GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Verhale uit die stadskom 1 en 2: Die sjef en die PRO; Bennie-op-die-bank

Ludolf Parker

EEN

Sal ek soos Sjeherazade van ouds vir jou n paar verhale uit my lewe vertel? vra die Jongman.

Wil jy probeer om die Dood n paar nagte van my deur af weg te hou? antwoord die Ouer Man met n flou glimlag.

Ek het eerste gevra, s die Jongman met moegheid in sy stem.

Ek dink nie dit sal n verskil maak nie, maar jy kan probeer as jy regtig wil," s die Ouer Man met die ophaal van sy skouers.

Die Ouer Man kyk vlugtig by die venster uit en sien hoe die geniepsige suidooster deur die blare van die palms in die hospitaal se reeds verwaaide tuin baljaar. Hy kan nie glo dat die lewe hulle twee juis hierby uitgebring het nie. n Troostelose stasie voor die poorte van die hel.

Die Jongman sug beangs. Hy weet nie hoeveel langer hy met die oneindige sarkasme van die Ouer Man sal kan saamleef nie. Dit voel vir hom asof die Ouer Man se siekte al sy meelewing uit hom getap het. Sy simpatie het verander in bittere sinisme.

"Ek wou net help, antwoord die Jongman en n ondankbare stilte daal weer tussen die twee mans neer.

"En ekt jou geantwoord ... ek het nie n baba-oppasser nodig nie," praat die dro stem van die Ouer Man oplaas.

Dan begin die Ouer Man skielik hoes, n diep roggelende hoes, en die Jongman buk haastig en bied vir hom n glas water aan. Nadat hy n paar diep slukke geneem het, gee hy die glas terug aan die Jongman.

Dankie. Die Ouer Man leun terug teen die kussings. Hy maak sy o stadig toe en n oomblik wonder die Jongman of dit is hoe dit sal lyk as die Ouer Man uiteindelik sterwe.

Waar wil jy h moet ek begin?

Seker maar by die begin? antwoord die Ouer Man met n vae hoopvolheid in sy stem. Hy wag al jare om meer van die Jongman se geheimsinnige geskiedenis te hoor.

Nee te clichagtig, en buitendien

Wat?

Jy sal vir my lag, antwoord die Jongman.

n Storie moet iewers begin, s die Ouer Man.

My begin is net te ordinr en my latere lewe ag dis oorbekend.

Waarvan praat jy? vra die Ouer Man verbaas. Jys dan skaars 30!

Amper 35 maar jy weet ook net wat om te s om my beter te laat voel.

n Oomblik flikker n gevoel van warmte in die moe grysblou o van die Ouer Man. Die Jongman stap na hom en neem sy hand in syne. Hy lig die hand na sy mond en soen dit liggies.

Nee, wat nou laat jy my voel soos n mafia-don Toe vertel jou storie, onderbreek die Ouer Man skielik sy gedagtes.

Die Jongman stap terug na die venster. Die laat wintersonnetjie het skielik deur die wolke gebreek en die hospitaaltuin lyk weerloos en verlate in die skerp lig.

Goed dan. Laat ek vir jou n verhaal vertel uit my middel twintigs iets oor my storms en my drange.

So, dis n ware verhaal? vra die Ouer Man, meteens belangstellend.

Sal ek vir jou jok? antwoord die Jongman met verontwaardiging.

Dis hoekom ek vra, mompel die Ouer Man, maar die Jongman laat hom begaan.

Die Ouer Man sug. Hy weet steeds nie of hy die Jongman kan glo nie. Dit voel asof hy, soos vele male in die verlede, vir die gek gehou word. En tog kan hy nie anders as om te luister nie. Met di draai die Jongman weg van die venster en skuif die Ouer Man regop in sy bed toe die Jongman sy verhaal begin vertel.

Die sjef en die PRO

In die vreugdevolle, uitbundige dae net n die eerste Demokratiese verkiesings het daar n 25-jarige leerklerk gewerk in n groot firma in die Stad aan die Voet van die Berg. Die leerklerk het minder geweet van die lewe as wat hy wou voorgee, maar dit het hom nooit verhinder om elke aspek van die lewe in sy volle glorie verder te leer ken nie Maar later meer daarvan.

Hy was n nie te onaansienlike jongman nie, een met n oop gesig, kort bruin hare en n manlike bou wat geensins verklap het dat hy nie in vrouens belang stel nie. Die meeste mense, selfs sy gay vriende, kon nie glo dat hy regtig skeef was nie. Maar hy was beslis gay en vir hom was dit nooit n beproewing of n vreeslike emosionele keuse nie. Vir hom was sy gayheid n avontuur.

En in hierdie ongewone, bruisende tydperk ... hierdie ongekende oomblik in sy land se geskiedenis, het dit n vensterperiode van n hele paar maande lank vir die leerklerk en die meeste van sy landgenote gevoel asof enigiets moontlik is. En glo my ... hierdie leerklerk het alles probeer en, soos in die Bybel gevra word, gepoog om die goeie te behou, wat maar moeilik was op sy beperkte begroting. Hy moes dikwels maar tevrede wees om tuis te bly en sekere versoekings te vermy.

