GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Gay@LitNet is drie jaar oud!

Bejaardes, spanjaarde, stoombaddens en ander vreugdes

Dis anders hier!

Deon Maritz skryf uit Australië en reageer ook op Johann Rossouw se jongste nuusbrief.

Wel, long time no hear! Laas toe ek geskryf het, het ons nog in Nieu-Seeland gebly. Nou, ná amper ses jaar, is my ander helfte verplaas na die land van Oz. Al wat ek ná amper drie maande hier kwyt kan raak, is: "RAMP!" Ek haat dit hier. Hier is nie Suid-Afrikaanse produkte nie. Soos Johann Rossouw, is ek ook "common" en hou van koeksisters en melktert. In Nieu-Seeland is daar baie tannies wat vir die Suid-Afrikaanse Winkel bak. Hier in Australië – wee, o wee. Hier is nie so iets in Gay Sydney nie.

Die weer is darem lekkerder as in Auckland, en ons bly in 'n baie mooi woonbuurt. Ons het nie 'n motor nie. Ons loop maar waar ons wil wees. As dit te ver is om te loop, dan gaan ons nie. Ek dink Sydney word heeltemal oorskat. Dit is maar net nog 'n stad met hoë geboue waar die wind koud in die strate waai, en die mense is net so onpersoonlik soos in Johannesburg of Londen. Selfs die Operagebou is maar net nog 'n gebou. Ek is gek na argitektuur en kon nie wag om dit te sien nie. Dit is regtig net mooi op foto's – uit en gedaan.

Werk is skaars, alles is duur en die produkte is nie dieselfde as in Auckland nie. Ons moet weer van voor af leer wat is lekker en wat nie. Ek is nou al heeltemal te oud vir sulke sports. Soos Johann, kan ek ook vra: Vir wie moet ek die skuld gee?

Die "scene" is nogal nie te sleg nie. Was die ander dag King Steam toe. Dinsdae is seker maar Pensioenarisdag, want ongeveer 80 persent van die mans was oud en vreeslik oorgewig. Daar was darem so 'n paar jong manne (onder 50!) wat mens nou kon uitkyk. Dis nie soos in Pretoria waar almal heeltyd net loop en mekaar uitkyk nie. Hier sal hulle een keer kyk en die tweede keer bid jy vir pouse!

Soos gevra, stuur ek 'n foto. Dit is geneem met my en Quintin se Civil Union op 20 Mei.

Laat dit goed gaan en behou Gay@Litnet se hoë gehalte!

Danie: Geluk, Deon en Quintin! Dankie ook vir die vriendelike woorde oor ons blad.
















Skryf vir ons en wen drie boeke ter viering van Gay@LitNet se derde verjaardag!

Deon herinner my aan die saak van "gay en grys" en/of "gay en gewigtig" in openbare ontspanningsplekke. In sy boek Tricks (De Arbeiderspers, 1988; uit Frans vertaal deur Joop van Helmond) beskryf Renaud Camus talle seksuele ontmoetings uit die jare sewentig van die vorige eeu in Parys. In 'n park ontmoet hy vir Daniel wat 'n motorfietshelm en swart leer dra. Die verteller en die begeerlike man is blykbaar van dieselfde ouderdom: tussen dertig en vyf en dertig. "Ik ben bij hem gaan staan en heb mijn hand op zijn gulp gelegd. Onmiddelijk deed hij bij mij hetzelfde." Die verteller bewonder Daniel se gespierde bors en buik. Hulle gaan oor tot volledige seks. Dan die wending: "Intussen was een Noordafrikaan van een jaar of veertig dichterbij gekomen en ineens voelde ik diens stijve lul tegen mijn kont aan. Ik duwde hem met een hand weg. Overigens stond op een halve meter van ons af een bolle vijftiger, die ons geen moment uit het oog verloor, terwijl wij elkaar zoenden en om de beurt pijpten." Die verteller en sy maat kyk mekaar aan, sug saam en hulle wil maar elders heen verkas.

