GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Nautilus wat, as dit vertaal word, “seevaarder” beteken


Hennie Aucamp

Hennie Aucamp het hierdie verhaal teen 1 September 1980 voltooi. Hy het dit indertyd aan die bundel Volmink onttrek. Onlangs is dit by Tafelberg-Uitgewers ontdek, met die tekening wat Enrique Breytenbach spesiaal daarvoor gemaak het, nog daarby. Hennie het die teks vir ons hersien. Die verhaal lok ’n vergelyking uit met sy “Op soek na ’n slot” in Party van ons — Die Homeros Leesboek 2001. Die skildery-afdruk is van Wim Blom se “Still life with nautilus”.
               Danie Botha


1

“Soms loop die kuns die lewe vooruit,” s ’n intieme vriend van die oorledene. “Leon het niks van ’n nautilus geweet nie, tot hy di skildery gesien het.” En hy wys na ’n stillewe wat die wit, gestileerde woonstel oorheers.

Dis nie ’n baie groot skildery nie — 54 x 63,5 cm, soos Sarel uit sy inventaris weet — maar in samehang met die enkele wit stukke in die vertrek, die avokadogroen tapyt, die vuilwit en modderbruin kussings, lyk dit magtig; in sy stilheid angswekkend. Dit stel ’n paar gebruiksvoorwerpe en ’n skulp voor, almal op ’n ry op ’n rak. Van die rak is nie baie sigbaar nie; en met die voorwerpe daarop vul dit skaars die helfte van die skildery. Dis die agtergrond wat die ruimte in beslag neem. Die ruimte s. ’n Olyfgroen ruimte waarteen die voorwerpe ingehoue praat, en veral die skulp. Die voorwerpe is, van links na regs: ’n geel volkou, met ’n deurtjie regs onder en ’n ringhandvatsel in die middel daarvan; en neffens die kou ’n okerbruin waterkruik, van gebakte klei, soos jy hulle in Mediterreense lande kry; en langs die kruik ’n glimmende plastiekkoppie, dalk die dop van ’n termosfles, waarop die kruik ’n skaduwee gooi wat die plastiek veredel, en s die hoogste porselein voorberei: die nautilus.

Sarel, die eksekuteur in die boedel, stap na ’n laaikassie; neem die skulp wat bo-op l in sy een hand, streel die rug daarvan met sy ander. Die roeskleurige kartelings daarop resoneer teen die wit; roep ander roesbruine in die vertrek tot lewe, en ander witte.

“Hy wou altyd orden,” s Andr, die intieme vriend. “Hy wou dinge en mense in die perfekte verhouding tot mekaar h. Skoonheid het hom nooit getroos nie. Dit het hom gemartel.”

“En uiteindelik ...” s Sarel.

Albei kyk na ’n stapel kussings van sybokhaar — almal natuurkleur, roomwit en naaswit en vuilbruin en grou. En een pienkerige.

Dis al wat verander het in die vertrek: die stapel kussings wat nie op hul ou plek l nie, en hinder omdat hul nuwe plek nie reg is nie.

Andr skop die kussings uitmekaar.

“Moenie,” pleit Sarel. Maar hy buk saam by die donker vlek op die tapyt; raak daaraan, nes Andr. Dan stapel hulle weer die kussings.

“Soos ’n graf,” s Andr woedend.

“Wat hy nooit wou h nie,” laat Sarel volg. “Maar laat ons begin, en nugter bly sover dit kan.”

Hy sluit die boonste laai in die laaikassie oop en haal dokumente uit, en ’n blou oefeningboekie waaroor hy, met behulp van Andr, vandag nog moet beslis.

2

En weer het ek nie volledig geskryf oor dennebolle op ’n oop vuur nie. Hoe vlamme soos linte by hul splete uitwapper. Hoe die bol ’n binnevuur het wat van hom ’n juweel maak. En hoe di bol tot amper op die laaste toe sy selfstandigheid behou. Heel bly. Mooi. Onafhanklik. Trots. En dan skielik veras.

*


Op reis: ’n bedevaartslied.

