GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Om te trou of nie te trou nie — dis nie die vraag nie

Neil Cochrane


Die debat oor die wenslikheid van gayhuwelike is ’n belangrike debat. Dit is belangrik in die sin dat dit maar net weer heteroseksuele mense se wanopvattings oor homoseksualiteit onderstreep, soos sekere onlangse reaksies op Gay@Litnet tereg aantoon. Erger nog, dit bring mense se vrees vir mekaar opnuut na die oppervlak. Die konsep van gayhuwelike val dus binne die groter, dikwels verwronge beeld wat sommige heteroseksuele van gay mense het. Daarom wil ek graag op hierdie wanindrukke reageer, want dit sal ’n afskuwelike sonde wees om stil te bly.

Om pedofilie en bestialiteit in verband te bring met homoseksualiteit is bloot absurd. Ook word gevra of gay mense hieroor aanstoot sal neem en of hulle nie miskien hulself in dieselfde lig beskou nie. Ag, asseblief! Gay mense is verseker nie idiote nie, en moet asseblief nie appels met pere vergelyk nie. Dalk moet die betrokke skrywer bietjie statistiek oor pedofilie gaan lees of sy geheue verfris met die belangrikste kindermolesteringskandale. Was Gert van Rooyen of Marc Dutroux gay? Wie word die meeste gevang met kinderpornografie? Wie verkrag die meeste kinders in hierdie land? Beslis nie gays nie. Op die bestialiteit- “standpunt” gaan ek nie eers reageer nie.

Sommige straights se denke maak van my en die meerderheid persone in die gaygemeenskap iets wat hulle nie is nie. Die meeste gay mense pas verseker nie by die patetiese beeld van gays wat in sommige lesersreaksies voorgehou word nie. Die patroniserende houding is egter die ergste. Gay mense is nie slagoffers nie, maar vasbyters. So miskien moet u eerder u jammerlappie vat en die sweet van u eie voorkop afvee, want ai tog, u swoeg tog so hard om gays te vertroetel. Dit moet seker nogal uitputtend wees. Miskien gaan u patronisering God eerder grys hare gee!

Eensaamheid, die soeke na liefde en aanvaarding, verkeerde besluite, blydskap ensovoorts is algemeen menslike konsepte wat nie net gays of slegs straights ervaar nie, maar wat MENSE ervaar.

Om gay mense as “plain common” en “net deurmekaar” te tipeer grens baie na aan haatspraak en getuig van mankoliekige argumentasie. Speel die bal en nie die persoon nie en kom tog oor u verterende bitterheid.

In dieselfde asem is ek ook nie so naïef om te glo dat alle gay mense engeltjies is nie. Daar is baie dinge wat gays doen wat nie die goedkeuring van hul eie subkultuur wegdra nie, maar ek beskou dit nie as my plek om oordele uit te spreek oor menslike gedrag nie. Op die ou end is dit elke individu se verantwoordelikheid om sy/haar eie waardestelsels te bepaal. Ongelukkig is dit so dat baie mense (straight of gay) nooit hierdie mate van selfverwesenliking (individuasie in Jungiaanse terme) bereik nie. Hulle het altyd ’n institusionele waghond nodig om sekere besluite aangaande moraliteit vir hulle te neem.

Tog bly dit ironies dat so baie straight mense (hetsy getroud of ongetroud) so maklik oor gay mense se leefwyse kan oordeel. Vir hulle wil ek net een ding sê: Meneer, Mevrou of Mejuffrou, gaan vee maar gerus ’n slag voor jou eie deur, want ook julle neem deel aan ongeoorloofde plesiertjies. Daarvoor is die hordes advertensies in die dagblaaie oor “sexy katjie van P” of “wulpse brunet van W” maar een bewys. Ja, ek weet daar word ook man-tot-man-advertensies gepubliseer, wat my bring by ’n paar vrae: Wie is nou meer immoreel: straights of gays? Bied hedendaagse heteroseksuele huwelike enige standaard wat navolgbaar is? Die groot aantal egskeidings, enkelouerskappe en gesinsmoorde bied nie juis iets om oor te droom nie.

Miskien bied die kwessie oor die wenslikheid van gayhuwelike die nodige impetus vir straights om te besin oor hul eie bestaande huwelike, beplande huwelike of huwelike wat op die rotse beland het. Die vraag wat straights en gays vir hulself moet afvra is: is ons bymekaar of gaan ons trou om die regte redes? Mense trou dikwels om die verkeerde redes, soos onder meer: “Ek gaan met hom/haar trou sodat ek my ouers tevrede kan stel”; “Ek gaan met hom/haar trou vir finansiële sekuriteit”; of nog erger: “Ek gaan met hom/haar trou om oor hierdie emosionele leegheid te kom.” Voordat enige persoon besluit om te trou, moet hierdie kwessies eers uit die weg geruim word.

Ek wil graag ’n laaste verkeerde rede tot die bestaande lys voeg waarom gay mense sou wou trou: dit is om sekere politieke stellings te maak, om iets vir die straight wêreld te probeer wys. Ongelukkig is sulke verbintenisse gedoem tot ’n mislukking, want ’n gay persoon het baie ander metodes tot selfassertiewe gedrag tot sy of haar beskikking.

Om te trou of nie te trou nie is nie die vraag nie, maar eerder: om te haat of om nie te haat nie. Onthou net: om te haat is geen kuns nie. Wat wel ’n kuns is, is om ander mense te probeer begryp.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.