GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Lesers sê Johann Rossouw praat die waarheid oor gays

Menings van lesers

Johann Rossouw se jongste nuusbrief uit Taiwan, waarin hy oor gayverhoudings in Suid-Afrika skryf, het instemming uitgelok:

  • Hardie van der Westhuizen
    Dankie, dankie, dankie. Dis seker die beste, eerlikste en diepste opinie wat ek nog oor Suid-Afrikaners en gay-wees gelees het.

    Ek het op 'n klein plattelandse dorpie grootgeword, en het van my vroeë tienerjare al geweet dat ek gay is. Maar jy mag dit nie sê nie, want dan's jy beslis van die duiwel besete.

    So het die jare maar verbygegaan, en het ek heel op my eie maar geleer om dinge te aanvaar soos dit is. Dit was nie altyd maklik nie, en jy maak nie altyd vrede daarmee nie, maar jy leer om dit te aanvaar.

    (On)gelukkig het ek nooit die geleentheid gehad om soos Johann Rossouw my goed te kon vat en land-uit te gaan nie. Ek wens baie dae ek kon dit doen, maar nou ja.

    Ek wil graag 'n beroep op Suid-Afrika se gay-gemeenskap doen: "Kom ons wees eerlik met onsself, en besluit dan of ons kans sien om met dié leuen saam te leef."

  • Jim Hendin (Jacksonville, Florida, VSA)
    Johann Rossouw se brief is goed geskryf, en ek het dit baie geniet. Daar was een ding wat my oog gevang het in die inleiding, waar hy geskryf het: "... voor ek my finale eksamen kon skryf, is my 'gayheid' gediagnoseer. Ek is summier gevra om die kerk te verlaat." Dis altyd dieselfde ou storie van die onaanneemlike werklikheid dat Christus op die kruis gesterf het vir al ons sondes. "Gay Christen" is nie 'n paradoks nie.

    Marsha Warfield, 'n Afro-American toneelspeler en komediant, het eenmaal gesê: "You know, I think it's more difficult to be gay than it is to be black. You don't have to tell your parents that you're black."

* * *


Ek noem teenoor Jacob Meiring, skrywer van 'n Wolk breek, dat Gay@LitNet heelwat bydraes uit die buiteland ontvang. Hy antwoord:

Ek dink 'n webruimte soos hierdie is meer as net 'n letterkundige geleentheid; dis 'n basis vir 'n gemeenskap. Alhoewel relatief anoniem, bied dit 'n trefpunt, veral vir ouens in die buiteland. Hier (buite SA) het mens oorgenoeg geleentheid om jou verlede te betrag en jou kultuur (SA en gay) van buite dop te hou, en al die mense wat ontmoet word, en ervaringe, stimuleer tog mens se kreatiwiteit.

DANIE BOTHA

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.