GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die gaylewe in Taiwan is maklik!

NOG 'N JOHAN glo dis hoog tyd dat hy Johann Rossouw "die regte lewe" in Taiwan wys. Hy vertel 'n paar snaakse stories.

Ek lees met 'n skelm glimlag die twee nuusbriewe wat Johann Rossouw skryf vanuit Taiwan. Ek dink dis hoog tyd dat ek Johann in die hande kry en hom die regte lewe wys hier. Ek is al amper vier jaar hier en moet erken, Johann het 'n hele paar punte aan die stert beet. Jammer, niks slegs bedoel nie, Johann.

Eerstens, laat my kommentaar lewer oor die "uit-die-klas-klim"-kwessie. Sommer ook oor die NG Kerk en die homofobe. Wys my daai kas om uit te klim en ek gee jou Kersfeesvader se telefoonnommer. Volgens my opinie skep ons vir mekaar die angs en sweet as ons daaraan dink om "uit te klim". Dit was 'n baie goeie idee in die tagtigs om die gaysamelewing uit die swart kalklig in die wit in te bring, maar dit was toe. Ons weet almal nou daar is moffies en lette. En "so what?"

Vra jy jou ma en pa wat hulle agter geslote deure doen? As dominee, vra jy die NG-gemeente of hulle somtyds die buurvrou sonder klere sien en per ongeluk owerspel pleeg? En dis my punt. Vir wat moet ek myself onwaardig maak om te verkondig "Ek is gay"? Geen straight het nog na my gekom met sweet en angs op die gesig en saggies geprewel "ek moet jou iets vertel" nie ... Punt gemaak. Is jy gay? Ja of nee? Aanvaar die kerk jou? Wie gee enigiemand die reg om godsdiens van enigiemand te weerhou? As jy wil bid, gaan bid jy. Soek jy lig in die Woord, gaan kerk toe. Wil jy trou? Gaan doen dit in Holland. Gee dit net 'n rus, asseblief.

En vir die gay-bashers van Pretoria wat in die skole (soos ek vandag op News24.com gelees het) 'n 16-jarige kind beetgekry het, wees gewaarsku. Daar mag dalk net 'n groep moffies by die skool opdaag en julle leer wat dit is om 'n man te wees. Kom ons kyk of jy 'n "9-inch tool" kan vat met plesier! Ag nee, man, en selfs die polisie wat die ouers aangeraai het om nie 'n saak teen die leerlinge te maak nie Ė sies, man! Ons het 'n konstitusie. Dis die een-en-twintigste eeu! Vir wat is almal so stil? Of het ons almal maar net te "ja-goed-ek-is-te-bang" geword? As ek die ouers was, sou ek my stem dik gemaak het en daai klein bliksempies laat les opsÍ het. Sulke gedrag hoort nie in ons skole nie, nog minder met opgevoede Pretoria blanke seuns. Dit het my bloed aan Ďt kook.

Maar terug by Johann in Taiwan. Ek verskil van Johann en wil graag die feite regstel. In Taiwan is daar nie 'n probleem met gay of straight nie. Wat mense in hulle slaapkamers doen, bly daar. Hulle sien geen rede om dit in die openbaar te bring nie. En dis hoe dit hoort. Waar sien jy dat die gaylewe moeilik is, en waar sien jy dat jy 'n konserwatiewe huis geblameer word vir jou moeilike gaylewe? Snert. Dis hoe jy dink. En nee, niks was onaanvaarbaar nie. Almal wat weermag toe was, sal erken dat die meeste 'n buddie of twee al uitgehelp het. So, waaroor die bohaai?

