?”

Ek berus.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.