GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

 

Johann Rossouw

“Ek het teologie aan die Potchefstroomse Universiteit vir CHO geswot van 1989 tot 1992. Het BA en BA Hons in Semitiese tale.Van 1993 tot 1996 was ek student in Pretoria en voor ek my finale eksamen kon skryf, is my ‘gayheid’ gediagnoseer. Ek is summier gevra om die kerk te verlaat. Paar maande later begin werk as junior klerk by ‘n finansiële maatskappy, myself met die ’corporate ladder” opgewerk tot assistent-CEO van die maatskappy. Suid-Afrika se ekonomie het ’n duik gevang en die maatskappy het gesluit. Werkloos en met baie skuld Taiwan toe gekom as ’n expat.
Skryf is ’n stokperdjie en ek dink nie ek is ’n tweede André P Brink, Coetzee of Koos Prinsloo nie.”

Dog ek is terug

Johann Rossouw se derde nuusbrief uit Taiwan

Was so ’n bietjie afwesig ’n paar maande lank. Ek het in Suid-Afrika gaan kuier. Met my eerste jaar in Taiwan agter die rug. Wat ’n jaar!

Ek het nog laas oor Kersfees en Nuwejaar in Taiwan geskryf. Was darem nog hier vir die Chinese Nuwejaar. Nie juis baie daarvan gesien nie, aangesien ek besig was met reëlings vir my besoek aan Suid-Afrika.

Wel, kom ek stel dit so: my besoek aan Suid-Afrika was ’n groot belewenis. By Johannesburg Internasionaal aangekom,voel ek skoon soos ’n vreemdeling in my eie land. Dit is ’n baie snaakse gevoel. Ek kan dit nie onder woorde bring nie. Hoe kan ’n mens ’n jaar weg wees en verwag alles moes nog dieselfde bly. Wat ’n ontnugtering!

Jou vriende sterf jou stadig af, jou familie voel vreemd en jy wil net terug Taiwan toe, “huis” toe. Wat ’n snaakse stelling. Ek sien Taiwan nou as my huis. Dit is per slot van rekening die land waar ek nou werk en bly.

Dis Donderdag 29 Januarie 2004. Aankoms in Suid-Afrika. Sit alleen by die lughawe. My vriende wat my moes kom oplaai, is twee ure laat. Hier sit ek gestrand in my eie land. My Amerikaanse Engelse aksent slaan deur en mense dink ek is ’n Amerikaner. Nog nooit gesien nie! Ek is ’n Afrikaanse man, uit Noordwes. Hoe kan ek dan nou ’n Amerikaner wees?

Ek is ’n kuiergas,’n toeris in my eie land. Hallo, mense, ek is ’n Suid-Afrikaner. Hoe dan anders?

My vriende daag op. Hangover van gisteraand se partytjie: “Sorry ons is laat.” Laat vir wat? ’n Jaar lank in ’n vreemde land; julle het my ’n jaar laas gesien.Wat beteken die woord “vriend” vir julle? Ná tien jaar se luister na al julle probleme. Kom-huil-maar-op-my-skouer-dae. Wie was daar vir julle toe boyfriend nommer xxx met julle opgebreek het? En al wat julle kan sê, is: “Sorry ons is laat”? Fok julle. Ek is lus en draai om, klim op die eerste en vinnigste vlug terug Taiwan toe. Geen “Hallo, dis lekker om jou weer te sien nie”. Geen “Genade, maar jy lyk goed” nie. Nee.

My vriende het nie eers moeite gedoen om ’n verwelkomingspartytjie te hou nie. Het ek verander? Het hulle verander? Dit is snaaks om dit te glo en te sien.

Ons ry. Dieselfde klagtes van dié een se boyfriend het hom gelos, daardie een s’n slaap rond, ens, ens. Hulle kla oor die finansiële krisis in Suid-Afrika. Finansiële krisis in Suid-Afrika? Waar? O ja, ek sien. Net 200 BMW’s en honderde ander nuwe motors het verby gery. O, en hier maak ’n nuwe mall oop. Ek sê maar net “ja”.

Vrydag 30 Januarie. Ek is moeg. Ek wil slaap. Ek wil skree. Ek is deurmekaar.Wat doen ek hier? Hoekom het ek teruggekom?

