GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die kerk bly doof vir gays se verwonding

Kobus Burger

Kommunikasiekenners van regoor die wÍreld sal saamstem dat om behoorlik te luister, een van die vernaamste boustene vir effektiewe kommunikasie is. Het die kerk al ooit na gays gelķister, wonder ’n mens as jy die koerant neersit.

’n Gay persoon is “in dieselfde bootjie as ’n psigopaat of kleptomaan”, lui die jongste bevinding in kerklike kringe. Die nasionale sinode van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA) het, aldus Beeld, “bevind” dat homoseksualiteit ’n “aangebore neiging” is waarteen die gay mens “moet stry as hy aan die Here gehoorsaam wil wees”.

Gays, hul ouers, wetenskaplikes, sielkundiges, terapeute en selfs kerkmense het al telkemale gelyk gegee dat gays so gebore word. Op die vraag “Wat van die kerk se siening dat gays hulle moet bekeer?” het die Pretoriase pastorale terapeut Marietjie van Loggerenberg in ’n onderhoud met Beeld geantwoord: “Hoe bekeer jy jou van die kleur van jou oŽ?”

Hierdie jongste kerklike blik op homoseksualiteit is niks nuuts nie. Dit weerspieŽl net weer eens die kerk se gebrek aan die wil om na gay mense te luister.

Die kerk se liefde vir die woord “homoseksueel” is ’n sprekende voorbeeld van diť eenogigheid. Die gay mens is vir die kerk nie veel meer as ’n seksuele wese nie. Dis asof homoliefde nie deur die kerk erken word nie. Hoe moet ’n gay mens dan leef as hy nie durf liefhÍ nie? HÍ net selektief lief, soos ons, preek die kerk.

Die kruks van die kerk se siening van gays berus nog altyd op klassifikasie. Solank iemand in ’n geskikte kassie gedruk kan word — en dit maak nie saak of jy die persoon verstaan of nie — “hanteer” die kerk daardie “problematiek”. So, die gay mens is nou maar net soos ’n alkoholis, kleptomaan of psigopaat, sÍ die GKSA se nasionale sinode. Hulle moet gerehabiliteer word en moet stry teen die “sonde”. Aldus die kerk.

Maar watter bydrae het die kerk tot dusver tot die gay mens se eensaamheid en verwonding gelewer? Slegs debatte, oordele, gesprekke, kommissies en dat daar op die een of ander vergadering of sinodesitting “uitsluitsel” gegee sal word. Respek en aanvaarding vind ’n mens skaars.

Intussen kleur die kerk sy standpunt in met ’n voortdurende verdagmakery van die sielkundige en wetenskaplike benaderings tot gay wees. Dit terwyl die sielkunde en wetenskap juis die mens se verwondering vir God se almag voed. G’n wonder nie ’n filosoof het eens gesÍ: “Christians would rather die, than think.”

Die kerk se perspektief op gay wees laat my dink aan sekere kerkmense se betotteldheid met die “New Age”, wat bloot ’n stortingsterrein geword het vir alles wat die kerkmense nie kan of wil verstaan nie.

As God (en Jesus) se boodskap op onvoorwaardelike liefde berus, waarom moet die kerk voortgaan om vrees aan te blaas en mense uit te sluit?

Die ou, holruggeryde kerklike versekering dat nie die gay nie maar die daad veroordeel word, is uitgedien. Die jongste kleptomaan-siening van gay wees dui immers steeds daarop dat die kerk die gay mens in sy totaliteit minag.

Die meeste gays smag na die hand van begrip en aanvaarding. Om soos Demi Moore, wat ’n lipstiffie gesteel het, in die getuiebank te staan en in die openbaar met modder gegooi te word, is iets wat elke gay mens vrees. Hoe kan liefde ’n misdaad wees of ’n verslawing?

Talle gay mense haat hul ingebore menswees reeds van vroeg. En hulle veroordeel hulself, want hoe kan jy kies vir die kerk se kruisiging?

Selfmoord is vir menige gay die laaste uitweg nŠ jare se selfhaat, wat meesal gedryf word deur die kerk se ongenaakbaarheid en onverdraagsaamheid. Die GKSA se “nuwe” standpunte jaag net mense wat diep smag na God weg van die plek waar hulle juis ’n tuiste gevul met God se liefde kan vind.

Durf ’n mens dan wonder waarom die “tradisionele” kerke leegloop?

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.