Ek moet meer gereeld bid, en eers n ek my tande geborsel het. Dis jammer van die kaal vloer. (“Ek ’n swerwer, ver van huis.”) Dalk moet ek ’n goedkoop matjie kry. ’n Gebedematjie. Of sommer ’n stuk golfkarton. Nee, dit sal moete in my knie kerf, my konsentrasie benadeel. Sommer gewone karton of ’n koerant. Kniel op die nuus van die dag: ja, dit sal goed wees. Poetic justice. Die nuus is oor ns; maar ons is meer as die nuus.

*

Vroer het jou briewe my ingewag by vreemde adresse; ’n tuiste geskep in elke hotel.

*

Draaiorrelmusiek is nooit vrolik nie. Miskien om die meganisme so hoorbaar swoeg, die klank as ‘t ware met pyn voortbring sodat alle wysies, ook di van die jongste seisoen, ouderwets klink, altyd vertel van geluk wat was.

*

Nee, ons gee nie alles af nie. Iets bly: verwondering. En die genade van hierdie besit. Ons storietjies en versies word n al deur die tyd aangevreet, maar ons verwondering bly; en uit verwondering skep en herskep ons: ’n beeld, ’n dag, ’n insident. En beskerm ons; ja, ek kan nie aan ’n ander woord dink nie. Ons wat onvervuld en lomp en onprakties is, word tog wonderbaarlik beskerm deur ’n gawe. En op die ou end het ons tg ’n kind: onsself.

*

Soms bid ek. Laat my variasies op die Onse Vader toe. Die bose: vir my is dit al hoe meer die besoedelende emosies: haat, jaloesie, wanhoop. En van wanhoop het Van Wyk Louw ges: “ni-wil-vertrou op die liefde van God nie.”

*

Ek het van jou gedroom. Daar was grys hare in jou swart, en jou vel het ’n ander kleur en tekstuur gehad, bloesend, en nie blas nie; en tog was dit jy, ouer, maar mooier. En jy was hartseer. En ons het aan mekaar geraak en oorgevloei in mekaar.

*

’n Paartjie in die park. Hulle betas en bestryk mekaar, soos twee blindes wat kennis maak, of soos honde.

’n Professionele skooier? Ja en nee. ’n Hustler? Maar mr as. ’n Gids? Ja, maar na die onderwreld. En tog ’n prins. Hy dra sy denim en kombershemp met koel trots, soos ’n figuur uit die Hoog-Renaissance.

*

Nie die uitnodiging nie, maar die afdruk op die kaartjie het my na ’n reisagentskap gedwing. En hier sit ek nou op die lughawe. Hardloop ek weg? En waarvan dan? My wellus? Nie so eenvoudig nie. Die skildery op die kaartjie boei en bestendig my. Die gesprek tussen die dinge; tussen kou en kruik en nautilus; die gesprek tussen die dinge en die olyfgroen ruimte waarin hulle leef.

*

WB se skilderye en tekeninge laat my na vensters en deure en poorte kyk asof hulle geheimsinnige ingange en uitgange is. (Jou ingange en uitgange, di sal Hy bewaar.) En huise word vir my verskriklike fasades. Versperrings tussen ons en die ewigheid.

Vanuit die restaurant het ek ’n onbelemmerde uitsig op The Mansions oorkant die straat. Elke woonstel het ’n balkon. Dit lyk of niemand hul balkonne bewoon nie. Deure wat op niks uitgaan — dis ’n angswekkende gedagte.

Skielik ’n flits oorkant die straat — ’n balkondeur is oopgestoot, en glas het geblink. Die nat sokkies wat op ’n draadhangertjie gehang het, is weg, of hulle nooit daar was nie.

Op een balkon, net een, is ’n groen potplant. Hy gooi ’n groteske skaduwee. En terwyl hy dit gooi, en terwyl ek skryf, stoot ’n skaduwee uit die straat uit op soos water: The Mansions het hul son gehad vir die dag. En dis nou eers 8h15.

*

Ek praat met die skilder oor die spanning in sy skildery wat my so boei: die mensgemaakte gebruiksdinge teenoor die natuurgemaakte gebruiksdinge; die koutjie, kruik en koppie teenoor die nautilus. Die onberispelike smaak en vakmanskap van die natuur.

“Daar is ng ’n spanning,” s W.B., “in die skulp self. Hy keer nie in op homself nie. Hy is ’n onvoltooide lyn.”

