GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

toe vertel ek my ma

Mattheus Juan Els

en my ma my ma slaan haar hande saam
waar-sal-haar-hulp-vandaan-kom-?-
blik na die wolklose hemel
maar sy bly daar
staan met die oopte om haar
en die genadelose son

dis die probleem van plekke soos dié
te veel oopte te veel son
te veel voorvaderlike aanspraak op klippe
te min wegkruipplek

en haar sug hol die rante uit
stoot bitterbossies plat
skop stof op
horison toe

en

die pa van my grom bietjies-bietjies
skud sy kop hier
skud sy kop daar
kannie koers kry nie

en daar staan ons

en die oopte



*


my oom sit sy pens voor my neer

Mattheus Juan Els

my oom sit sy pens voor my neer
kaalpienk blinkgeswel
twee tepels soos moeë oë
skuil verleë in sy armholtes

die tuintafeltjie huiwer 'n oomblik
my bier brander daai kant toe
(dis 'n familiefees, sien)
syne mors oor die blad

kyk die saak staan
so kan jy nie maak nie

ek staar stom
grillende familievlees

dril hy voort
dink aan ma en pa

die drilding donder
aanspraak op my gevoelens

teug ek
innerlik vlammend en al
aan my bier
bly
koel soos in 'n fliek




*


ou langsaan

Mattheus Juan Els

laataand in die gang
waggel hy bak-arm verby
strepies styfgespande reebok
oor bulte en knoppe
beloftes geur vanuit sy oksels
talm gul om my
oombliklank
kopkniklank

houzit, boet




LitNet: 31 Augustus 2004

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.