GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Junkie XXX - Ons ken jou ook

Herman L Bosman sluit aan by Gerrit Snyman se Junkie.

x: Hy het jou in die park gesien, om die blok gery en naby jou gestop. Jy het doelgerig nader gestap. Die venster wat stadig afgly, verwyder die laaste skans tussen julle.

Ook met hom was daar die middernagtelike "please call me"'s, die geld vir skoene, 'n taxi. Hy het selfs al sy spaargeld gaan trek en 'n Volla gekoop sodat jy makliker en vinniger by hom kon uitkom.

Vir sy verjaarsdag, die langnaweek van Erfenisdag, boek julle twee by die Cabanas in. Julle was ingerig vir die naweek, met alles wat sy hart begeer: jy. Darem ook genoeg voorraad om jou deur die naweek te kry.

Jy het die laaste blink tinfoelie versigtig oopgevou ...

Jy en jou ma het die kar teruggebring werk toe en in die parkade gelos. Jou ma het gebel om te sê waar dit is. Sy vriend was saam met die dominee en die polisie op pad plaas toe om vir sy ma te gaan sê.

xx: Die jong outjie wat jou gereeld met sy ma se Ford Sierra kom oplaai het. Die trourokontwerper wat maar pas uit die kas gemoer het. Vir jou was dit net nog een, maar dit het sy hart gebreek. Hy het geweet dit is hoe jou lewe loop. Hy het geweet.

Hy het geweet toe hy die tuinslang, met die handdoek om, in die uitlaat vasgewoel het. Hy het dit daarna styf in die venster vasgedraai, toe die sleutel in die aansitter gesteek. Hy het stadig aan die slaap geraak, van jou gedroom en vir die laaste, finale keer huis toe gery ...

Jy en jou ma het die volgende dag by die woonstel gestop. Jou ma het gesê julle sou Sun City toe gegaan het vir die dag. Sy broer het die deur vir julle oopgemaak.

xxx:


Herman L Bosman kom van die Pretoria-deel van Tshwane. Hy het wiskunde geswot en skoolgehou in Fauresmith, Vrystaat, in Cullinan, Gauteng, en in Tshwane. Sedert November 2004 het hy ge-"teach" in Chiayi, Taiwan en, met erge skeidingsangs, geboorte gegee aan 'n skryfsel. Hy word oorleef deur 'n internetkonneksie.

Klik hier vir "Die slag van Puzih, Taiwan" ook deur Herman Bosman



LitNet: 01 Junie 2005

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.