GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Pers onthou

Vanessa Ellis

Die blou lug agter die pers jakarandas voor die kantoorvenster trek my asem nog dieper in my siel in. Ek wil ophou kyk, maar ek kan nie. KŠn nie of wil nie? Die reuk van nat bloeisels en koffie trek die pyn in my stywer vas en ek vou die beker toe in my hande, asof ek koud kry ten spyte van die hitte wat vanuit die warm Gautengse teerpad opslaan. Terwyl ek wegdraai van die venster en by my lessenaar gaan sit, wonder ek of Van Gogh terme soos “seerkryblou” of “alleenpers” in sy wroeginge sou verstaan het. ’n Leeftyd terug was die pers van die jakarandas een van die dinge wat my laat uitsien het na Desember, en November se natgereŽnde bloeiseltjies was aanmanings dat Kersfeesdinge om die draai is.

Wat ek wel weet, is dat ek saans by die venster sit en soms onthou hoe jou warm liefdelyf teen my vel gevoel het as jy my die koffie op jou tong laat proe het. En ek wonder of jy nog kla oor die pers blommetjies jou kar toeval, soos die kere toe jy soggens vyfuur huis toe moes ry? Ek wat na sagnat muskus ruik waar jy gevat het, waar jou vingers keer op keer met drif my aan jou vasgesteek het. Ek wat hortend en hygend toegelaat het dat jy my laat du en vorentoe beur, en fluister, skreeu, smeek dat ek jou nodig het — meer wil hÍ. Ek, ek staan met my T-hemp aan, kaalvoete op die balkon. Jy, daar onder, op pad huis toe met jou bloeiselbedrupte kar.

Die beweging van my baas hier voor my tafel ruk my terug tot in die hede en dwing my om my professionele gesiggie op te sit en te glimlag voor my rekenaar. Onthou die katte moet nog eet, al weet ek nie meer wanneer laas ek self lus was vir kos nie.

Dit was ’n Vrydagmiddag toe jy met jou stapels boeke en cd’s op die stoeptrappie vir my sit en wag het. Die paadjie tot by jou was pers gevlek van die jakarandas. Jy het ’n skreeulelike pers blompot gekoop tydens ons eerste inkopieslag saam. Jy het ook allerhande lekkernye in die mandjie gelaai, sommer vir die snoep daarvan. Happies tussenin eet was vir jou baie lekkerder as ’n bord boerekos.

Die yskas bly leeg, want ek koop nie meer vir jou fetakaas en regte rooiworsies nie. Ek sien nie meer kans vir Saterdagoggende se dorp toe gaan nie, want kort-kort sien ek ’n paartjie wat saam kibbel oor die pryse van botter en dit laat my walg en splinter.

Sal jy by Game inloop en die goue Krismisballetjies raaksien en onthou dat ons altyd Kersfees saam beplan het? Onthou jy dat ons elke Oujaarsaand gaan dans het tot ons asems brand en ons mekaar se sjampanje-taai hare later sou afspoel in die stort? En die soene? Onthou jy dat jy ’n stippellyn van my tepel tot by my naeltjie getrek het met jou tong? Dat jy saam met elke slag van die groot kerk se klokke op Oujaarsaand my met ’n soen ’n voorspoedige nuwe jaar toegewens het. Sal jy onthou dat Ö ?

Die foon lui en ek antwoord sonder om van my staarpunt teen die muur weg te kyk.

“Middag, Kotze hier. Mag ek asseblief met Johan Fourie praat?”

“Jammer, meneer Kotze, maar meneer Fourie is vir die Kersvakansie uitstedig.”

“Tot wanneer is hy dan uitstedig?”

Die huiwering in sy stem laat my momenteel my laaste woorde in my kop herhaal. Ek besef dat ek so pas vir ’n baie belangrike en moeilike kliŽnt gesÍ het dat my baas ses weke lank nie op kantoor sal wees nie. “Ek is jammer, meneer, ek bedoel hy is tien dae lank met verlof en tans uitstedig. Kan ek dalk ’n boodskap neem? Hy skakel af en toe om te hoor of daar dringende sake is.”

Ek trek die telefoonboodskapboek nader en skryf met stywe vingers die informasie neer.

“Ja, Meneer, doen dit met graagte, dankie dat u geskakel het.” Ek plaas die gehoorstuk terug op die mikkie en klou weer aan die koffiebeker vas. Sal jy onthou dat ek eenkeer deel was van jou lewe, en dat jou swart oŽ my siel kon inkyk terwyl elke adem uit my gewurg word, fluisterend in die halfskemer?

