GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Só is dit om biseksueel te wees

Chrisjan

Ek het almal se menings rondom die gay-/bi-lewe gelees. My hart het weer eens gekrimp. Want ek is 57 jaar, 35 jaar getroud met die beste vrou op aarde, twee volmaakte, slim seuns, hooggeleerd, met hul vrouens skoondogters wat enige ouer begeer.

EN EK IS BISEKSUEEL!

Mense, julle weet nie werklik wat so 'n mens deurmaak in sy lewe nie. Ek belowe julle, dit is loutere hel. Jy wil lewe en jy wil ook nie lewe nie. Jy het die Here lief, jy het jou mense na aan jou baie lief. Jy vertrou die Here somtyds, somtyds nie. Hoekom ek? Wat het ek gedoen dat ek in hierdie hel moet lewe?

Jou maskers waarmee jy moet saamleef, raak soms vir jou 'n kruis wat soos lood voel. Die agteraf gespot en geskinder van mense. Dit is logies dat jy in ander dinge belangstel as wat die normale man in belangstel. Ek is lief vir die kunste, lief vir musiek, lief vir my tuin, lief vir die mooi fyn dinge in die lewe. Maar EK MAG NIE! EK MAG DIT NIE BEOEFEN NIE, EK MAG DIT NIE AANHANG NIE, EK MAG DIT NIE ONTWIKKEL NIE. Nie aanvaarbaar vir ouers, familie, onderwysers ens, ens nie.

Ek kan dinge doen wat manne doen - kan dit selfs béter doen as die nie-bi- of nie-gay manne. Alle herstelwerk in en rondom die huis. My klavierlesse op skool het ek self gestop - die gespot kon ek nie hanteer nie. Ek wou drama gaan studeer het. Nee, my pa sou die stuipe kry!

Maar op die wonderlikste persoonlikheid waarmee ek gebore is, het ek toe staatgemaak. "Doen nie aan ander wat jy nie aan jouself gedoen wil hê nie." Nie altyd gewerk nie, baie seergemaak soms, hartseer binne-in myself. Sjoe, as ek darem aan alles dink wat in my lewetjie gebeur het, sal ek 'n boek kan skryf van miljoene bladsye. En net om mense se sieninge van my anderste menswees te verander.

Meneer, jy wat dink jy is baie manlik; dame, jy wat gou klippe gooi na sulke mense, ek vra julle met liefde uit my hart: hou op, julle maak mense seer. En julle klippe het al baie selfmoorde veroorsaak. Ek wou baie kere ná so 'n aanval deur mense my eie lewe neem. Weer eens glo ek die Here het ingetree en my gehelp.

Ek kan julle belowe, as ek my kon verander het, sou ek dit vroeg in my lewe wou doen. Die waarheid is dit: daar is geen sielkundige, geen pil, geen mens wat jou kan verander nie.

Ek glo ek is gay/bi gebore nadat my ma geboorte gegee het aan twee seuns, weer swanger geraak het en vas geglo het dit is 'n meisiekind. Alles was pienk en reg vir die koms van 'n dogter. En weer word hierdie dingetjie met 'n "pieletjie" gebore. Dink net wat het alles in daardie baarmoeder gebeur die nege maande wat sy my verwag het. Die hormone was so ingestel op 'n meisiekind, hoe kon ek as normale man/seun gebore word? In my grootwordjare het ek heeltyd gehoor eintlik moes ek haar meisiekind gewees het. Verder moes ek help met alles in die huis.

Of ek ooit seks met 'n man gehad het? Ja, twee keer in my lewe. Op 17 en nou onlangs. Op 17 het 'n onderwyser my verlei; oukei, ek het saamgespeel. Onlangs het ek 'n klub besoek en die daad gedoen net om seker te maak of dit werklik vir my is. Ja, dit was oukei, maar ek loop met 'n geweldige skuldgevoel binne-in my. Ek wil nie meer lewe nie; hoekom moet ek aangaan met 'n dubbele lewe? Want my behoeftes en drange bestaan daaruit om deur 'n man geliefkoos en bemin te word. Ongelukkig het ek so 'n vriend ontmoet, ook bi, getroud, en ons lewe al twee met dieselfde gevoelens soos hier in my brief uiteengesit. Maar ons is nog lief vir ons vrouens en kinders.

Mense, al wat ek vra is: dink mooi voordat julle ons aanval, dit is LOUTERE HEL!



LitNet: 06 Mei 2005

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.