GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Huisdinge

PP Fourie

(vir Saso Stojanovski)

Trein na Amsterdam

Die sielkundige neem 'n skoon vel papier en glimlag versigtig.

"Jy was besig om iets te sÍ van die dag van sy troue. Xander?"

Hy kyk verby haar deur die venster na die straat. Die bedelaar daar onder het 'n oomblik gehuiwer en keer toe die vullisblik om. Die winkeleienaar langsaan gooi sy hande in die lug op en skree iets; mense staan nader.

"Xander?"

"Sorry. 'n Agtergeblewene hier buite is besig om sy deel te doen om te recycle." Hy giggel sameswerend.

Sy glimlag weer. "Die troue."

Xander sak op die stoel neer en sug. "Die troue. Ja." 'n Oomblik lank masseer hy die kante van sy kop, frons dan.

"Dit was so twee maande gelede. Een van my pels - Erik - hy můťs trou." Hy steek vas, raak weer aan sy kop, en kyk af. "Hy en Lana můťs trou en ek was sy strooijonker. Ons ken mekaar al nege jaar. Het saam gespeel en altyd gestoei toe ons klein was."

Hy draai apologeties weg en kyk weer by die venster uit.

"Dit was toe dat ek al geweet het dat ek meer van hom hou as wat aanvaarbaar was. Aanvaarbaar is." Xander draai sy palms na bo en kyk geÔnteresseerd na die lyne. "Ek was net elf jaar oud, maar 'n mens kan dan al weet. Of hoe?"

Die sielkundige knik en kyk gerusstellend op.

"Elk geval, ek het toe al geweet. Die stoei was lekker op 'n manier wat ek nie aan Erik kon verduidelik nie. Die aanraking, die wrywing, ek het al baie daaraan teruggedink. Jy weet?"

Sy kyk hom stil aan en wag.

"Anyway, Erik het nooit geweet nie. Dink ek." Hy kug en skuif die lappie op die stoel se leuning reg. Lig dit op en sit dit presies neer waar dit oorspronklik was.

"Die dag van die troue was ek in 'n weird bui. Rusteloos. Die finaliteit van die seremonie was geweldig eg. Drukkend op 'n manier. Jy weet?"

"Ja, ek kan dink." Sy hou die jong man voor haar dop. Onderdruk die impuls om aan hom te raak. "Gaan aan."

Skaam soek hy iets om sy aandag af te trek.

"En toe, Xander?"

"Hy was stunning, daai dag. Hy het actually die das aangehad wat ek hom gegee het. Ek het nog iets gesÍ van 'n strop. Hy het regtig stunning gelyk, daai dag."

Sy blaai om en knik weer.

"Ek het vir hom gesÍ dat ek hom iets simpels moet vertel. Hy was eers bekommerd oor die troue, maar ek het hom verseker dat alles fine was, en sou wees. Dis toe dat ek hom gesÍ het dat ek verlief was op hom, en dat die troue vir my verskriklik was en dat hy my seker nou sou haat en ... en dat ..." Hy sluk en kyk nou stip by die venster uit.

Sy sien hoe sy oŽ die sonlig ligblou weerkaats terwyl hy die hare van sy voorkop vee op 'n manier wat sy amper-adolessente status wil-wil verklap.

Sy wil haar hand op syne sit toe hy skielik terugkyk na haar.

"Nee, dis cool." Hy glimlag oormatig en gaan voort.

"Hy het na my gekyk en ek kon sien hy wou 'n grap daarvan maak. Maar Erik is te slim daarvoor. Erik is 'n baie slim ou." Hy raak hartseer. "Toe het hy my 'n hou op die skouer gegee en gesÍ: 'Hei, Xand, man, kom ons stoei 'n laaste keer.'" Hy kyk weer na sy hande. "Dit was al."

Sy maak 'n nota. Hy glimlag nie meer nie.

"Dit was die dag wat ek besluit het om weg te gaan."

* * *

Hy is haastig.

Hy wikkel sy baadjie stywer om sy lyf en kyk weer op sy horlosie. Dertien minute oor agt. Die trein gaan oor presies twaalf minute vertrek, en terwyl hy deur die ingang na die Gare de Nord stap, weet hy dat hy tog betyds sal wees. Hy probeer om die gevoel van haas af te skud. Nou is dit onnodig. Hy glimlag by die gedagte dat 'n geÔrriteerde gesig in elk geval 'n plus is in Parys - ook laat in die Paryse herfs. Veral laat in die Paryse herfs. Net nog 'n bot gesig in die baaierd van uiterlike krisis. Die winter lÍ noodwendig voor. Noodwendig koud, noodwendig eerlik.

