GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Besef Danie die sanger sy woorde het gevolge?

Regsman Pierre de Vos aan Danie Botha van Gay@Litnet

Ek het pas die bydrae van Danie Botha (die sanger) op jou rubriek in Gay@Litnet gelees en staan verstom. Botha (die sanger) kan beslis nie daarvan beskuldig word dat hy vir homself dink nie. Sy teks herinner my baie aan pleitstukke wat mens by ’n hof indien: daar word baie tekste aangehaal (hier is dit nie uit hofsake nie, maar uit die Bybel) om sy standpunt te staaf met die veronderstelling dat die tekste verdere debat onnodig maak omdat dit die “finale waarheid” bevat. Hy vind dit dus nie nodig om argumente voor te sit nie — hoekom het mens argumente nodig as jy nie vir jouself hoef te dink nie en op vertaalde tekste kan staatmaak, tekste wat al gebruik is om sulke belangrike kwessies soos die wenslikheid van aparte kerke en aparte huwelike te verdedig?

Ek moet sê, ek skrik vir mense wat so onwrikbaar in die een en finale waarheid glo — of daardie waarheid nou God se waarheid is wat deur Bybeltekste aan Danie geopenbaar word, en of dit regstekste is wat vir die howe in die ou dae gesê het dat apartheid goed en wel is. Dis eintlik sad, want, wonder ek, wat kan die gehalte van so ’n mens se geesteslewe wees as jy in uitroeptekens dink en lewe en nie bereid is om onsekerheid, twyfel en kompleksiteit in jou lewe toe te laat nie?

Erger nog is dat iemand soos Danie nie besef dat sy woorde en standpunte gevolge het nie. Drie weke gelede is ’n vriendin van my in Kayelitsha met ’n mes aangeval. Sy is ernstig beseer en was drie dae in die hospitaal. Sy is aangeval deur ’n man wat drie huise verder af in die straat bly, en die rede vir die aanval was dat sy en haar vriendinne ’n partytjie gehou het. Die vrou en haar vriendinne is lesbies. Dit is nie ’n ongewone voorval nie, want weekliks word iemand in Suid-Afrika aangeval omdat hulle homoseksueel is. Iemand soos Danie sal nie verstaan dat sy veroordeling van gay mans en lesbiërs bydra tot die atmosfeer waarin ’n man wat ’n nege tot vyf werk het, voel hy het die reg om ’n vrou met ’n mes aan te val net omdat sy gay is nie.

Danie sal sê maar hý moedig niemand aan om homoseksuele aan te rand nie — dit los ons tog vir die hiernamaals wanneer die homoseksuele almal in die hel gaan brand. Maar dis nie ’n oortuigende argument nie. Woorde het gevolge, dit skep ’n atmosfeer waarbinne sekere dinge toelaatbaar is en ander nie. Verwoerd het nooit gesê swartmense moet aangerand word nie, maar sy woorde en dade het die atmosfeer geskep waarin Sharpeville gebeur het, waarin honderde, nee duisende, plaaswerkers aangerand is, deels omdat hulle swart was.

As Danie so vervul is met God se liefde, is dit ’n wrede god se liefde waarvan hy oorloop. Dit laat my gril.

Pierre de Vos

1 Desember 2003

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.