GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

 
Neil Maritz

Neil Maritz

Neil Maritz is gebore op 28 Januarie 1980 in die klein dorpie Hoopstad. Hy het sy laer- en horskoolloopbaan op Ladybrand voltooi. Hierna het die stadsliggies gewink en het hy agter n man aangeloop Pretoria toe. Sy liefde vir skryf het op horskool begin, waar hy ook ywerig deelgeneem het aan toneel. Hy werk tans in die korporatiewe mediese veld in Johannesburg, maar die liefde vir skryf is nog nie iets van die verlede nie en hy is tans besig met sy volgende kortverhaal. Sy liefde vir die Vrystaat en die plaas is eweneens nog n groot deel van sy siel en hy wil dit nog deel maak van n vuurwarme intrige.

n Teddie vir Stefan

Neil Maritz

'n Romantiese storie

Ek haat Sondagmiddae. Al van kleintyd af. Die huis is stil en buite wil-wil dit ren. Dit vererger net my gemoedstoestand. Robert het ges hy gaan my bel vir koffie Die horlosie teen die muur s dis al kwart oor vyf. Ek mis vir Nico.

Franco kom die sitkamer binne. Sy o is rooi en sy hare deurmekaar. Sy broek dui daarop dat hy so pas wakker geword het. Hyt eers vanoggend sonop by die huis opgedaag. Hy stap reguit kombuis toe, maak die yskas oop, op soek na Coke en oorblyfsels van gistermiddag se braaivleis. Gaan hy ooit groot word? Vir Franco draai alles net om pille, mans en seks. Gisteraand het hy seker weer al drie gehad, soos elke Saterdagaand. Ons verskil so baie en tog is ons vriende sedert graad drie.

Eers in ons eerste jaar op universiteit het ons teenoor mekaar uitgekom. My ma en sy pa was die aptekers op die klein dorpie in die Noord-Kaap. Nous ons saam hier in die stad van bright lights en opportunities.

My foon lui. Dis Robert. Hallo. Die stem aan die ander kant klink koud en ek weet klaar: nog een. Thanks for a good time last night, but N die bye aan die ander kant voel ek die trane in my o. Die trane is hierdie keer nie van hartseer nie, maar van woede. Bliksem!

Ek het weer geval vir een van hulle. Die tipe wat jou voete onder jou uitslaan, jou soos Aspoestertjie by die bal laat voel en dan bed toe sleep. Die verskil met hierdie prins is dat hy nie terugkom met n glasskoen in die hand nie.

Die kantoor is stil. Maandag se asem hang in die lig. Almal drom saam by die koffiemasjien en klets oor die naweek. Waar ek sit, kan ek duidelik hoor hoe Susan en Deidr skinder oor Adri, die baas se nuwe sekretaresse. Jan en Dirkie praat oor die Blou Bul-oorwinning en ek maak asof ek hard aan die werk is. Hier wil ek nie wees vandag nie.

Ek raak bewus van n skadu oor my. Thabo, die werk se sjebeen queen. Van rondneuk kan jy hom niks leer nie en hy's altyd op sy eie mission. Frank in finansies het my oor n sigaret vertel dat Thabo sy ou van sewe jaar saam met n ander ou in die bed betrap het. Thabo het blykbaar die middag vroer huis toe gegaan as gewoonlik en toe Sedert daardie dag het Thabo nog nooit weer n stabiele verhouding gehad nie.

So, hoe was die weekend, Girlfriend? Ek geniet Thabo baie en hy kry dit altyd reg om my op te cheer, maar nie vandag nie. Vandag gaan niemand dit regkry nie. Waar is vyfuur?

Dis al weer takeaways. Franco het ge-sms en s hy gaan gym en dan sommer van daar na iemand toe. Seker die blonde seuntjie van Saterdagaand. Die mannetjie is nog so jonk en onskuldig. Shame.

Teen Donderdag is hy ook iets van die verlede en Franco maak reg vir nog n naweek van pret. Ek weet nie hoe kry hy dit reg om sommer net so van iemand te vergeet nie. Jy moet tog n bietjie van jouself agterlaat. Ek wonder of Franco ooit al enige gevoelens vir iemand gehad het. Ons deel alles, maar nog nooit het hy enige iets genoem nie. Miskien die tyd in sy derde jaar toe hy vir Donald gedate het. (Ek dnk sy naam was Donald.) Hulle was so vier maande lank steady. Die langste verhouding in die geskiedenis van Franco Marais. Dis toe dat hy die werk in Oos-Londen gekry het en sak en pak uit Pretoria is.

Die res van die week vlieg verby en Vrydagaand land ek by n house party. Dis Susan van die werk se veertigste en ek wonder of dit nou my voorland gaan wees: middeljariges se verjaarsdagpartytjies saam met ou getroudes. Almal sit onder die lapa en kuier heerlik saam. Ek scan so deur hulle en elkeen lyk so gelukkig. Wat moet ek tog doen om man te kry? Ek het nooit op die kombuistafel gesit soos Ma altyd gespot het nie, maar hier sit ek. Volgende jaar is dit die groot dertig en ja, single met geen man op die horison met n wit Mercedes nie.

