GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die manne raak belustig in 1726

Danie Botha

I think there is no Crime in making what use I please of my own body.
                  — William Brown, Londen 1726


Teen Februarie 1726 is veral Sondagaande die welaangename tyd om koers te kies na Mother Margaret Clap se Molly House in Field Lane, Holburn, Londen. Daar is ander klubs ook, maar haar huis, ingedruk tussen die Bunch of Grapes-kroeg en ’n poort, is die gewildste bymekaarkomplek vir die manne wat mekaar gesellig Molly noem, Molly synde afgelei van Margaret of Mary.

Hier kan jy in ’n groot vertrek op ’n goeie aand saam met veertig, vyftig mollies al bierdrinkend gesellig raak op ruwe houtbanke voor ’n vrolike vuur. Skerts, lag. Vat, streel. Hier’s ook ’n dansbaan. Jy en jou maat kan verkas na een van die baie kamers met een groot bed daarin (jy kan ook in daardie kamer loseer, selfs jare lank). Of julle kan met die ander die hoogtepunt van die aand afwag.

Dinge werk sů: Jonathan en Joseph is vanaand se nuwelinge. Hulle wil graag trou. Daarom gaan hulle af na ’n kelder, oftewel die Marrying Room. Voor die deur hou ’n ouerige man wag sodat dinge ongestoord daarbinne kan aangaan. Diť Eccleston is, nou ja, ’n koppelaar, en sal later in die gedugte gevangenis Newgate sterf. Dalk vermoor; dalk selfmoord.

Blykbaar hoor die bruidspaar nie net formuliere aan en steek ringe aan vingers nie, maar verkeer hulle ook lyflik met mekaar en/of die huweliksbevestiger. Want die bronne meld dat Jonathan-en-Joseph ’n uur of wat later tot vermaak van die wagtende skare rondborstig moet kom vertel van die “inisiasie”.

Tot dan en sekerlik daarna drink die ouens, soen en omhels hulle, kry hulle hande voor by mekaar se broeke in. Wanneer ’n viool begin speel, spring hulle op om te dans en te sing: “Come, let us bugger finely.”

Jy mag talle kere trou; sommige mollies is so gewild dat hulle gelukkig oor en oor as bruid of bruidegom beskikbaar is.

Soms wil ’n mollie geboorte skenk, vermoedelik in die voorkamer. Eers word “sy” swanger deur die instop van kussings. Vir die geboorte word ’n nagrok, voeringsykappie en ’n kamerjas gedra. ’n Houtpop, met beweegbare ledemate, kom in die wÍreld. Voorts moet die kind gedoop word. ’n Vroedvrou, kinderoppaster en die naasbestaandes tree aan vir ’n praggeleentheid.

Teen November 1725 is daar reeds magte aan die werk om diť vrolikheid te beŽindig. Want ewe skielik kom kuier Samuel Stevens maar alte gereeld Sondagaande, om daarna goeie verslae in die polisiekantoor te gaan opstel. Oor 14 November skryf hy byvoorbeeld:

I found between 40 and 50 Men making Love to one another, as they call’d it. Sometimes they would sit in one another’s Laps, kissing in a lewd Manner, and using their Hands indecently. They then would get up, Dance and make Curtsies, and mimick the voices of Women, O, Fie, Sir! — Pray, Sir — Dear Sir — Lord, how can you serve me so? — I swear I’ll cry out — You’re a wicked Devil — and you’re a bold Face — Eh, ye little dear Toad. Come, buss! — Then they’d hug, and play, and toy, and go out by Couples into another Room to be marry’d, as they call’d it. As for Mother Clap, she was present all the Time, except when she went out to fetch Liquors. The Company talk’d all manner of gross and vile Obscenity in her hearing, and she appeared to be wonderfully pleas’d with it.

Intussen besluit ’n verbitterde gay, wat twee jaar lank by Mother Clap geloseer het, om ook die polisie te help. Hierdie informant sal heel moontlik vir altyd net bekend staan as P. Dit dui vermoedelik op ene Thomas Phillips.

Reeds in Oktober 1724 het Phillips ’n uitval gehad met Harrington, dalk oor iets heel nietigs. Maar uit latere brokkies hofgetuienis word afgelei dat Harrington glo verkondig het dat P sy seksmaat is. ’n Beangste P neem weerwraak en versprei die nuus dat Harrington ’n volslae sodomiet is wat in die Molly Houses boer. Diť nuus bereik die polisie en teen die einde van 1725 haal hulle P om om ’n informant te word en neem hy die een konstabel na die ander as sy “lover” na die verskillende gesellige plekke. Hy soen die geregsdienaar, en die mollies verwelkom die paartjie gulhartig.