Goed, ek noem hier bo van die seun wat aangerand is in die skool. Maar dit is nie omdat hy gay is nie. Dit is nie sy skuld nie. Hy is 'n slagoffer van geweld en geweld is teen die wet die laaste keer dat ek die wetboeke gesien het. Vele huisvroue word ook aangerand, so ook kinders, maar dis nie omdat hulle gay is nie. Geweld het sy oorspronge en ek is seker dat geleerde en opgevoede mense sal weet waar dit lÍ. Dus, spreek geweld aan. Dis daar waar die probleem lÍ en dit slaan my stom dat die mense wat wet en orde moet handhaaf, dit wil oorsien. Die wet is daar; gebruik dit tot sy volle mag.

Taiwan het 'n ietwat anderse manier. Mense hier waardeer lewe; mense hier is opgevoed en geleerd. Daar is meer mense hier wat met meestersgrade sit as al die universiteitgeleerdes in Suid-Afrika. Twee van my vriende gaan volgende maand voor hulle Boeddhistiese priester trou sweer aan mekaar. En teenstrydig met wat Johann dink, gebeur dit taamlik dikwels. Nuus vir die onderwyser: daar is lewe buite die klaskamer. Maar dan weer is dit verstaanbaar, want die meeste onderwysers wat ek hier ontmoet het, is eng, en dig toe geplak met oogklappe.

As ek mag, vergeef my, Johann, maar ek dink dis hoog tyd dat jy Mandaryns leer skryf, lees en praat. Dan sal jy agterkom dat die selfmoordsyfer onder Taiwan se jeug NIE "gay related" is nie. Die selfmoorde hier is die gevolg van 'n stresvolle lewe. Jy behoort te weet dat kinders om sesuur opstaan, skool toe gaan tot twee of vyf in die middag en nŠ skool buitemuurse aktiwiteite doen om ekstra punte te kry om in die beste skole in te kom. Die meeste van hulle sit tot elfuur in die nag in ekstra klasse, kom eers twaalfuur by die huis aan. Dan moet hulle nog huiswerk doen, leer en slaap. So, die meeste van die kinders hier het so vier tot ses uur om te slaap. In Suid-Afrika word ons agtuur bed toe gestuur. Waar is die ooreenkoms tussen Suid-Afrika en Taiwan? Kinders hier het meer stres as ons by die huis.

Verder pleeg veel meer meisies as seuns selfmoord as gevolg van tienerswangerskappe. En, weer eens teenstrydig met wat Johann dink: AsiŽrs vat tienerswangerskappe en vrou-sonder-man-kinders ernstiger op as om gay te wees. Ek het vele maal gay vriende se ouers ontmoet en glo my, of hulle dit weet of nie, familiebande hier is sterker as die Italiaanse mafia. Gay of nie, jy is familie en ons sien om na mekaar. Dis die lewe hier.

Oor die dwelmkwessie: snaaks dat Johann dink dat gay mans wat in hegtenis geneem word oor prostitusie en dwelmgebruik so erg is. Ek bedoel, Taiwan is 'n land waar jy met dwelmgebruik die doodstraf kan verdien. Dit staan hemelsgroot geskryf op die mure van die lughawens. Dis die eerste ding wat jy sien as jy hier aanland. "Drug trafficking carries the death penalty." Alhoewel hulle dit nie meer so erg toepas nie, kan mens nog steeds opgesluit word vir 'n lewenslange tronkstraf. Ek kan nie verstaan dat hy dit vergelyk met "moeilike gaylewe" nie.

Dis hoekom ek jou aanraai om Mandaryns te leer, want die Engelse koerante hier is nie die papier werd waarop dit gedruk word nie. (Terloops, ek is vier jaar hier, en het myself geleer.)

So, daar is bitter min vergelykings tussen die gaylewe in Taiwan en Suid-Afrika. En in my opinie is die Taiwannese baie meer openlik as die Suid-Afrikaners.

Iets wat my baie opval hier, is hoe die Suid-Afrikaners wegkruip. Dis asof hulle te bang is om met jou te praat. Hulle hou hulle eenkant en, al moet ek dit nou self noem, neus in die lug. Lyk my Johann het 'n punt beet daar ... Verandering is nodig.

Oukei, goed, ek het my punt gemaak. Ons het nou lekker gepraat, en nou is dit tyd om 'n bottel wyn oop te maak.