Gelukkig was daar darem sekere speelplekke wat verniet was. Soos Graaff se Poel, wat tot vroegwinter besig was gedurende die dag, en Sandy Bay, wat selfs in die middel van die winter avontuurlustiges gelok het. Kort voor lank het hierdie jongman geleer dat plesier eintlik orals te vinde was jy moes partykeer net lank genoeg wag. Amper soos visvang.

En soos jy kan aflei, liewe luisteraar, was hierdie leerklerk beslis nie n vaalseun nie. (Ek weet ... vandag sou ons s dat hy vreeslik promisku was.) Destyds was hy jonk en net plein jags, soos duisende jongmense van vandag ook maar.

Die leerklerk het in n woonstel in die Tuine gewoon. n Ietwat vervalle plekkie wat hy skaars op sy karige salaris kon bekostig. Die leerklerk was in hierdie stadium van sy lewe ook wreed ontnugter deur die harde realiteit van sy alledaagse sleur en hy het hierdie ontnugtering probeer besweer deur by elke moontlike geleentheid plesier na te jaag. Die speurtogte het hom dan gewoonlik net n paar uur lank uit hierdie verdrukkende sfeer geneem en kon hy in daardie paar ure vryheid op sy tong proe.

So beland die leerklerk toe een middagete in die openbare toilette van n groot parkeergarage in die middestad, wat in daardie dae n groot ontmoetingsplek was van stedelike gays op soek na n vlugtige paar oomblikke van plesier. (Dit is nie n polities korrekte storie di nie, liewe luisteraar.) En daar ontmoet hy die PRO wat, opgetof in n snyerspak, die hele spulletjie vanuit sy kritiese hoek bekyk het van waar hy staan aan die kant van die urinaal.

Die PRO kom ons noem hom Ganief was self so 32, skoongeskeer en n pragtige jongman. Sy Oosterse herkoms kon duidelik gesien word in die vorm van sy o, sy ho wangbene waarop sy baard blouerig deurgeslaan het, en sy lang, fyngevormde hande. En dan was daar natuurlik nog sy krullerige borshare wat net-net sigbaar onder sy keel was. Kortom, vir die leerklerk was hy n onweerstaanbare versoeking en hy het haastig langs hom gaan staan en sy nie onaansienlike nie, onbesnyde Boerevol uitgehaal en betekenisvol na die mooi man langs hom gekyk

Eers het albei stil voor hulle uitgestaar, maar n n paar minute het die leerklerk gesien hoe Ganief die besnede kop van sy elegante vol bestreel en daarna het die leerklerk sy stywe skag vir Ganief geflits. Dit was egter al. Verder as loer en wys het dit nie gekom nie. Elke paar minute het iemand in die badkamer ingeloop en, alhoewel hulle albei ereksies gehad het teen di tyd, het niks verder gebeur nie. (Nie eens n vinnige betasting nie, nuuskierige luisteraar!)

Die leerklerk was haastig om weer by sy kantoor te kom en die besige omgewing het hom senuweeagtig gemaak. Hy was ook gefrustreerd omdat hy nie vir Ganief so ver kry om enigiets daar te doen nie. Dit was ietwat ongewoon vir die leerklerk. Hy was gewoond daaraan om sy sin te kry wat seks betref en die hele episode het die leerklerk ag, kom ons noem hom Adriaan vreeslik gefrustreer. Dit was duidelik dat Ganief wel belang gestel het.

Ganief het sy stywe vol weer teruggesteek in sy onderbroek en na die uitgang gestap terwyl hy met sy kop vir Adriaan beduie om hom te volg. Buite die deur het hulle mekaar 'n rukkie lank bekyk.

Eks Ganief. Hy steek sy hand uit. Adriaan neem die warm hand en voel hoe die jagsheid weer deur sy are bruis.

Adriaan, antwoord hy. Hulle kyk mekaar vierkantig in die o.

Eks jammer, maar ek het nie baie tyd nie, verduidelik Ganief dan.

Ek ook nie, antwoord Adriaan.

Wat van n koffie n werk?

Dit sal lekker wees.

N die uitruil van telefoonnommers stap Adriaan terug kantoor toe.

En so is Adriaan deur Ganief ingelei in n Alice-wonderlandskap waar niks was soos dit voorgekom het nie.

Ganief se vriende was Noor, Lionel en Timothy. Twee Moslems en twee Christene wat saam op skool was. Hulle was n viermanskap wat in daardie stadium van hulle lewens reg was om die wreld oor te neem. As hulle vier bymekaar was, het hulle die macho front wat hulle konserwatiewe families van hulle verlang het, laat sak en het die vrolike, gillende susters na vore gekom. Vir Adriaan was dit n openbaring om te sien hoe vryelik hulle met mekaar omgaan sonder die emosionele wroeging waaraan hy tot in daardie stadium gewoond was.

(n Voetnota vir jou, liewe luisteraar: Adriaan was toe nog relatief onskuldig wat openlike gaygedrag en sommer net saamwees met ander gays betref en Gayle was vir hom so onverstaanbaar soos Bybelse Grieks. Deur sy nuwe vriendskap met Ganief het Adriaan die lewe met ander o begin ervaar.)