"Votre billet s'il vous plaÓt." Die kondukteur knip die kaartjie en Xander skuif verby 'n groepie jong mans en gaan langs die venster sit. Hulle dra denims en ligte drafskoene. Kameras byderhand. Let's go Europe. Pette skeefgetrek op koppe. Een of twee barette. 'n Tikkie oordoen. Amerikaners.

Hy haal die brief uit sy rugsak en kyk weer op sy horlosie; oor vier ure sal hy uit die Centraalstasie in Amsterdam stap. Vier ure. Uiteindelik. So naby. Te naby.

Vir die soveelste keer vou hy die brief oop, sit dit versigtig voor hom neer, sug, begin lees. Sy halfbroer, Pieter, se feitlik onleesbare handskrif konfronteer hom weer eens.

Kaapstad, 23 Augustus

Liewe Xand -

Pa is gister begrawe. Jy het niks gemis nie. Behalwe dat ons almal half komies daar was. Ons ma's het mekaar actually gestaan en troos. Asof 'n selfmoord die aard van alles anders maak. Ek wou kots.

As drie jaar jou senior wil ek jou net vinnig waarsku oor een feit in die lewe wat onwrikbaar waar bly: dit word nie beter nie. Maar ek dink jy weet dit reeds, so laat ek nou nie patronising raak nie. Ek dink nie dis gepas in hierdie omstandighede nie. Ha ha.

Dis vreemd, maar ek was nog nie hartseer nie. Ek voel half skuldig daaroor. Dit kom seker nog. Ek wens ons het 'n suster gehad wat ontroosbaar kon snik oor al die kon-gewees'e. Die hele ding was pretensieus ondramaties.

Ek en my ma - as First Mistress and Wife was dit haar (en my) twyfelagtige voorreg - het deur sy goed gegaan. Ons het 'n klomp briewe gekry. Op 'n paar classic stukkies afgekom. Veral die liefdesbriewe aan jou ma terwyl hy nog met myne getroud was, was treffers. My ma was weer sad, natuurlik (die is-actuallys is erger as die kon-gewees'e). Jou ma is so stil soos 'n landmyn. Ouma is worried.

Anyway, as Oudste voel ek dit tog my plig om vir jou - selfopgelegde banneling - die inhoud van een spesifieke brief weer te gee. Tussen my ma en jou ma het Thomas (ek kan nie meer vir hom "Pa" sÍ nie, Xand) 'n vriendskap gehad met ene Paul Lodeizen. 'n Nederlander. Hulle was saam studente. Uit die brief is dit duidelik dat hulle meer as net vriende was, Xander. Ek het gedink jy moet weet. Ek het gedink dat jy dit op 'n manier sou waardeer, Xand.

Natuurlik praat niemand oor jou rede om te vertrek nie. Nee, nee, te sensitief, jy weet. Ha ha. Ons praat nie, dink nie, voel nie. "Huisdinge", soos Thomas dit altyd genoem het.

Ek sal nooit die dag vergeet toe ons nog in die laerskool was en ek vir julle kom kuier het daai een vakansie nie. Jy was seker so sewe en jy het my stil in Pa se kamer ingevat - hy was weer 'n bietjie oes na the night before, jy weet. Ons het voor sy bed gaan staan en jy het gesÍ: "Kyk, Pieter, ek het ook 'n pa." My hart wou breek.

Jy het altyd gesoek na die een of ander link met Thomas. Dit was altyd vir my weird, Xand. Jou soeke. Jou quest. Nou lyk dit of jy en Pa op 'n weird manier tog 'n link het. Op 'n manier.

Ons moet almal huil oor die kon-gewees'e, Xand. Gaan soek vir Lodeizen op. En skryf tog. Ek mis jou. En deesdae voel ek soms. En ek praat. En dink. Maar net soms - in onbewaakte oomblikke.

Ons het hom almal doodgemaak, Xand. Soos hy vir ons. Soos Frankensteinse monsters.

Good luck.

Pxx

Die Amerikaners het Amerikaans hard gelag. Xander kyk op. Die Franse platteland swiep impressionisties verby.

Amsterdam is nog drie en 'n half uur weg.

Die dag van die vlieŽr

"'Oh as I was young and easy in the mercy of his means, Time held me green and dying though I sang in my chains like the sea.'"