Op ’n Sondagnag in Februarie 1726 sak die polisie toe op Mother Clap se kamers en veertig manne word geneem na die onderaardse selle van Newgate. Clap word egter by die polisiekantoor aangehou. Klopjagte op ander Molly Houses volg. Nie een van die manne is op heterdaad betrap nie, sodat ’n klomp weens gebrek aan getuienis vrygelaat word. Maar daar is ook die wat beboet, aan die skandpaal gemartel word en gevangenisstraf moet uitdien. En ’n paar sterf later aan die galg.

In die verhore van die mollies is veral staatgemaak op die getuienis van twee sekswerkers, Thomas Newton (30) en Ned Courtney (18). Hulle het hulle vriende verraai en as lokvinke opgetree. Newton het sekswerk verrig vir Thomas Wright, eienaar van ’n Molly House. Thomas was nie alleen ’n seksmaat vir Wright nie, maar ook een van die wat in talle Molly Houses getroud is. Hy was nie direk verantwoordelik vir die ontdekking van die huise nie, maar sy latere hofgetuienis het tot die val van menige molly gelei. En om te dink dat dit sy goedhartigheid was wat hom ’n aangeklaagde gemaak het. Hy gaan na die polisie toe om Mother Clap se borgtog te betaal. Konstabels Williams en Willis neem hom dadelik in hegtenis en oortuig hom om sodomiete vir hulle uit te lok in ruil vir sy vryheid en vrywaring van vervolging.

Thomas Newton beskryf een van sy nagtelike optredes in Moorfield Park, met konstabels Willis en Stevenson wat hom op ’n afstand volg in die laan genaamd Sodomite’s Walk:

I know that this Walk was frequented by Sodomites, and I was no stranger to the Methods they used in picking one another up. So I takes (sic) a Turn that way, and leans (sic) over the Wall. In a little Time the Prisoner passes by, and looks hard at me, and at a small Distance from me, stands up against the Wall, as if he was going to make Water. Then by Degrees he sidles nearer and nearer to where I stood, ‘till at last he comes close to me. — ‘Tis a very fine Night, says he. Aye, says I, and so it is. Then he takes me by the Hand, and after squeezing and playing with it a little (to which I showed no dislike), he conveys it to his Breeches, and puts his Cock into it. I took fast hold, and call’d out to Willis and Stevenson, who coming up to my assistance, we carried him to the Watch house.

Diť beskuldigde, William Brown, het tot sy verdediging gesÍ dat hy maar net besig was om water af te slaan, maar konstabel Willis se getuienis is moontlik nader aan die waarheid. Hy het vir Brown gevra hoekom hy dan so ’n vreemde liggaamshouding ingeneem het. Sonder huiwering en onbeskaamd antwoord hy: “I did it because I thought I knew him (Newton), and I think there is no Crime in making what use I please of my own Body.”

William Brown is skuldig bevind aan ’n poging tot sodomie, soos die oortreding gewoonlik genoem is. Hy is veroordeel tot die skandpaal (juis die een by Moorfield), ’n boete en twee maande gevangenisstraf.

Die ander informant, Ned Courtney (18), ’n gewese kroeghulp, was reeds drie maal in die tronk: omdat hy sy baas se bejaarde moeder oor die kop geslaan het, goed uit ’n Molly-huis gesteel het en die rus in ’n ander een versteur het. Maar deur sy getuienis oor wie hom wanneer gesodomiseer het, is menige mollie gestraf, selfs gehang.

En Mother Clap? Diť blymoedige dame moes die teistering aan die skandpaal verduur, ’n boete betaal en twee jaar in die gevangenis deurbring, al het sy ook kalmpies vir die jurie gesÍ: “I hoped it will be consider’d that I am a Woman, and therefore it cannot be thought that I would ever be concern’d in such Practices.”

* * *

Jean Meiring het my verwys na ’n resensie deur Lizzie Loveridge van Mark Ravenhill se Mother Clap’s Molly House op Curtain Up (www.curtainup.com). In hierdie Londense “toneelstuk met musiek” deur die skrywer van Shopping and fucking word die mollies se leefstyl in 1726 gekontrasteer met die van ryk gays wat woes partytjie hou in 2001. Lizzie Loveridge het lof vir die opvoering, maar besluit dan: “While I laughed at Ravenhill’s funny lines, I came away with a feeling of emptiness. I cannot think of an expression which doesn’t have some sort of sexual ‘double entendre’! I don’t think I took the ‘arse wins over cunt every time’ line as a personal affront, so much as I feel that if all emotion, love, tenderness are stripped away from sexual acts, the resulting hedonism seems less than pleasurable. Maybe that is Ravenhill’s point.”


Bronne:

Peter Ackroyd: London — The biography, Vintage, Londen 2001.
Rictor Norton: “Gay London in the 1720’s — The great raid on Mother Clap’s Molly House”; oorspronklik in Gay Sunshine Journal 24 (lente 1975); opgeneem in Winston Leyland (red): Gay Roots — Twenty Years of Gay Sunshine. Gay Sunshine Press, San Francisco 1991.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.