Eks net so n elfuur daar weg. Ekt dit oorweeg om by die club n draai te gaan maak, maar toe daarteen besluit. Ek was net nie lus vir die usual crowd nie. Word ek nou oud? Daardie gedagte het ek baie vinnig eenkant toe geskuif.

Kom vanaand saam met ons Joburg toe, man. Die nuwe club is fab! Nes die mans.

Okei, ek kry julle daar.

Hoekom het ek ja ges?. Ek wou vanaand net rustig gewees het. Alleen met n sad movie en tissues. Franco en die ander het vooruit gery. Eks eers n tien uit Pretoria. Die snelweg was stil en ek het alleen gevoel in hierdie gejaagde wreld.

Franco het by die ingang vir my gewag. Die ander was almal op die dansvloer. Ek het besef ek was so twee drankies agter die ander. Die eerste keer in n lang tyd het ek die musiek in n club baie geniet. Die alleen gevoel van vroer was alles nou vergete en ekt besef, al het ek nie n spesiale iemand in my lewe nie, het ek die wonderlikste vriende wat altyd daar vir my sal wees as daar niemand anders is nie.

Eks Kersfees huis toe. Die hele familie was daar. Oom Fanie van die Paarl het ook kom kuier. Dis my ma se broer. Sy seun is ook gay, maar dis iets waaroor hy glad nie praat nie en as die topic opkom van Klein Fanie en meisies, s hy: Nee, jong, die studeerdery hou die man baie besig.

Ek is dankbaar Pa en Ma is nie so nie. Hulle is nie skaam oor hul seun nie. Ma het al vir my genoem hoe haar vriendinne gereageer het toe sy hulle vertel het van my, maar syt besluit dis haar seun, die seun wat sy grootgemaak het, en daars niks om oor skaam te voel nie. Dis enige gay seun se droomma!

Die pad terug het baie lank gevoel. My gedagtes het natuurlik weer weggehol met my en ekt getob oor my lewe en wat die toekoms heel moontlik vir my gaan inhou. Die vakansietyd saam met die familie het ek baie geniet. Daar was baie mense die heeltyd om my, maar tog was ek so alleen en ek het net weer besef hoe baie mis ek vir Nico. Wanneer sal hierdie gevoel tog weggaan?

Ek was hoofseun in die laerskool en toe later in die horskool ook. Ek was dux-leerling en ek was een van die top presteerders in my klas op varsity. Eks nou n suksesvolle argitek met die vooruitsig van 'n vennootskap in die firma, n huis in n nuwe voorstad op my naam, n nippy sportmotor; eks vier keer n week in die gym. Het ek iets uitgelaat? Ja, my track record met mans.

Ek mis Nico so baie. Ek wonder waar was hy vir Kersfees. Soos ek hom ken, was hy ook by sy familie. Die sms wat ek hom Kersdag gestuur het, weet ek het hy gekry. Ek het gedink hy sal vir my ook een stuur, maar ek was verkeerd. Die gevoel wat ek nog binne my voel vir hom, is al lankal vergete by hom. Dis nou al amper drie jaar en ek kan net nie van hom vergeet nie. Wie het gepraat van vergt kan ek asseblief net deur n dag kom wat ek nie aan hom dnk nie? Ek het probeer aanbeweeg, maar het nog nie een verhouding gehad n hom nie. Dit was nou net drie one-night stands n hom wag vier kom ons vergeet nie van Rob nie.

Franco het daardie Junie uitgetrek. Hyt n pos in Johannesburg gekry en het besluit om soontoe te verhuis. Vir die eerste keer in twaalf en n half jaar is ek en Franco nie meer onder een dak nie. Wie gaan nou na hom kyk? Ons het aan mekaar beloof dat ons mekaar elke naweek nog gaan sien net om later te besef dit gaan nie moontlik wees nie. Die huis was leeg.

Thabo het voorgestel dat ek weer n house mate moet kry. Nadat ek baie lank daaroor gedink het, het ek besluit om n advertensie te plaas in die koerant. Looking for a young professional to share house in upmarket suburb. My foon het nie opgehou lui nie. Ek het later die dag die ding afgesit. Die aand het ek na al die boodskappe geluister. Die boodskappe was so verskillend. Alle tipes persoonlikhede het gebel. Ekt besluit om n kortlys op te stel en dan elkeen te ontmoet.

Daar was Monica, die laerskoolonderwyseres met die poedel, Wortel. Ek het nie vrae gevra oor die naam nie. Die twee van ons kon miskien lekker saamgebly het, maar vir Wortel en my wit rusbanke het ek net nie saam gesien nie. Dan was daar Lauren. Die dame wat masserings van die huis af wil gee. Nee, sorry, girl. Daar was Jan, die mechanic. Sorry, ek het klaar iemand. En toe

Die stem is vriendelik en aangenaam. Hy gaan later vanaand sommer by die huis n draai kom maak. Skuins n sewe lui die voordeurklokkie. Toe ek die deur oopmaak, staan n man met bruin hare, groen o en die mooiste neus voor my. Hy dra n wit T-hemp met jeans wat net-net wil styf sit. Jy kan aan die hemp sien dat hy gereeld n draai by die gym gaan maak.

