GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

KY op toast

Nico Fourie

Soms sluk mens swaar aan gewaarwordinge onder ’n fel son.

Heel opgewonde pak ek en die wederhelf ons tasse, gooi dit argeloos in die kattebak, kry Ma se toebies vir padkos en val in die donker oggendure in die pad. Na Kaapstad. Die Moederstad. Die beloning aan die einde van ’n toets-jou-verhouding-pad.

’n Netjiese advokaat laat ons in sy netjiese huis in die baie netjiese Durbanville bly, jacuzzi en al. So half neusoptrekkerig gaan koop ons voorraad vir die yskas by Woollies. Die rekening laat my bloedsuiker summier val en laat wonder of ons dalk nie vir die besadigde dame voor ons se goed ook betaal het nie. Die strokie lyk in orde en ek drafstap om by my beterhelf uit te kom wat hom al lankal ywerig na die deur haas toe hy my lighoofdigheid gewaar.

By die huis pak ons die goedjies uit en toe kry ek ook sommer my eerste preek van die vakansie. “Jy is net soos my pa, hy kan glad nie die sin sien in so baie betaal vir goed nie, MAAR jy vergeet dat dit kwaliteit is!”

Kwaliteit. ’n Interessante woord wat later vir my al hoe meer betekenis sou kry.

Die volgende oggend is dit ons en die strand — maar eers moet ons vir onsself kwaliteit-handdoeke gaan koop. My beursie kreun. Nietemin loop ons, heel snazzy, met ons nuutste toevoegings strand toe. Baie klippe later besef ek dat Sandy Bay nie vreeslik sandy is nie, maar tog vreeslik mooi (die natuurskoon  onder andere). Ons sprei die handdoeke uit en drapeer onsself oor ’n rots. Ek sien ek het vergeet om die prys af te haal en oorweeg om dit eers aan te los vir die susters by die huis (wat baie bendruk sou gewees het met hulle boetie wat uiteindelik bykom), maar besluit daarteen. Met ’n hand van skim skeur ek die prys af en verwyder die bewys van kwaliteit.

Ons kyk uit oor die ander mens-robbe wat onderlangs na mekaar loer. Hulle glinster in die son. ’n Dun lagie blink oor donker velle  en ek begin wonder oor kwaliteit en KY op toast.

Hoeveel keer gebruik ons nie kwaliteit om die knoppe op ons menswees te probeer gladskuur nie  nes KY-jellie. Ek kyk rond en sien Oakley-KY, Levi-KY, Calvin-KY, muscle-KY en nog, en nog, maar ek wonder hoekom hierdie KY so dik l op party wat eintlik kurkdroog daaronder is — nes toast wat verbrand het. En ek wonder watter toaster die grootste menswees-skade aangerig het? Was dit ’n huis-toaster of dalk ’n skool-toaster, miskien ’n toaster uit ’n vorige verhouding? Wie weet? Maak dit saak? Ons almal is tog al deur die een of ander toaster — of twee — in die lewe, maar smeer mens heeltyd KY-jellie daaroor en bly glo jy is op die een of ander manier gebrekkiger as ander? Dat jy heeltyd moet probeer opmaak daarvoor?

My boyfriend kreun. Die son is warm en party velle is nie eintlik gewoond aan die son nie. Ek kyk vol deernis na die lyf wat hier langs my l en besef dat ons eintlik mekaar se toegekende toasters is. Vir geen prys onder hierdie son wil ek die lesse wat ek hier leer, verdoesel met nog ’n bietjie KY nie. Ek is nie stukkend nie, partykeer droog gebrand, maar glad nie stukkend nie. Ek is wie ek is. Ek is bly oor die (meeste) toasters wat ek al in my lewe gehad het, want elkeen, het ek vroer of later besef, het my beter toegerus om te vat wat die lewe vir my gooi.

Ek het nog ’n buisie of wat KY in my kas vir daardie dae wanneer dit rof gaan, maar hierdie jaar, saam met toast, verkies ek jam.

Post-toasties

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.