GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

 

Johann Rossouw

“Ek het teologie aan die Potchefstroomse Universiteit vir CHO geswot van 1989 tot 1992. Het BA en BA Hons in Semitiese tale.Van 1993 tot 1996 was ek student in Pretoria en voor ek my finale eksamen kon skryf, is my ‘gayheid’ gediagnoseer. Ek is summier gevra om die kerk te verlaat. Paar maande later begin werk as junior klerk by ‘n finansile maatskappy, myself met die ’corporate ladder” opgewerk tot assistent-CEO van die maatskappy. Suid-Afrika se ekonomie het ’n duik gevang en die maatskappy het gesluit. Werkloos en met baie skuld Taiwan toe gekom as ’n expat.
Skryf is ’n stokperdjie en ek dink nie ek is ’n tweede Andr P Brink, Coetzee of Koos Prinsloo nie.”

Wat maak jou lewe spesiaal?

vra Johann Rossouw

Nuusbrief uit Taiwan 4

Dit is 'n algemene vraag: Wat maak jou lewe spesiaal? Wat is dit wat jou laat tick? Wat is die dinamo in jou lewe? Wat laat jou elke oggend opstaan? So baie vrae, maar vir elkeen behoort daar 'n antwoord te wees. Ek het my eie antwoorde en redenasies op al my vrae.

Mense gaan partykeer deur hulle lewens sonder om antwoorde op hierdie vrae te h. Wat is die sin in my lewe? Mense, word wakker en ruik die koffie!

Die lewe is die grootste geskenk wat ons Skepper vir ons kon gee. Dis kosbaarder as duisende diamante. Besef ons werklik watse groot geskenk dit werklik is? Het jy al ooit gaan stilstaan en ges: die lewe is vir my so spesiaal? Het jy al ooit opgestaan en ges: eureka, my lewe is spesiaal en het betekenis? Dis groot woorde hierdie en net sulke groot redenasies.

Almal van ons het 'n spesiale geskenk van God gekry.Wat jy daarmee maak - "it's up to you". Die lewe kan so lekker wees, maar ook so mistroostig. Kyk maar rondom ons. Moord, oorlo, hongersnood, armoede, vigs, siektes die lys is oneindig. Watse sin is daar in die lewe?

Reg, ek gaan nie 'n hele debat begin rondom die sin van lewe nie. Ek het jare lank in my filosofieklasse op universiteit daaroor gesit en redeneer. Dat ek werklik die antwoord op al die vrae het oor die sin van die lewe, is vir my onbereikbaar. Daar is 'n legio fasette daaraan verbonde. Liefs nie nou daarop ingaan nie; dit is nie 'n filosofie-site di nie, nog minder 'n filosofiereferaat - daarvan het ek al honderde geskryf.

Kom ons begin by die begin: 2003. Ek kom in Taiwan aan. Alles voel vreemd, ek meen dit is 'n Asiatiese land. Alles is Chinees. Kultuurskok de luxe, hier kom ons. Alles is vreemd, alles is nuut. Wat staan my te doen? Waar begin jy? Wat maak ek hier? My lewe in Suid-Afrika was spesiaal genoeg. Moes ek alles opgee vir 'n eenslaapkamerwoonstel (sonder kombuis)? Moes ek my "luukse" motor opgee vir 'n tweedehandse scooter? Jy dink aan al hierdie dinge. Goed wat spesiaal was in jou lewe, moet nou opsy staan vir nuwe moontlikhede. Nuwe gebruike, nuwe "goeters".

Wat moes ek alles opgee vir Taiwan? Laat ek sien: die skoon, bloue Hoveldlug. Die reuk van ren as dit aanrol oor die bult. My wondelike taal: Afrikaans. My familie, my vriende, my hond, my huis, my meubels. Die lys word net langer en langer. Indien mense dink dis maanskyn en rose om oorsee te werk en te bly well, I've got news for you. Jy moet so baie opgee, so baie spesiale goed. Vir wat? Vir wie? Die gaylewe in Suid-Afrika is en was tog seker nie so sleg nie. Daar was tye van blydskap en tye van hartseer. Tye van opgewondenheid en tye van teleurstelling. Dis die lewe. Maar dit is wat die lewe in Suid-Afrika so spesiaal gemaak het. Ek dink aan 'n liedjie van Laurika Rauch waar sy vra: "Wat nou en waarheen ?" Ek sit ook met di vraag.

N 19 maande in Taiwan het ek baie dinge gesien en beleef. Verhouding begin, opgebreek, nuwe verhouding begin. Die sirkel gaan aan. Die sirkel van die lewe. Dit hou aan en aan, tot op 'n sekere punt. Ek glo daar is so baie fasette van die lewe wat die sirkel voltooi. Maar wat in Taiwan maak my lewe spesiaal? Wat is die dinamo in my lewe hier?