Vir hulle as lede van die Voorheen Benadeelde Bruin Gemeenskap (dit was die begin van die Nuwe Suid-Afrika en sekere buzz words was hoog mode) was die Nuwe Suid-Afrika werklik hulle sn. En tog het Adriaan nooit gevoel dat hy moontlik Ganief se token wit boyfriend was nie. Dit was eers later dat hy besef het dat Ganief nooit in al die jare dat hy hom geken het, n bruin of n swart krel gehad het nie.

Natuurlik was dit nie asof Ganief en sy vriende nie alreeds deur moeilike tye gegaan het nie. Daar was Apartheid, maar dit het hulle, volgens al vier, lag-lag oorleef, en dan was daar die gaykwessie. Met verloop van tyd moes hulle families, selfs Noor se ma, wat uit Pakistan na Suid-Afrika gekom het as vyftienjarige kinderbruid, maar aanvaar dat die seuns nie sou trou nie. Maar dit was nie iets waaroor daar ooit gepraat is nie.

Adriaan en Ganief se vriendskap het vinnig ontwikkel. Adriaan was aangetrek deur Ganief se eksotiese voorkoms en sy totale andersheid. Daar was iets aan hom wat hy net nie kon vaspen nie. En dit het hom altyd laat terugkeer vir meer. Vir Ganief was Adriaan seker maar die verpersoonliking van alles wat oorwin is deur die verkiesing en die voorafgaande magstryd, maar ook die personifikasie van die amper onaanraakbare Afrikaner-establishment.

Omtrent drie weke lank was Adriaan se nagte gevul met passie. Saam het hy en Ganief saans in sy deurmekaar woonstel met die stowwerige matte mekaar se lywe leer ken. Ganief het Adriaan eers n twee weke na sy woonstel geneem, en toe was Adriaan teleurgesteld omdat daar niks in die woonstel was wat hom kon herinner aan Ganief nie.

Die seks was opwindend, intens en onvoorspelbaar. Adriaan se lippe het later vanself hulle pad gevind by Ganief se harige bors af tot by sy naeltjie en nog laer af. Adriaan het daarvan gehou om Ganief se besnyde vol te suig en te verken met sy mond, terwyl Ganief daarvan gehou het om met Adriaan se voorvel te speel. Hulle was soos twee seuntjies wat skelm-skelm mekaar se lywe verken. Vir Adriaan was die naakte liggaam van Ganief een van die mooiste dinge wat hy al ooit in sy lewe gesien het.

N die drie weke het hulle albei egter ietwat gedreineerd gevoel en besluit om mekaar n paar nagte nie te sien nie. (En nee, liewe luisteraar ... daar was nie n argument nie ... dit was n gesamentlike besluit. Te veel te vinnig.)

In hierdie tyd het Adriaan een aand n werk per toeval n draai gestap in die openbare toilette van n groot winkelsentrum. En daar het hy die sjef ontmoet.

Die sjef was n bonkige man, n verengelsde Afrikaanssprekende met die van van n ou Boeregeneraal. Hy het net gou noodvoorrade vir sy restaurant kom koop.

Adriaan het by die piskrip gestaan en n n paar oomblikke het die sjef langs hom ingeval. Nie een van hulle het gepie nie en so sydelings na mekaar geloer. Spoedig was hulle albei styf en was dit vir Adriaan duidelik dat die man hier vlak langs hom redelik jags was. Die lustige Adriaan, in hierdie stadium sonder n daaglikse bedmaat, was onmiddellik aangedraai deur die sjef kom ons noem hom Iwan se verleidelike besnyde vol wat soos n stok voor hom uitgestaan het. Min het Adriaan toe geweet watter plesier daardie stywe vol hom later sou gee.

Iwan het vir Adriaan geknipoog en hom buite n geleentheid aangebied terug na sy woonstel toe. Adriaan was verras en het aanvanklik gehuiwer, maar sy lus was te sterk en kort voor lank het hulle voor sy woonstel stilgehou. Adriaan het vir Iwan water aangebied, maar hulle het nie eers daarby uitgekom nie. Die oomblik toe hulle in sy woonstel instap, was hulle in mekaar se arms met hulle tonge wat mekaar se monde en lywe verken.

Hulle het mekaar se klere omtrent van mekaar se lywe afgeskeur en toe Adriaan uiteindelik vir Iwan in al sy glorie sien, het hy geweet dat hy nooit die man en sy lyf sou wou laat gaan nie. Hy was frisgebou met sterk bene en n harige bors met groot, ronde tepels. Sy vol was dik en rooierig en het astrant opgestaan. Hulle het mekaar betas en bevoel, bestryk, gesuig en gelek en, amper ongelooflik, gelyk gekom. n Intense orgasme verskerp deur die feit dat hulle tegelyk geskiet het. Amper asof hulle dit onbewustelik beplan het.

Dit was eers hierna dat Adriaan en Iwan werklik begin gesels het. Adriaan het gehoor dat Iwan sy jarelange verhouding met Engelse Iwan verbreek het, maar dat die twee van hulle steeds hulle uiters suksesvolle restaurant saam bedryf het, alhoewel hulle albei in hierdie stadium daaraan gedink het om die onderneming te sluit. En Adriaan was verder ook geskok om uit te vind dat Iwan en Iwan bolangs bevriend was met Ganief en sy drie kamerade.

