GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Want, sien, as iemand gay is in Suid-Afrika ...

Jurg Slabbert “het eers diep asemgehaal” en toe geskryf wat hy mt: oor sy en ander gays se ballingskap in Engeland.

Earl’s Court, Londen
15 Oktober 2003


Sedert ek kan onthou, het ek uitgesien na die dag wanneer ek met my 20 kg-rugsak Londen toe sou vertrek. Hoekom? Om weg te kom van die prag van my Afrikaner-bestaan, natuurlik — wat dan anders? Om ’n bietjie te leef sonder om te worry oor wat mense van jou dink. Want sien, die ding is, as iemand gay is in Suid-Afrika (wel, dis nou maar my ervaring in elk geval), dan is dit oukei, solank dit net nie iemand is wat jy ken nie.

In Londen sou ek nuwe waarhede leer.

Om die prentjie verder in te kleur: Jy is op Stellenbosch grootgemaak op Sondagskool en toast, met ’n koppie tee n kerk. In een van die klasse het jy op 14-jarige ouderdom ’n pragtige belydenis gelewer van hoe lief Jesus vir jou is — en spontaan begin huil (tot applous van jou Sondagskoolonderwyser, wat ook hoog op is in die Stellenbosse Universiteit). Pragtig. En ’n rukkie later kyk jy lustig hoe jou rugbykaptein terugstap koshuis toe.

’n Paar jaar later sou dieselfde universiteitsfiguur ’n stelling maak oor gay mense: “As jy die gemoed van jou oortuiging het om daardie lewenstyl te kies, dan moet jy dit vir mense s.” Hoekom? het ek gewonder.

Dan is jou broer ook nog ’n dominee, jou suster ’n recovering depressive en jou ouers die perfekte voorbeeld van ’n “stabiele” Afrikaner-egpaar. Jy onthou ook nog hoe jou pa sy geslagsdele vir die TV ontbloot het tydens ’n anti-apartheidstoespraak een Saterdagaand — ek dink nie my pa het omgesien na die “ander kant” nie (dit was iewers in die 80’s, onthou ek). Ek was besig om met my He-Man-poppe te speel en kon nie regtig verstaan wat Pappa nou doen nie — net dat dit baie vreemd is.

En ek wonder steeds hoekom hulle nie my clues opgetel het wat ek soms soos broodkrummels laat l het nie. Ek dink hulle mag ’n bietjie preoccupied gewees het.

“S my,” vra my ma my eenkeer toe ek en sy op ’n road trip Baai toe is om vir my ouma te gaan kuier, “hierdie gay mense, ken jy eniges?”

“Ja,” antwoord ek haar. Ek haal diep asem en s in ’n baie oortuigende stem: “En ek het geen probleem met hulle nie.” Ek kyk stip na die sykant van haar gesig waar sy op die passasiersitplek met Die Huisgenoot op haar skoot sit. Die Tuinroete l uitgestrek voor ons.

“O nee, ek ook nie, ek vra maar net,” kap sy vinnig terug. En ek dog sy wou my uitlok, veral omdat sy ’n artikel daaroor gelees het. Foei tog, die vrou was clueless, alhoewel sy ’n gay Egoli-ster eerstehands ken.

Wat ek toe doen, is wat soveel van ons doen: gespe my vas op ’n vlug met my rugsak in die ruim en vlieg 9 000 km noord. Londen toe. Dis hier in di stad waar jou verlede jou behoorlik inhaal en jy dink: Shit — wat het my so lank gevat om uit die kas te kom? Twee weke in die land en jy laat weet die familie tuis jy’s gay — via e-pos ...

’n Tranedal van epiese proporsies speel af tussen die twee kontinente. Terwyl ek rondtrippel as ’n steward by die Chelsea-blommeskou, word my selfoon gepeper met sms’e en voicemails uit die Kaap: “My kind, is jy orraait? Bel tog asseblief? Sms net en s jy’s orraait, seblief?”

Dis hier by die blommeskou dat jy agterkom sekere van die gaste staar langer na jou as ander. En lok jou uit. So, wat doen mens? Jy explore natuurlik: ek en my nuwe vryheid in die stad.

Die eerste maand is ek werkloos in die sin dat ek hier en daar pik aan ’n day-job. Gelukkig kry ek ’n werk. Dis op die platteland en ek moet na ’n 88-jarige veteraan van die Tweede Wreldoorlog omsien. Glad nie so erg nie, dink jy, maar wanneer ’n 88-jarige outoppie, met ’n gebreekte werwel in sy rug en ’n suurstofpypie in sy neus, agter die stuur van ’n Vauxhall Corsa byna 80 myl per uur deur die Engelse platteland na die volgende dorp toe jaag, dan wil jy jouself behoorlik bekak. “Dankie tog vir airbags en sitplekgordels op die agterste bank,” dink ek hardop.

Hy lewe mos nou in die fast lane. Hy wil selfs ’n daaglikse les van my h oor hoe sy nuwe laptop werk.

