GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Pajokkies op die vloer

Levinja

Hier waar ek bly is dit lekker. Ek gaan elke dag werk toe en werk lekker. Ek gaan elke dag huis toe en maak kos en speel met die kinders en praat met die man. Ek bad elke aand en klim in my pajokkies in die bed saam met die man. My man.

Dan slaap die kinders al en die TV is af. Dan is die skottelgoed gewas en die blomme het water en die pos is op die tafel. Dan is die rekeninge betaal en die bankbalans is die enigste ding wat skree. Dan soen my man my en ons begin lekker te kry en die pajokkies land op die skoongewaste vloer wat geteël is met terracotta. Die matte wat van karakoel geweef is, moet volgende week gewas word. Iemand vat aan my nippel, ek dink dis my man, en ek wonder hoe sal dit voel as sy vinger saggies daaroor streel in plaas daarvan om dit soos ’n koeispeen te gebruik. ’n Koei met melk. Hy ruik so lekker. Ek vou my bene om sy lyf en ry saam met hom uit die woestynland. Die vistenk moet weer skoongemaak word, die water is vuil. Die guppies is opgevreet deur die groter visse. Nou moet ek seker ook maar die opvreetding doen, anders bly hy honger.

Ek bly lekker. Dis elke dag dieselfde. Die pajokkies op die vloer. Ek wil nie sluk nie, so, ek raak skielik besig met sy nippel. My man s’n. Saggies soos wat ek daarvan hou. Ek hou van die riete wat ek langs die koi-dam geplant het. As die wind waai, dan dans die riete elegant en saggies in die water. Die koi dink dan dit is kos en hap daarna. Sy asem is soos warm woestynwind in my nek. Hy hap na my, en die lekker raak al hoe meer. Ek moet die horlosie teen die muur minder afstof. Dalk sal die tyd anders wees. Dalk sal die tyd verander. Maar nie nou nie. Dis nou fyndraai-tyd. Ek wil speel. Ek wil die lekkerkry langer maak, maar die wind waai nou te veel en die riete dans nie meer elegant nie. Elke oggend staan ek aan dieselfde kant van die bed op, verste van die deur, want netnou kom daar tokkelossies wat ons wil beroof en dan wil die man wat nou so dood slaap, my beskerm. En sy kinders wie se juffrou se naam hy nie eens ken nie. Daar is ’n ontploffing en dis orals nat. Ek wonder of ’n krękker in die koi-dam geval het. Maar dis te lekker. Elke dag dieselfde. Veilig.

Die ontploffing was toe nou nie ’n krękker nie. Dis ek wat uit my gelukkige zombie-bestaan geruk word. Of ek klim ek uit met ’n bang. Ek is bang, want nou gaan alles anders wees. Ander mans, ander reuke, laatkom vir werk. Waar moet ek nou veilig voel? As ek alleen slaap. Alleen by ’n paartie aankom en saam met ’n vrou huis toe gaan. Rumbeneweld met ’n moerse hoofpyn. Niks is nou meer dieselfde nie. Die spieël wat lank terug gewas is, wys ’n gesig met verf wat ek nie ken nie. Ek bly nou in ’n huis wat nie ’n koi-dam het nie en ek suip soos ’n vis. Die swembad wat gereeld vol kaal lywe is, raak groen, soos die sagte lang gras in die jaart wat lanklaas ’n grassnyer gevoel het. Die vrou raak sag aan my nippels soos ek daarvan hou. Ek los foto’s van myself teen die yskas sodat my kinders kan sien hulle het ’n ma. ’n Vreemde man lek aan my klitoris en dit voel nie so verskillend van my eie eks-man se tong nie. ’n Krękker skiet weer. En ’n vrou is in my huis en die kinders weet nie of dit nog ’n ma of pa moet wees nie. En hulle ma vergeet die juffrou se naam. En toe skielik land die pajokkies weer op die vloer. Die vloer het ’n mat. Dit word toe alles te veel. Te veel dieselfde. Ek hou nie van pajokkies op die vloer nie. Ek hou nie van my werk nie. Ek wil aan enige kant van die bed slaap. Ek wil die juffrou se naam ken en die vrou in die spieël ook.

Dis nie te laat nie. Ek trek kaal uit. Ontbloot. Ek snoei die bosse wat my siel toegroei. Ek skeer my koekiehare wat die manne en vroue se neuse so kielie. Ander mense wat na die kaal vrou kyk, skrik vir die begeertes in hulle eie siele. Hulle kruip weg aan die veilige kant van die bed waar niemand hulle kan vang nie. En hulle gaan elke dag op dieselfde tyd werk toe. En ken hulle kinders se juffrou se naam. En ken my naam nie meer nie. Die bosse lę op sulke hope wat ek uit my siel trek. Ek gooi dit self weg, want dis net ek. Vreemde mans wat nes my eks is, lek nie meer aan my klitoris nie. Die vrouens van die paartie sal nooit weet of die geskeerde koekiehare hulle neuse gaan steek nie. Die lywe wat nou in my helderblou swembad swem, is nie bang vir die naaktheid van hulle eie siele nie. Dis lekker om elke dag op ’n ander tyd te gaan werk. Dis lekker om te dink hoe my nuwe koi-dam gaan lyk. Dis lekker om die pyn van my ontboste siel in ’n vuil spieël te bekyk wat ek enige tyd kan was. My pajokkies lę soms op die mat. Die pos bly soms in die posbussie. Dit was nie te laat nie. Om ’n krękker te gooi en die zombie moer toe te blaas. Of met ’n bang jou eie universe te expand. Dit was nie te laat om met ’n kaalgat siel in die melkweg te gaan duimgooi nie. Want ek ken nou die vrou wat in die spieël staan. Dis ek. Ek hou van haar. Dit was die prys werd. Ek hou van haar wat saam met my lewe.

LEVINJA skryf: “Ek is 39, en het ’n seun (13 jaar) en dogter (10). In die vyf jaar wat verby is, was die pad maar vol klippe en dorings, stormagtig en vol kopstamp, op soek na antwoorde en girlfriends en boyfriends en ’n plekkie innie son. My eks en sy vrou is ongelooflik ondersteunend, en die kinders het ná die ergste heel goed begin aanpas, en so ook my partner. Van liniaalreguit tot gay is nie ’n maklike pad nie, vriende is verward, ek was verward, vriende hardloop weg, ek hardloop weg van myself; dan kom ons mos net ryker aan die ander kant uit, waar die ander kant ook al is.

“Ek het ’n rekenaardiensmaatskappy, met drie gay vroue en twee ‘gewone’ :) mense wat vir my werk.”

Jy kan jou reaksie stuur aan janiebsa@yahoo.com
Danie Botha

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.