Natuurlik het Adriaan nie onmiddellik vir Iwan vertel van sy vriendskap met Ganief nie hulle was immers net fuckbuddies maar hy kon dit nie wegsteek vir Ganief nie. Ganief het n amper misterieuse aanvoeling gehad vir hierdie tipe gebeure. Hy het Ganief dus dadelik vertel met hulle volgende ontmoeting.

En tog het Ganief die nuus gelate aanvaar, en hulle het voortgegaan met hulle kortstondige affair. Adriaan kon egter aanvoel hoe Ganief met elke ontmoeting emosioneel begin terugtrek van hom af. Hierdie keer was dit egter n mnage trois vir Adriaan. Nie dat hy ooit met Iwan en Ganief op dieselfde tyd geslaap het nie. Partykeer n paar uur uitmekaar. Hy het hulle albei net tegelykertyd gedate.

n Paar weke lank was dit vir Adriaan asof hy in n Feydeau-klug lewe. Iwan in by die voordeur en Ganief uit by sy agterdeur.

Sy daaglikse skedule moes versigtig uitgewerk word om albei te akkommodeer. Die seks was fantasties. Iwan het vryelik van homself gegee en homself maklik in die seksdaad verloor. Met n gebrul en gekreun gekom. Ganief was meer intens en het daarvan gehou om lank te vry en dan, n wat soos ure gevoel het, uiteindelik hewig te kom. Vir Adriaan was dit n inisiasie deur vuur. Hy moes leer hoe om hierdie twee uiteenlopende manne gelukkig te hou.

Gelukkig het Iwan snags gewerk en kon Adriaan hom gevolglik slegs n elf sien, maar hierdie vreemde roetine het negatief begin inwerk op Adriaan se daaglikse werkspatroon. Hy het gevind dat hy bedags gesukkel het om te konsentreer en dit was al hoe moeiliker om nie op die een of die ander van die twee mans verlief te raak nie.

N vier weke het Ganief halt geroep. Hy het vir Adriaan uitgeneem vir ete en hom voor n ultimatum gestel.

"Dit kan nie so aangaan nie, Adriaan. Ganief kyk ernstig na hom.

"Waarvan praat jy? probeer Adriaan keer.

"Jy weet maar alte goed waarvan ek praat. Jy mag miskien so kan aangaan, maar ek kan nie. Jy moet besluit ... f die een f die ander.

"Maar ...?

"Anders gaan iemand seerkry ... en dit gaan nie ek wees nie, hou Ganief vol.

n Paar oomblikke is daar n gespanne stilte tussen die twee mans. Adriaan kyk in die vertrek rond, maar dis duidelik dat niemand anders in die restaurant enigsins bewus is van sy dilemma nie. Hy wou niemand seergemaak het nie. Hy het geweet hy kon so aangaan met die twee manne, maar een kyk na Ganief se ernstige gesig het hom laat besef dat hierdie episode nou verby was.

Alhoewel hy dit nooit ges het nie, kon Adriaan aanvoel dat Ganief werklik iets meer uit hulle affair wou gehad het. Adriaan was nie seker oor sy gevoelens nie. Hy het die aandag van beide die twee ouer mans geniet. n Paar weke lank het hy skielik gesog gevoel. Asof hy die een of ander prys of beloning is wat deur twee verskillende mense nagejaag word. En nou dit.

"Ek luister, s Ganief.

"Ganief, jy maak dit so moeilik vir my ek wens daar was n ander manier om dit te s, maar

Met di staan Ganief op en stap na die toonbank.

"Jy hoef niks verder te s nie.

"Ganief, dis nie dat ek nie van jou hou nie

Maar teen hierdie tyd was Ganief alreeds op die sypaadjie buite die eetplek.

Hulle het nie gou weer daaroor gepraat nie. Eers n paar jaar later het Adriaan probeer om sy keuse aan Ganief te probeer verduidelik. In daardie stadium was Ganief egter lankal nie meer genteresseerd in die arme Adriaan en sy emosionele probleme nie.

Omdat Iwan omtrent geen eise aan hom gestel het nie, en ook omdat Adriaan vreeslik aangedraai was deur hulle intense seks, het hy Iwan bo Ganief verkies. (Die man het beslis met sy klein koppie gedink in daardie stadium.)

Op die lange duur sou hy hierdie keuse berou, maar dit is n storie vir n ander aand.

En Ganief en Adriaan is steeds vriende. Iwan en Adriaan groet mekaar as hulle mekaar sou raakloop in die stad. Maar veel meer as groet is daar nie. Adriaan s altyd hy was die dish of the day met Iwan alhoewel hulle kortstondige affair so n maand geduur het.

Ganief werk steeds as n PRO en Adriaan het lankal gekwalifiseer. Albei is vandag in stabiele langtermynverhoudings. Dit het Adriaan jare geneem om van Iwan te vergeet.

Maar ten minste kan hy s: "Ek was daar en ek het twee krels tegelykertyd gehad.

*

Die Ouer Man sug en sluit weer sy o met n vae glimlag op sy lippe. Die Jongman vee oor die Ouer Man se kop en soen hom dan liggies op sy voorkop voor hy saggies uit die saal loop.