"Wat?" Pieter praat sag en hou sy kop effens skuins gedraai na Xander langs hom in die motor. Hy het hom 'n halfuur tevore by die lughawe opgelaai. Xander wou - voor hy die familie sien - na die kaai onder Gordonsbaai gaan en asem skep.

Op pad het hulle nie veel gesÍ nie. Xander het oppervlakkig verwys na die tyd in Parys; Pieter het beleefd uitgevra. Hulle was nog ietwat vreemd vir mekaar; die onaangesproke het tussen hulle gehang.

"Dit kom uit Dylan Thomas se 'Fern Hill'. Pa het dit vir my aangehaal en soort van vir my as geskenk gegee toe ons laas hier was, op die jetty. Jis, dit was jare gelede ... So lank gelede." Xander kyk afgetrokke na waar die son net links van Simonstad doer oorkant begin om in die water te verdoof. Die lig is heuning en bloed.

Daarna stap hulle stadig oor die breekwater na die kaai. Die lug is eerder jonger hier as werklik koud; die kaai is verlate en die gety omring hulle. Hulle gaan sit op 'n bankie reg aan die einde.

Pieter wonder nog of hy aan Xand kan raak, toe sy broer se arm onseremonieel om sy nek kom rus. Hulle glimlag nou meer ontspanne vir mekaar en deel dalk vir die eerste maal mekaar se geselskap net onbevange en tydloos.

"Dis vreemd, nŤ? Hoe vry ons nou voel. Nie op 'n slegte manier nie, jy weet? Dis asof daar 'n soort beklemming was wat nou ... weg is. Ek veronderstel dis soort van te verwagte." Xand se stem kom vir Pieter dieper voor, en hy besef dat sy jonger broer vir buitestaanders dalk ouer kan lyk as hyself.

"Wat het gebeur in Amsterdam, Xand?" Hy kyk nie na hom nie - is net vaagweg bewus van die wind en die sout sproei wat versigtig besig is om alles te omring en in te neem. Xander sug ligweg en bly gedraai na die water, asof die IJsselmeer in die suide se waters weerkaats.

"Dis te privaat, Piet." Vinnig maar sonder haas voeg hy by: "Dis nie dat ek dit vir jou wil ontneem of wegsteek of iets nie, maar dis ... dis myne."

"Huisdinge." Dit was 'n stelling meer as 'n vraag. Pieter het dit sag en meer vir homself gesÍ as vir die jong man langs hom.

Xander dink 'n rukkie daaroor na voor hy sÍ: "Nie regtig nie. Nie op daai manier nie. Maar dis myne."

Hulle sit 'n ruk in stilte. Dit begin later koeler raak - 'n laat-lente koel. Hulle skuiwe stywer teen mekaar terwyl die laaste sonlig oker oor die baai val. Xander praat eerste.

"Weet jy, dit was hier in Gordonsbaai waarheen Pa my gebring het toe hy in sy vlieŽrfase was. Jy weet mos dat Pa altyd deur die een of ander fase gegaan het - die fase van die tjellolesse, die fase toe hy 'n byeboer wou wees, die tuinmaakfase ..."

"Ten minste was hy consistent in sy alkoholfase. 'n Bittereinder." Pieter kyk gemaak-morbied na sy broer en hulle begin gelyk lag. Die gegiggel groei en ontwikkel tot 'n diep maaglag. Toe dit weer stil is, lig die jonger broer sy kop op na die swartblou hemel waar die eerste sterre net-net sigbaar is.

"Dit was 'n blou en rooi vlieŽr wat Pa self gemaak het - ek was maar sewe en ek kon sien dat die lym dit nie sou hou nie. Maar Pa was so keen. Jy weet hoe hy was ..." Pieter is verbaas toe hy nostalgies glimlag oor sy broer se woorde. Xander praat verder. "Watse wyn was dit nou weer? Jy weet, daai groen bottels wyn? Culemborg, dink ek." Pieter knik eers afgetrokke, maar draai dan meer betrokke na Xander.

"Anyway, daar was baie daarvan daai dag, maar ek was meer geÔnteresseerd in die vlieŽr. Ons het op die strand geloop en Pa het hard gekonsentreer op die voorwerp voor hom in die lug - toe die ding eers gevlieg het ... Ek dink hy het dit meer vir homself laat vlieg as vir enigiemand anders. Die mense rondom ons was half geÔrriteerd oor die vreemde man en seuntjie wat heen en weer en al sandskoppende tussen die sonbaaiers rondgeslinger het met die mank vlieŽr. Ek dink ons het nog vir Skollie gehad - onthou jy daai basterbrak, Piet ...?" Pieter knik weer en onthou die hond wat hy altyd moes terugneem huis toe van die skool af. Hy was altyd bang vir wat hy sou vind by die huis.