En skielik kyk ek met nuwe o na die onvoltooide in die kunste, en die onskynlik onvoltooide, wat met hul “oop eindes” die dialoog met hul “verbruiker” volhou, selfs na jare. Woyzeck en Lulu en die laaste Piet van Michelangelo.

En die “literre” spanning van onvoltooide lewens: Schubert, Mozart, Sylvia Plath, Raymond Radiguet, Ingrid Jonker.

*

Die verband tussen nederigheid en vernedering.

Die nederige ding wl dalk verneder wees? Soos ’n wurm. Maar ’n wurm wl nie verneder wees nie! Hy word stukkend getrap bloot omdat hy daar is, en so gerieflik daar is, reg vir die voet.

*


Ek moes weer terug na die grondbeginsels en ’n tydperk het gevolg waarin ek vreeslik baie geteken het: skulpe, deurknoppe en ander klein detail om my. Die groter eenvoud van s ’n skulp het die artistieke probleem egter nie vergemaklik nie, want hoe hou ’n mens die konsentrasie of belangstelling in die onderwerp lank genoeg. Maar hoe nader ’n mens kom, hoe meer ontdek jy.
— WB in ’n onderhoud met
Beeld,
15 Augustus 1980.

*

“Instorting” is ’n misleidende term. Dit gebeur nooit s dramaties nie. Dis ’n geleidelike proses. ’n Inkalwering van geloof, hoop en liefde, tot die dag aanbreek dat jy niks om jou kan besiel nie. Want die waarde van dinge, mense en instansies hang baie af van die siel wat ons daarin plaas. En di siel kom uit onsself.

*

En hoe kan ek vrede h as liefde in my opdam, stagneer, stink en onbruikbaar word?

*

As alles gefaal het, en by name die liefde, bly alleen oor: seks. Die oerou dwelm: seks. Maar soos alle verdowingsmiddels, is dit teenproduktief. Dit neem jou weg uit die lewe uit. Dit besorg jou nie terug aan die lewe nie. En om nog te slaag as verdowing, moet dit verhewig word. En selfs dan help dit nie. Want terwyl jy seks het, smag jy na mr seks; die volgende seks. Die gevaar-ding: is dit nie ook ’n desperate poging om die voltage op te stoot nie? Jou binne die lewe te voel terwyl jy al lankal daarbuite is nie?

*

Hy het teruggekom!

Die vreemde is dat ek nooit regtig kwaad vir hom was nie.

*

Van die nautilus — die nautilus pompilius by name — s my boek oor skulpe dat dit aanleiding gegee het tot talle legendes, en deur die eeue ’n inspirasie was vir skilders en digters. Maar ek kan geen legende opspoor nie.

*

Iemand was in my huis terwyl ek weg was. Iemand het my huis gestroop. Ek moes hom nooit oor my drumpel gebring het nie. Ek het my huis ontheilig.

*

Sien, helder oordag, vir ’n breuk van ’n oomblik, al my verlore baadjies, leerbaadjies altegaar, wynrooi, asgroen, okergeel, basbruin, vuilwit, donkerbruin, op ’n hoop l, soos velle in die agterplaas van ’n Algemene Handelaar op die platteland; en hulle stink van dekadensie, en die brommers gons en flits om hulle.

*

Ek het ’n nautilus gekoop. Probeer dit teken as ontspanning. Maar ek is te gejaag. S maklik raak ’n nautilus nie gevang nie. Dit het iets van ’n dier wat kop tussen die bene steek — ’n perd, ’n bok. Of ook goed wat nie pote het nie — ’n slak en ’n dolfyn.

*

Ek word vervaard wakker; hoor my naam by deure en vensters.

Woede, hartseer; dan weer gelatenheid. Ek stuur op geslotenheid af, wat afsluiting kan beteken.

Vrees besoedel jou: ek weet dit elke nag, En helder oordag.

*

Ek het gevaarlik lank gelewe. ’n Mens moet gaan voor jy alle mense as roofdiere sien.

*

Ek wou, verbete en besete, romantiek uit die lewe pers.

*

Nautilus beteken “seevaarder”. ’n Visser vertel in ’n radiopraatjie hoe hy een, hier in Kaapse waters, by sy boot sien verbykom het, varende, en oorgebuig en hom opgetel het. Van waar, Gehasi, sou ’n mens kon vra, en waarheen so haastig op pad? Na wyndonker waters, die Ouwreldsee?

