GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Klik hier en wen!
Klik hier en wen 12 maande af op jou huislening!

Perspektief

Jean van Wyk

Jy is sekerlik die mooiste man wat ek nog ooit gesien het. Dis jammer jy is so wasbleek en dat daar 'n bloedstreep oor jou linkerwang is. Jou lippe is nog steeds vol en uitlokkend - gereed om gesoen te word - al is daar 'n bietjie kots aan jou mondhoek.

"Staan terug, my fok!" Die woorde ruk my terug na die werklikheid en ek staan haastig weg van die bed af. Ek dink nog daaraan om "jammer" te prewel, maar die dokter is reeds besig om die defibrilleerder se skywe ferm op jou bors vas te druk.

"Suurstof weg. 200! Skok! Skok! 360! Skok!"

Jou lyf ruk in kortstondige spasmas saam soos die elektrisiteit deur jou beur. Hopelik beur dit deur jou hart ook. Hopelik laat dit jou eens sterk hart weer ritmies klop in plaas van die chaotiese sametrekking wat geen bloed na jou brein kry nie. Wat is nou in jou brein? Is daar nog enige iets oor in daardie organiese massa? Is dit al so beskadig deur die tekort aan suurstof dat dit nooit weer enige sinvolle boodskappe na jou lyf sal kan stuur nie? Sal jy ooit weer praat? Liefdeswoorde fluister. Sing. Lag. Huil. Sal jy ooit weer loop? Hardloop. Swem. Rondrol in die gras. Sal jy ooit weer 'n ereksie kry? Liefde maak. Stoot. Kom.

Die dokter begin vinnig weer met die borskas-kompressies wanneer die hartmonitor nog steeds dieselfde chaos wys. Hy lyk half komieklik so natgesweet en rooi in die gesig. Almal hoor hoe een van jou ribbes kraak met die kragtige drukking wat jou borskas moet weerstaan; maar niemand stop nie. Gebreekte ribbes is algemeen as jy iemand se lewe probeer red. En glo my, as jy weer bykom, is 'n seer bors die laaste ding waaroor jy behoort te moan. Met elke kompressie sypel 'n bietjie meer bloed uit die stomp waar jou linkerbeen veronderstel is om te wees. Dis eintlik 'n goeie teken, want dit beteken die dokter het die werk van jou hart oorgeneem en hy pomp nou die bloed vir jou met sy energieke hartmassering. Hopelik is die bloed wat by jou arm invloei uit die plastieksakkie langs die bed genoeg om die verdere bloedverlies uit jou wond teen te staan. Iemand sit uiteindelik 'n toerniket om die stomp bobeen. Dit behoort darem die bloeding te beheer.

Ek kan nie ophou om na jou gesig te staar nie. Die donker blonde hare is klam geplak oor jou voorkop. So 'n hoë, sterk, gladde voorkop. Maar dan, jy is net 23 jaar oud. Nie 'n lyn op jou gesig nie. Dis hoe jy altyd onthou sal word. Jou oë is bruin. Ek kan dit sien omdat hulle oopgesper na die wit dak staar. Die fluoressensieligte moet sekerlik skerp wees as mens so daarin staar. Trane loop teen jou wange af, maar niemand het tyd om dit af te vee nie.

Die narkotiseur sper jou kake oop met 'n krom lem en druk 'n stuk plastiek in jou lugpyp af. Hy luister met sy stetoskoop in een hand na jou borskas terwyl sy ander hand die suurstofsak pomp, pomp.

"André," sê hy vir my, "kom help hier, man. Bag asseblief vir my terwyl ek nog 'n drup opkry." Dit beteken ek kry die belangrike werk om suurstof in jou lyf in te blaas. Een kunsmatige asemteug elke drie sekondes. Al het ek dit al so baie keer gedoen, bewe my hande skielik. Dis mos 'n moerse verantwoordelikheid dié! Sê nou ek fok dit op? Sê nou ek gee te veel of te min asems? Maar dan het ek skielik ander probleme wanneer die kots by jou mond begin uitloop. Ek luister vinnig weer na jou borskas. Die tube het net betyds ingegaan, anders was al daai gemors nou in jou longe. Ek suig vinnig soveel moontlik van die siek op en sien hoe dit roggelend in die vakuumbottel teen die muur plons. Dit ruik suur. Ek wonder wat jy vanaand geëet het. Ek wonder of dit jy of die ander bestuurder was wat vanaand gedrink het.

Ek kyk verby jou (baie goed gevormde, haas ek om by te las) borskas na jou maag. Ek voel hoe ek bloos, maar ek kan nie help dat my oë nog verder afgetrek word nie. 'n Man kyk mos maar wanneer hy die kans kry. En waaragtig, weer eens stel jy nie teleur nie! Daar is nou wel al 'n kateter opgesit tot in jou blaas, maar niemand sal kan stry dat jy sekerlik die rugbymanne in die stort jaloers gemaak het nie! 'n Verruklike voël as ek nou al ooit een gesien het. Ek kyk op na die verpleegster wat die kateter ingesit het en sy knipoog vir my. Ek glimlag verleë. Ou Jeanette. Sy ken my hopeloos te goed. Ons gaan sekerlik oor 'n halfuur buite staan en rook en notas vergelyk oor die mooie man voor ons op die tafel. Ek bly staan by my eerste indruk. Jy is definitief die mooiste man wat ek nog ooit gesien het.

Die dokter verklaar jou dood ná nog so 15 minute se gespartel deur almal in die noodgevalle-afdeling. What a waste. En die volgende een wag al klaar buite op die stretcher. Ek sien baie uit na daai sigaret. En na my Crunchie vir poeding ná middagete!

Jean van Wyk is gebore in 1976 in 'n klein dorpie genaamd Kuruman in die Noord-Kaap. Hy het grootgeword op Vanzylsrus (ja, 'n nog kleiner dorpie in die Kalahari), waar hy leer lees, skryf en praat het. Vandag is hy 'n dokter in Londen, waar hy gereeld LitNet lees en huis toe verlang! Jean het uit die kas geval in sy tweede jaar as mediese student in Bloemfontein en het, genadiglik, al die ondersteuning en liefde van sy familie gekry wat enige iemand voor kan hoop. Hy verwelkom enige kommentaar of kritiek op sy teks.




LitNet: 1 Junie 2005

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie verhaal. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.