Ek sit in my huis hier in Muzha en kyk KykNet! op my nuwe skottel wat ek die naweek laat insit het. DANKIE aan die spierpaleis-Taiwannees wat die son getrotseer het. So van agterlangs loer ek na hom, met 'n gin in die hand. Ou gewoontes sterf nooit! Die skottel is op, en ons toets my nuwe platskerm-plasma-TV om te kyk of die sein sterk genoeg is. Nee, sÍ ek. Die skottel moet so drie grade links. Op is die man, agterna is ek. Loer weer. Laat ek bieg. Haarlose, seepgladde olyfbruin vel was altyd my swakte; vir wat sal ek nee roep vir so 'n geleentheid?

Goed, drie grade links later staan hy langs my. Ek stop die man 'n gin in die hand en ek roep die kanaal KykNet op. Ni kan, Nan-fei de TV. (Jy sien, Suid-Afrikaanse TV.) Wow! Olifante, bosveld. Die man wil net weet waar is die swartes, die goud en die diamante. Dis ook al wat hulle weet van ons. Ek lag. Hy sluk-sluk aan sy gin met so 'n lawwe rooi in die gesig. Wel, die middag se sweet, son en gin het sy ding gedoen en later is hy vort met meer as 'n fooi in die sak. Ek kla nie. Die gaylewe hier is wonderlik. Ek het al meer geleenthede hier in een week gehad as wat ek in my hele lewe in Suid-Afrika gehad het!

Ja, vele harte gebreek en myne was ook aan skerwe by meer as een geleentheid. Onlangs is die koeksisterklub van Taipei, "KKT", weer in orde geroep nŠ 'n lange afwesigheid. Die Afrikaanse mowwe kry mens maar oral. En as hulle bymekaar kom, veral in 'n plek soos AsiŽ, kan jy verstaan dat 'n gekekkel in die hoenderhok soos 'n Sondagoggendse NG-gesang klink as mens die twee met mekaar sou vergelyk. Van oral het hulle gekom. Sjina, Hongkong, Singapoer, Japan en Korea. Dit was asof Noag se ark aan wal gekom het Ė minus die vroue en kinders (o ja, ískuus, Dominee, en die diere).

Susters in die moederland, julle voortande asseblief, want die skinder en die nuus wat uitgeruil was oor die naweek, sou julle die volgende eeu laat insien het. Ek kon skaars byhou en ek is 'n Tweeling! En soos tuis, het ons natuurlik die stad gaan pienk verf. Die besighede het hulle winste vir die jaar gemaak en gesluit vir lang vakansie.

Maar soos met alle goeie dinge het Sondag sy gesig kom wys en almal is weer terug op Cathay en Japan Airlines, want volgens ons is die diens beter as SAL, en boonop is die naaste SAL se Airbus in Hongkong. Dank die hemel vir klein wonderwerkies. Want sien, soos ons susters in Europa, AustraliŽ en Amerika, het ons besef dat, alhoewel ons trots is op onse erfenis, is daar 'n lewe buite die grense, en ja, dis meer interessant met beter diens en kos en vlugkelners. (Verskonings word nederig aangebied.)

En volgende naweek kry ons mekaar in Tokio, want ons het Richard Clayderman se konsert die afgelope naweek gemis en sal hom daar kry.

Ek wil graag vir Johann sterk aanpor om tog 'n skuif te maak uit die onderwyskringe uit, of om 'n poging aan te wend om mense buite die onderwyskringe te ontmoet, want sien, dis heerlik hier as jy die regte mense ontmoet. Goed, ek moet ook erken dat as ek nie vir 'n Duitse maatskappy as 'n projekbestuurder gewerk het nie, sou die lewe anders gewees het. Maar dan weer, ek sal enige tyd my das en baadjie verruil vir 'n onderwyspos hier. Die op en af vlieg tussen die Asiatiese lande en terug Europa toe vir verslag lewer, kry mens nŠ 'n ruk onder. Dan vat mens maar 'n week af en gaan maak lyf nat op ViŽtnam se "sonder-toeris"-strande of gaan kyk na Kambodja se mure of gaan stap rond in die verbode paleis in Beijing. Daar is veel om te doen. Alles is goedkoop en vele male pak ek 'n tas en neuk Japan of Bangkok toe vir 'n naweek.