TWEE

Die volgende middag sit die Jongman weer langs die bed van die Ouer Man. Die betrokke lug buite die hospitaal is grys van die swaar rendruppels en die Jongman kan aanvoel dat n woeste winterstorm op die horison l en wag en nou enige oomblik gaan uitbreek.

"Ek het ges jy hoef nie te kom nie! protesteer die Ouer Man aanvanklik.

"Wie luister in elk geval nog deesdae na jou? spot die Jongman.

"Jy sal verbaas wees.

"Wie anders sal vir jou kom kuier?

"Ek het niemand se simpatie nodig nie! grom die Ouer Man weer en kyk met flitsende o na die Jongman, wat amper sonder belangstelling deur die venster kyk na die verlate hospitaaltuin.

"En toe?

"Wat?

"Moet ek dit uit jou trek? Wat het jy van my storie gedink? Het jy daarvan gehou? vra die Jongman met geforseerde lighartigheid.

"Watter een? Jou hele lewe is mos een lang storie van begin tot einde. Jyt altyd meer drama in jou lewe as wat die meeste professionele akteurs daar buite oor kan droom.

"Goed ... ek sal nie weer nie!

"Hoekom nie?

"Ek het geweet ek moes dit nie vir jou vertel het nie. Jy dink mos jy weet alles.

"Ek spot net ...

"En ek wens jy wil n oomblik lank ernstig wees.

n Onwelkome stilte daal weer tussen hulle neer. Die Jongman draai weg van die venster af en gaan sit in die besoekerstoel. Hy kyk met n fronsende uitdrukking na die Ouer Man.

"Wat nou weer? vra die Ouer Man ergerlik.

"Hoekom doen jy dit aan my?

"Jou vel is te dun ... dis wat dit is. Toe ... vertel my nog n storie.

"Ek het nie baie tyd nie.

"Ek ook nie, s die Ouer Man met n sug.

Die Jongman kyk na die verweerde gesig van die Ouer Man waar hy teen die kussings l. Hy sidder in sy binneste as hy daaraan dink dat hy sonder hierdie veelbekende gesig sal moet voortgaan. En tog besef hy ook dat daardie tyd op hande is.

"Watse storie wil jy hoor? vra die Jongman dan.

"Wat van n ware verhaal?

"Mmmm ... nou goed dan.

Bennie-op-die-bank

Adriaan sit verveeld penorent op die verweerde rusbank en kyk in die half donker vertrek rond. Hy sit al n hele rukkie lank so alleen. Kompleet asof hy vir iemand wag. En dis inderdaad wat hy besig is om te doen. (Jare daarna sou hy verneem dat hierdie situasie beskryf word as Bennie-op-die-bank. Waar n gay man by n vryer gaan kuier, maar n vriend saamneem as n soort chaperone wat moet sorg dat hy nie gedwing word om die nag by die vryer oor te slaap nie. Gewoonlik uiters frustrerend vir albei partye die gay man n sy chaperone.)

Dis die sitkamer van n groot ou woonhuis in Seepunt wat tans as kommune dien vir n vyftal gay jongmanne. Iewers op die agtergrond speel iemand Crystal Waters se klubtreffer "Gypsy Woman. Daar is stemme en gelag. Iewers loop n stort. Maar hier in die sitkamer met sy swaar, bruin meubels sit Adriaan alleen.

Hy weet nie hoekom hy ingestem het om hierheen te kom nie. Normaalweg gaan hy nie op weeksaande uit nie.

Alexander. Dit is alles sy skuld. Alexander, die mooiste man in Huis Ruiterwag, die manskoshuis waarvan Adriaan tans n vierdejaar-inwoner is. Alexander is n tweedejaarstudent. Hy het op die studentedorp grootgeword en skoolgegaan, maar sy ouers het in sy matriekjaar Noorde toe getrek en dis di dat hy in Huis Ruiterwag beland het.

Alexander het sekerlik voor in die ry ingedruk toe Liewe Jesus die dag besluit het om aantreklikheid uit te deel. Van sy gitswart hare tot sy fluweelbruin o, sy lae voorkop en die kuiltjie in sy ken reg onder sy sensuele lippe en die wange waarop sy baard donker deurskemer. Hy het nou wel nie die perfekste liggaam nie. Bietjie maer na Adriaan se sin, maar hy het beslis wat nodig is om n man se oog te vang.

En as daar nou een ding was waaroor Alexander seker was, dan was dit sy vermo om n man om sy pinkie te draai. Adriaan ken Alexander nog skaars n paar dae. Miskien n paar weke. Hulle het begin gesels rondom die kan wat elke dag teen teetyd in die binneplein van die koshuis uitgedra is. Adriaan kon aanvoel dat hierdie jongman familie is. n Paar dae lank het hulle kat en muis met mekaar gespeel totdat Alexander uiteindelik, tydens n middernagtelike koffiedrinkery in Adriaan se enkelkamer, erken het dat hy skeef is.

Adriaan se kop wou bars van opwinding. Vir die eerste keer was hy in kontak met iemand wat soos hy voel en wat ook in Huis Ruiterwag woon. (Nie dat hulle twee ooit saam in die bed geklim het nie, liewe luisteraar.) Dit was net goed om n soortgelyke man op die tuisfront te ontmoet.

