GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

My storie oor moffies

Koos A Kombuis

In sy treffende hulde aan Johannes Kerkorrel in sy Rapport-rubriek het Koos genoem dat Johannes hom anders oor gays laat dink het. As sy oud-uitgewer het Danie Botha vir Koos gevra om daarop uit te brei.

Ek verstaan gays nie. Gay mense is vir my soos mense van ’n ander planeet. Hulle praat ’n taal wat vreemder is as Sjinees.

Maar ek haat hulle nie. Ten minste, nie meer nie. Die laaste paar jaar het ek nogal geheg geraak aan hulle. Dit ten spyte van die feit dat my eerste kennismaking met hierdie mense geweldig ontwrigtend en pynlik was.

Laat ek dit nou maar vertel. Ek kon tot nou toe nog nie. In my lewe was ek al twee keer die slagoffer van pogings tot verkragting. Slegs een was suksesvol. Ek is in die tagtigerjare verkrag deur ’n oorgewig werknemer van Boland Bank op Stanford. Sy het bo-op my gespring en ’n rewolwer teen my keel gedruk. Dit was ’n traumatiese ervaring, maar dit het geen permanente letsels gelaat nie, want dit was ’n vrou, en boonop was sy oorgewig. Ek hou van vroue. Ek hou veral van oorgewig vroue. Ek het gedoen wat sy gesÍ het ek moet doen. Ek was senuweeagtig oor die rewolwer, ja, maar mettertyd het die natuur sy gang gegaan.

Toe ek in die army was, is ek ’n paar uur lank in ’n hotelkamer vasgekeer deur ’n veertigjarige man wat probeer het om met my seks te hÍ. Dit was werklik traumaties. Ek was neŽntien jaar oud, hy veertig. Ek het nie verstaan wat hy wil hÍ, en hoekom nie. Jare lank daarna het ek niks van moffies gehou nie.

Toe, eendag, ontmoet ek vir Koos Prinsloo. Koos was gay, maar hy’t vir my ’n blind date gereŽl met ’n sexy girl. Koos was die eerste moffie wat my as straight man bevriend het sonder om my te probeer verander. Ons het buddies geraak. In dieselfde tyd het ek Johannes Kerkorrel ontmoet, en ek het van die begin af vermoed dat hy bisexual was. Ek het gedink hy’s ’n cool ou, intelligent, met ’n lekker humorsin en met integriteit. Selfs later, toe ons probleme opgetel het in ons vriendskap, het dit niks te doen gehad met die feit dat hy nie heeltemal straight was nie.

Daar is ’n storie wat Koos geskryf het in sy boek Jonkmanskas waarin hy die verhaal vertel van ’n jong man se reis om vir sy ouers te probeer vertel dat hy gay is. Dit is ’n hartroerende storie. Ek kon nie later so goed met Koos se ander boeke relate nie, veral nie met Slagplaas nie, maar daai storie in Jonkmanskas het my oorreed dat gays gewone mense is met dieselfde emosies as ons ouens. Al was Koos en Johannes op die ou end kwaad vir mekaar, is dit aan hierdie twee gay ouens te danke dat ek vrede kon maak met gay mense.

Ek verstaan hulle nog steeds nie. Presies wat gay mense met mekaar in die bed aanvang, is vir my so duister soos Midde-Oosterse politiek. Maar, aan die ander kant, daar is gedigte van Breyten wat vir my moerse mooi is al verstaan ek hulle nie (Breyten het eenkeer aan my erken dat hy self nie altyd sy eie werk verstaan nie, en ek glo hom).

’n Mens hoef nie alles te verstaan nie. Ek het grootgeword om die volgende dinge te begryp: nie alle regsgesinde mense is bomplanters nie, nie alle Moslems is suicide bombers nie, en nie alle gay mense is pedofiele en verkragters nie.

Dit klink na ’n bar manier om my nuutgevonde toleransie te verduidelik, maar weet julle hoe ’n groot bydrae die gay gemeenskap maak tot ons kultuur? Dink aan die wonderlike kuns van mense soos Pieter-Dirk Uys, PJ Powers, Casper de Vries, NataniŽl en Marlene van Niekerk. Hierdie is ouens vir wie ek die allergrootste respek het.

Daar was ’n tyd, lank gelede, toe ek nie deel wou wees van ’n samelewing waar gays openlik mag paradeer nie. Ek het so ’n samelewing ervaar as dekadent en grillerig. Vandag voel ek baie anders oor hierdie saak. Vandag is ek bang om deel te vorm van ’n samelewing waarin gediskrimineer word teen gays. Want ’n samelewing wat diskrimineer teen gays, gaan ook diskrimineer teen ander minderheidsgroepe.

Die dag wanneer gays nie meer beskerm word deur ons Grondwet nie, is die dag wanneer ek, straight soos ek is, dit ernstig sal begin oorweeg om die land te verlaat.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.