Ek sukkel om die woorde op die rekenaarskerm voor my te eien. Sinnelose gebrabbel en gejaag na wat?

Die middag sleep voort en ek moet twee keer dokumente soek — verkeerd geliasseer. Ek lag kliphard vir my eie waan. Juffer-Perfek-liasseer sneuwel ook. Vrydagaand se stilte lÍ vir my buite die kantoordeur en wag.

Maandagoggend hou ek die koffiebeker vas en loer bo-oor die rand na die advertensiebiljet:

KonfidensiŽle ondersoeke — egskeidings, verdwynings. Geen saak te groot of klein. Redelike tariewe.

Terwyl ek later die kantoordeur agter my toetrek, wonder ek of ek die here Jung, Einstein en Gates, met al hulle wysheid in pag, sou kon verduidelik hoe die liefde kan sterf. Liefde wat dan so kosbaar en allesoorheersend en bedekkend is, kan mos nie net ophou om te bestaan nie? Ten spyte van jou verduidelikings en “Ek is jammer” en “Ons wou jou nie seermaak nie.” Hoe loop twee mense dan so langs mekaar op verskillende paaie? Vier en ’n half maande lank vleg ek ons laaste gesprekke deur my kop. Jou omdraai en sleutels gryp. Jou laaste blik en kopskuddende “Ek moet hier uit. Jy wil nie na rede luister nie.”

Ek beleef en herleef die godverlate alleenheid van die nagte nadat jy weg is. Torring aan die sweer. Jy’t alles net so gelos. Nie eers teruggekom vir jou tandeborsel nie. Sy het so baie vir jou beteken dat jy selfs jou Terry Pratchett-boeke en cd’s, klere en skoene, selfs jou dokumente, net so laat staan het.

Ja, ek het geweet jy sou gaan. My tranerige beskuldigings en aanhoudende vra en teem oor die redes vir jou ontrouheid was te veel, te onvergewend. Jou probeer om aan te gaan, en weer op te bou, het op dowe ore geval. En die halfgewaste verskonings by jou werk — “Ons het geen idee waar sy is nie. Ons het haar familie in die hande gekry, maar hulle weet ook niks nie Ö” — het my nie gebluf nie.

My skoene gly op die vrotnat, pers mat van jakarandabloeisels wat die teerpad toelÍ terwyl ek huis toe stap. Die bol papier geklem in my vuis.

Die grillerige diklyfmannetjie met sy asem wat na sigarette ruik, het vanoggend die lÍer voor my op die tafel kom smyt. “Ek’t haar gekry. Sy (hy maak aanhalingstekens met sy dik, nikotiengevlekte vingers) ‘bly’ al meer as vier maande daar.” Sy simpel giggel het my vel net meer laat kriewel. “En dit, my dier, gaan jou twee duisend rand kos.” Soos ’n karikatuur uit ’n derderangse fotoroman het hy die tjek geneem en daarmee gesalueer. “Nice doink business wif you. Ek moet gaan. Willie hÍ die ou tjekkie moet natreŽn nie, en dis persblou van die donderwolke buite.”

Die grinnik het lank nŠ hy weg is in die lug bly hang soos Alice se Cheshire-kat s’n.

Ek het my een arm los gewoel uit die klem wat ek daarmee om my bors gevou het, en toe die kartonlÍer met twee vingers nader aan my getrek en ’n enkele velletjie papier opgelig. Die letters is gevorm deur ’n outydse tikmasjien waarvan die hoofletter-E onduidelik is. Woorde op goedkoop papier. Die woorde het tot swart krulle saamgevloei en ek het weer gesukkel om sin te maak daarvan:

Tref-en-trap-ongeluk. Begrawe as onbekend. Elspark-begraafplaas.

Die woorde het ’n bol papier in my hand geword.

Die opsigter verduidelik vir my in ’n rigting in, en hier waar ek nou tussen die grafte deurstap met die jakarandatakkie in my hand, trek my asem styf in my vas. Die bloeisels blink van die waterlekseltjies van die laatmiddag se donderstorm terwyl die son deur die grys wolke breek. Ek het jou kom groet. Ek het nie kans gekry die aand toe jy by die deur uitgestorm het nie.

Die takkie land langs die staalplaatjie met jou nommer op. Ek kan nie lank vertoef nie. Die katte moet kos kry en ek dink ek sal sommer regte rooiworsies en fetakaas ook moet koop, sommer vir die snoep en onthou daarvan.

Vanessa Ellis is voltyds betrokke by die opleiding van verpleegpersoneel; is die lewensmaat van Edith en moeder van Candice. Lees ook haar “As ma en dogter gay is” onder Artikels.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.