Francois van Jaarsveld, bly te kenne.

Ja, bly te kenne, mnr. Van Jaarsveld.

Aangename kennis, Stefan le Roux. Is jy van Pretoria?

Ja en nee. Ek bly die afgelope ses jaar hier. Eks besig met my finale jaar ingenieurswese aan Tukkies, maar my ouers bly op Nelspruit waar ek grootgeword het.

Student, interessant. Hys besig met sy finale jaar, so, dit maak hom 23, 24. Die gesig voor my skree dit uit: nog jonk en onskuldig.

Dis n pragtige plek wat jy hier het. Ek is mal oor die manier hoe jy met die kleur gespeel het deur die huis en die verskillende teksture wat jy gebruik het.

Toe weet ek. Geen straight man gaan kommentaar soos daardie aan n ander straight man gee nie. So, wanneer wil jy intrek?

Francois van Jaarsveld het die einde van daardie maand ingetrek. Ek kon die eerste aand met hom in die huis nie aan die slaap raak nie. Hier was hierdie ongelooflik aantreklike man in my huis, n huurder, deel van n besigheidstransaksie. Ek wil hom so graag beter leer ken, maar ek wil ook nie te veel vrae te vinnig vra nie. Toe ek vroer vir hom gaan nag s het, het hy op die bed gesit met n handboek of was dit miskien n dagboek? Ek sien dadelik die klein bruin teddiebeer raak wat langs hom op die bed sit. Wat was die geskiedenis agter die teddie? Is dit van iemand spesiaals n meisie of n spesiale man, miskien?

Die dae het verby gevlieg met hom in die huis. Franco se reuk was al iets van die verlede. Die kamer het nou n ander reuk gehad, n soet een, die reuk van n jong ingenieurstudent. n Man met die mooiste hande, en as jy in sy groen o kyk raak jy verlore.

Ek het dit baie moeilik gevind om te konsentreer met Francois naby my. As ek nie die toast brand nie, is die vloer vol lemoensap.

Die oggend van die sesde Augustus sal ek nooit vergeet nie. Dit was skuins n een die oggend. Ekt opgestaan vir n glas water toe ek hom raakloop in die kombuis voor n oop yskas om dieselfde rede. Hy het nie n hemp aangehad nie en vir die eerste keer kon ek sien hoe hierdie man met die groen o gebou is. Die klein blou slaapbroekie het alles mooi afgerond en ek kon nie keer om vinnig in daardie rigting te kyk nie. Ek was lighoofdig en spraakloos En die teddiebeer?

Wil jy n midnight snack h? bied ek aan. Twee uur later sit die twee van ons nog en klets oor ons kinderjare. Die lig skyn van die kant en vang sy hare in n goue kleur vas. Ek kan sien dat die amper twee ure per dag in die gym vir hom werk. Sy o gesels op hulle eie met my en met elke woord wat hierdie man met my praat, raak ek meer verlore. Ek dink dit was duidelik vir hom gewees vanaf daardie eerste dag wat hy voor my deur gestaan het dat ek absoluut gek was oor hom. Dit het mettertyd net meer en meer geword.

Ons het opgestaan en besluit dat dit tyd is om weer te gaan inkruip. My wekker gaan oor minder as drie ure op my gil om op te staan en reg te maak vir werk. Ekt vinnig my gedagtes daarvan afgeskuif en my gedagtes op die man voor my gefokus. Hyt in die rigting van sy kamer gestap en ek het die lamp in die hoek gaan afsit. Eks reguit kamer toe.

Toe ek die deur agter my toemaak, staan hierdie man voor my, Francois. Sonder enige woorde begin hy my soen. Passievol. Sy lippe is sag, maar tog man. Sy hande beweeg oor my liggaam. Die voel van sy hande is onbeskryflik. My siel verlaat my liggaam. Hy snak na asem Die man, Francois, met die teddiebeer op sy bed.

Dis toe dat ek besef: drome word tog waar vir ons dromers.

Die volgende oggend word ek wakker nie alleen nie. Hierdie droomman van my l nog steeds hier in my bed. Ek voel ek kan soos Archimedes van ouds die pad vat en skree. Die gevoel van n sjampanjebottel wat geskud is, kom oor my. Ek wil ontplof van gevoelens.

Jare later word ek nog steeds wakker met die man langs my. My droomman.

En die klein bruin teddiebeer? Di is nou op ons bed.




LitNet: 23 Mei 2006

Ek ontvang graag reaksies op hierdie verhaal. Stuur dit saam met die skrywersnaam en titel van die verhaal na dbbotha@mweb.co.za. Ons plaas dit dan onder "Menings van ons lesers".
Danie Botha

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.