"As die lewe in stad my onderkry, dan vat ek die wandelpad ... oor Japan se mooi landskap, op Singapoer se Sentosia. Dan sing ek my wandellied, dan sing ek my wandellied." Goed, ek erken, my FAK het ek by die huis vergeet en met Duits, Engels en Mandaryns die hele dag skeep mens Afrikaans af. Dis hoekom die "KKT" daar is:-)

Maar terug by skool hou. 'n Vriendin vertel die anderdag sy het haar Jobsgeduld verloor en skreeuend die gang afgehardloop. Toe sy omkyk, sien sy 'n streep vierjariges met trane in die ogies wat haar agternasit. "Magtig! Kom hier, jou klein helletjie!" skreeu-huil hulle uit diepe bors. Sy draai om, gryp hulle styf vas en huil toe saam. Sy vertel dat dit die beste dag van haar hele lewe was. Nou, vyf jaar later, sit sy nog steeds hier. Sien, selfs hier leer die kinders Afrikaans. Wel, ons moet bieg. Die Afrikaans-onderwysers se sÍgoed vind aanklank by die kinders. Hulle leer verskriklik vinnig en ek kan glo dat hulle diep in mens se hart kruip.

Op 'n ander keer vertel 'n vriend van my dat die kleuterskoolkinders (driejariges diť keer) moet leer boek lees. Nou waar in die lewe sien jy 'n driejarige kind met 'n boek op die skoot? Maar die hoof sÍ dit moet leer lees en lees sal hulle moet lees. Briljante brein soos hy het, kry hy 'n idee. Trom in die regterhand, driehoek in linker. Die woorde in die boek word gemerk: 1, 2, 3. Die trom word geslaan; die vinger beweeg na 2. Kom die laaste woord op die bladsy, dan tingel die driehoek en die bladsy word omgeblaai. Net soos "Storieman" van ouds. Dit hou aan, drie maande lank. Trom hier, driehoek daar. Dit leer lees. Woord vir woord. Verstaan nie wat die woord sÍ nie, maar daar is 'n woord en hy klink "elephant".

Kom hy eendag by die skool aan en maak reg vir die klas. Gaan sit kruisbeen op die grond. Ook nie lank nie, of sy witbroodjie kom plak haarself op sy skoot. "The elephant lives in the zoo" ... Boek onderstebo, maar die vinger beweeg, die bladsy blaai, die sinne word gesÍ. Hy sÍ nŠ sy die hele boek aan hom "voorgelees" het, moes hy homself dringend verskoon, want hy kon nie die trane terughou nie.

Ek beny onderwysers soos Johann, want hulle kry die kans om kinders te "hÍ" vir 'n kort tydjie. Hy kry die kans om te sien hoe kinders leer. Hy sien hoe kinders grootword. Hy kry die kans om homself op hulle af te druk en 'n goeie rolmodel vir hulle te wees. En ek is seker, diep in die kinders se harte is hulle baie dankbaar vir onderwysers soos Johann en my vriende. Julle ouens doen goed en ek glo dat julle lewens verryk word elke dag. Al kom julle dit nie agter nie, is daar lewenservaring wat julle kry wat niemand buite die onderwys ooit sal kry nie. "That's life. To mean more to them than just a being a teacher."

En daarmee sluit ek 'n lang dag by die kantoor af. Dis tienuur en ek is op pad huis toe. Dankie vir Zachda in Suid-Afrika wat my die link gestuur het.

Groete vanuit Taiwan.

Nog 'n Johan


LitNet: 20 September 2005

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.