Vrydagaand. Ek eet Suid-Afrikaanse vetkoek en maalvleis. Te lekker! Toe kom dit by my op: Eureka! Ek mis Suid-Afrikaanse kos, ek mis Suid-Afrika met sy mense, ek mis … Dit hou daar op. Wat mis ek werklik? My karige salaris, duur kos, misdaad, moord? Wat mis ek van Suid-Afrika? Gaylewe?

Saterdagaand, 31 Januarie 2004. Ons gaan club vanaand. Ek is so opgewonde soos ’n kind in ’n speelgoedwinkel. Sal hulle sien dat ek 30 kilogram verloor het? Dat ek van ’n nr 42 na 32 broek toe geval het? Die club lyk OK van buite. Ons stap in. Ek dra die styfste, styfste hemp en nuwe denim. Ek lyk seker nie te sleg op 33 nie. Sal die muscle ou van ’n jaar terug nou in my belangstel? Eers was ek te vet. Toe te uitsoekerig. Ek is terug, mense. Hier is ek, die nuwe mens. Vars ingevoer uit Taiwan.

Die club is vol. Dis heerlik. Dertig minute, een uur. Ek raak verveeld. Die bar-mannetjies is cute en jonk. Gee afslag en later gratis drankies. Een ou kom na my toe. Hy sou ’n jaar gelede nie eers in my rigting sy boud geswaai het nie. Sê iets van ek is “fokken cute”, vat my hand en vra of ek iets wil drink. My hart klop, my bene word lam. I’m in heaven! “Dankie” in Amerikaanse Engels.

Hy’s verbaas. “Is jy Amerikaans?”

“Nee, ek is ’n Suid-Afrikaner. Bly in Taiwan.”

Hy vind dit interessant. Hmmm. Wel, sê ek in dieselfde asem, ek is involved. Woerts. Yswater! Hy word koeler, koop ’n drankie en loop weg.

Ek glimlag. Loop na my vriende: “I did it!” Almal verbaas. “Hoe kón jy?” Hoe kon ek wat? “Hoe kon jy hom laat gaan?” Ek lag, draai om en dans. Hoe kon ek? Wel, laat ek sien. Ek kon, ja, want dis die waarheid. Ek kon, want ek het verander. Het julle?

Die res van die tyd kuier ek te heerlik by my familie. Te lekker. Maar drama volg my in Suid-Afrika soos ’n donker skaduwee. Al my probleme is terug. Ek gaan nie soos ’n lafaard omdraai en weghardloop nie. Ek gaan my probleme uitsorteer. Ek het! Ek is vry. My skuld is betaal. Ek is vry van my probleme. Vry met my denke.

Donderdag, 5 Februarie 2004. Ek klim op die vliegtuig, Hongkong en dan Kaohsioeng toe. My tyd in Suid-Afrika was heerlik. Dit bly my land. Ek is trots om te sê ek is ’n Suid-Afrikaner. Ek is trots op my land, ten spyte van al die probleme, maar ek het nuwe perspektief gekry. Ek het grootgeword. Ek het gegroei. Het my gay vriende gegroei? Het die gaylewe in Suid-Afrika gegroei? Het ek te veel verander? Die gaylewe in Taiwan mag miskien nie so sprankelend wees soos dié in Suid-Afrika nie, maar ten minste gaan my lewe aan. Die lewe is meer as net: wie gaan ek vanaand in die club ontmoet? Lyk ek goed in D&G of Gucci? Het my lewe soveel verander? Ek sien nie meer kans vir die “stereotipiese” gaylewe in Suid-Afrika nie. In Taiwan is ek vry. Vry van alles en almal wat my al die jare getipeer het. Vry van mense met “attitudes”. Vry.

Ek klim op die vliegtuig. Ek is hartseer én bly. Hartseer omdat ek my familie agterlaat. Hartseer om te dink dat ek baie dinge gaan en sal mis. Bly omdat ek weer my partner gaan sien. Bly dat ek weer my studente gaan sien. Bly dat ek weer met oop vensters sonder diefwering kan slaap. Bly dat ek kan teruggaan na dit wat my minder vreemd laat voel.

Langs my sit ’n cute Indiërman. Gesels nie juis veel nie. Sê net so nou en dan iets. Hy vra my uit oor waarheen ek gaan, ens. Hy gaan Taipei toe vir sake. Hy vra my. Ek glimlag en sê: “I’m going home … to Taiwan.”

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA




LitNet: 20 Junie 2004

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.