*

Tussen die laksman en die moordenaar, en tussen die krimineel en sy prooi, ’n liefdesverhouding, die intensste wat moontlik is. Want daar bestaan ’n ondraaglike intimiteit tussen hulle, gebore uit ’n verskriklike kennis van mekaar.

*

Kan ’n mens vergewe voordat jy gehaat het? Is dit nie ’n gekoketteer met die heiligheid nie, om te vergewe vr jy gehaat het? Want haat, geregverdigde haat, wil sy loop h. Anders slaan dit na binne en word ’n slepende siekte.

*

Ek het ’n kwatryn geskryf:

Vals alarm

Steeds wag ek op die tweede roof
al is my woning nou beveilig;
want k is nie. Want k bly oop:
’n glashuis deur homself ontheilig.

*

Die bose waarvan ons sogenaamd verlos wil raak — waar setel hy? Die bose wat ons verlei — onsself? Of kn die bose van buite ingryp?

Die bose as doodsbegeerte? Verskriklik te wil ondergaan omdat jy jouself as verskriklik sien?

*

Iemand of iets moet gebeur wat weer ’n vonk in my losslaan: geloof, hoop, liefde, gees-drif. (Want drif sonder gees is destruktief: ’n verbruiking van energie, en geen benutting nie.)

’n Mens sou dink dat die drie dinge n is: geloof, hoop en liefde. Maar dit is nie so nie. Jy kan verterend liefh sonder geloof en hoop. Ek het jou intiemer en intenser lief as in ons kort seisoen, lank, lank gelede.

*

Idee vir ’n kabaretnommer: ’n ma sit op ’n perron en probeer haar drie woelige kinders, Geloof, Hoop en Liefde, bymekaar hou. Sy is paniekerig, want sy verwag haar trein elke oomblik. ’n Aankondiger met ’n megafoon, en ’n stasiehorlosie, kan help bou aan die spanning. (Haar bestemming kan Eindpaal of Harmonie heet.) Wanneer sy Geloof en Hoop aan die hand het, hardloop Liefde weg. Terwyl Hoop na Liefde gaan soek, dwaal Geloof weg. En so voort. En natuurlik verpas sy haar trein.

*

Dis of ’n mens in krisistye, gedreineer deur skok, outomaties oorskakel op ’n noodbattery. Di battery hou jou aan die gang, maar laat geen luukses toe nie, soos vreugde en verwondering. En as jy op ’n dag bly voel, na aanleiding van niks of bittermin, moet jy weet dat jou battery weer gelaai is. Of amper. Want daar is weer oomblikke van paniek, waarin jy jouself kwyt raak: Wie is ek? Waarheen is ek op pad?

*

Eintlik het ons ’n gevaarlike ding aangepak, maar jy was nooit bang nie. Ek wel, op een plek. Die rivier het ’n geul geword, oneindig diep tussen regaf rotswande; en die water was stil en swart en stink, met ’n enkele veer van ’n kransduif daarop; en vlermuise het onder rotsgewelwe gehang; maar b ons het ’n vol geflits teen ’n strepie blou.


3


Hulle maak nie die blou oefeningboekie toe nie. Hulle laat dit oop l op die tafelblad. Die verskillende inskrywings is meesal met swart ink, soms met ’n blou bolpuntpen waar Leon, r wit korrigeervloeistof, ’n inskrywing verander het. Daar is ruimtes tussen die inskrywings.

“Wat dink jy?” vra Sarel ongemaklik. “Eintlik is dit j wat moet besluit.”

“Ek weet nie,” s Andr verward. “Jy kan dit skaars ’n dagboek noem, so sonder datums. En tog meer as ’n notaboek. Eerder ’n verskoning vir prosa — kunsprosa, as ek ’n bietjie onvriendelik mag wees. Ek ken Leon se werkwyse: dikwels het hy ’n kompakte paragraaf ontspan tot ’n volle verhaal. Dn word dit iets. Ek voel — ja, dit klink nou wel oneerbiedig, maar dit is so — ek voel ’n bietjie ingeloop. Ek het op iets feiteliks gehoop. Iets wat meer s oor die omstandighede. Oor hom, en ...”