Ja, wel, dit is 'n moeilike vraag, maar ek kan dit beantwoord sonder om baie daaroor te dink. Laat ek begin: Om gay te wees in Taiwan is aanvanklik nie so maklik soos in Suid-Afrika nie. Daar is so baie "probleme" daaraan verbonde. Kultuurverskille tel onder van die grootste probleme. Dit wat vir ons belangrik was in die gaykultuur in Suid-Afrika, is nie van belang hier nie. Maar wat maak dit anders of spesiaal? Omgee! Hierdie mense gee nog baie vir mekaar om. Hulle gee om vir jou gevoelens. Hoe jy voel en wat jy voel is belangrik. Dit tl. Gevoelens speel 'n belagrike rol in verhoudings. Om jou gelukkig te sien, is baie belangrik. Jy is alles vir 'n Taiwannese gay ou. Jy is die dinamo in sy lewe. Jy word op 'n soort troon geplaas, en jy word behoorlik "aanbid".

Ek s nie dat daar nie probleme daaraan verbonde is nie. Jy is nog steeds jou eie individu en jou gevoelens tel baie. Ek meen, dit is nie gay paradise hier nie. Allesbehalwe, maar dit wat belangrik is vir die bestaan van 'n gayverhouding, tel vir hierdie mense. Jou gevoelens tel so baie dat hulle behoorlik die aarde sal verskuif om jou gelukkig te sien. Natuurlik trek die meeste "foreigners" voordeel uit hierdie situasie. Dis egter belangrik om hierdie mense te sien as mense en nie as persoonlike seksslawe of liefdeslawe nie. Dis die grootste fout wat jy as gay ou kan maak. Hulle het ook gevoelens, nes enige ander mense. Balans is belangrik. Jy kan nie net neem en niks teruggee nie. Gee en jy sal ontvang. Dis hoe dit werk. So maklik is dit.

So, daar het jy dit. Een van die aspekte wat die lewe in Taiwan so spesiaal maak vir my is die feit dat mense actually belangstel in jou as mens en jy nie net 'n entiteit is nie. Hulle stel werklik belang in jou as mens, of jy nou maer of vet is.

Staan op in die oggend en gaan Kindergarten toe. Jy's behoorlik moeg, want die vorige aand het jy tot nege-uur toe gewerk. Vroeg op vir Kindergarten. Die kindertjies spring op en hardloop na jou toe sodra jy arriveer. Hulle het jou gister gesien, maar dis asof jy 'n jaar laas daar was. Hulle kan somtyds so stout wees, maar dan onthou jy hulle is maar ook net kinders. Dit maak my lewe spesiaal.

Cram school in die middag. Jy's nie lus vir die lang ure nie. Jy's gerriteerd en moeg. Jy stap in die klaskamer in en jy weet: dis wat die lewe n in Taiwan spesiaal maak.

Jy loop in die nagmark rond en bekyk al die dinge. Jy hoor 'n kinderstem: "Teacher Johann". En nog een en nog een. Die ouers gaan staan stil, glimlag en groet. Dit maak jou hart warm om te weet dat jy iets vir hierdie kinders beteken. Dit maak my lewe spesiaal.

Om op 'n Saterdagmiddag saam met my vriende by die coffeeshop te sit en ure lank te sit en gesels. Om te gaan fliek. Waar jy twee movies kan kyk vir die prys van een in Suid- Afrika. Jy sit op 'n dak en drink rooiwyn saam met jou vriende. Praat oor skole, stout kinders en oor wat jy di week geet het. Om op jou scooter te klim en 20 minute later in die berge te wees of by die see. Waar jy ontbyt eet onder 'n koelteboom by 'n enorme tempel. Om 'n amper klimaks te bereik as jy brood eet soos ons dit ken in Suid-Afrika. Sien, die Taiwannese se brood is soet.

Taiwan is 'n plek waar jou lover moeite sal doen om jou gelukkig te sien. Sy planne sal verander sodat dit by joune inpas. Wat ure saam met jou sal rondloop sonder om een keer te kla. Wat op 'n scooter in die ren, koue en wind sal ry net om jou te sien.

Klein dingetjies wat jou lewe spesiaal maak. Klein goedjies wat tel, nie die groot goed meer nie. Sonder 'n kar, sonder my eie huis voel my lewe so spesiaal. Dit klink nie juis na veel nie, maar as jy hier bly, sal jy verstaan.

Vra jouself die vraag af: Het klein dingetjies plek gemaak vir die groot goed soos geld, status en klas? Watse kar jy ry, waar jy bly, waar jy gesien moet word maak nie meer saak nie. Dit maak nie meer my lewe spesiaal nie.

Wat maak j lewe spesiaal?



LitNet: 15 Desember 2004

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.