GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Na die dood van Douw Wessels moet ons diep praat en mekaar vashou

Charley Krog

Ek sit in die gryse Europa, so vreeslik ver van almal vir wie ek lief is en wat my help om sin te maak van die lewe. Ek hoor so stuk-stuk uit verskeie oorde die nuus oor Laurie en Douw. Ek dwaal met die verhaal in my kop rond en word telkens weer in 'n nuwe rigting gedruk as ek iets meer hoor oor hierdie tragiese, vernietigende ding. Aanvanklik is ek kwaad, vererg oor die vermetelheid wat iemand kan hê om hierdie delikate wasgoed byna op die dorpsplein te staan en uitwas. Ek voel verraai namens Laurie oor intieme persoonlike mens-dinge wat hier hardhandig vir die wêreld gegooi word. Oor skuld dink ek in hierdie tyd maar min, dalk oor ek vanuit my eie stukkie pad ook al geleer het dat skuld ons nêrens bring nie. Trouens, skuld wys dat ons nog vasgevang is in 'n oppervlak-argument van reg en verkeerd, van wit en swart.

Ek lees iets raak wat my laat besef dat hierdie absolute tragedie ons dwing tot dieper besinning: "I believe … that in the rejection, or transcending, of the scapegoat principle lies the greatest moral challenge for modern man - Thomas S Szasz. Uit wat vir my uit die pers en die kerk se reaksie blyk, is ons oudergewoonte nie besig om die uitdaging te aanvaar en in 'n dieper gesprek betrokke te raak nie. Nee, ons kies maar weer om iemand wat nou omarming en nabyheid nodig het, teen 'n openbare kruis vas te spyker en ondersoeke te loods dieper in 'n gebreekte wasgoedmandjie in. Ek vermoed dis oor dit vir ons makliker is om mense as siek of pervers in boksies te kan plaas eerder as om kritieke vrae te vra oor die omstandighede wat gelei het tot hierdie absoluut stukkende gemors. Dit is makliker om hooghartig langs die neus af te kyk na nog 'n debakel in die pers oor die kerk en gaykwessies as om antwoorde te gaan soek op die vraag waarom dit vir iemand na die enigste uitweg uit 'n situasie gelyk het om sy binnegoed vir die Son te gaan verkoop en daarna by die see die lewe op te gee. In watter samelewing leef ons waar dít vir 'n stukkende mens die enigste uitweg word? Watter waardes hang ons aan wat mense, dié wat nog die moed het om 'n kans te waag met mekaar en met die liefde, op so 'n allesverloor pad bring?

Telkens het ek al in gesprekke gesit waar mense hulle standpunt op die tafel plaas oor die gay-debat as sodanig. Mense kan oor die algemeen na my mening in twee kampe gejaag word oor die saak (as dit dan nou regtig nodig is om mense in kampe te jaag …). Aan die een kant mense wat oor die "saak" praat, en daarteenoor mense wat getuig van die ervarings van familie, vriende of na 'n eie stuk pad van persoonlike worsteling. Die radikale verskil tussen hierdie twee groepe is, sover ek kan sien, 'n stuk gebrokenheid. Dit raak immers bitter moeilik om 'n ander man te kruisig as ek die droewigheid van dieselfde worsteling aan my eie lyf ken.

Ek dink die uitdaging vir die kerk en vir die samelewing in dié tyd is om in ware, diepe gesprek met mekaar betrokke te raak waar ons gebrokenheid na die oppervlak kom. Ons uitdaging is om mekaar vas te hou in gesprek, al verskil ons dan ook radikaal van mekaar. Om mekaar nie te los nie, om nie in verskillende hoeke te sit en gons nie, om nie die rug op mekaar te draai nie. Deur bogenoemde optrede koop ons in 'n samelewing in waar gesprek oor moeilike goed in die lewe nooit die lig sal sien nie. Waar mense op hulle eie worstel met hulle seksualiteit en ná 'n bittere pad waarvan nie een van ons eers naastenby die konsekwensies kan begryp nie, bankrot boedel oorgee. Dit is dan juis hierdie bepleite ruimte van diepe gesprek wat nou aan Laurie ondersteuning sou bied en nie oordeel nie; dit sal hom op sy voete help en hom nie verder die vloer intrap nie; dit sal langsamerhand ook aan hom 'n stem gee waarmee hy tot verantwoording kan kom. Want ten diepste is hierdie ruimte nie 'n goedkoop plek waar ons gemaklik met mekaar sit en tee drink nie; nee, dis 'n plek waar ons mekaar in die oë kyk en in gebrokenheid worstel op soek na nuwe insigte. Omdat die lewe, nes die dood, soms te groot is vir woorde, en dan moet ons so desperaat aan mekaar vashou dat gewone stukkende mense onder ons nie opgee en spreekwoordelik uitspoel op Kampsbaai se strand nie.



LitNet: 11 April 2005

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie mening. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.