GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Dis mý storie dié 7

Werksvriende

Marckis Markgraaff

Hy was ‘n mooi ou. Alexander was sy naam, maar almal het hom sommer Xander genoem. Hy het smaraggroen oë en donker hare gehad. In die begin was ons maar net vriende by die werk. Het mekaar bedagsaam gegroet en klein geselsies, so af en toe, aangeknoop. Maar nooit sou ek kon dink dat hy gay was nie. Hy het rugby gekyk saam met die manne en koffie gedrink saam met die vroumense. Baie vriendelik met almal.

Soos ek gesê het, ons was net werksvriende, maar dit het verander toe ons eendag saam uitgegaan het in ons etensuur. Sommer so op die ingewing van die oomblik het ons besluit om in een van die eetplekke naby die kantoor iets te gaan eet en drink. (Wás dit op die ingewing van die oomblik, of het my hart net vinniger begin klop toe hy my vra?) Ons het gesels oor werk, so 'n bietjie geskinner oor mense wat ons ken, en ons pasta geëet en die espresso gedrink. Te gou na my sin was dit tyd om terug te gaan kantoor toe.

Maar die saam-eet-en-drink-sessies het meer geword. Eers een keer ‘n week, toe drie en toe vyf keer ‘n week. Ons het mekaar goed leer ken, maar steeds het ek geen benul gehad dat hy meer gemeen met my het as wat ek dink nie. So tussen ‘n mondvol calamari-slaai nooi hy my uit vir ‘n braai en om die rugby te kyk saam met hom en ‘n paar vriende. Eers was ek 'n bietjie huiwerig. Om ‘n hele dag saam met ‘n klomp mans te spandeer en rugby te kyk, wat nie my gunsteling sport is nie, is nie eintlik een van my “must do”-dinge nie. Helaas het my hart weer gebokspring toe hy sy helder flikkers en martelende glimlag vir my flits, en ek sê toe ja ek sal gaan.

Saterdag het ek opgestaan met ietwat van ‘n bui oor my. Spring gou onder die stort, en maak ‘n draai by ‘n ou vriendin voordat ek koers kies na Xander toe. Die bier was oop en kole rooi toe ek daar aankom. Ek word voorgestel aan al die gesigte en neem die bier wat ek by een van hulle kry. Ek besluit om die vuur te behartig, want rugby is nie juis my sterk punt nie en ek wil nie my naam gat maak nie. Die vleis was lekker, al moet ek dit self sê. En ek wonder wie het die slaai gemaak. Ons kuier tot laat die middag; toe begin die ander vriende se vrouens bel en hulle gaan ook so een vir een huis toe. Later was dit net ek en Xander.

In plaas van die bier het hy my dié keer ‘n glas rooiwyn aangebied. Die televisie is af. “Jy dans mos, nè?” Ek knik en Xander skakel musiek aan. ‘n Lang ruk sit ons en sê niks. Dan, om die stilte te verbreek, vra hy my uit oor al die danse wat ek al geleer het. Só het ons gesels en die wyn het my laat ontspan. Hy wys my foto’s van sy skooldae en sodoende beland ons langs mekaar, op een bank.

As ek heeltemal onbewus was van sy homoseksualiteit, was hy glad nie van myne nie. Ons sit nog so, lag en kyk vir mekaar, toe hy vooroor leun en ons lippe ontmoet. ‘n Duisend dinge maal deur my effens aangeklamde brein. Maar ek verbreek nie die soen nie. Sy hande is om my nek en hy is half op my. Uiteindelik kom ek tot my sinne en beur weg.

Dadelik vra hy: “Wat’s fout? Ek’s jammer, ek moes nie ...”

“Moenie worrie nie. Dis oukei. Ek het net nie gedink ... Toemaar.”

Ek gaan badkamer toe. Daar staar ek in die spieël. Wat het gebeur? Hoekom het dit gebeur? Was dit net die wyn? Gaan dit môre weer dieselfde wees? Daar is ‘n klop aan die deur. Ek maak oop. Xander wil verduidelik, maar ek spring hom voor en vra dat ons weer gaan sit. Ek verduidelik dat ek nie gedink het dat hy, wel, een van die reënboogkinders is nie. Hy laat sak sy kop. Ek lig dit op en kyk in daardie diep, groen oë. Meteens weet ek dat ek myself nie sou kon keer om op hom verlief te raak nie. Nie myself sou wíl keer nie. (Miskien was ek klaar.)

Daardie aand het ons die eeue-oue drang van die mensdom bevredig. Ek het syne geword en hy myne.

Die volgende ses maande leef ek in ‘n wêreld wat gevul is met die plesier van liefde. Ek het tot sy ouers ontmoet – aangename mense. Hoekom het ek nie toe al geweet wat gaan gebeur nie?

As die foon 36 minute oor twee die middag lui, verwag mens nie dat die stem aan die ander kant vir jou gaan vertel dat die figuur van jou totale en onophoudelike liefde by ‘n bergpas af verongeluk het nie.

Maar dit is wat gebeur het. Xander was al ‘n uur lank nie meer lewend nie. En ek het niks vermoed of gevoel nie.

‘n Mens kan nie vir iemand verduidelik hoe dit voel om iemand te verloor wat jy só lief het nie. Elkeen se seer is anders. Maar stadig maar seker word elke mens weer gesond.

 

Marckis Markgraaff

Marckis Markgraaff is twintig jaar oud en 'n onderwysstudent aan die Universiteit van Suid-Afrika (UNISA). Het sy seniorsertifikaat verower aan die Afrikaanse Hoërskool Germiston.




LitNet: 25 Oktober 2005

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.