Sarel staan op, van nuuts af ontstel. “Dat hy wat mense so goed ken ... En dan is die vent nie eers mooi nie. Ordinr, met niks anders in sy guns nie as blote jeug.”

“’n Rondloper, dief, psigopaat ...” las Andr by.

“En moordenaar. Hoe kn Leon ...”

“Ag, Sarel, hy het gefantaseer oor die mannetjie, hom tot simbool verhef ...”

“Laat ons terugkom na di boekie,” s Sarel kortaf. “Moet dit behou word? Is die literre gehalte ...?”

“Moeilik om te s. ’n Mens het waardering vir die sentimente; beaam hulle selfs. Maar letterkunde? En alles so eensydig. Leon het ook gelag, vroer dikwels, later minder; en hiervan kry ons niks nie ...”

“Die bieg en humor gaan selde saam, Andr. Iets anders: is daar vir jou samehang, ’n soort draad? Ek weet nie of ons te vinnig gelees het nie, maar vir my ...”

“Samehang is daar tog,” verdedig Andr. “Die skulp-motief, om iets te noem wat voor die hand l. Die obsessie met liefde en genade ...”

“Ek het nie geweet Leon was godsdienstig nie,” onderbreek Sarel hom.

“Watter romantikus is nie? Ek, jy? Ontleed ’n slag jou gebedjies.”

“Is ons al verder?” vra Sarel gesteurd. “Wat mk ons met di boekie?”

“Die RGN? Met die versoek dat daar ’n embargo op geplaas word? Ek weet nie. Ek s weer: literr nie sterk genoeg nie. Dus: ’n kuriosum. Moet ’n mens verdere nuuskierigheid voed? En hy wat so versigtig geleef het.”

“Behalwe.”

“Behalwe.”

“En nuuskierigheid was daar al genoeg.”

’n Ruk lank s hulle niks nie. Dan vat-vat Sarel aan sy ken en trek die boekie nader.

“Ek moet s, party goed is vir my verdomp mooi. Di oor die dennebol ...” Hy blaai deur die oefeningboekie. “Di oor die draaiorreltjie ...”

“Ek gee toe,” s Andr, “maar nog op soek na verband. ’n Bietjie soos daardie stigtelike gedagtes in ’n verjaardagalbum.”

“Dan verbrand ons dit,” s Sarel. “Hier en nou, voor een van ons weer begin twyfel.”

En Sarel en Andr verbrand die blou boekie met al sy paragrawe en tekeninge; al die klein energiekerne waaruit stories of verse kon gegroei het. Hulle gaan was hulle hande in die badkamer waar Leon se seep ’n byna lyflike herinnering is. Oor ’n reling hang ’n avokadogroen handdoek met Leon se monogram in roomkleur daarop.

Terug in die sitkamer, sluit Sarel die laaikassie. Hy tel weer die skulp op.

“Ek gaan dit vir my vat. Dis nrens beskryf nie. Tensy jy ...”

“Nee, nee,” s Andr, “vat dit. Ek ht een. Wanneer, voorverlede Kersfees, as present. Leon het almal van skulpe voorsien.”

Sarel kyk na die skildery. “Natuurlik, as ek di kon kry ” Hy pruil effens, wat hom belaglik laat lyk. “Maar dit gaan na die Nasionale Kunsgalery.”

“Teen die einde,” s Andr stadig, asof iets nou eers tot hom deurdring, “het hy l meer van die skulp begin hou. Meer as van die skildery. Hy het spottend van sy skulp-tuur gepraat. Ek sien hom nog, met die skulp in sy hand. ‘Snaaks,’ het hy ges, ‘hoe kunsmatig die natuur kan wees, en tog nooit kitsch nie!’”

By die deur kyk Andr terug, vir laas, want hy sal nie weer in di woonstel kom nie; Sarel wel, uit die aard van sy opdrag. Die wit porseleinkruik in die hoek is ’n kalm maar dwingende teenwoordigheid wat in voeling bly met die skildery. Tog is die vertrek nie rustig nie. Sy verhoudings is versteur. Die skulp is weg, en daar is ’n oop kol waar die kussings vroer gel het.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.