"Ja, ons het nog vir Skollie ook by ons gehad en die geblaf het my mal gemaak. Maar ek veronderstel ons was almal opgewonde en bly oor die vreemde buitemuurse aktiwiteit. Dit was baie ongewoon, jy weet.

"Pa het elke nou en dan gesluk aan die Culemborg en sy geveg met die vlieŽr voortgesit. Totdat die ding in die water beland het, en niemand ons wou help om dit uit te haal nie. Ons het toe maar huis toe gegaan. Hy was nou al deeglik geswael en ek was werklik bang in die kar op pad terug Kaap toe. Here, ons het seker almal beskermengele gehad, Piet ...

"My ma was by die huis en ek het oor die gras na haar toe gehardloop - ek dink met 'n kombinasie van opgewondenheid oor die vreemdheid van die hele vlieŽr-ding ... en seker verligting om by die huis te kom nŠ die rit met die kar."

Dit is nou feitlik heeltemal donker en aan hulle regterkant skitter die Strand se ligte onsensitief. Maar hulle sien dit nie.

"Sy het hom een kyk gegee en die motorsleutels by hom gevat. Hy het ..." Hy draai hom vinnig na Pieter. "Dis vreemd hoe hy altyd getref het waar hy wou, nŤ?"

Pieter sÍ niks nie.

"Anyway, hy het vinnig na haar toe gedraai en haar deur die gesig geklap. Ek weet nie hoe en waar nie, maar haar handsak se strap het in die proses gebreek - ek het die swaai daarvan die hele tyd dopgehou ... heen en weer, heen en weer."

Hy dirigeer met sy hand deur die lug. Hulle kry nie meer koud nie. Die jonger broer sÍ die woorde sag en bevryd: "Tot my eie verbasing het ek voor haar gaan staan. Ek ... ek het gesÍ: 'Nee, Pappa', en hy het 'n oomblik onbedaard, onbeheers stil geword.

"'Nee, Pappa! Nee, Pappa!' - Pa het my gekoggel en ... ek dink hy het my harder gestamp as wat hy wou ... ek het onder die koffietafel beland en stil bly lÍ. Die hond het my gesig kom lek.

"Ek het onder die tafel ingekruip en ... dis toe dat hy sy broek afgetrek het. Shakespeare het gesÍ dat drank die wil wegvat, Piet, maar dis nie waar nie.

"Pa het ... haar omgedraai en haar rok weggeruk."

Die woorde kom nou stadiger en dringender.

"Hy het dit in haar gat gedoen, Piet."

Hulle durf nie na mekaar kyk nie. Xander kug en trek sy longe vol.

"NŠ die tyd het hy opgestaan en my ... oor my kop kom streel en gesÍ dat ... gesÍ dat ... toemaar, ons sal weer 'n vlieŽr maak.

"Ma het gaan stort." Xander verskuif sy bene. "Die res van die aand is 'n bietjie van 'n blur."

Hy frons.

Die koue was nou terug.

"Dis toe dat ek geweet het dat ek dit ... dat ek nooit op 'n ... normale manier kon seks hÍ nie, Piet. Mens kan dan al weet, jy weet." Hy kyk hulpeloos na sy broer, en weet dat hy 'n rukkie lank niks meer sal sÍ nie.

Sy halfbroer vul die stilte.

"Die volgende dag het ek vir julle kom kuier, en ... dis toe dat jy my na sy kamer toe gevat het, nŤ? Toe dat jy gesÍ het dat jy ook 'n pa het?"

Xander knik.

Pieter steek 'n gemeenskaplike sigaret aan en 'n ruk lank sit hulle net. Die maan het intussen agter hulle opgekom.

"Here, Xand. Hoe het jy ... hoe het ons Ö dit oorleef?"

Pieter skiet die stompie na die water. Die kooltjie se dood is onhoorbaar in die verte.

Xander kyk na hom.

"Ons het nie, Piet."

* * *

In die motor gesels hulle oor die skoonheid van die Franse platteland, oor hoe plat Nederland is, oor hul ma's.

Toe hulle by die erf indraai, sÍ Xander sag en dalk hartseer: "Ons moet 'n vlieŽr maak, Piet. Ons moet hom neem en hom laat vlieg."


PP FOURIE doseer Internasionale Politiek aan die Randse Afrikaanse Universiteit.

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.