Hy leef egter ’n bietjie stadiger wanneer dit kom by die verandering van sosiale tye. Wat verwag jy immers van ’n 88-jarige outoppie? (Dis nou die een in Engeland n die een in Suid-Afrika.) Gaan hy vir jou vra of jy al ’n boyfriend gehad net? O nee, jy verbeel jou seker. Hy vra eerder hoeveel meisies ek al gehad het — die gevreesde vraag om die etenstafel wat jy aflag, want jy weet jy het die ponde nodig. So, ons los hulle maar in die Utopia van hulle medikasie.

Dis toe dat ek in teorie besef: dis orals dieselfde. Londen is nie veel beter as die Kaap nie. Daar is orals mense wat teen gays gekant is. Nie net teen gays nie, maar teen alle ander stereotipes of ander groepe.

Ook die kwessie van hoe “terrible” apartheid was, was (en is steeds) ’n gunstelingonderwerp. “Ja, dit was terrible, Tannie,” wil ek een aand vir die ou man se vrou aan die etenstafel s, “maar wat moet ek nou daaromtrent doen? Ek en my generasie. Was dit ons skuld en wil jy h ek moet jammer s? Vir die swartes?” Oukei, goed — met apologie dan:

“Sorry man, brother. Ek’s jammer vir al die kak wat julle moes deurgaan, maar ek was bietjie besig om my ouers se pragtige huwelik kort-kort te red en seker te maak dat ons vir my suster in die waakeenheid van die hospitaal gaan besoek n daai pille wat sy iewers in die 80’s gesluk het. En o ja, sorry, ek was besig om my broer te soek, maar di was nooit by die huis nie. Hy’t sy eie issues gehad, man. En sorry dat ek nie iets kon doen nie, want ek was bang vir myself. S nou hulle sou uitvind ek is gay? Dan sou die hele familie mos inmekaarval. Sorry dat ek jou nie uit daai necklace op die TV kon help nie, maar as julle mekaar gemoor het, was dit glo orraait, alhoewel ek nie gehou het van wat ek gesien het nie. Sorry, brother, ek was besig met knip en plak in my eie family. Ek was soms ’n bietjie besig, want sien, ek was in die middel en wou almal gelukkig hou. Maar ek het sedertdien gedink ek sal opmaak en uit die land fokkof. So nou’s ek hier in Londen — sodat ek met my eie issues gekonfronteer kan word en jy ’n kans kry in Suid-Afrika. Wanneer ek gefix is, sal ek terugkom en jou help om ons land saam op te bou. Orraait? Dis ’n deal! Check jou later.”

Daar. Ek het jammer ges. Moet tog net asseblief nie verstaan nie, weet net ek is jammer. So, kan ons nou aangaan?

Maar dis eers Londen waarmee ek moet cope. Dis aande van clubbing, designer drugs en seks. Dis dae van hangovers, comedowns en die terugreis na jou blyplek, twee zones en ’n 45-minute-treinrit op die Victoria-lyn ver. Dis net soos dit in elke stad in die wreld gedoen word. Die Kaap inkluis. So, wat is so special daaromtrent? Dis die ervaring wat vir elkeen anders is. Dalk is die ergste wanneer jy begin verlang na die comfort zone van Suid-Afrika. Dis die tyd in jou lewe toe jy skynbaar uitgesorteer was. Jy weet egter dat wanneer jy teruggaan, gaan dinge nie weer dieselfde wees nie.

So, hoekom het ek padgegee uit Suid-Afrika, sou jy wonder.

Want ek wou weet hoe dit voel om nie te worry nie. Maar hier kry ek presies die teenoorgestelde, en ek vind die spreekwoordelike gras is nie noodwendig groener aan die ander kant nie. Hier is dit ’n konfrontasie met jou Afrikaner-wortels en jou Afrikaner-verlede. Dis ’n proses waardeur elkeen van my generasie gaan, een of ander tyd. Gay of straight. En ja, veral wit. Maak nie saak hoe ek daarna kyk nie — ek was deel van die verlede. Dit maak nie saak nie. In my geval is daar net ’n bietjie meer opgekropte emosionele baggage wat moet uit. As dit net makliker sou wees om in Suid-Afrika uit daai kas te klim — staalkas, houtkas, plastiekkas, whatever — dan sou dit die moeite werd gewees het om te bly.

Daar is talentvolle gay mense in Londen wat hier uit die kas kom in plaas van by die huis (Suid-Afrika). Elkeen van ons het ’n anderste verlede en elkeen van ons kan iets vir ons land gee. Maar soms wonder ek of die land reg is vir ons. Dis ’n jammerte, want soms bly ons vir altyd hier en Suid-Afrika is ’n armer plek. So, moet ons nie afskryf nie. Probeer ons eerder by die huis hou. Ons lewe hier in ballingskap, ek en my gay broers en susters.

Daar’s nog baie wat ek wil s — wat ek kn s — maar dis genoeg vir eers. Jy mag dink ek is mal. Jy mag dink ek is vaal en pretentious. Wat sal ek nou omgee? Daar’s egter ’n stukkie raad, goeie raad wat ’n baie goeie vriend eenkeer vir my gegee het, as ek maar net geluister het voor ek weg is: As jy nie weet wat om te s nie, haal net asem en s dit.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.