Vertel gerus hoe jý dié soort geleenthede ervaar. Alle partye kan gerus hulle uitspreek oor die voordele, nadele, verwerplikheid, aanvaarbaarheid, ens. Stuur reaksies na dbbotha@mweb.co.za. Die beste bydrae wen 'n boekpakkie bestaande uit:

- Tweede natuur deur Johann de Lange
- Hittegolf: wulpse sonnette met 'n nawoord deur Hennie Aucamp
- Party van ons saamgestel deur Danie Botha
Johann Rossouw issie kommin nie

Libby:

Hier waar ek in Hongkong sit, het ek Johann Rossouw se eerlike brief uit Taiwan baie geniet. Johann, soos ek, is jy 'n "expat", maar "common" is jy beslis nie! As ek huis toe gaan, geniet ek daardie koeksisters saam met jou!

Gay Spanjaarde inspireer kunstenares

Desireé Malan:

Ek lees nooit huldeblyke nie, maar het vandag Jaypee Malherbe s'n in Die Burger raakgelees. Hy huldig sy ma met haar verjaardag. Dit moet die mooiste huldeblyk wees wat nog ooit gepubliseer is (in Die Burger, in elk geval). Ek haal aan: "Die NG Kerk aanvaar ons nou soos voëls. So lank ons net nie vlieg nie. Nou sal hulle ons seker volstruise noem i.p.v. moffies."

Ek is nie gay nie en sou onder "'normale" omstandighede nie hierdie webbladsy besoek het nie, maar my ding met gay mense het met Laurie Gaum en die NGK begin 'n paar maande gelede. Ek is 'n doodgewone "straight" ma en vrou en is lief vir my kerk. Die tragiese gebeure rondom Laurie en die kerk se teleurstellende reaksie het by my gespook. Ek het met belangstelling die koerantberigte en menings gelees. In dié tyd was ek in Spanje, waar ek vir die eerste keer gaypornografie op televisie gesien het – ek was geskok omdat dit 21h00 op 'n gewone TV-kanaal uitgesaai is. Geen kredietkaart nodig nie – wat van die Spaanse kinders wat daai tyd van die aand "per ongeluk" daarop afkom! Twee dae later sien ek hoe twee gay mans mekaar hartstogtelik soen op Madrid-lughawe as afskeidsgroet, en deernis wel in my op. Skielik besef ek dit gaan nie (noodwendig) om seks nie – dit is liefde. In 'n helder oomblik besef ek toe dat twee mans mekaar werklik lief kan hê. My stryd is nog lank nie verby nie en ek het nie 'n klinkklare antwoord nie. Is dit sonde? My God is 'n God van liefde. Amen.

Terug by die huis gryp ek my terracotta-klei en vinnig-vinnig maak ek 'n beeld met die titel "'n Kas is vir klere" (dankie, Pieter Cilliers) en skryf dit in vir Ceramics SA se Wes-Kaap-streekuitstalling. Ek hoef dit nie eers op papier uit te werk nie – dit kom net eenvoudig van binne af. Was verbaas toe dit gekeur is vir die uitstalling, want ek het gedink die Engelse keurders sal tog nie die titel verstaan nie! Ek dra dit op aan Laurie Gaum en alle ander gays wat lief is vir my God en wat nog steeds die NGK-dienste bywoon.

Danie: Desireé se "'n Kas is vir klere" was tot 22 Oktober te sien in die Kunstekaap, Kaapstad. Sy skryf dat dit "verskriklik baie" vir haar sal beteken as sy weet "hulle wat weet" het dit gesien. Stuur gerus jou kommentaar. Ons sal moontlik later 'n foto van die kleibeeld kan plaas.

Daardie familiegevoel!

Elanri Dreyer:

Die "Huisvergadering"-gedeelte in "ons" site is great. Thanks, dis baie lekker om ander se opinies te lees. Dit voel werklik soos 'n familie.

Definieer ons anders?

Hanno Botha:

Ek kon goed assosieer met Willie Knoetze se rubriek “My Tiende” (6 September 2005). ‘n Knaagpunt was egter sy verwysing na “nieheteroseksuele”. Terwyl ek aanneem hy gebruik hierdie term ter wille van inklusiwiteit om alle LGBT-mense in te sluit, definieer dit ons in terme van wat ons nie is nie, in plaas van wat ons is. Dit klink baie soos die ou dae se “nie-blankes”, waarmee ek dieselfde probleem het.


LitNet: 7 November 2005

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.