En so het dit begin. Alexander sou n klas n draai kom maak by Adriaan se kamer. Kwansuis net om te hoor hoe dit gaan. As dit n weeksaand was, het Alexander gewoonlik reeds vroegaand die aanvoorwerk begin. Wou altyd weet wat Adriaan beplan vir die res van die aand. En so het hulle gewoonlik op n weeksaand, gewoonlik darem nie meer as twee aande per week nie, na die Stad aan die Voet van die Berg gegaan.

Partykeer na n kroeg of n disko. (Daar was in daardie dae maar net n handjie vol kroe en slegs een disko vir die gaygemeenskap, liewe luisteraar.) Soms op die strandfront in Seepunt. (Oukei, net een of twee keer, vier maksimum.) Waar hulle afsonderlik gejag het en Alexander gewoonlik die een was wat suksesvol was.

So ook vanaand. Dis n Woensdagaand in Mei en daars n vroe winterkoue in die lug. Amper tienuur. Mre moet Adriaan weer om agtuur klas draf, maar gelukkig is daar geen toetse op die horison nie. Adriaan besef dat hy sal moet begin rem aandraai wat betref hierdie sosialisering van hom. Hy is besig om agter te raak met sy klasse. Hy weet al hierdie dinge en tog kan hy homself nie keer nie.

Hier sit hy alweer. Wagtend op Alexander wat tans in Gunther se kamer is. Gunther is n lang, skraal Duitssprekende Afrikaner (aantreklik, hoe dan anders?) in sy laat twintigs. Alexander en Gunther het mekaar opgetel in die klub n paar weke vantevore en was besig om hulle passievolle fling uit te leef. Dit het maar gesukkel met Alexander wat op die studentedorp bly en Gunther wat in die stad is.

Alexander sou Gunther gaan aanjaag het. Maar dit was twintig minute gelede.

Adriaan kyk vir die soveelste keer in die donker vertrek rond. Hiers nie eens n tydskrif nie. Skielik is daar stemme in die gang. Alexander kom rooigesig in.

"Is jy reg om te gaan?

"Waar was jy die hele tyd? ... En wats jou gesig so rooi?

"Ek was by Gunther.

"Kry julle nie genoeg van mekaar nie? vra Adriaan ergerlik. Kom dat ons waai.

"Oukei ... ek groet net gou vir Gunther.

"Ek dag hy gaan saam?

"Hys nie lus om uit te gaan nie.

"Maar ... dis dan hoekom ons hier is!

"Hy s dat ons ...

"Ek gee nie om wat hy s nie ... kom laat ons loop ... dis laat, s Adriaan haastig.

Adriaan stap kwaad-kwaad na die voordeur toe, verby die kombuis waar twee van Gunther se huismaats vrolik besig is om aandete voor te berei. Die een staan en roer iets in n kastrol terwyl die ander een vir hom voorlees uit n kookboek. Kort-kort bars een van hulle uit van die lag. Adriaan knik in hulle rigting en stap haastig by die voordeur uit en gaan sit in sy motor.

Hy kyk na die huis en sien dat die gordyne van Gunther se slaapkamer, wat op die straat uitkyk, steeds oop is. Vanuit die donker straat lyk dit asof die toneel in Gunther se kamer spesifiek opgestel is as n soort opvoering vir n stille voyeur. Dalk hou Gunther daarvan dat die hele wreld kan sien wat hy in sy kamer doen, dink Adriaan met n gevoel van irritasie. Hy kon nog nooit werklik vat kry aan die man nie en hy verdra hom slegs omdat Alexander van hom hou.

Gunther staan in sy Calvin Klein-onderbroek in die middel van die vertrek reg onder die lampskerm asof hy homself wil ten toon stel. Die warm geel lig vloei oor sy bruingebrande skouers, sy harige bors en sy sterk, manlike bobene. Hy staan soos iemand wat weet watter effek hy op sy omgewing het. Net n donker strepie hare wat bo die rekband van die wit onderbroek stop, verraai die weliger skaamhare en die trotse manlikheid wat laag in die onderbroek sit.

Adriaan kyk toe terwyl Gunther vir Alexander vasdruk in n stywe omhelsing in sy kamer met hulle bolywe styf teen mekaar geklem. Hy sien hoe Gunther sy mond amper ru op Alexander sn sit en hoe hulle mekaar n rukkie vuriglik soen terwyl Alexander se hande by Gunther se onderbroek inglip. Alexander se vingers woel speels oor Gunther se manlikheid en selfs van waar hy sit, kan Adriaan sien hoe Gunther se manlikheid lewe kry onder Alexander se bekwame hande.

Adriaan kyk vererg weg. Dit voel vir hom asof hy al ure lank sit en wag op Alexander. Asof hulle al die pad in stad toe gery het sonder enige werklike rede. Adriaan voel benoud as hy daaraan dink hoeveel klasnotas hy sal moet opvang weens al hierdie laat nagte. n Paar minute later is Alexander egter uitasem en natgesweet daar en ry hulle na die klub toe. Adriaan s niks terwyl hulle ry nie.

Club Casablanca (die enigste gayklub in die stad in daardie stadium). n Gryserige geboutjie met n blou deur verraai niks van die dekadensie wat in die groot kelders skuil nie.

Simon, die deurwag, groet hulle nors wanneer hulle instap en die toegangsgeld betaal. Die plek is nogal besig vir n weeksaand en buite die helder-verligte ingang staan groepies mans sigarette en rook. Hulle bekyk en beskinder ook die nuwe aankomelinge. Adriaan hou nooit van hierdie deel van die aand nie. Alexander is mal daaroor. Hy hou daarvan om raak gesien te word. Bewonder te word van n afstand.

Dis ook nie lank nie of die twee van hulle is op die dansbaan. Hier en daar dans n hele paar mans met mekaar rond en plek-plek met n vrou. Beslis n paar fag hags, besluit Adriaan. En dan sien hy ook hier en daar n paar letties. Maar meesal gay mans soos hy wat die verveeldheid van die middel van die week kom verlig met n paar ure se vermaaklike ontsnapping.

n Ouerige man met donkerswart krulhare en n bors vol ruie hare stap na Alexander toe en bied hom n drankie aan. Alexander neem dit laggend en klink sy glas teen die vreemdeling sn.

N twee liedjies stap Adriaan en Alexander na n tafeltjie naby die dansvloer. Wanneer hulle gaan sit, kom sluit die Ouer Man, wat homself dadelik voorstel as Wynand, hom by hulle aan. Wynand het perfekte wit tande en o wat skrefies trek as hy lag. En dit doen hy baie. Veral as Alexander iets s.

N omtrent n halfuur is Adriaan verveeld.

Alexander en Wynand het gaan dans en hom alleen gelaat. Nie een van die ander dansers of omstanders het sy aandag getrek nie. Hy verbeel hom hy is onsigbaar en in die skemerte is dit maklik om jou in so n situasie in te dink. Hy voel soos een van Aspoestertjie se lelike susters. Met die een groot verskil. Die lelike susters kon darem na die bal gaan en met die prins dans. Tot dusver het hy nog nie eens die kans gehad om met enigiemand behalwe Alexander te dans nie. En dit tel tog nie.

Teen eenuur staan Adriaan op en stap na Alexander toe waar hy met sy kop op Wynand se skoot l. Dis nou te s as hulle nie sit en vry nie.

"Ons moet waai ... dis al laat.

"Moet ons regtig nou al gaan? vra Alexander gemaak-gesteurd.

"Kom, s Adriaan wanneer hy vir Alexander regop help.

"Ons is saam in een motor, s Alexander dan apologeties aan Wynand, wat teen hierdie tyd self regop sit en met n teleurgestelde uitdrukking na Alexander staar.

Terwyl hulle uitstap na die straat toe, draai Alexander egter na Adriaan en s: "Dank Vader jyt gepraat ... ek kon net nie wegkom van hom af nie.

Wanneer hulle wegtrek, s Alexander skielik: "Ek is honger. Is jy nie ook honger nie? Kom ons gaan na Caf Erte toe.

"Jissus, Alex, dis al oor een, protesteer Adriaan, maar wanneer Alexander na hom kyk met sy smeulende bruin o, draai hy die neus van die motor in Seepunt se rigting. (Caf Erte was vier en twintig uur van die dag oop en het in daardie stadium behoort aan n lesbiese paartjie.) Alexander was honger. Seks of selfs net die vae belofte daarvan het hom altyd honger gemaak. Adriaan was teen hierdie tyd al behoorlik moeg en vaak, maar Alexander het altyd gekry wat hy wou gehad het.

So was dit al amper drie-uur toe hulle uiteindelik in Seepunt se hoofweg afry terug stad se kant toe. En steeds die einde niet. Alexander wou n draai gaan maak by die strandfront. Kusweg het hom geroep. Die Promenade was verlate met net hier en daar n figuur wat die donkerte instap.

Kom ons laai n hitchhiker op, s Alexander nadat hulle n derde keer die hele lengte van die Promenade afgery het en geen werklik interessante karakters gewaar het nie. Aan die onderpunt van die Promenade het daar egter een of twee kamtige rylopers gestaan.

"Hulle is nie hitchhikers nie, Alexander."

"Hoe weet jy? antwoord Alexander hom en met di stop hy voor n skraal jongman in verweerde jeans met n swart hemp. Sy swart krulhare bewe in die koue seelug. Hy buk en Alexander draai sy venster oop.

"Waarheen is jy op pad? vra Alexander met n glinstering in sy oog.

Goodwood, antwoord die seun, want van naderby kan Adriaan sien dat hy nie veel ouer as sewentien kan wees nie.

Die jongman swaai sy lyf gemaklik in die agterste sitplek in en n hele paar minute lank heers daar n amper vredevolle stilte in die motor. Dan gewaar Adriaan hoe Alexander kort-kort die jongman beloer vanuit die truspieltjie. Die jongman, wat nonchalant teen die venster geleun het, vryf sy hare uit sy o uit en staar terug na Alexander. Hulle glimlag vir mekaar en die jongman laat sak sy hand en vryf dit oor sy knop. Alexander glimlag en kyk dan by die venster uit.

"So, wat is jou naam? vra Adriaan dan in n poging om die stilte te verbreek.

"Tertius, antwoord die jongman skamerig.

"En wat doen jy di tyd van die nag in Seepunt, Tertius? vra Alexander met n betekenisvolle glimlag.

"Ag, ons het kom jol in die stad. Ek en n paar pelle, en hulle wou al vroer huis toe gaan, toe s ek ek sal terug hike.

"Hoe oud is jy? vra Adriaan weer.

"Negentien. En wat maak julle twee di tyd van die aand in Seepunt? wil hy vinnig weet. (Lieg hy oor sy ouderdom?)

Ons het ook kom jol, antwoord Alexander skielik en knipoog vir Tertius.

So ... van watse soort jol hou julle twee? vra Tertius terwyl hy weer suggestief oor sy knop vryf. In hierdie stadium span sy knop al hoe stywer.

Ag, jy weet van watse jol ons hou, daag Alexander hom uit.

Met di steek Alexander sy arm uit na die agterste sitplek en streel hy oor Tertius se been. Adriaan sukkel om sy aandag op die pad voor hom te hou terwyl die gestrelery langs hom oorgaan in n hewige gevry. Alexander het later vir Tertius so ver gekry om sy hemp uit te trek en selfs sy broek los te maak.

Kan ons nie iewers stop nie? vra Alexander later terwyl hulle op die donker N1 ry op pad terug in die rigting van die Noordelike Voorstede. Met die eerste afdraai na Goodwood spring Alexander vinnig uit die motor en gaan sit langs Tertius op die agterste sitplek. Adriaan kry skaars kans om asem te skep of hy sien hoe Alexander se kop afsak in Tertius se skoot.

Adriaan ry in stilte voort tot hulle naby aan Tertius se ouerhuis kom. Tertius sit vervaard regop en stoot Alexander se kop van sy skoot af weg en steek sy volkop terug in sy broek. Alexander sit regop en lek sy lippe af.

"Dis hierdie huis met die groen dak, s Tertius wanneer hulle in n donker systraat afry. Adriaan kyk benoud na die donker huisies rondom hom en verwens weer eens vir Alexander in stilte dat hulle hier uitgekom het. Hy hou benoud die donker huis dop vir enige beweging, maar die straat bly stil wanneer Tertius uiteindelik na drie innige soene uit die motor klim. Hulle kyk hoe hy stil by die voordeur inglip voor hulle wegry.

Alexander leun terug in sy sitplek en maak sy o toe. Hy gaap lank en strek hom uit.

Nous ek darem baie vaak. Hy maak sy o toe. Maak my wakker as ons by die koshuis is. En met di val hy aan die slaap. Adriaan hou sy o op die pad, maar sy gedagtes dwaal ver. Hy wonder of Aspoestertjie se lelike susters ook so gevoel het. Ten minste kon hulle darem met die prins dans, dink hy bitter.

Adriaan het nie weer alleen saam met Alexander stad toe gegaan nie. Daarvoor kon Alexander ander mense gebruik. Partykeer is Aspoestertjie maar net een van haar lelike susters in drag.

"Ook di dat jy so baie hang-ups het," s die Ouer Man skielik terwyl hy steeds met toe o op die bed l.

"Wie s dis n ware verhaal?"

"Jyt self so ges toe jy begin vertel het," antwoord die Ouer Man terwyl hy nou met n vraende uitdrukking op sy gesig na die Jongman kyk. "Hy was wreed gewees, di Alexander.

"Ekt hom toegelaat om so wreed te wees ... en buitendien ... ons was jonk ... en jags. Dinge was anders gewees toe. Die Jongman staan skielik op.

Wat van n glas water? vra hy dan om die onderwerp te verander.

Ek dink jyt eerder tee nodig met baie suiker ... om daai bitterheid uit jou bek te spoel.

Die Jongman s niks nie en kyk n oomblik lank deur die venster na die verlate hospitaaltuin met sy tropiese palms en verwarrende groen bosse voordat die Ouer Man sy hand liggies vat.

Hei ... dis verby.. en jy het dit oorleef.

Maar Adriaan hoor skaars wat die Ouer Man s en bly staar na die le tuin waar daar oor n paar maande weer helder blomme sal groei in die somerson. Hy weet die somer kom. Hy wil net nie weer so n winter ervaar nie.

Word vervolg

Ludolf Parker beskryf homself as nog n regspraktisyn van Kaapstad. Hy beweer dat Eks ook mens, sy eerste vollengtestuk, nie outobiografies is nie, maar sy vriende en familie stem nie saam nie. Gedurende sy studentejare op Stellenbosch word sy twee eenbedrywe opgevoer: Wie van wie? en Nagblindheid. n Derde, Die laaste Afrikaners in Azani, is as te gewaagd beskou en word nog steeds agter slot en grendel bewaar.
Benewens Ek's ook mens is hy die skrywer van die volgende vollengtedramas: Cordelia en haar susters, Die Madonna en haar kind, 36 plus en Wys my Joune! Sowel 36 plus as Wys my joune! is vanjaar inskrywings vir die Nagtegaal-kompetisie van die KKNK.



LitNet: 25 Oktober 2005

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.